Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Geloof & kerksake » pagans
pagans [boodskap #105939] Vr, 16 September 2005 14:00 na volgende boodskap
kaalbaster  is tans af-lyn  kaalbaster
Boodskappe: 108
Geregistreer: September 2005
Karma: 0
Senior Lid
Is daar enige Afrikaans sprekende pagans wat hulle opinie wil gee oor
die geloof.
Re: pagans [boodskap #105940 is 'n antwoord op boodskap #105939] Vr, 16 September 2005 15:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
"friend" wrote in message
news:1126879247.352239.95150@g43g2000cwa.googlegroups.com...
> Is daar enige Afrikaans sprekende pagans wat hulle opinie wil gee oor
> die geloof.

Opinie oor die geloof, of oor die gebrek daaraan... Pagan is nie 'n tipe
geloof nie, dis die naam vir ongelowiges.

(Lyk my dis net ek en jy hier, vandag!)
Re: pagans [boodskap #105942 is 'n antwoord op boodskap #105940] Vr, 16 September 2005 15:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Max" skryf

> (Lyk my dis net ek en jy hier, vandag!)

Nee, ek het darem ook kom inkyk. Terug van
'n besoek aan 'n cottage in die Muskokas.
Die area noordwes van Toronto, so binne drie
uur se ry, waar daar drie groterige mere en
honderde klein meertjies handig is vir die
mense van Toronto wat die druk van die
stad wil ontvlug. Sekere dele is definitief
speelgrond vir net die rykste rykes, maar
daar is darem ook middelmatige areas,
waar die middelklas darem ook nog kan
hoop om te bly.
Ja, ek wonder wat friend bedoel met sy
vraag. Wil hy praat oor die geloof van
"pagans" of wat?

Gloudina
Re: pagans [boodskap #105943 is 'n antwoord op boodskap #105939] Vr, 16 September 2005 18:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Noddy  is tans af-lyn  Noddy
Boodskappe: 50
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Volle Lid
friend wrote:
> Is daar enige Afrikaans sprekende pagans wat hulle opinie wil gee oor
> die geloof.
>
Kyk by http://www.sacred-texts.com/bos/index.htm vir informasie. Hier is
ook informasie oor meeste ander gelowe.

Max weet nie waarvan hy praat as hy sê dat Paganisme nie 'n geloof is
nie. Wat het die Roomse kerk dan so hard beveg in die middel eeue?
Hoekom dink hy word kersfees in Desember gevier? Waar die idee van 'n
kruis vandaan kom? Waar die beeld van God as 'n ou man met 'n baard
vandaan kom, Zeus natuurlik!

In elkgeval, mense moet bietjie navorsing doen voor hulle hele gelowe
afskiet ;)
Re: pagans [boodskap #105944 is 'n antwoord op boodskap #105943] Vr, 16 September 2005 20:23 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
Noddy skryf:

> Max weet nie waarvan hy praat as hy sê dat Paganisme nie 'n geloof is
> nie.

Nee, max het nie nonsens gepraat nie. Die term "geloof" is 'n
redelike nuwe term wat deur die Weste (hoofsaaklik Christen) uitgedink
is. Dus, is enige "geloof" wat nie aan die boekgelowe (Judaism,
Christian en Muslim) glo nie, paganisties, en kan in die strengste
term dus nie eintlik as 'n "geloof" bestempel werd nie, want dit
beteken juis iemand wat nie aan 'n geloof behoort nie. (geloof
betekende Christen, Joods of Muslim).
En dit is nou baie swak uitgedruk, maar beter kan ek nie nou op die
oomblik doen nie. Die Hollanders praat gewoonlik sommer van "heidens"
wanneer hulle na pagan verwys.
Max, is meer reg as wat jy was/is.

Eintlik kan mens seker maar makliker die woordeboek betekenis gebruik:

"The noun pagan has one meaning:

Meaning #1: a person who does not acknowledge your God
Synonyms: heathen, gentile, infidel"
Re: pagans [boodskap #105945 is 'n antwoord op boodskap #105943] Vr, 16 September 2005 22:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
Noddy skryf:

> In elkgeval, mense moet bietjie navorsing doen voor hulle hele gelowe
> afskiet ;)

Ja, baie goeie raad. Jy kan dit dalk self gebruik? :)
Terloops, laat ek dit net weer duidelik stel, paganisme is nie 'n
geloof nie. Slegs uit 'n westerse verwysingsraamwerk, kan mense dit
beskryf as 'n verskeidenheid van verskillende "gelowe" (belief/faith
systems) wat nie onder Christen, Judaisme of Muslim, val nie.

As iemand vir my sê sy of hy is 'n Pagan begin ek gewoonlik giggel,
want 9/10 keer het hulle geen idee waarvan hulle praat nie, maar is
net vreeslik trots op hullself dat hulle nie meer die Christelike
geloof volg, waarmee hulle grootgeword het, en waarin hulle psige
gewortel is, maar een of ander hairbrained ideologie vanuit 'n
vreemde kultuur wat totale sin maak in daardie kultuur, maar absoluut
geen in die persoon se sosiale kultuur en verwysingsraamwerk, nie.

