Deur daardie tuintjie het sy stil gegaan,
haar hande need'rig oor haar bors gevou,
toe hy, verblindend soos die son, daar staan:
drie wit lelies het hy in sy hand gehou.
Half-skaam, verleë, het sy opgekyk
en is opeens met groot vrees bevang:
sy oë het van haar nie afgewyk,
sy vleuels het oor heel die tuin gehang.
"Geseën is jy onder die vroue" - sy woorde -
of was dit winde? - verruis nog in haar oor,
toe hy teen die son in goue vlug verdwyn....
Sy het haar neergebuig en half-versmoorde
klein snikkies in haar hart gehoor,
van verlossing reeds die vreugde en die pyn.
> Die snaakse deel is dat Eugene Terre'Blanche een aand laat met sy perd
> by die petrolpompe aangekom het.
> Toe het een diing klaarblyklik op 'n ander gevolg.
Ek raai die petroljoggie het aan ET gesê:
"Nou gaan jy seker vir my vertel 'maak hom vol skaap!' ne ?
Hier volg een van die mooiste Aankondiginge aan
Maria wat ek nog ooit gelees het, in enige taal:
KERSFEES
Donald Riekert
Drie gemmerkoekies
en 'n glas gemmerbier
'n wit mot draai om
die geel kers en Maria
se twee blou oë staar
na die môreblom die
heuningby draai om
en om haar blou oë
tot hy 'n klontjie
heuning in haar oop mond los
Hierdie gedig beskryf iets so sensueel en tog ook so
heilig, dat dit 'n mens se asem wegslaan.
En die verwysing na Kersfees in die suidelike half-
rond laat die grond vreemd onder jou voete beweeg.
Daardie hope gemmerkoekies, gebak nie net vir Kers-
fees nie, maar ook vir Nuwejaar. Die gemmerbier vir
die warm dae. As 'n mens hier in Kanada praat van
Kersfees vier in Suid-Afrika, en die moontlikheid van
strand toe gaan en swem en waatlemoen-eet en van
kameeldoringbome gebruik vir Kersfeesbome, dan
kom daar vir 'n rukkie soms 'n jaloerse kyk in hulle oë.
Maar dan skud hulle die kop: so 'n ding is 'n aberrasie.
vir Kersfees moet daar sneeu wees, en moet dit vroeg
donker wees, en moet daar dennebome wees. Hoe anders
versier jy 'n Kersboom op die regte manier?
KOOS was so vriendelik om 'n rubriek deur Willie Esterhuyse
te pos wat in Beeld verskyn het.
Dis 'n wonderlike stuk. Dankie. Stem 100% saam. Kon dit self geskryf het.
Willie, dit is net laat: Want ek het so gevoel 20 jr gelede:
> Talle jongmense staan nie net meer en meer afsydig teenoor die debatte
> wat binne Afrikaner-organisasies, die Afrikaanse kerke en die NP
> afspeel nie. Hulle is ook skepties oor die vermoe" van "vriendelike
> gryskop-omies" om vir hulle, hulle ideale, hulle waardes en hulle
> kultuur 'n plek in die toekoms te verseker.
> Hulle is ook moerig. Want, so sê hulle, dis hulle wat die grootste
> gelag moet betaal vir die sondes van die vaders. Terwyl die vaders
> goed vir hulleself gesorg het....
> Hulle voel in die steek gelaat. En ook moerig omdat hulle nou
> die gelag moet betaal vir die wandade en stommiteite van die verlede.
> Om teenoor hulle te argumenteer dat "die ander party" ook wandade
> gepleeg het, is om 'n uitgegroeide eikeboom met 'n lemmetjie te
> probeer afsny. Futiel.
> Dis ons wat in Angola ingestuur is. Dis ons wat gewond en
> vermink is. Julle het toe by die huis gesit. En nou moet ons hoor wie
> en wat ons leiers werklik was.
Ek weet ek moet vergewe en vergeet,
en dat daar baie mense is wat onwetend deur Apartheid meegesleur is,
en dat dit nie help om te blameer nie
en mens moet vorentoe kyk, en bla bla bla......
Maar daar is te veel mense wat nou van geen sout of water wil
weet nie, huigelaars en lafaards, wat nou skielik praat
van 'n "nuwe" Suid Afrika, asof die verlede maar net ongedaan gemaak kan
word en vergeet kan word. Nee, O nee!
As ek so 'n artikel lees wil ek net sê:
"Ja. Dit is die NP, sekere Afrikaner-organisasies,
Afrikaanse kerke, gryskop rassistiese Natte se skuld dat Suid Afrika
in hierdie donnerse gemors beland het.
Van lankal af is dit julle skuld, julle meer as enigiemand anders s'n.
Julle bliksemse stiksienige idiote. Julle hande is vol bloed.
Ek hoop julle boet vir julle wandade.
Julle het die land en miljoene mense se toekoms verwoes.
Julle eie kinders sin. Die Afrikaner en sy taal sin.
Dit sal geslagte lank neem om al jul k@k ongedaan te maak.
En het dit al 20 jaar gelede gesê, dat julle besig is
om die land op te neuk. Maar toe wou julle nie hoor nie,
toe het julle mense in tronke gesmyt en doodgemartel
wat julle wou keer, en julle het almal probeer breinspoel
(ook van die preekstoele af),
dat julle reg is. Dit is julle donnerse skuld dat Suid Afrika
nou hierdie bleddie gemors geerf het waarvoor julle nou die swartes
die skuld wil gee.
Julle vaders van Apartheid, julle selfsugtige lafaards:
Mag julle borskaste oopgeruk en op julle longe gek@k word.
