Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » MARIA - 'n gedig deur W.E.G. LOUW
MARIA - 'n gedig deur W.E.G. LOUW [boodskap #7745] Wo, 04 Desember 1996 00:00
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
MARIA
W.E.G. LOUW

Deur daardie tuintjie het sy stil gegaan,
haar hande need'rig oor haar bors gevou,
toe hy, verblindend soos die son, daar staan:
drie wit lelies het hy in sy hand gehou.

Half-skaam, verleë, het sy opgekyk
en is opeens met groot vrees bevang:
sy oë het van haar nie afgewyk,
sy vleuels het oor heel die tuin gehang.

"Geseën is jy onder die vroue" - sy woorde -
of was dit winde? - verruis nog in haar oor,
toe hy teen die son in goue vlug verdwyn....

Sy het haar neergebuig en half-versmoorde
klein snikkies in haar hart gehoor,
van verlossing reeds die vreugde en die pyn.
Vorige onderwerp: Twee gedigte uit die Apartheidsjare.
Volgende onderwerp: Re: Twee gedigte uit die Apartheidsjare.
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 12 14:23:32 MGT 2024