Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Vroegherfs in Oos-Ontario
Re: Vroegherfs in Oos-Ontario [boodskap #7261] So, 22 September 1996 00:00 na volgende boodskap
fa...  is tans af-lyn  fa...
Boodskappe: 2
Geregistreer: September 1996
Karma: 0
Junior Lid
Gloudina,
Baie dankie vir hierdie bydrae. Ek is een van die ouens wat lankal lees wat
almal te se het, maar self nie eintlik bydra nie. Lekker gelees aan jou
stukkie, en gedink aan dinge wat baiemaal by 'n mens verbygaan in die
daaglikse gejaag en geskarrel.
Hier by ons sukkel die lente ook maar om aan die gang te kom. Ek hoor vandag
juis weer dat sneeu op die berge verwag word. So 'n dag of twee later voel
ons dit weer hier in Johannesburg.
Maar die Jasmyn is vol in blom, en onthou jy nog hoe groen 'n doringboom se
nuwe blaartjies hierdie tyd van die jaar is . . . . . .
Groete
Faan Koekemoer
Re: Vroegherfs in Oos-Ontario [boodskap #7265 is 'n antwoord op boodskap #7261] Di, 24 September 1996 00:00 Na vorige boodskap
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
fa...@mail.icon.co.za says...

> Hier by ons sukkel die lente ook maar om aan die gang te kom. Ek hoor vandag
> juis weer dat sneeu op die berge verwag word. So 'n dag of twee later voel
> ons dit weer hier in Johannesburg.
> Maar die Jasmyn is vol in blom, en onthou jy nog hoe groen 'n doringboom se
> nuwe blaartjies hierdie tyd van die jaar is . . . . . .
> Groete
> Faan Koekemoer
>

Baie dankie dat jy vertel van die lente daar.

Suid-Afrikaners se bloed is seker die kleur van
jakarandas. Ek het eers tuis begin voel in Noord-
Amerika toe ek uitvind dat ons langs die �eastern
seaboard� kan afry in April en jakarandas in
Florida sien. En bougainvilleas en frangipanni.

As ons almal, noord en suid van die ewenaar, vir
mekaar vertel hoe dinge by ons lyk, watter lekker
kruisbestuiwing.

Gloudina
Vorige onderwerp: Vroegherfs in Oos-Ontario
Volgende onderwerp: Re: Ek hou nie van honde en hondekak nie !!
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 14 10:11:07 MGT 2024