Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Re: TAAL + KERK: nog steeds apartheid ?

Ma, 19 Augustus 1996 00:00

gal...@ibm.net wrote:

Herrinner my tog weer daaraan dat dinge nou anders is in die NUWE SA.[/color]
> Asseblief. Of is ek te haastig? >>>

In dele van die wit gemeenskap is daar deesdae 'n bietjie van 'n regse
backlash.
Ek vermoed (en hoop) dat dit deel van die onvermydelike pendulum is.
As dit nie is nie, is dit 'n skeur in wit (veral Afrikaanse) geledere
wat solied raak.
Ongelukkig is dinge so dat die bitterbekke gehoor word.
Wat ontstel is dat die ding van beginsels baie swak verstaan word en
dat daar omtrent geen verbintenis tot beginsels is nie.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

re kultier en so en al dit

So, 18 Augustus 1996 00:00

synde eki 'n kultier ou is nie, behalwe dat ek rooiwyn erg dieg en in groot
volumes, is hierdie my idee van afr op sy allerbeste. dit volg natuurlik na
galjoen se vorige bydraes, wat my stukkies geruk het.

pulvermacher

gebet van tities tokaan

halleluja! Heere; hy het jou in die laaste tyd rechte goed gedra. Kyke die
gras! Kyke die gousblom! Kyke die banjang water in die sloot! Kyke die bees!
Hulle wil almal uit hulle vel spring van gladgyt. kyk hoe hulle hol en
achterop schop, net's die jong meide van baldadigheid. dan kyk al die mense
hule mielies, hulle ossem hulle aerdappels, hulle schaape, hulle boone, hulle
pampoen hulle ertjies. alles is volop, en hulle kinders is almal boekpens van
die vettigheid. ja allemaal, net maar alleen jeremias, zyn kinders nie!

ons wil erken Heerem dat jy jou planne mooi achter mekaar gezet het, en dat jy
jou best gedoen het van deuze jaar; maar tog Heere jy't nie pad langs gehou
met Jeremias nie. Jeremias, hy't hom in die laaste tyd goed gedra. hy het laat
staan die vloek, en het padgegee ver die vrouw mens hy't alle week zyn
treppens in die kerkbord gegooi, en hy het lange tyd nie ver jou ergenis aan
gedoen nie. En kyk Heere, wat het jy gemaak? ... Jy het jou bits geschiet, en
Jeremias zyn melkbokke almal dood geslaan. Jeremias, Heere hy voel nie lekker
onder die dinge nie. Toen hy in die sonde was, het jy zyn beste voor-os laat
vrek! dit was tog nie mooi om jeremias so vaderlik te berispe nie, om zyn
goddeloosheid het jy sy klein lukassie stilletjies in die zeepot laat
verongeluk. nou, dit was ook nie manierlyk nie; en kyk nou? ... daar vreet die
Aasvoëls zyn melkbokke almaal op. perbeer nou Heere, Jeremias was in jou plek
gewees: Wat het hy gemaak, zal hy jou kinders en jou melkbokke doodgeschiet
het? ... Maar Heere ons moet volgens jou wette handel, en malkander al die
foute vergeeve. Halleluja!

ongedateer plus/minus 1893

(vir die ou in frankryk wat dit vulgęr noem, jy's arm pęl).

Koeitjies & kalfies | 9 kommentare

Kuberkuns Gallery - braam1.bmp (0/9)

Sa, 17 Augustus 1996 00:00

Kuberkuns Gallery - grafika deur afrikaners
Braam1, Plak ...... deur Braam Botha.1996.Kaap.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Kuberkuns Gallery Opening - deure.jpg (0/1)

Sa, 17 Augustus 1996 00:00

Nou dat ek alles reg opgestel het, hoop
ek julle geniet die kuns wat ek nou en
dan sal pos.

Daar is seker n paar afrikaners wat
prente op rekenaars verf, ons sien
uit daarna om julle kuberkuns te
sien !

Groete
carl schoeman
xxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxx
Deure....C.Gertenbach.1995.Kaap
xxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxx

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Genootskap vir die Handhawing van Afrikaans: Geluk!!!

Sa, 17 Augustus 1996 00:00

Wat 'n wonderlike geleentheid was dit nie om die GHA-fees by te woon
nie. Bruisende geesdrif, mense wat jou taal praat en liefhet, sinvolle
besprekings, afgerigte kinderkore van hoe gehalte, sang deur
fantastiese kunstenaars, verversings, alles vir R15.00. Geluk aan die
organiseerders.
ALP

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Moet NIE Kuberkuns LEES !

Sa, 17 Augustus 1996 00:00

Jammer, hieroor, ek het vergeet
om 'n jpeg te doen !

Dit vat ure om af te laai en is nie
leesbaar nie.

Weereens, verskoning almal !
carl schoeman

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Volledige volkslied gesoek - Dringend ! / Complete national anthem wanted urgently !

