Herman Charles Bosman Literary Society
=================================================
Fund-raising project to renovate the "Heimweeberg" school in which
Bosman taught. Weekend package - 25 to 27 October 1996 - Groot Marico,
South Africa.
Performances by Patrick Mynhardt.
Support a good cause and have a fun cultural weekend in the REAL South
African bushveld.
In Article, writes:
> Path: hermes.is.co.za!quagga.ru.ac.za!howland.erols.net!cs.utexas. edu!nntp.primenet.com!hunter.premier.net!newsfeed.internetmc i.com!in3.uu.net!news-m01.ny.us.ibm.net!news-s01.ny.us.ibm.n et!news
> From: gal...@ibm.net
> Newsgroups: soc.culture.south-africa.afrikaans
> Subject: Ek hou nie van honde en hondekak nie !!
> Date: 18 Sep 1996 08:28:21 GMT
> Lines: 64
> Message-ID:
> Reply-To: gal...@ibm.net
> NNTP-Posting-Host: slip202-135-22-207.sy.au.ibm.net
> X-Newsreader: IBM NewsReader/2 v1.03
>
> Ekskuus dat ek so lelik is, maar wat noem mens dit anders: hondepoefie ?
> Laat ek julle vertel hoekom dit die verskriklike 3-letterwoord verdien:
>
> Honde kak waar mens piekniek hou, in die gras speel, op die strand,
> hul kak waar kinders daarin trap, dit optel en in hul mond steek.
> Die kak sit aan jou skoene vas,
> dit word in jou huis ingedra, of in jou motor.
> Dit lok vlieë en brommers,
> Die kak le^ in die son en stink.
> Selfs in die koue winter van Europa: -
> die kak le^ die hele winter gevries,
> om dan te stink met die eerste somerson.
> Dit maak jou naar en bederf jou eetlus en jou dag.
>
> Ek hou nie van stadshonde nie.
> Honde hoort nie in woonbuurte en parke nie, hul hoort op plase.
> Parke is vir kinders om in te speel.
> Maar honde eienaars dink mos parke en strande is daar vir hul honde
> om te kak.
>
> En ek haat dit as honde my eenjarige dogtertjie stormloop en haar in
> die gesig lek.
> Dit is onhiegehenies, mens kry siektes daarvan, en wurms.
> Mense wat hul honde soen - sies man! daai hond lek sy eie ballas en
> ander honde se gat!
>
> Honde hoort nie in huise nie, nog minder in woonstelle.
> En hul hoort ook nie op die deur se drempel waar hul met hul
> ballas in die son le^ en bak nie, vir iemand om oor te struikel.
> Blaf jou in die nag wakker.
> Hondehare oral, op mense se meubels en aan mense se klere.
> En mens kan sien dat stadshonde gemorskos kry om te eet aan hul kak:
> dit het soveel preserveermiddels in dat dit vir dae lank le^ en stink,
> dit vergaan nie, - jy kan sommer sien dit het 'n ongesonde kleur.
> En die hond poep heeldag daarvan.
>
> Hoekom mag ek nie netjies agter 'n bos water afslaan nie,
> maar honde mag oral in die openbaar pis en kak ?
>
> Ek haat juppies sonder kinders, wat honde aanhou asof dit hul
> kinders is, en omdat dit 'n mode-aanhangsel is. Armsalig, selfsugtig.
> Honde wat geteel is om goed te lyk, maar eintlik funksioneel
> gebreklik is.
> En hierdie ou klein keffertjies, die walglike ou klein wolhondjies
> en skoothondjies: ek wens daar kom 'n plaag van kraaie wat hul opvreet.
>
> Waarom spandeer mense soveel aan honde ? Hondekos en hondesallonne
> en hondesielkundiges en alles ? En bemaak groot somme geld aan honde,
> en sit grafstene op ? Dit terwyl mense vrek van die honger ?
>
> Ek is gatvol van honde wat klein kinders sonder rede aanval en byt:
> Hulle moet vrekgeskiet word en hul eienaars moet vir die res van hul
> lewe in 'n hondehok toegesluit word.
