Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

H/d NG en Afrikaanse Kultuur

Ma, 26 Augustus 1996 00:00

Is die onsin in hierdie NG werklik die beste wat Afrikaanse kultuur
tot die Net kan bydra? En is dit die beste poging van die Kaap? Erens
is daar 'n groot skroef los.
Albert.

Geloof & kerksake | 1 kommentaar

vra maar hoe dit is

So, 25 Augustus 1996 00:00

bly nou al twee jaar in California
Hmm baie verlig ?

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Julle is almal vertraag man !!!!

So, 25 Augustus 1996 00:00

Nie regtig nie, ek bedoel die pos op die nuusgroep is
vertraag. Ek sien "Aussie" en Gloudina ly ook daaronder.

Dit neem soms drie dae voor ek julle pos sien.
Dis geen wonder dit ly tot verwarring nie !

As ek julle nou beledig, het ek dalk van plan verander
teen die tyd dat julle my pos sien!

Vriendelike groete (oor drie dae).

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Was die Kool die sous werd vir die nuwe SA?

Sa, 24 Augustus 1996 00:00

Ek weet nie eens of die inset die Nuusgroep sal bereik nie aangesien
my antwoorde (2) op Gloudina se pos net in die niet verdwyn !
Laat ek maar my stelling begin indien die "posting" suksesvol is!
Was die kool die sous werd vir die vorming van die NSA? Ek wonder!
Mens kan so maklik sê ja, Maar as mens dit alles meet in " Human
Suffering" wonder ek tog!
'n Groot Ja dat menslikke lyding beeidig is op politieke front maar is
dit waar? Is al die verskillende volkerre van die NSA wel nou beter af
as voorheen? Is meeste van die immoraliteite wat plaasvind nie wel 'n
erfenis van die Nasionale Party nie? Wie gaan bieg oor , in my oë die
grootste "sonde" van die verlede ... die indoktrineering van die
skoolgaande jeug? Sal Mnr de Klerk sy Vereening toespraak dat daar
nooit ruimte vir swart kinders op blanke skole sal wees nie as
verkeerd TEENOOR die balnkes beskryf en HULLE vra vir vergifnis nie
net teenoor die swart volkere nie maar teenoor die misleiding van die
Blankes en veral die Blanke jeug? Is daar ruimte vir die volkere van
SA wat hul eie identieteit wil behou om dit wel te kan doen?
Soveel vrae en nog meer van iemand wat trots is op sy "Roots" maar dit
alles tog prys gegee het om vir sy kinders 'n toekoms van normaliteit
te kan bekom. Koos miskien kan jy, as seker die mees gebalanseerde
korrespondent, 'n ou tydjie spaar om die debat te begin'
Groete uit die Paradys
Paul van der Merwe.

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Vlag

Vr, 23 Augustus 1996 00:00

Ek is nou al amper drie jaar in die USA (Alabama). Ek will einde van die
Jaar huis toe gaan vir Kersfees. My vraag: Waar kan ek 'n
OranjeBlanjeBlau vlag koop? Mag die vlag nog in SA verkoop word ?
As iemand weet, e-mail my asb. ko...@ix.netcom.com
Dankie
Rudiger Koll

Koeitjies & kalfies | 6 kommentare

Die naam AZANIA

Vr, 23 Augustus 1996 00:00

Dit lyk nie of daar enige poging aangewend word
om Suid-Afrika te verdoop na AZANIA nie.

Ek weet dat daar 'n lang gesprek op die SA Engelse
nuusgroep was oor waar die naam vandaan kom. Ek
haal die volgende aan uit 'n boek wat in 1774 gedruk
is : "A New System, or an Analysis of Ancient Mythology"
deur Jacob Bryant:

".. if I should meet with a country called
Azania, I may in like manner derive it from
Az-An, a fountain sacred to the Sun; from
whence the country was named. And I may
suppose this fountain to have been sacred to
the God of light on account of some real, or
imputed, quality in its waters... As there was
a region named Azania in Arcadia, the reader
may judge of my interpretation by the account
given of the excellence of its waters...


