Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » TAAL + KERK: nog steeds apartheid ?
TAAL + KERK: nog steeds apartheid ? [boodskap #7042] Ma, 19 Augustus 1996 00:00 na volgende boodskap
gal...  is tans af-lyn  gal...
Boodskappe: 191
Geregistreer: Mei 1996
Karma: 0
Senior Lid
Lyk my daar is 'n vreeslike (rassistiese?) gefoefel aan die gang oor
Afrikaans by skole en universiteite en kerke, onder die dekmantel van
Taal?.

Ek lees daar is nou al weer 'n kwessie wat kerkeenheid rem.
'n Taalkwessie. Nederduits Gereformeerd. (Artikel in INSIG, Jun 96)

(Sit gou julle kleurbrille op, anders verstaan julle nie):
Die NG Sendingkerk (bruin) en NG Kerk in Afrika (swart), is nou die
die Verenigende Geref Kerk, en wil saamsmelt met die NG Kerk (wit).
(Haal nou weer julle brille af).

Die NG Sendingkerk het die leiding geneem
om die ou verskeurde NG familie bymekaar te bring.
Maar sommige in die NG Kerk het vrese dat Afrikaans in die
eenwording verdring sal word.

"'n Deelnemer aan die eenheidsgesprekke wat anoniem wil bly, het aan Insig
gesê die VGK kan met 'n stok aanvoel dat dit vir die NG Kerk nie oor
Afrikaans gaan nie. `Die taalklip wat nou in die pad gerol word, is 'n
poging om alles te hou soos dit is. Daar is gemeentes in die Vrystaat
en Transvaal wat vir die kerkleiers gesê het: "Julle kan maar besluit
wat julle wil, hier gaan ons nie verander nie". Van hulle sê openlik
swart mense is steeds nie by hulle welkom nie".
....."wat 'n mens onstel, is die indruk wat geskep word dat die VGK
niks vir Afrikaans omgee nie....maar dis myle van die waarheid".

Mense, die kwessie stel my teleur. Ek dag apartheid is dood?. Ek dag dis 1996?
Herrinner my tog weer daaraan dat dinge nou anders is in die NUWE SA.
Asseblief. Of is ek te haastig?

Vriendelike groete.
Re: TAAL + KERK: nog steeds apartheid ? [boodskap #7093 is 'n antwoord op boodskap #7042] Vr, 23 Augustus 1996 00:00 Na vorige boodskap
AntMan  is tans af-lyn  AntMan
Boodskappe: 10
Geregistreer: April 1996
Karma: 0
Junior Lid
gal...@ibm.net wrote:
>
> Lyk my daar is 'n vreeslike (rassistiese?) gefoefel aan die gang oor
> Afrikaans by skole en universiteite en kerke, onder die dekmantel van
> Taal?.
> Wat is fout daarmee om skole en universiteite te hê waar my kultuur uitgeleef word?
Taal is maar een aspek van kultuur.

>
>
> Mense, die kwessie stel my teleur. Ek dag apartheid is dood?. Ek dag dis 1996?
> Herrinner my tog weer daaraan dat dinge nou anders is in die NUWE SA.
> Asseblief. Of is ek te haastig?
>

Nee wat. Apartheid is glad nie dood nie. In die verlede was daar werksreservering vir
wittes. Nou is daar "affirmative action". In die verlede kon slegs Afrikaners werk in die
staatsdiens kry. Nou kan slegs swartes werk daar kry. In die verlede is staatstenders net
aan wittes toegeken, nou word dit net aan swartes toegeken. Onthou ook dat dit slegs
swartmense is wat bevordeel word. Kleurlinge en Indi"ers trek nog steeds aan die kortste
ent.

Antonie
Vorige onderwerp: SA se beeld
Volgende onderwerp: Re: klierkop en bitterbek-kultuur
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 15 17:47:17 MGT 2024