>
> En die liewe "Animal-Rights" brigades, oftewel die "Bunny Clutchers",
> wat gedurig aan die teem is en dweep oor die arme goed: As hul ly,
> maak hulle van kant en spandeer julle geld dan op iets beters.
>
> Met permissie gesê aan al my vriende met honde.
>
> Groete & Voertsek! :-)
> Elke hond kry sy dag!!
>
>
Snaakste storie wat ek in 'n lang tyd gelees het!
Dit blyk ook duidelik dat jy baie tyd aan kak spandeer. :)
Die manier waarop die Natuur sade verpak, was vir my nog
altyd 'n saak van groot verwondering, en soms ook verbystering.
Ek kan heeltemal die redenering verstaan agter die konstruk-
sie van die waatlemoen. Gegee 'n klomp sade, hoe verpak jy dit
sodat dit, in 'n droë klimaat, genoeg water het om te ontkiem
en wortel te skiet? Jy skep die waatlemoen, vol water, harde skil
rondom, en rangskik die pitjies in rye in die middel. (En jy maak
'n deel in die middel sonder pitte, sodat die slim vindingryke
Afrikaners 'n kroon kan skep in die middel. Die beste idee wat
nog uit Suid-Afrika gekom het! Die dom Noord-Amerikaners
wil nie daaraan byt nie. Hulle het ook nie die regte soort waatle-
moene hier om goeie krone te skep nie.)
Dieselfde prinsipe word gevolg in die spanspek, die tsamma,
en seker ook maar in die tamatie en die kweper en die perske,
alhoewel die arme pitte minder water het, en harder moet werk
om deur al daardie omhulsel na buite te kom.
Dan is daar die peule wat oopbreek, en die sade wat sommer
so los in die wind waai nadat hulle hul moederplant ligtelik tot-
siens gesê het. Daar is baie ander metodes. Ek persoonlik dink
dat die Natuur heeltemal oorboord gegaan het met die verpakking
van die mielie. Was dit nou nodig om dit so deeglik te verpak?
En wat is die funksie van al daardie baard aan die een ent? Dit
is veral hinderlik hier in Kanada, waar jy veronderstel is om elke
mielie te ondersoek voor jy dit koop. Ek het aanvanklik gedink:
hoe onbeskof om die omhulsel gedeeltelik af te trek en te kyk na
die pitte binne. Nou doen ek dit ook, anders dink die mense ek
weet nie waarom dit gaan nie.
Die een saadverpakking waarvan ek die prinsiepe nog nooit
kon begryp nie, is die kameeldoringpeul. Die hele peul is hard,
buite en binne. Dit lyk of die Natuur die swart pitte binne-in wil
bewaar, soos juwele in 'n kluis. Geen voorsiening word gemaak
vir gunstige toestande vir ontkieming nie. Die peul is sag en syig
aan die buitekant as jy met jou vinger daaroor streel. Maar maak
geen fout nie : dis 'n harde harde peul. Tog eet die bokke dit.
Hier is 'n gedig van Donald Riekert daaroor:
DIE HERDER
Kleinnooi dit gaan maar
swaar Eintlik bly die Here
maar die herder Die jong Tswana-
vrou bedaar beduie met haar oë
Ons is net twee
maar my ou man is bedelaar
hulle hou hom op hok
Nou moet ek agter die bok
Maar die Here bly herder
Soms verstaan ek die geloof nie
maar as die bokke honger raak
gooi ek met die groot klip
op teen die kameeldoring se mik
reën dit peule
op die klip se val
Gloudina,
Baie dankie vir hierdie bydrae. Ek is een van die ouens wat lankal lees wat
almal te se het, maar self nie eintlik bydra nie. Lekker gelees aan jou
stukkie, en gedink aan dinge wat baiemaal by 'n mens verbygaan in die
daaglikse gejaag en geskarrel.
Hier by ons sukkel die lente ook maar om aan die gang te kom. Ek hoor vandag
juis weer dat sneeu op die berge verwag word. So 'n dag of twee later voel
ons dit weer hier in Johannesburg.
