Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Dis nie net apartheid nie.

Wo, 21 Augustus 1996 00:00

gal...@ibm.net wrote:

> Mense, die kwessie stel my teleur. Ek dag apartheid is dood?. Ek dag dis 1996?
> Herrinner my tog weer daaraan dat dinge nou anders is in die NUWE SA.
> Asseblief. Of is ek te haastig?

Hier sluimer daar baie meer gruwels as net
rasisme, hier is ook nie vryheid van godsdiens.

(alhoewel die verskeie gemeent-skape stadigaan
begin besef dat godsdiens is n kulture eienskap
met baie vorms en dat geen EEN geloofstelsel
deur die regering in skole afgedwing moet word
nie.)
Maar, in realitieit word godsdiens nog net soos
voorheen met meeste skole voortgesit.

Dit bekommer my geweldig, aangesien ek glo dat
god en alles wat die konsep van n god omhels net n
mensgemaakte konsep is om weereens beheer oor
volkere uit te oefen.

Tog is dit so dat mense leiding WIL he en graag
onder die mantel van die staat/kerk/broederbond/
politieke party/organisasie/bende kloester !

groete -vygie
------------------------------
GRENSLOOS IN DIE KOP

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Resep vir Koedoe braai vleis

Di, 20 Augustus 1996 00:00

Weg van die politiek en rugby. Ek is opsoek na 'n
resep om Koedoe "steak" op die kole te braai.

As iemand my kan help stuur die resep na my e-pos
adres klt...@aztec.co.za

ame

Kos & resepte | 1 kommentaar

Re: University Adresses wanted urgently..... for a foreign Professor....

Di, 20 Augustus 1996 00:00

Hello Jan,

Alles is moontlik in die nuwe SA.
Gaan na: http://www.minds.co.za beweeg deur na die Cyberjump en kies dan
South African Sites.
Ons het alle url vir Univ, technikons ens. Help jouself aan die buffet!

Groetnis
Marius Lubbe
Creative Minds(tm)

Jan Lamprecht wrote:
>
> Hi,
> I have a European friend who's a professor of mathematics who's very
> interested in finding a position at a South African university. He has a
> strong background in logic, theoretical Computer Science, etc.
>
> I'm currently looking for the addresses of some universities where he can
> send his CV to. I've already passed on Wits & RAU's addresses. But can
> anyone supply me with any others? e.g. UCT, Stellenbosch, UNISA, University
> of Pretoria, etc?
>
> If you happen to have any e-mail addresses for these Universities rather
> than snail mail, I'd also like those so that he can communicate directly.
>
> Cheers, Jan...
> * Ignorant people think it's the noise which fighting cats make
> that is aggravating, but it ain't so; it's the sickening
> grammar they use. (Mark Twain)
> * No one's life, liberty or property is safe while
> the legislature is in session. (Mark Twain)
> * What do politicians and porn stars have in common? They're both
> experts at changing positions in front of the camera.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Gedig van verlange

Ma, 19 Augustus 1996 00:00

Ek is dalk net nog 'n korrel in die sand van menigte strande bondbesaai
ek is miskien wat hulle noem een van die gelukkiges
maar ek wonder of ek ooit die biltong tussen my tande gaan probeer uithaal
die beeste in die kraal saam met oupa gaan tel
ek bere maar my herinneringe in die swaar ou laaitjies van my hart en
emigreer of nie emigreer, ek is nou geïntegreer, soos 'n fyn
biesiemandtjie is my liefde vir my land ingeweef, en dit is nie sommer
iets wat ek uitrafel nie;
enige een wat graag wil chat is welkom, glo my, in 'n see van frans honger
'n mens vir Afrikaans op jou eie eiland

Anna oniem

Prosa & poësie | 1 kommentaar

SA Rugby: EN WAT NOU...??

Ma, 19 Augustus 1996 00:00

Nou vra ek wat nou....

As ek net die Rugbyraad se Internetadres kon opspoor, dan had ek lankal
'n boodskap aan hulle gestuur...

Wat sou fout wees...??? Kan Markgraaff nie die werk doen nie...???; Is
ons Bokke nou te grootkop dat hulle nie weet wat om met al die balbesit
te doen nie...??? (word hulle dalk te veel betaal...???), of is die ALL
BLACKS regtig maar net beter as ons...???

