Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » EK SKAAM MY VIR SO-IETS OP DIE NUUSGROEP.....!!!
EK SKAAM MY VIR SO-IETS OP DIE NUUSGROEP.....!!! [boodskap #7054] Ma, 19 Augustus 1996 00:00
gal...  is tans af-lyn  gal...
Boodskappe: 191
Geregistreer: Mei 1996
Karma: 0
Senior Lid
Albert R.Gus (a...@smartnet.co.za )

Skryf (oor Gloudina, wat nou in Kanada woon):
> al het die t..f 30 jaar terug al die saak versaak.

ten spyte van bg. skryf hy dan oor haar en Koos:
> ..as daar iets onder die belt of banaal of plein en
> simpel stupid is om aan te haal, sal of jy of jou vriendin dit doen.

Kyk, Koos en Gloudina kan namens hulself praat,
ek is niemand se maatjie nie,
en gee nie om dat julle vloek nie, en ek gee nie om
om van jou te verskil oor politiek nie,
maar om 'n vrou 'n TEEF te noem is verskriklil laag.
Hierdie vrou is ook 'n moeder, soos my vrou en my ma en jou ma.
En jy beledig hulle almal as jy so sê.
Ek mag outyds en polities onkorrek wees,
maar sulke goed sê mens nie.
Ons mag mekaar dikwels op 'n grappige wyse beledig, maar
jy kan jou vloekwoorde beter kies.
Ek skaam my vir jou part en hierdie nuusgroep.
Is dit die beeld van "CULTURE.AFRIKAANS" wat jy wil uitdra ?
En hoekom spel jy dit nie uit nie ? Dink jy dit doen minder skade ?
Daar is net een ding wat jy kan doen, en dit is om verskoning te vra.

By voorbaat dank.

Terloops, ek sien jy gebruik dieselfde adres as:
a...@smartnet.co.za (Armando Pellencin)
Julle is persoonlik en onsmaaklik teenoor hierdie vrou.
Hou asseblief op.

By voorbaat dank.
Vorige onderwerp: Re: VOERTSEK MAN VOERTSEK - die laaste woord
Volgende onderwerp: Die Afrikaner: Francois Pienaar, Morn‚ du Plessis verleentheid vir Blankes
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 15 05:46:45 MGT 2024