Maar die Jasmyn is vol in blom, en onthou jy nog hoe groen 'n doringboom se
nuwe blaartjies hierdie tyd van die jaar is . . . . . .
Groete
Faan Koekemoer
DIE SWAELS KEER VANJAAR LAAT TERUG
Henning Pieterse
Die swaels keer vanjaar laat terug.
Die eerstes huiwer vir die suide,
ril op drade en hoor
hoe bye vernielend die bloeisels bevrug.
Om ons het die jakarandas pers
op malvas in die tuin gedrup.
Ek wou jou van my reis vertel,
deur 'n sagte land in die noorde
waar bloed in wortels ingetrek het,
maar glase het gestamp
om vrese te besweer;
ek het die ure een vir een
oopgebreek soos 'n artisjok.
Uit die hart van die land,
Europa onder 'n stil Afrika-boom,
stuur ek hiermee my swaels,
en hoop jy kan hulle hoor
voor die winter uit die suide kom.
Samewerking met die Afrikaner (Broeder-)bond (AB), die FAK en
ander organisasies is die nuutste ommeswaai van dr. Ferdi
Hartzenberg van die KP. Die KP is reeds met hulle in
onderhandeling om samewerking te bewerkstellig. Daar is selfs
sprake van samewerking met "ander politieke partye". Die HNP is
nie genader nie, met die gevolg dat dit slegs kan beteken die
Vryheidsfront en die "Nasionale" Party.
Sake waaroor daar onderhandel word, is onderwys, plaaslike
owerhede en die KP se "konfederale vryheidsplan".
Hierdie skokkende verklaring van dr. Hartzenberg is gedoen
tydens sy toespraak voor die Vrystaatse kongres van die KP wat
die afgelope naweek in Bloemfontein plaasgevind het.
In sy toespraak voor die kongres het ds. Daan van der Merwe te
kenne gegee dat hierdie volksvyandige organisasies ook bekommerd
is oor die posisie van die Afrikaner. Van hulle, ook in die NP,
het in die duister van die nag by hom besoek afgel om hulle
kommer met hom te deel.
Inderdaad stem hierdie agenda van die KP tot 'n groot mate
ooreen met die punte wat geopper is tydens die byeenkoms te
Pionierspark in Januarie vanjaar. Dr. Hartzenberg en dr. Willie
Snyman het persoonlik hierdie funksie bygewoon wat gereÂl is deur
die Afrikaner (Broeder-)bond. Daarna het die Afrikaner-
Volksfront, wat onder die vleuels van die KP opereer, hom
volledig van die byeenkoms gedistansieer, veral omdat die Junior
Rapportryers onder dr. Theo de Jager gepoog het om die Mandela-
vlag daar te hys.
Dr. Hartzenberg en dr. Snyman het hulle egter nooit van die
byeenkoms en sy agenda gedistansieer nie. Inteendeel, dr.
Hartzenberg het na afloop daarvan geluide laat hoor dat hy hom
heeltemal daarmee vereenselwig! Hy het selfs te kenne gegee dat
hy sy hulp sou verleen met sekere aksies wat daaruit voortvloei.
Die nuutste verklaring van dr. Hartzenberg bewys dat hy, net
soos genl. Constand Viljoen, versuim het om sy verbintenis met
die Broederbond te verbreek. In die lig van die nuutste
verwikkelinge duik die vraag onwillekeurig op of hy ooit sy
lidmaatskap van hierdie geheime organisasie beÂindig het. Dit
is bekend dat genl. Constand Viljoen steeds lid van die
Broederbond is. Dr. Treurnicht het toentertyd te kenne gegee dat
hy uit die organisasie bedank het.
Daar was die afgelope jaar telkens baie duidelike aanduidings
dat daar 'n vaste verhouding tussen die KP en hierdie
volksvyandige geheime organisasie bestaan. Teen die helfte van
die jaar het die AB erken dat hulle kliphard aan die werk is om
hulle voormalige Broeders in Toekomsgesprek en aanverwante
organisasies weer by hulle te betrek. Dr. Boet Schoeman,
uitvoerende direkteur van die AB, het teenoor Rapport erken dat
hulle samesprekings voer met politieke partye wat insluit die ANC
en die NP, maar ook met die VF en die KP. In 'n brief in Die
Stellalander het die leier van die AB in Vryburg in antwoord op
'n skrywe van mnr. Carel van der Merwe van die HNP, erken dat
hulle steeds lede het wat behoort aan die KP en die VF.
