Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Die Australiese jeug: misdaad, straf ens
Die Australiese jeug: misdaad, straf ens [boodskap #7243] Wo, 18 September 1996 00:00
gal...  is tans af-lyn  gal...
Boodskappe: 191
Geregistreer: Mei 1996
Karma: 0
Senior Lid
Hier was nou 'n groot herrie in (Wes)Australia oor jeug en jeugmisdaad
en straf vir misdaad.

Australie is in die algemeen 'n vreedsame land en misdaad is niks in
vergelyking met SA en baie ander lande nie. Daar is egter 'n paar
bekommernisse vir enige ouer, waarvan ek julle sal vertel:

Vlgs die koerante hier is baie mense nou gatvol vir jeugbendes wat laat snags
rondloop en skade aan eiendom aanrig en hul sleg gedra.
Hulle beskadig motors en huise,
gooi bottels rond, molesteer en raas. (Perth/Northbridge ens).
Daar is gevra dat die polisie sterker moet optree en die polisie oorweeg
sterker magte.
Een dorp wil selfs 'n aandklokreel voorgestel: dat die jeug van die strate
moet af na tien.
In 'n program op die radio seg 'n polisiewoordvoerder dat kinders onder
10 jaar tot 4uur in die oggend rondloop en kwaaddoen.
Hulle ouers weet dikwels nie daarvan nie.

In plekke soos Sydney/Cabramatta gaan dit baie rof, daar is baie bendes en
dwelms word oral te koop aangebied. Statistieke toon Australiese kinders
eksperimenteer reeds op 'n vroege stadium met dwelms, Kinders kry
dagga op skool, gebruik Crack in nagklubs, en nog 'n jong tiener
in Canberra se dood aan 'n oordosis het 'n ruk gelede opslae verwek.
In Wes Australie was daar ook 'n herrie oor kinders wat onder behandeling
is vir "attention-deficit-disorder" en dan hulle pille aan mekaar verkoop.
'n dokter het gesê dat sterioides dikwels deur kinders gebruik word
(sonder dat ouers besef), deur jong tienerseuns wat skaam is oor
hulle fisiese ontwikkeling. Hy sê hy skryf dit eerder voor - anders
kry hul dit op die swartmark.

Hier het ook 'n herrie losgebars oor die jeug alles met graffiti besmeer.
Na raming veroorsaak graffitti $200 miljoen skade per jaar in Australie.
(R600 miljoen?) $100 daarvan aan publieke transport alleen.

Tesame met dit alles het daar in die afgelope ruk 'n paar interessante
dinge gebeur: "n groep betogers het hand uitgeruk, die parlement bestorm,
vensters stukkend gegooi, geplunder en met die polisie slaags geraak.
Dit was hoofsaaklik vakbonde en Aboriginees wat o.a. betoog teen die
inkorting van vondse aan die Aboriginees.
Asof dit nie genoeg was nie, het hulle 'n paar dae daarna weer betoog en
weer was daar lelike tonele. Die Eerste minister het daarna gesê
dat dit "on-Australies" is om so op te tree.

Die ander storie is dat 'n groot klomp Aboriginees bymekaargekom het
in 'n dorp vir 'n sportbyeenkoms. Daar was 'n bakleiery in 'n kroeg.
Die polisie is ontbied, daar was hardhandige optrede. Die uiteinde
van die storie was dat die polisie moes vlug terwyl polisieversterkings
ingevlieg moes word. Die Aboriginees het die winkels geplunder en
geweldige skade aangerig. (Geraldton/W.A.)

Kinders "steel" soms karre en jaag daarmee rond, los dit dan iewers
of steek dit daarna aan die brand.
In 'n onlangse geval het die polisie hul agternagesit en hulle
is van die pad af: 'n kind is dood. (Perth)
Omdat Aboriginees betrokke was, is daar heelwat dinge gese:
Die polisie is beskuldig deur die Aboriginees, maar een Aboriginese
leier het sy mede Aboriginese beskuldig daarvan dat hulle nie na hul
kinders kyk nie.

'n jaar gelede was daar ook 'n herrie hier oor kinderbendes met
messe op skool, veral na 'n kind buite die skool doodgesteek is (Sydney).

Dit is bekend dat Australie een van die hoogste syfers vir selfmoord
onder die jeug het in die wereld. Die meeste buitelanders/immigrante
met wie ek al te doene gekry het, vertel dat die dissipline hier
op skool nie goed is nie. Mense wat dit kan bekostig stuur hulle kinders
na private skole toe om sulke probleme
te vermy en hul kinders 'n beter opvoeding te gee.
Sielkundiges sê die jeug se graffiti en eiendomsbeskadiging is uit
verveeldheid, om iets uitdagends te doen en aandag te kry.
(Graffiti in Australie het uiters min slagspreuke, dit is 3 en 4 letter
handtekeninge - dit lyk my die jeug hier het niks om te sê nie,
dit is asof daar 'n geestelike leegheid is)
Ten spyte daarvan dat baie privaatskole katolieke skole is, is dit basies
'n sekulere land, godsdiens het weinig invloed.
Daar is mense wat seg dat dit is asof die kinders hier nie rigting het nie,
dit gaan materieel goed, maar geestelik arm.

Hier is nou 'n "backlash" en mense kla wyd en syd dat straf in Australie
en veral straf vir die jeugmisdaad veel te wense oorlaat. Mense wil
swaarder strawwe he. Daar was o.a. 'n polemiek om lyfstraf weer in skole
toe te laat.

Daar is bevind dat 20% van Aboriginese kinders nie skoolgaan nie.
Toe iemand onlangs voorstel dat hul vir 5 dae in 'n week op hostel gesit
word sodat hul kan skoolgaan, is hy gekritiseer: verskuilde rassisme.

Daar word gesê dat baie immigrante so hard werk om hulself hier te vestig,
(materieel) dat hul nie genoeg (geestelike) aandag aan hul kinders gee nie.
Die kinders word dan stout groot. Hier is selfs 'n advertensieveldtog
daaroor op TV geloods.

Kinders bekom pornografiese en geweldadige videos en kyk dit terwyl hul
ouers werk. Dit is algemeen dat beide ouers werk en dan kinders in
'n pre-primere of kleuterskool sit.
Daar is ook onlangs besluit om 'n elektroniese toestel in televisiestelle
te plant om kinders te verhoed om geweldadige programme te kyk. Dit skakel
outomaties af. Die probleem is egter dat ouers nie die nodige dissipline
handhaaf nie: die toestel of die staat of wie ookal moet dit vir hul doen.
Op die ou end wil niemand die verantwoordelikheid aanvaar nie.

Hier is natuurlik ook oneindig baie om voor dankbaar te wees in Australie.
Ek self kan nie kla nie, my oudste kind is 4 en baie gelukkig op kleuterskool.
Ons maak hom streng groot. Ander mense kyk ons snaaks aan
as hy pakkry, maar dit is soos dit hoort. Wat doen julle ?

Groete
Vorige onderwerp: Uitspan op die Hollandse werf !!!!!!!
Volgende onderwerp: Die Afrikaner: Ferdi en die broeders
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 13 23:52:38 MGT 2024