Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Die Afrikaner: Ferdi en die broeders
Die Afrikaner: Ferdi en die broeders [boodskap #7255] Vr, 20 September 1996 00:00
Herstigte Nasionale P[1]  is tans af-lyn  Herstigte Nasionale P[1]
Boodskappe: 38
Geregistreer: Junie 1996
Karma: 0
Volle Lid
Die nuutste Internet-uitgawe van Die Afrikaner is nou beskikbaar. Die
Afrikaner is die mondstuk van die Herstigte Nasionale Party.

http://www.hnp.org.za/afrikaner

************************************************************

Ferdi gaan saamwerk met die Broederbond!

Samewerking met die Afrikaner (Broeder-)bond (AB), die FAK en
ander organisasies is die nuutste ommeswaai van dr. Ferdi
Hartzenberg van die KP. Die KP is reeds met hulle in
onderhandeling om samewerking te bewerkstellig. Daar is selfs
sprake van samewerking met "ander politieke partye". Die HNP is
nie genader nie, met die gevolg dat dit slegs kan beteken die
Vryheidsfront en die "Nasionale" Party.
Sake waaroor daar onderhandel word, is onderwys, plaaslike
owerhede en die KP se "konfederale vryheidsplan".
Hierdie skokkende verklaring van dr. Hartzenberg is gedoen
tydens sy toespraak voor die Vrystaatse kongres van die KP wat
die afgelope naweek in Bloemfontein plaasgevind het.
In sy toespraak voor die kongres het ds. Daan van der Merwe te
kenne gegee dat hierdie volksvyandige organisasies ook bekommerd
is oor die posisie van die Afrikaner. Van hulle, ook in die NP,
het in die duister van die nag by hom besoek afgelˆ om hulle
kommer met hom te deel.
Inderdaad stem hierdie agenda van die KP tot 'n groot mate
ooreen met die punte wat geopper is tydens die byeenkoms te
Pionierspark in Januarie vanjaar. Dr. Hartzenberg en dr. Willie
Snyman het persoonlik hierdie funksie bygewoon wat gere‰l is deur
die Afrikaner (Broeder-)bond. Daarna het die Afrikaner-
Volksfront, wat onder die vleuels van die KP opereer, hom
volledig van die byeenkoms gedistansieer, veral omdat die Junior
Rapportryers onder dr. Theo de Jager gepoog het om die Mandela-
vlag daar te hys.
Dr. Hartzenberg en dr. Snyman het hulle egter nooit van die
byeenkoms en sy agenda gedistansieer nie. Inteendeel, dr.
Hartzenberg het na afloop daarvan geluide laat hoor dat hy hom
heeltemal daarmee vereenselwig! Hy het selfs te kenne gegee dat
hy sy hulp sou verleen met sekere aksies wat daaruit voortvloei.
Die nuutste verklaring van dr. Hartzenberg bewys dat hy, net
soos genl. Constand Viljoen, versuim het om sy verbintenis met
die Broederbond te verbreek. In die lig van die nuutste
verwikkelinge duik die vraag onwillekeurig op of hy ooit sy
lidmaatskap van hierdie geheime organisasie be‰indig het. Dit
is bekend dat genl. Constand Viljoen steeds lid van die
Broederbond is. Dr. Treurnicht het toentertyd te kenne gegee dat
hy uit die organisasie bedank het.
Daar was die afgelope jaar telkens baie duidelike aanduidings
dat daar 'n vaste verhouding tussen die KP en hierdie
volksvyandige geheime organisasie bestaan. Teen die helfte van
die jaar het die AB erken dat hulle kliphard aan die werk is om
hulle voormalige Broeders in Toekomsgesprek en aanverwante
organisasies weer by hulle te betrek. Dr. Boet Schoeman,
uitvoerende direkteur van die AB, het teenoor Rapport erken dat
hulle samesprekings voer met politieke partye wat insluit die ANC
en die NP, maar ook met die VF en die KP. In 'n brief in Die
Stellalander het die leier van die AB in Vryburg in antwoord op
'n skrywe van mnr. Carel van der Merwe van die HNP, erken dat
hulle steeds lede het wat behoort aan die KP en die VF.
Die gewone lede van die KP is egter deurgaans in die duister
gehou oor hulle leiers en hulle party se onderhandelinge met die
AB.
Daarom sal die bekendmaking van dr. Hartzenberg dat hy amptelik
met die Afrikanerbond oor samewerking oor 'n bre‰ terrein
onderhandel, vir sy ondersteuners as 'n groot skok kom.
In opvolging van die nuus verlede week dat dr. Hartzenberg
"eendragtigheid" met genl. Constand Viljoen en die Vryheidsfront
nastreef, en die feit dat hy ook met die Afrikanerbond in 'n
soortgelyke verhouding staan, sal veroorsaak dat talle lede van
die KP nie meer bereid sal wees om met dr. Hartzenberg en die KP
op hierdie pad voort te gaan nie.
Vorige onderwerp: Die Australiese jeug: misdaad, straf ens
Volgende onderwerp: Vroegherfs in Oos-Ontario
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 14 00:44:20 MGT 2024