Amper 'n soort Griekse Amanzimtoti!
Die mitologiese Arcadia, waarvan Azania dus 'n
deel was, was 'n streek van pastorale rustigheid.

Wat my egter interesseer, is of die vryheidsvegters
wat die naam AZANIA voorgestaan het, dit gekies
het omdat die internasionale designasie vir Suid-
Afrika, naamlik ZA (en nou die eindes van e-pos
adresse) bevat is in die naam AZANIA?

Gloudina Bouwer

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Re: klierkop en bitterbek-kultuur

Vr, 23 Augustus 1996 00:00

DU PREEZ MARTINS wrote:
>
> nogal 'n hele "aksie op die kassie.
> as 'n mens so tussen die pole van gus, galjoen, lou en koos lees, voel ek erg
> benuut of ek nou afrikaner is al dan nie. daar is mos die afrikaners wat onder
> die mom van afrianerskap met hoog heiligheid aangee dat hy sus of so moet
> wees. jy weet, aan die party behoort, daadie beweging onderskryf ens. heel
> normatief. en dit wil vir my voorkom of ons in al die hoogheilige dinge die
> ewewig oorboord gooi - so enduit ons vertroue in die politiek stel. so word
> apartheid (wat in elk geval tog maar n sosiale en nie 'n politieke verskynsel
> is) dan verhef as die nommer een maatstaf van leef.

Stem saam. Ons het self politiek verhef tot 'n lewenswyse pleks daarvan dat politiek maar
net 'n klein deel van ons lewens moes gewees het. Maar ons kan nie almal veroordeel nie.
Die NP het die elektroniese media baie goed ingespan om mense te oortuig dat die NP al
uitweg is. Die NP is die lewe!

> Nee wat, ek verkies dan
> eerder om n snob genoem te word, wat dan kan ek my apartheid sonder enige
> geploetery met die politiek beoefen, net eienaardig dan ons (so wil dit vir my
> lyk) die regte afrikaners - die nou nie die "boere-afrikaners" of die
> "verloopte afrikaners" hoor by ons buitelandse vriende wat duidelik n
> versugting in net afrikaans het
>

As gevolg van al die veranderinge is dinge besig om te verander. Ons word "normaal"
waar dit by politieke aangeleenthede kom. Mense besef jy kan Afrikaner wees al steun jy
nie een of ander politieke party nie.

Antonie

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

GEDIG: Daai man wat op die eiland klippe kap

Do, 22 Augustus 1996 00:00

Een van julle het gevra ek moet nog stuur:
Die een is geskryf toe Nelson Mandela nog op Robbeneiland
gesit en klippe kap het:

DIE KALKSTEENGROEF
------------------

"Wat sal ons verlos van 'n terugkeer na die steenbed?
'n Droom, selfs 'n hersenskim, sal die mensdom red.

Op die duur. Maar more weer, kap ek aan die wit
van 'n klipharde volkshart; my oe swem verward
daaroor: al's mes-skerp, dan satynsag, altyd hard.
'n lyn wasgoed wat wit-fossiel in die klip vassit
spring onder my pik los. In die geheue se agterplaas.
Vandag verlang ek na haar, soos die eerste mens...
'n Vreemde deernis laat die skerp eilandklip soggens
en saans fletser skyn in die dynserige waas"

Wagte roteer op die knap omtrek soos diakens
op hul skyfie skrik. In die middel, die Prisonier.
Die aarde word sag in sy oe wat tuur:
daardie klip, daardie klip, toegedraai in lakens.

---------
Dit is nog 'n gedig van Charl-Pierre Naude'
uit sy bundel "DIE NOMADIESE OOMBLIK". (Tafelberg)

Groete aan al die bannelinge,
en lekker kap aan julle eie ou steengroefies, daar in Europa
en Kanada en Australie en Amerika en ....

Prosa & poësie | 4 kommentare

TAAL + KERK: Vulgere Skisofrene ????

Do, 22 Augustus 1996 00:00

Ek het 'n gedig van 'n Griekwa se weergawe van 'n psalm gepos,
toe is daar die volgende kommentaar gegee:

From: de...@world-net.sct.fr (Demo Installer)
> Om in Parys te sit en deur die SA nuusgroep blaai om nie by skryfwerk uit
> te kom nie en dan op Griekwas, Psalm 21, bybellees en Prieska af te kom,
> is om te weet wat vulgjre skisofrenie is.

