Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » DIE SONDE VAN DIE VADERS..............
DIE SONDE VAN DIE VADERS.............. [boodskap #7738] Ma, 02 Desember 1996 00:00 na volgende boodskap
gal...  is tans af-lyn  gal...
Boodskappe: 191
Geregistreer: Mei 1996
Karma: 0
Senior Lid
KOOS was so vriendelik om 'n rubriek deur Willie Esterhuyse
te pos wat in Beeld verskyn het.
Dis 'n wonderlike stuk. Dankie. Stem 100% saam. Kon dit self geskryf het.
Willie, dit is net laat: Want ek het so gevoel 20 jr gelede:

> Talle jongmense staan nie net meer en meer afsydig teenoor die debatte
> wat binne Afrikaner-organisasies, die Afrikaanse kerke en die NP
> afspeel nie. Hulle is ook skepties oor die vermoe" van "vriendelike
> gryskop-omies" om vir hulle, hulle ideale, hulle waardes en hulle
> kultuur 'n plek in die toekoms te verseker.

> Hulle is ook moerig. Want, so sê hulle, dis hulle wat die grootste
> gelag moet betaal vir die sondes van die vaders. Terwyl die vaders
> goed vir hulleself gesorg het....

> Hulle voel in die steek gelaat. En ook moerig omdat hulle nou
> die gelag moet betaal vir die wandade en stommiteite van die verlede.
> Om teenoor hulle te argumenteer dat "die ander party" ook wandade
> gepleeg het, is om 'n uitgegroeide eikeboom met 'n lemmetjie te
> probeer afsny. Futiel.

> Dis ons wat in Angola ingestuur is. Dis ons wat gewond en
> vermink is. Julle het toe by die huis gesit. En nou moet ons hoor wie
> en wat ons leiers werklik was.

Ek weet ek moet vergewe en vergeet,
en dat daar baie mense is wat onwetend deur Apartheid meegesleur is,
en dat dit nie help om te blameer nie
en mens moet vorentoe kyk, en bla bla bla......
Maar daar is te veel mense wat nou van geen sout of water wil
weet nie, huigelaars en lafaards, wat nou skielik praat
van 'n "nuwe" Suid Afrika, asof die verlede maar net ongedaan gemaak kan
word en vergeet kan word. Nee, O nee!

As ek so 'n artikel lees wil ek net sê:
"Ja. Dit is die NP, sekere Afrikaner-organisasies,
Afrikaanse kerke, gryskop rassistiese Natte se skuld dat Suid Afrika
in hierdie donnerse gemors beland het.
Van lankal af is dit julle skuld, julle meer as enigiemand anders s'n.
Julle bliksemse stiksienige idiote. Julle hande is vol bloed.
Ek hoop julle boet vir julle wandade.
Julle het die land en miljoene mense se toekoms verwoes.
Julle eie kinders sin. Die Afrikaner en sy taal sin.
Dit sal geslagte lank neem om al jul k@k ongedaan te maak.
En het dit al 20 jaar gelede gesê, dat julle besig is
om die land op te neuk. Maar toe wou julle nie hoor nie,
toe het julle mense in tronke gesmyt en doodgemartel
wat julle wou keer, en julle het almal probeer breinspoel
(ook van die preekstoele af),
dat julle reg is. Dit is julle donnerse skuld dat Suid Afrika
nou hierdie bleddie gemors geerf het waarvoor julle nou die swartes
die skuld wil gee.
Julle vaders van Apartheid, julle selfsugtige lafaards:
Mag julle borskaste oopgeruk en op julle longe gek@k word.
Mag julle julle laaste dae slyt in ellende, en julle kinders julle
verlaat en blameer. Mag julle verneder en die spot mee gedryf word,
julle veragtelike ploerte. Julle verdien dit.
Julle is laer as slangk@k op die bodem van die see."

Maar ai, ek weet ek moenie so sê nie want dis baie lelik en nie
produktief nie en ek sal hatige briewe kry en vyande maak.

Vriendelike groete.
|
| ___/////
| / \ /|
| / O \ \/ |
J > / /\ |
\_________/ \|
\\\
Re: DIE SONDE VAN DIE VADERS.............. [boodskap #7769 is 'n antwoord op boodskap #7738] Ma, 09 Desember 1996 00:00 Na vorige boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 2 Dec 1996 16:44:34 GMT, gal...@ibm.net wrote:
<<<> "Ja. Dit is die NP, sekere Afrikaner-organisasies,
> Afrikaanse kerke, gryskop rassistiese Natte se skuld dat Suid Afrika
> in hierdie donnerse gemors beland het.
> slangk@k op die bodem van die see.">>>>

...mah maaaaan.....

<<<>Maar ai, ek weet ek moenie so se^ nie want dis baie lelik en nie
> produktief nie en ek sal hatige briewe kry en vyande maak. >>

Doel van die lewe, is dit nie? Om hatige briewe te kry en vyande te
maak......:) :)
Vorige onderwerp: apartheidsjare ens
Volgende onderwerp: Nuwe versie van Afrikaanse woordelys beskikbaar voor Ergane
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 29 03:04:55 MGT 2024