Om nie eens te praat van die James Small voorval nie... Verbeel jou, 'n
man word voor 'n tugkomitee gedaag, onskuldig bevind, maar is reeds
vooraf gestaf deurdat hy nie gekies is nie - en nou lyk dit of hy nie
weer gekies sal word nie - is dit regverdig, of is dit 'n tipiese Louis
Luytt wat hier gepraat het - diktatorskap in SA Rugby...!!??

Ek vra maar net... en sal graag u kommentaar wou hoor...

Johan v V

Sport & ontspanning | 2 kommentare

EK SKAAM MY VIR SO-IETS OP DIE NUUSGROEP.....!!!

Ma, 19 Augustus 1996 00:00

Albert R.Gus (a...@smartnet.co.za )

Skryf (oor Gloudina, wat nou in Kanada woon):
> al het die t..f 30 jaar terug al die saak versaak.

ten spyte van bg. skryf hy dan oor haar en Koos:
> ..as daar iets onder die belt of banaal of plein en
> simpel stupid is om aan te haal, sal of jy of jou vriendin dit doen.

Kyk, Koos en Gloudina kan namens hulself praat,
ek is niemand se maatjie nie,
en gee nie om dat julle vloek nie, en ek gee nie om
om van jou te verskil oor politiek nie,
maar om 'n vrou 'n TEEF te noem is verskriklil laag.
Hierdie vrou is ook 'n moeder, soos my vrou en my ma en jou ma.
En jy beledig hulle almal as jy so sê.
Ek mag outyds en polities onkorrek wees,
maar sulke goed sê mens nie.
Ons mag mekaar dikwels op 'n grappige wyse beledig, maar
jy kan jou vloekwoorde beter kies.
Ek skaam my vir jou part en hierdie nuusgroep.
Is dit die beeld van "CULTURE.AFRIKAANS" wat jy wil uitdra ?
En hoekom spel jy dit nie uit nie ? Dink jy dit doen minder skade ?
Daar is net een ding wat jy kan doen, en dit is om verskoning te vra.

By voorbaat dank.

Terloops, ek sien jy gebruik dieselfde adres as:
a...@smartnet.co.za (Armando Pellencin)
Julle is persoonlik en onsmaaklik teenoor hierdie vrou.
Hou asseblief op.

By voorbaat dank.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Re: VOERTSEK MAN VOERTSEK - die laaste woord

Ma, 19 Augustus 1996 00:00

Ek het 'n ruk terug iets op die nuusgroep geskryf
oor mense wat dinge hier pos wat hoegenaamd nie relevant
is nie.

Laat ek myself duidelik maak, want dit lyk my daar is
'n misverstand: Ek gee nie om of julle in Afrikaans of
Engels of Xhosa of Nederlands of wat ookal skryf nie,
maar ek het dit teen "gemorspos" deur mense wat bloot
addresse op die Internet bymekaarmaak.
Dit maak net die nuusgroep vol.
Ek het NIE bedoel dat slegs Afrikaanse briewe welkom is nie.
Buitendien, ek is nie die poliesman van die groep nie.
Ek gee net my mening.

Sela

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

VIR 'N STUKKIE BROOD: 'n resep vir koek...

Ma, 19 Augustus 1996 00:00

KOEK
----
'n Pakkie selfraisingmeel. En ek vat drie eiers se geel.
Smelt my botter en suiker.
Half koppietjie of so 'n kind-koppetjie so gooi ek vol suiker.
Gooi in die klein kastrolletjie
en die botter en dan smelt twee lepels botter. Dessertlepel.
Maar nie hoegvol nie, gelyk.
En dan smelt ek hom in die suiker.
Nou maak ek my mengsel aan.
Moet die bietjie melk dat hy klammerig, natterig is.
So vat soes mens nou dinges aanmaak, custard aanmaak,
so so bietjie klammerig en dan gooi jy die dinges in.
Die botter en die suiker in en dan roer jy hom deur met die lepel.
Roer hom altyd, so roer hom so.
Nie klontjies is nie en dan kom al die dinges in... die eiers in
en die suiker in en dan roer ek hom en dan sit ek hom in die pot
en dan gooi ek hom en dan bak ek hom soes die brood nou bak, kole,
bak ek nou die koek.
----------

Bogenoemde is 'n uitreksel uit 'n boekie van Sandra Kriel,
getiteld "vir 'n stukkie brood". Uitgewer Minotaurus.
Dit is 'n dokumentasie van vertellings van arm plaasarbeiders,
en beeld hul lief en leed uit. Daar is fotos en prente
ook in, jammer ek kan dit nie pos nie.