From: cas...@aol.com (Castet)
> Die mag en medium van die rekenaar het net n vullisblik vir emosies
> geword.
> Ek groet dus en stuur groete aan die een wat my afmaak as n vulgere
> skisofreen.

Ek verstaan nie!! - Help my:
----------------------------

1) Wat het die gedig met skisofrenie te doen ? (My beeldspraak is nie
so goed nie! - verduidelik asb. Wat het Mnr "Demo Installer" bedoel ?
Wie skryf uit Parys uit (behalwe Breytenbach ?)

2) Wie het Castet beledig ? Wat het Castet gesê om 'n belediging te
verdien? Mis ek 'n brief ? Of was daar 'n private brief tussen Castet
en jou Koos?
Moet jou asseblief nie laat beledig nie, Castet, stuur eerder 'n bydrae!
KOOS: Jy haal 'n pragtige gedig aan van CASTET, vertel asb meer.

3) Lyk my daar is gapings in die nuusgroep op die Internet in Australie?
Is dit oor die lyne kruis hier oor die Outback ?
(Hier werk die telefone nog met paraffien en blikkies, soos in Adoons-
hulle se dae). Ons gaan binnekort na diesel-telefone oorskakel...)

Groete

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Resep vir Koedoe braaivleis...Kangeroevleis,krokodilvleis,hondevleis,haas,emu....

Do, 22 Augustus 1996 00:00

As jy 'n wildsbredie wil maak moet jy
lourierblare en koljander en wonderpeper he.
(Wonderpeper is sulke korrels, so groot soos peperkorrels,
ook genoem "Allspice").

Jy moet ook 'n bietjie spek bysit, want wildsvleis is droog.
(die bok spring heeldag rond in die veld, hy het nie tyd om
vet te ontwikkel nie.)

Ek het hier in Australie al kangeroe geëet. (bredie, want hy
is taai). (Kyk weer mooi na 'n kangeroe, dit is eintlik maar 'n
groot springende rot).
Dis nogal lekker, maar mens kry dit verskriklik moeilik
in die hande. Die Australiers eet dit gladnie.
Dit word slegs as hondekos verkoop in die supermarkte.
Dit het omstreeks einde 1994 eers meer beskikbaar begin word
by een of twee plekke. Nog steeds baie skaars.
Die boere in die outback skiet elke nou en dan een vir
die plaashonde. Blykbaar was die probleem dat die wilde kangeroes
'n siekte dra, en dat slegs plaas-geteelde kangeroes se vleis
aan die publiek verkoop mag word.

Hier is ook miljoene hase in Australie (dit is 'n groot
plaag), maar die Australiers eet ook nie hase nie.
(Wonder wat die Belge daarvan sal se? - by hulle is dit 'n lekkerny).
Ons het as kind 'n mak haas gehad. Eendag was hy skielik "weg".
Twee dae later het ons heerlike "wilds" bredie geëet.

By sommige restaurante het hul wel krokodil en kangeroevleis,
maar dis hoofsaaklik vir die toeriste en vir die snaaksigheid.
As jy 'n krokodil kan eet kan jy maar wragtag 'n hond ook
eet, want hy is 'n aasdier.
My Vietnamese kollega vertel hy het al hondevleis geëet.
Hy se dit is nogal lekker saam met rooiwyn in die winter.
Nou ja...
Ek het ook al Emu-wors geëet. (Dit is die Australiese volstruis).
Dit was verskriklik lekker, maar toe poep ek die hele dag deur
aanmekaar. My kollegas het nie saamgestem nie, maar vir my
was dit die moeite werd. Sal dit weer doen.

Groete.

Kos & resepte | 0 kommentare

Bladsye (1839): [ «    1598  1599  1600  1601  1602  1603  1604  1605  1606  1607  1608  1609  1610  1611  1612  1613    »]
Tyd nou: Ma Okt 07 03:28:36 MGT 2024