Mag julle julle laaste dae slyt in ellende, en julle kinders julle
verlaat en blameer. Mag julle verneder en die spot mee gedryf word,
julle veragtelike ploerte. Julle verdien dit.
Julle is laer as slangk@k op die bodem van die see."
Maar ai, ek weet ek moenie so sê nie want dis baie lelik en nie
produktief nie en ek sal hatige briewe kry en vyande maak.
Ek is gefassineer oor hoe digters die werklikheid van
apartheid hanteer het. Ek is seker geinteresseerd daarin
om 'n antwoord te kry op die verdere vraag: hoe het die
man in die straat in Suid-Afrika apartheid hanteer. (Ek
het weggehardloop.) Ek kry die indruk dat meeste van
die Afrikaanse digters in die apartheidsjare gaan skuiling
soek het in gedigte oor die natuur en private emosies.
Hier volg egter twee Afrikaanse digters wat dit gewaag het
om oor dinge te praat. Toerien het vir jare in New York ge-
woon en skryf van buite Suid-Afrika. Fanie Olivier skryf
van binne Suid-Afrika. (Ek wonder waarna hy in sy gedig
verwys.)
OM UIT WOEDE TE SKRYF
Barend J.Toerien
om 'n vers te maak uit 'n walg
"Alle apartheid is groot en is kleinlik,"
(eerste reël)
is nog ver nie poësie nie
en maak geen hond haaraf met my mense nie
en my puriteinse gewete bly dus onverlig.
En dit dateer jou werk ook so;
soos ons nou praat van die vyftiger-jare se preutsheid
of die rooi lippies van die veertiger-meisies soos Alice Faye
sal die apartheidsjare onthou word in nuusfilms
en hier en daar in geskiedenisboeke,
in daardie dae as one almal van nou
lank lepel in die dak gesteek het.
Om 'n politieke vers te skryf
wat meer as 'n stukkie curiosum is
moet jy 'n Bertolt Brecht wees.
FEES EN HEMELVAART OP STELLENBOSCH 1971
Fanie Olivier
bedees stroom troppe skape om nege-uur
die tempel in; kyk grootoog na die predikant.
die swaai behendig oor die teks sy hand
en bid dat God weer groenvoer vir die droogte stuur.
in opdrag van 'n ander herder bo
swaai ons bedonnerd vlaggies
klap hande vir 'n toe-spraak van minister So-en-so.
naby leeu-gamka in 'n droë sloot
le^ vier studente langs 'n skewe windpomp dood.
Wanneer iemand hier in Kanada hoor dat ek in Suid-Afrika
grootgeword het, dan vra hulle gereeld hoe ek die winters hier
kan staan. Hulle voel dan heeltemal verbysterd as ek vir hulle sê
dat ek hou van hulle winters, maar dat dit hulle somers is wat ek
nie kan vat nie. Die somers hier in die suidelike deel van Kanada
is glad te warm, te vol goggas. Al die groen om jou word ook na
'n rukkie effens eentonig. Dis eers wanneer die herfs kom, dat ek
weer geinteresseerd raak. Wanneer die herfs verby is, is daar dan
die verskillende fases van die winter, indien moontlik nog meer
verruklik as die herfs, net op 'n meer delikate manier.
As jy in 'n park rondstap, vind jy bome waarvan die blare nie
afgeval het nie, net ivoorwit verbleik het in die koue. Daar is bome
waar al die blare afgeval het, maar hulle dieprooi of helder oranje
sade skok jou as jy hulle teen die blou van die lug sien. Wanneer
jy nou verby struike loop wat net egalig groen was in die somer,
ontdek jy die geheime van die struik se binnekant, die hele somer
weggesteek deur 'n klomp groen blare.
In die somer is die immergroen bome so een met die algemene
groen dat jy hulle eintlik nie opmerk nie. Dis eers in die vroegwin-
ter dat jy bewus van hulle word, as hulle groen takke belaai word
met wit sneeu. En watter vreugde kan selfs 'n boom sonder blare
wees, as die mis van die rivier op hulle vries en hulle daar soos
wit spookbome staan. Of nog meer verruklik : as dit ree�n en die
bome word nat en dit kom vries dan in die nag, dan staan elke
boom in die oggend met 'n yslaag wat met al die kleure van die
ree�nboog vonkel.
Die Canada geese het toe verlede week op die Ottawa-rivier
gearriveer, 'n maand later as verlede jaar. Hoe weet hierdie voe�ls
wanneer die swaar sneeu kom, (verlede jaar vroeg, vanjaar laat)?
Dis so snaaks om hulle in die skemer (4:30) te sien. Al wat uit-
steek, is hulle stertvere. Hulle eet plante onder die water. As een
moeg word, klim hy op die ys wat langs die rivieroewer begin
vorm en sit daar ewe tevrede. Later spring hy van die ys af in die
water in en begin weer eet, stert in die lug. Een van die mooi dae
sal hulle suid-waarts vertrek in hulle tipiese V-formasies en met hul
kenmerkende honk-roepe, en so vir ons vertel dat hulle eintlik
maar net toeriste was wat vir 'n rukkie van ons gasvryheid gebruik
gemaak het.
Jy praat van ons winter sonder
tempregulasie, jy jou afrikaner
kanadees, ek vertrek binnekort
na Bahrain in die persiese golf,
daar is dit soos in Kanada
ekstreme temp, vir 6 maande
woon mens binnehuis want
buite is dit 40+- cel.
Ek 'n ou skiereilander
verlaat die kaap,
die wind, die see
en die locals.....
nimmermeer ou afrika
suid-afrika, my moeder,
grond van verlange
tog, ek kom terug... eendag
-----vyg