Amper nou soos westerlinge vanuit 'n Christelike agtergrond wat
Buddhisme aanhang. Dis mos baie vogue.
(en hiermee bedoel ek werklik nie mense wat 'n ersntige studie van die
geloof maak en navors en werklik poog om die diepere "essence"
daarvan te probeer verstaan en begryp nie).
Re: pagans [boodskap #105946 is 'n antwoord op boodskap #105944] Vr, 16 September 2005 22:21 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Katryn" skryf

> Eintlik kan mens seker maar makliker die woordeboek betekenis gebruik:
>
> "The noun pagan has one meaning:
>
> Meaning #1: a person who does not acknowledge your God
> Synonyms: heathen, gentile, infidel"

Dus die oorsprong van die woord
"kaffer."

Gloudina
Harebrained was Re: pagans [boodskap #105947 is 'n antwoord op boodskap #105945] Sa, 17 September 2005 03:14 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
Katryn skryf:

> maar een of ander hairbrained ideologie vanuit 'n

Eintlik moet dit seker "harebrained" wees. Wonder of haasbrein 'n
goeie Afrikaanse alternatief sou wees? :)
Re: pagans [boodskap #105949 is 'n antwoord op boodskap #105940] Sa, 17 September 2005 16:54 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Gerard van Wilgen  is tans af-lyn  Gerard van Wilgen
Boodskappe: 28
Geregistreer: Oktober 2002
Karma: 0
Junior Lid
Max wrote:
> "friend" wrote in message
> news:1126879247.352239.95150@g43g2000cwa.googlegroups.com...
>
>> Is daar enige Afrikaans sprekende pagans wat hulle opinie wil gee oor
>> die geloof.
>
>
> Opinie oor die geloof, of oor die gebrek daaraan... Pagan is nie 'n tipe
> geloof nie, dis die naam vir ongelowiges.

Ek ken nie so goed Afrikaans nie, maar ek glo "pagan" is nie 'n
Afrikaans woord nie. Dis Engels vir "paganis" of "heiden".

En 'n heiden is seker nie 'n ongelowige nie. Hy glo selfs in meer gode
as 'n Christen.

Gerard van Wilgen

www.majstro.com - Multilingual translation dictionary
www.erotikejo.com - International sex portal
Re: Harebrained was Re: pagans [boodskap #105951 is 'n antwoord op boodskap #105947] Sa, 17 September 2005 17:23 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Gerard van Wilgen  is tans af-lyn  Gerard van Wilgen
Boodskappe: 28
Geregistreer: Oktober 2002
Karma: 0
Junior Lid
Katryn wrote:
> Katryn skryf:
>
>
>> maar een of ander hairbrained ideologie vanuit 'n
>
>
> Eintlik moet dit seker "harebrained" wees. Wonder of haasbrein 'n
> goeie Afrikaanse alternatief sou wees? :)

Wat van "onbesuis"?

Gerard van Wilgen

www.majstro.com - Multilingual translation dictionary
www.erotikejo.com - International sex portal
Re: Harebrained was Re: pagans [boodskap #105954 is 'n antwoord op boodskap #105951] Sa, 17 September 2005 21:51 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Gerard van Wilgen" skryf

>> Katryn skryf:
>> Eintlik moet dit seker "harebrained" wees. Wonder of haasbrein 'n
>> goeie Afrikaanse alternatief sou wees? :)
>
> Wat van "onbesuis"?

Ons nie-baie-goeie Afrikaanse woordeboek het geen
item vir "harebrained" nie. Wat van "onbekookte"
plan of ideologie? Die Nederlandse "onbesuis" klink
vreemd.
Ek wonder egter waar die "sois" woord wat ek as
eggo agter in my brein het, vandaan kom. Is daar
nie 'n uitdrukking soos "besois" in Afrikaans nie,
en wat beteken dit?

Gloudina
Re: Harebrained was Re: pagans [boodskap #105955 is 'n antwoord op boodskap #105954] Sa, 17 September 2005 23:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Gerard van Wilgen  is tans af-lyn  Gerard van Wilgen
Boodskappe: 28
Geregistreer: Oktober 2002
Karma: 0
Junior Lid
@rogers.com wrote:
> "Gerard van Wilgen" skryf
>
>
>>> Katryn skryf:
>>> Eintlik moet dit seker "harebrained" wees. Wonder of haasbrein 'n
>>> goeie Afrikaanse alternatief sou wees? :)

>> Wat van "onbesuis"?
>
>
> Ons nie-baie-goeie Afrikaanse woordeboek het geen
> item vir "harebrained" nie. Wat van "onbekookte"
> plan of ideologie? Die Nederlandse "onbesuis" klink
> vreemd.