Sa, 17 Augustus 1996 00:00

Complete national anthem wanted urgently !

I'm looking for the complete National Anthem. I would like
the full version, Nkosi Sikelele, Morena Boloke and "Die Stem"
combined.
Only versions I can find is Nkosi Sikelele and "Die Stem"
seperately.

I would like to obtain the words, and if possible, the notes
for the anthem.

Thank you.
Jako Olivier
ja...@cyberserv.co.za

------------------------------------------------------------ -
29 Pres. Boshoff Str.
Sasolburg
9570
Free State, SA
TEL: (016) 764920

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Re: Die Afrikaner: Francois Pienaar, Morn du Plessis verleentheid vir Blankes

Vr, 16 Augustus 1996 00:00

In Article, writes:
> Path: hermes.is.co.za!news
> From: fe...@is.co.za (Koos)
> Newsgroups: za.politics,soc.culture.south-africa,soc.culture.south-afric a.afrikaans
> Subject: Re: Die Afrikaner: Francois Pienaar, Morn du Plessis verleentheid vir Blankes
> Date: Thu, 15 Aug 1996 22:52:56 GMT
> Organization: No organisation supplied
> Lines: 20
> Message-ID:
> References:
> NNTP-Posting-Host: t065.is.co.za
> X-Newsreader: Forte Free Agent 1.0.82
> Xref: charon.hipsys.co.za za.politics:5561 soc.culture.south-africa:16192 soc.culture.south-africa.afrikaans:3110
>
> bob whitaker wrote:
>
> > Does it pay? >>
>
> What do you have for brains you ignorant and shallow man?
> Where do you come from to define my past for me when you have never
> even talked to me?
> And define my present and then call me a turncoat?
> You don't even have enough sense to see that the whole turncoat
> construction you built for me exists only in your budgie brain.
>
> I hope you are NOT a South African.
> And if you are, I hope you are in the US permamently now.
>
> Did it ever strike you that you are a cowardly, sneaky one line poster
> with probably only enough guts to take a shit once a day?
>
>
>
Tut tut, al weer 'n probleem met kritiek ou Kosie. Kan dit uitdeel maar kan
dit nie vat nie ne.

He He He

Lou

Koeitjies & kalfies | 7 kommentare

GEDIG: Aan almal in die buiteland

Vr, 16 Augustus 1996 00:00

My vriend Charl-Pierre Naude' het nou onlangs sy eerste
digbundel gepubliseer. Dit heet "DIE NOMADIESE OOMBLIK". (Tafelberg)
Ek stuur aan julle (spesifiek aan julle wat emigreer het)
die een wat hy spesiaal aan my in sy brief meld.

Die onophoudelike weerligstraal
-------------------------------
Dit kan nie duur nie. Sal ek vandag se geluk
in herinnerings terugvind? Weerlig klap
en vergaan; dis sy aard. In die tentflap
van haar glimlag flits die nomadiese oomblik.

Maar in die vlugtige Seance van geheue
kan vergane dinge, versluierd, weer gebeur:

My vriende wat geemigreer het sing
hoog, uit uit die wynglas waarop my vinger kring.

Die wynvlek op 'n tafelblad vee ek skoon;
maar die houtgrein self toon 'n waterpatroon.

Ek onthou die oomblik se onseker praal
wat verblindend in die hemel gerank het;
die na-lig, teen my toe ooglede afgeets;
is 'n onophoudelike weerligstraal.
- ------------------

Wil julle nog gedigte van hom hoor ?
Groete

Emigrasie & buiteland | 2 kommentare

SA se beeld

Vr, 16 Augustus 1996 00:00

Dit is kommerwekkend om waar te neem dat sommige "Suid-Afrikaners" ??,
hulle ten gunste van vigilante groepe uitspreek. Nie alleen het
hierdie groepe besluit hulle het die reg om gereg in eie hande te neem
nie, maar het oenskynlik besluit dat hulle die reg het om 'n ander
persoon se lewe te neem. Deur haat met haat te vergeld word slegs 'n
groter haat gekweek.

SA gaan gebuk onder 'n skeptiese wereldmark wat versigtig is om te
bele in 'n land met ongunstige stabiliteit, soos wat o.a. weerspiel
word in die swak rand. Die aksie van PAGAD het
nuus gemaak in buitelandse koerante soos die "USA Today" en is met skok
deur die publiek in die VSA ontvang.

Dit mag dalk kortstondige bevrediging aan hierdie groepe verleen
wanneer hulle ander vergeld, maar die langtermyn negatiewe invloed van
sodanige aksies raak elke Suid-Afrikaner.

Groetnis uit Nebraska

Ena van Zyl

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Bladsye (1839): [ «    1600  1601  1602  1603  1604  1605  1606  1607  1608  1609  1610  1611  1612  1613  1614  1615    »]
Tyd nou: Ma Okt 07 01:24:00 MGT 2024