Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » 'n Gedig van DONALD RIEKERT, oor kameeldoringpeule
'n Gedig van DONALD RIEKERT, oor kameeldoringpeule [boodskap #7263] Ma, 23 September 1996 00:00 na volgende boodskap
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Die manier waarop die Natuur sade verpak, was vir my nog
altyd 'n saak van groot verwondering, en soms ook verbystering.

Ek kan heeltemal die redenering verstaan agter die konstruk-
sie van die waatlemoen. Gegee 'n klomp sade, hoe verpak jy dit
sodat dit, in 'n droë klimaat, genoeg water het om te ontkiem
en wortel te skiet? Jy skep die waatlemoen, vol water, harde skil
rondom, en rangskik die pitjies in rye in die middel. (En jy maak
'n deel in die middel sonder pitte, sodat die slim vindingryke
Afrikaners 'n kroon kan skep in die middel. Die beste idee wat
nog uit Suid-Afrika gekom het! Die dom Noord-Amerikaners
wil nie daaraan byt nie. Hulle het ook nie die regte soort waatle-
moene hier om goeie krone te skep nie.)

Dieselfde prinsipe word gevolg in die spanspek, die tsamma,
en seker ook maar in die tamatie en die kweper en die perske,
alhoewel die arme pitte minder water het, en harder moet werk
om deur al daardie omhulsel na buite te kom.

Dan is daar die peule wat oopbreek, en die sade wat sommer
so los in die wind waai nadat hulle hul moederplant ligtelik tot-
siens gesê het. Daar is baie ander metodes. Ek persoonlik dink
dat die Natuur heeltemal oorboord gegaan het met die verpakking
van die mielie. Was dit nou nodig om dit so deeglik te verpak?
En wat is die funksie van al daardie baard aan die een ent? Dit
is veral hinderlik hier in Kanada, waar jy veronderstel is om elke
mielie te ondersoek voor jy dit koop. Ek het aanvanklik gedink:
hoe onbeskof om die omhulsel gedeeltelik af te trek en te kyk na
die pitte binne. Nou doen ek dit ook, anders dink die mense ek
weet nie waarom dit gaan nie.

Die een saadverpakking waarvan ek die prinsiepe nog nooit
kon begryp nie, is die kameeldoringpeul. Die hele peul is hard,
buite en binne. Dit lyk of die Natuur die swart pitte binne-in wil
bewaar, soos juwele in 'n kluis. Geen voorsiening word gemaak
vir gunstige toestande vir ontkieming nie. Die peul is sag en syig
aan die buitekant as jy met jou vinger daaroor streel. Maar maak
geen fout nie : dis 'n harde harde peul. Tog eet die bokke dit.
Hier is 'n gedig van Donald Riekert daaroor:

DIE HERDER

Kleinnooi dit gaan maar
swaar Eintlik bly die Here
maar die herder Die jong Tswana-
vrou bedaar beduie met haar oë
Ons is net twee
maar my ou man is bedelaar
hulle hou hom op hok
Nou moet ek agter die bok
Maar die Here bly herder
Soms verstaan ek die geloof nie
maar as die bokke honger raak
gooi ek met die groot klip
op teen die kameeldoring se mik
reën dit peule
op die klip se val

(ingetik op die nuusgroep deur gloudina bouwer)
Re: 'n Gedig van DONALD RIEKERT, oor kameeldoringpeule [boodskap #7275 is 'n antwoord op boodskap #7263] Wo, 25 September 1996 00:00 Na vorige boodskap
lour...  is tans af-lyn  lour...
Boodskappe: 45
Geregistreer: Julie 1996
Karma: 0
Volle Lid
In Article <526i4k$9...@nntp.igs.net>, <iz...@igs.net> writes:
>
> Die manier waarop die Natuur sade verpak, was vir my nog
> altyd 'n saak van groot verwondering, en soms ook verbystering.
> Ek kan heeltemal die redenering verstaan agter die konstruk-
> sie van die waatlemoen. Gegee 'n klomp sade, hoe verpak jy dit
> sodat dit, in 'n droe" klimaat, genoeg water het om te ontkiem
> en wortel te skiet? Jy skep die waatlemoen, vol water, harde skil
> rondom, en rangskik die pitjies in rye in die middel. (En jy maak
> 'n deel in die middel sonder pitte, sodat die slim vindingryke
> Afrikaners 'n kroon kan skep in die middel. Die beste idee wat
> nog uit Suid-Afrika gekom het! Die dom Noord-Amerikaners
> wil nie daaraan byt nie. Hulle het ook nie die regte soort waatle-
> moene hier om goeie krone te skep nie.)

Hie Hie - Gelukkig verstaan die ou spul nie Afrikaans nie.

> Die een saadverpakking waarvan ek die prinsiepe nog nooit
> kon begryp nie, is die kameeldoringpeul. Die hele peul is hard,
> buite en binne. Dit lyk of die Natuur die swart pitte binne-in wil
> bewaar, soos juwele in 'n kluis. Geen voorsiening word gemaak
> vir gunstige toestande vir ontkieming nie. Die peul is sag en syig
> aan die buitekant as jy met jou vinger daaroor streel. Maar maak
> geen fout nie : dis 'n harde harde peul. Tog eet die bokke dit.

Was anderdag in die verre Wes Transvaal en het gedog ek sal vir my 'n paar
kameeldoring peule saambring en probeer om 'n kameeldoring of twee hier in
Joey's aan die groei te kry -( Al ooit gesien op pad na Suid Wes - ag ek
bedoel Namibia - hoe die kameeldorings groot sambrele langs die pad maak -
teen die sonsondergang/opkoms en so?). Anyway, toe ek die peule hier oopbreek
sou ek sien die blerrie kalanders het al die sade opgevreet. So my koorsbome
en soetdoring sal maar 'n rukkie moet wag vir 'n kameeldoring.

Was so 'n rukkie terug in Disney land en het tot my verbasing 'n geelhout boom
daar gesien. Blerrie amerikaners beskou mos ook al die Kraanvoel blom
(strelitsia) soort van as hulle eie :).

Dankie vir die gedig.

Cheers
Lou

PS. 'n bietjie stil in die NG die laaste ruk?
Vorige onderwerp: 'n Gedig van HENNING PIETERSE
Volgende onderwerp: Re: RIEKERT se gedig oor kameeldoringpeule + mieliepitte, pampoenpitte en vrot tamaties.....
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 12 14:08:20 MGT 2024