Die gewone lede van die KP is egter deurgaans in die duister
gehou oor hulle leiers en hulle party se onderhandelinge met die
AB.
Daarom sal die bekendmaking van dr. Hartzenberg dat hy amptelik
met die Afrikanerbond oor samewerking oor 'n bre terrein
onderhandel, vir sy ondersteuners as 'n groot skok kom.
In opvolging van die nuus verlede week dat dr. Hartzenberg
"eendragtigheid" met genl. Constand Viljoen en die Vryheidsfront
nastreef, en die feit dat hy ook met die Afrikanerbond in 'n
soortgelyke verhouding staan, sal veroorsaak dat talle lede van
die KP nie meer bereid sal wees om met dr. Hartzenberg en die KP
op hierdie pad voort te gaan nie.
Die jaarlikse WALVISFEES vind weer plaas vanaf
Vrydag 20 September tot Sondag 29 September.
Daar word voorsiening gemaak vir 'n ieder en elk.
Kom kuier gerus. Afrikaanse musiek en toneel om jou
tone te laat omkrul van lekkerte.
Dit lyk of Afrikaners amper kompulsief veral in dig-
werk besig is met die vraag: hoe het ons hier te lande
gekom? Met wonder kyk hulle om hulle rond. Dit wat
hulle sien, wek hulle liefde. Hier is 'n gedig van PETRA
MULLER (uit "Obool", 1977.)
BOSMENS
Ons wat uit die gesellige laelande padgegee het
uit die dampkring van die herbergiers
- ons skepe vaamloos oor die see
Ons wat die oortog gemaak het
en onder die kantelende kruismas snags verbysterd
die sterre sien stroom het
Ons wat op 'n nuwe kontinent gewag het
en dit toe self kon werf -
Hier op die strand vol blouklip en suring staan ons
huisloos soos klipvolk soos die blootste strandmens
van die nuwe domein
Hoor jy hoe huil die jakkals ons aankomslied
Bou nou vir my die skerm:
skerm wat ook nooit die koue
van ons nuwe vaderland sal afkeer nie -
Hier waar ons intrek by die swart klippers
en die geradbraakte bome,
en maak ons toe met wolkies, wolkies,
want vannag sal dit oor ons ontblote liggaam dou.
Die herfs is laat vanjaar hier in my deel van Noord-
Amerika ( op die walle van die Ottawa-rivier, net noord
van Lake Ontario.) Hier wag 'n mens vir die herfs soos
vir 'n geliefde. Teen die einde van Augustus begin soek
jy vir die eerste tekens daarvan : die enkele tak van 'n
boom wat begin verkleur, die geler word van die gras,
die blomme van die herfs wat die kouer weer kan staan.
My liefde vir die noord-amerikaanse herfs het begin
toe ek nog jonk was, in Suid-Afrika, lank voor ek na hier-
die kontinent toe gekom het. Ek het "On Walden Pond"
van Henry David Thoreau (1817 - 1862) gelees en her-
lees. Walden Pond is vandag in die buitewyke van Boston,
die eindpunt van 'n pelgrimstog vir seker baie mense vir
wie Thoreau geleer het hoe om met aandag na dinge te kyk,
en dat omgang met die natuur 'n amper godsdienstige proses
kan wees. Iemand wat ons ken en wat besig is om te sterf
aan kanker, vertel ons nou die dag dat sy baie vroeg in die
oggend opstaan en "On Walden Pond" lees.
Maar hierdie jaar is die herfs laat. En ons is ongeduldig.