Groete.

NS: Daar is nog ander wonderlike resepte ook: Afval, Vetkoek, Krummelpap,
Sop, Roosterbrood.

Kos & resepte | 0 kommentare

Gedig van verlange ontrek

Ma, 19 Augustus 1996 00:00

Hierdie is definitief blykbaar nie n plek om goeie vriende te maak nie.
Gedagtis word verfoeilik uitgewis en deurtrek met belediging. Wat het van
ons geword dat al wat van ons oorbly is beledigings? Is dit werklik waarom
mense vingers gekry het om te tik, oordeel te vel? Ek ontrek myself uit n
groep wat hulleself as elite beskou en dink dat George Orwell reg was "All
animals are equal, but some animals are more equal than others." Nouja ek
wil eers die bitter nasmaak gaan uitwis en hoop dat julle n bietjie meer
oordentlikheid aan die dag kan le. Ek stel nie belang om in n geneswembad
te swem deurtrek van pessimisme nie.
Die mag en medium van die rekenaar het net n vullisblik vir emosies
geword.
Ek groet dus en stuur groete aan die een wat my afmaak as n vulgere
skisofreen.
Jy weet nie wat jy se nie, dis onnosel, ek hoop jy sal eendag die
nutteloosheid van die memoriseer van sulke woorde jou niks in die sak
bring nie. Gaan rus maar met die wete dat ons almal maar ons probleme het,
en ek wens ek kon weet hoe iemand soos jy die woord kultuur verstaan.
Noem my wat jy wil, ek is n prototipe en nie n stereotipe nie. Dit kan ek
jou verseker ou boet of ou sus. Gebruik dan jou taal as dit al is wat jou
gelukkig maak, moet my net nie daar insleep nie jou koei!
Ek kan jou verseker die wêreld is nie so groot nie, dit is net n padkaart
opgevou in die laai van jou kas.
Totsiens.

Prosa & poësie | 4 kommentare

TAAL + KERK: nog steeds apartheid ?

Ma, 19 Augustus 1996 00:00

Lyk my daar is 'n vreeslike (rassistiese?) gefoefel aan die gang oor
Afrikaans by skole en universiteite en kerke, onder die dekmantel van
Taal?.

Ek lees daar is nou al weer 'n kwessie wat kerkeenheid rem.
'n Taalkwessie. Nederduits Gereformeerd. (Artikel in INSIG, Jun 96)

(Sit gou julle kleurbrille op, anders verstaan julle nie):
Die NG Sendingkerk (bruin) en NG Kerk in Afrika (swart), is nou die
die Verenigende Geref Kerk, en wil saamsmelt met die NG Kerk (wit).
(Haal nou weer julle brille af).

Die NG Sendingkerk het die leiding geneem
om die ou verskeurde NG familie bymekaar te bring.
Maar sommige in die NG Kerk het vrese dat Afrikaans in die
eenwording verdring sal word.

"'n Deelnemer aan die eenheidsgesprekke wat anoniem wil bly, het aan Insig
gesê die VGK kan met 'n stok aanvoel dat dit vir die NG Kerk nie oor
Afrikaans gaan nie. `Die taalklip wat nou in die pad gerol word, is 'n
poging om alles te hou soos dit is. Daar is gemeentes in die Vrystaat
en Transvaal wat vir die kerkleiers gesê het: "Julle kan maar besluit
wat julle wil, hier gaan ons nie verander nie". Van hulle sê openlik
swart mense is steeds nie by hulle welkom nie".
....."wat 'n mens onstel, is die indruk wat geskep word dat die VGK
niks vir Afrikaans omgee nie....maar dis myle van die waarheid".

Mense, die kwessie stel my teleur. Ek dag apartheid is dood?. Ek dag dis 1996?
Herrinner my tog weer daaraan dat dinge nou anders is in die NUWE SA.
Asseblief. Of is ek te haastig?

Vriendelike groete.

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Bladsye (1839): [ «    1599  1600  1601  1602  1603  1604  1605  1606  1607  1608  1609  1610  1611  1612  1613  1614    »]
Tyd nou: Ma Okt 07 02:24:07 MGT 2024