Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Vroegherfs in Oos-Ontario
Vroegherfs in Oos-Ontario [boodskap #7249] Do, 19 September 1996 00:00 na volgende boodskap
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Die herfs is laat vanjaar hier in my deel van Noord-
Amerika ( op die walle van die Ottawa-rivier, net noord
van Lake Ontario.) Hier wag 'n mens vir die herfs soos
vir 'n geliefde. Teen die einde van Augustus begin soek
jy vir die eerste tekens daarvan : die enkele tak van 'n
boom wat begin verkleur, die geler word van die gras,
die blomme van die herfs wat die kouer weer kan staan.

My liefde vir die noord-amerikaanse herfs het begin
toe ek nog jonk was, in Suid-Afrika, lank voor ek na hier-
die kontinent toe gekom het. Ek het "On Walden Pond"
van Henry David Thoreau (1817 - 1862) gelees en her-
lees. Walden Pond is vandag in die buitewyke van Boston,
die eindpunt van 'n pelgrimstog vir seker baie mense vir
wie Thoreau geleer het hoe om met aandag na dinge te kyk,
en dat omgang met die natuur 'n amper godsdienstige proses
kan wees. Iemand wat ons ken en wat besig is om te sterf
aan kanker, vertel ons nou die dag dat sy baie vroeg in die
oggend opstaan en "On Walden Pond" lees.

Maar hierdie jaar is die herfs laat. En ons is ongeduldig.
Wanneer kom die tyd dat elke bladwisselende blaar verkleur
is : die dieprooi en ligrooi, die talle skakerings van geel., die
perskekleure, die appelkooskleure, en tussen alles in soms
'n snaakse liggroen, wat niks met die oninteressante groen
van die somer te make het nie. (Tussen al die kleure natuurlik
altyd die dennebome, immer-groen, immer- teenwoordig.)
En dan is daar die sumac, lae bosse wat jy eers opmerk in die
vroegherfs wanneer hulle bloedrooi teen die hange staan. In
die heinings die sade en peule, nou in die herfs meer ingewik-
keld van struktuur, meer intellektueel. Ons soek na die wilde
bessies wat ons kan eet, as die goggas en die bye dit nie eerste
bygekom het nie. En in die oggende die mis op die rivier, as
die koue lug en die warmer water van die rivier die wereld
omskep in 'n raaisel van mis en son.

Die herfs is vanjaar laat. Maar die blou dae word duidelik
korter, en een van die dae sal vet Canada geese vir twee weke
op die rivier kom sit, voordat hulle die pad verder na die suide
aanvat. Hulle moes al aangekom het. Hulle is ook laat.

Gloudina Bouwer
Re: Vroegherfs in Oos-Ontario [boodskap #7254 is 'n antwoord op boodskap #7249] Vr, 20 September 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Ek het "On Walden Pond"
> van Henry David Thoreau (1817 - 1862) gelees en her-
> lees. Walden Pond is vandag in die buitewyke van Boston,
> die eindpunt van 'n pelgrimstog vir seker baie mense vir
> wie Thoreau geleer het hoe om met aandag na dinge te kyk,
> en dat omgang met die natuur 'n amper godsdienstige proses

Ek besef eers later tot my konsternasie dat ek die
verkeerde titel vir Thoreau se boek gegee het. Die
boek se naam is "Walden, or Life in the Woods"
(1854). Ek het dit natuurlik in my kop verwar met
die titel van die boek waarvan hulle daardie pragtige
film gemaak het : "On Golden Pond." Hulle het daar-
die film gemaak op 'n meer in die oostelike deel van
New Hampshire. Maar ek dink in die boek is die meer
in Maine.

Thoreau het ook "Civil Disobedience, an essay" in
1849 gepubliseer. Hierdie werk het glo vir Ghandi
beinvloed. Thoreau het op daardie stadium dit veral
gehad teen die gebruik van slawe in die V.S.A., en
teen die oorlog met Mexico. Hy het geweier om belas-
ting te betaal en het tronk toe gegaan as gevolg daarvan.

Gloudina Bouwer
Re: Vroegherfs in Oos-Ontario [boodskap #7260 is 'n antwoord op boodskap #7249] Sa, 21 September 1996 00:00 Na vorige boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: n/a (Student Workstation)

In article , iz...@igs.net says...
>
>
> Die herfs is laat vanjaar hier in my deel van Noord-
> Amerika ( op die walle van die Ottawa-rivier, net noord
> van Lake Ontario.) Hier wag 'n mens vir die herfs soos
> vir 'n geliefde. Teen die einde van Augustus begin soek
> jy vir die eerste tekens daarvan : die enkele tak van 'n
> boom wat begin verkleur, die geler word van die gras,
> die blomme van die herfs wat die kouer weer kan staan.
> My liefde vir die noord-amerikaanse herfs het begin
> toe ek nog jonk was, in Suid-Afrika, lank voor ek na hier-
> die kontinent toe gekom het. Ek het "On Walden Pond"
> van Henry David Thoreau (1817 - 1862) gelees en her-
> lees. Walden Pond is vandag in die buitewyke van Boston,
> die eindpunt van 'n pelgrimstog vir seker baie mense vir
> wie Thoreau geleer het hoe om met aandag na dinge te kyk,
> en dat omgang met die natuur 'n amper godsdienstige proses
> kan wees. Iemand wat ons ken en wat besig is om te sterf
> aan kanker, vertel ons nou die dag dat sy baie vroeg in die
> oggend opstaan en "On Walden Pond" lees.
> Maar hierdie jaar is die herfs laat. En ons is ongeduldig.
> Wanneer kom die tyd dat elke bladwisselende blaar verkleur
> is : die dieprooi en ligrooi, die talle skakerings van geel., die
> perskekleure, die appelkooskleure, en tussen alles in soms
> 'n snaakse liggroen, wat niks met die oninteressante groen
> van die somer te make het nie. (Tussen al die kleure natuurlik
> altyd die dennebome, immer-groen, immer- teenwoordig.)
> En dan is daar die sumac, lae bosse wat jy eers opmerk in die
> vroegherfs wanneer hulle bloedrooi teen die hange staan. In
> die heinings die sade en peule, nou in die herfs meer ingewik-
> keld van struktuur, meer intellektueel. Ons soek na die wilde
> bessies wat ons kan eet, as die goggas en die bye dit nie eerste
> bygekom het nie. En in die oggende die mis op die rivier, as
> die koue lug en die warmer water van die rivier die wereld
> omskep in 'n raaisel van mis en son.
> Die herfs is vanjaar laat. Maar die blou dae word duidelik
> korter, en een van die dae sal vet Canada geese vir twee weke
> op die rivier kom sit, voordat hulle die pad verder na die suide
> aanvat. Hulle moes al aangekom het. Hulle is ook laat.
>
> Gloudina Bouwer
>

Ek verstaan hoe jy voel op die oomblik wwoon ek in Winnipeg en dit is 'n
bietjie koud maar ek moet vir jou se die herfs is pragtig hier

Ruan Malan
Vorige onderwerp: Die Afrikaner: Ferdi en die broeders
Volgende onderwerp: Re: Vroegherfs in Oos-Ontario
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 14 02:02:26 MGT 2024