Wanneer kom die tyd dat elke bladwisselende blaar verkleur
is : die dieprooi en ligrooi, die talle skakerings van geel., die
perskekleure, die appelkooskleure, en tussen alles in soms
'n snaakse liggroen, wat niks met die oninteressante groen
van die somer te make het nie. (Tussen al die kleure natuurlik
altyd die dennebome, immer-groen, immer- teenwoordig.)
En dan is daar die sumac, lae bosse wat jy eers opmerk in die
vroegherfs wanneer hulle bloedrooi teen die hange staan. In
die heinings die sade en peule, nou in die herfs meer ingewik-
keld van struktuur, meer intellektueel. Ons soek na die wilde
bessies wat ons kan eet, as die goggas en die bye dit nie eerste
bygekom het nie. En in die oggende die mis op die rivier, as
die koue lug en die warmer water van die rivier die wereld
omskep in 'n raaisel van mis en son.
Die herfs is vanjaar laat. Maar die blou dae word duidelik
korter, en een van die dae sal vet Canada geese vir twee weke
op die rivier kom sit, voordat hulle die pad verder na die suide
aanvat. Hulle moes al aangekom het. Hulle is ook laat.
Ekskuus dat ek so lelik is, maar wat noem mens dit anders: hondepoefie ?
Laat ek julle vertel hoekom dit die verskriklike 3-letterwoord verdien:
Honde kak waar mens piekniek hou, in die gras speel, op die strand,
hul kak waar kinders daarin trap, dit optel en in hul mond steek.
Die kak sit aan jou skoene vas,
dit word in jou huis ingedra, of in jou motor.
Dit lok vlieë en brommers,
Die kak le^ in die son en stink.
Selfs in die koue winter van Europa: -
die kak le^ die hele winter gevries,
om dan te stink met die eerste somerson.
Dit maak jou naar en bederf jou eetlus en jou dag.
Ek hou nie van stadshonde nie.
Honde hoort nie in woonbuurte en parke nie, hul hoort op plase.
Parke is vir kinders om in te speel.
Maar honde eienaars dink mos parke en strande is daar vir hul honde
om te kak.
En ek haat dit as honde my eenjarige dogtertjie stormloop en haar in
die gesig lek.
Dit is onhiegehenies, mens kry siektes daarvan, en wurms.
Mense wat hul honde soen - sies man! daai hond lek sy eie ballas en
ander honde se gat!
Honde hoort nie in huise nie, nog minder in woonstelle.
En hul hoort ook nie op die deur se drempel waar hul met hul
ballas in die son le^ en bak nie, vir iemand om oor te struikel.
Blaf jou in die nag wakker.
Hondehare oral, op mense se meubels en aan mense se klere.
En mens kan sien dat stadshonde gemorskos kry om te eet aan hul kak:
dit het soveel preserveermiddels in dat dit vir dae lank le^ en stink,
dit vergaan nie, - jy kan sommer sien dit het 'n ongesonde kleur.
En die hond poep heeldag daarvan.
Hoekom mag ek nie netjies agter 'n bos water afslaan nie,
maar honde mag oral in die openbaar pis en kak ?
Ek haat juppies sonder kinders, wat honde aanhou asof dit hul
kinders is, en omdat dit 'n mode-aanhangsel is. Armsalig, selfsugtig.
Honde wat geteel is om goed te lyk, maar eintlik funksioneel
gebreklik is.
En hierdie ou klein keffertjies, die walglike ou klein wolhondjies
en skoothondjies: ek wens daar kom 'n plaag van kraaie wat hul opvreet.
Waarom spandeer mense soveel aan honde ? Hondekos en hondesallonne
en hondesielkundiges en alles ? En bemaak groot somme geld aan honde,
en sit grafstene op ? Dit terwyl mense vrek van die honger ?
Ek is gatvol van honde wat klein kinders sonder rede aanval en byt:
Hulle moet vrekgeskiet word en hul eienaars moet vir die res van hul
lewe in 'n hondehok toegesluit word.
En die liewe "Animal-Rights" brigades, oftewel die "Bunny Clutchers",
wat gedurig aan die teem is en dweep oor die arme goed: As hul ly,
maak hulle van kant en spandeer julle geld dan op iets beters.