Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » TAAL + KERK + KULTUUR (2)....
TAAL + KERK + KULTUUR (2).... [boodskap #7012] Vr, 16 Augustus 1996 00:00
gal...  is tans af-lyn  gal...
Boodskappe: 191
Geregistreer: Mei 1996
Karma: 0
Senior Lid
Vergelyk die onderstaande met die gedig wat ek
voorheen gepos het: "'n Griekwa se weergawe van Ps 121"

Dit is uit die gesangeboek van die 3 Afrikaanse kerke:

PSALM 121
---------------
Ek hef my oe bergwaarts heen
en staar die ure om,
tot my verlossing kom.
My hulp is van die Heer alleen.
Hy, oor my lot bewoe,
is eind'loos in vermoe.

Bedreig gevaar jou reispad ooit-
Hy is dit wat jou voet
vir wankeling behoed.
Hy, Israel's wagter, sluimer nooit.
Die Heer is jou ontfermer,
jou skadu en beskermer.

Die son wat bo jou trekpad staan,
sal jou nie steek by dag;
die maan ook nie by nag.
Die Heer sal met jou samegaan.
Hy, Israels ontfermer,
is altyd jou beskermer
Die Heer sal jou bly gadeslaan;
in onheil en gevaar
sal Hy jou siel bewaar.
Wanneer jy uit of in mag gaan -
Hy, Israels ontfermer,
is ewig jou beskermer.

Groete.
Vorige onderwerp: ARMANDO, my ou flame
Volgende onderwerp: Oor 'n plek wat "Droë Waterval" genoem word
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 15 20:55:10 MGT 2024