Groot Woordeboek Afrikaans-Engels Engels-Afrikaans van Kritzinger,
Steyn, Schoonees en Cronjé:

hair-brained: onbesuis, onbesonne, wild, dol(sinnig)

Gerard van Wilgen

www.majstro.com - Multilingual translation dictionary
www.erotikejo.com - International sex portal
Re: Harebrained was Re: pagans [boodskap #105956 is 'n antwoord op boodskap #105955] So, 18 September 2005 00:05 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
Gerard van Wilgen skryf:

> Groot Woordeboek Afrikaans-Engels Engels-Afrikaans van Kritzinger,
> Steyn, Schoonees en Cronjé:
>
> hair-brained: onbesuis, onbesonne, wild, dol(sinnig)

Dankie Gerard en Gloudina. Dit was baie interessant.
Ek het ook gladnie die woord "onbesuis" geken nie. Sou onbesuis dalk
nader aan "absurd" wees?
Dolsinnig klink vir my nogal na 'n goeie woord om te gebruik. :)

Gerard, dit is vir my nogal interessant dat jou woordeboek dit ook
gespel het as "hair"en nie "hare" nie. Maar ek sien toe op Wordnet
dat in die 1500's was "hair" 'n variasie van die spelling van "hare",
en dat daardie spelling in Skotland so gebly het tot in die laat
1800's.

Gelukkig is dit nie Maart nie...
:)
Re: pagans [boodskap #105957 is 'n antwoord op boodskap #105944] So, 18 September 2005 08:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi Greyling  is tans af-lyn  Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 16 Sep 2005 16:23:11 -0400, Katryn wrote:

> Noddy skryf:
>
>> Max weet nie waarvan hy praat as hy sê dat Paganisme nie 'n geloof is
>> nie.
>
> Nee, max het nie nonsens gepraat nie. Die term "geloof" is 'n
> redelike nuwe term wat deur die Weste (hoofsaaklik Christen) uitgedink
> is. Dus, is enige "geloof" wat nie aan die boekgelowe (Judaism,
> Christian en Muslim) glo nie, paganisties, en kan in die strengste
> term dus nie eintlik as 'n "geloof" bestempel werd nie, want dit
> beteken juis iemand wat nie aan 'n geloof behoort nie. (geloof
> betekende Christen, Joods of Muslim).
> En dit is nou baie swak uitgedruk, maar beter kan ek nie nou op die
> oomblik doen nie. Die Hollanders praat gewoonlik sommer van "heidens"
> wanneer hulle na pagan verwys.
> Max, is meer reg as wat jy was/is.

Bedoel jy nie eerder "georganiseerde godsdienste" nie?
Met ander woorde organisasies van die burgerlike samelewing wat hul
semi politieke mag en gepaardgaande welsynwerk organiseer ronrdom 'n
stel idees oor hoe die universum tot stand gekom het en wat ons hier
soek?

Dit is dan seker eeredr "tradisionele westerse kerke" wat jy bedoel.
Met die verskil veral tussen kerk en geloof.

Daar is miljoene in kerke wat nie glo nie, maar daar is vir die
kulturele samehorigheid en die wheeling en dealing wat daar gedoen kan
word. Hulle ondersteun dit dan as deel van die burgerlike samelewing.

Daar is ook miljoene wat "glo" en nie na kerke toe gaan nie.
Re: Harebrained was Re: pagans [boodskap #105959 is 'n antwoord op boodskap #105956] So, 18 September 2005 09:39 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Gerard van Wilgen  is tans af-lyn  Gerard van Wilgen
Boodskappe: 28
Geregistreer: Oktober 2002
Karma: 0
Junior Lid
Katryn wrote:
> Gerard van Wilgen skryf:
>
>
>> Groot Woordeboek Afrikaans-Engels Engels-Afrikaans van Kritzinger,
>> Steyn, Schoonees en Cronjé:

>> hair-brained: onbesuis, onbesonne, wild, dol(sinnig)
>
>
> Dankie Gerard en Gloudina. Dit was baie interessant.
> Ek het ook gladnie die woord "onbesuis" geken nie. Sou onbesuis dalk
> nader aan "absurd" wees?

Die Nederlandse etimologiese woordeboek van dr. J. de Vries sê oor
"onbesuisd" die volgende:

Middelnederlands onbesuusd "onbewerkt, onbeschoft". Men kan verbinden
met Oudnoors sysla "arbeid", dat verder samenhangt met de wortel van
"ziek". Toch een weinig bevredigende verklaring, daar men verbindt met
een uitsluitend Noordgermaanse woordgroep.

> Dolsinnig klink vir my nogal na 'n goeie woord om te gebruik. :)
>
> Gerard, dit is vir my nogal interessant dat jou woordeboek dit ook
> gespel het as "hair"en nie "hare" nie.

Ai, dit is 'n vergissing van my. Die woordeboek spel dit as "hare-brained".

Gerard van Wilgen

www.majstro.com - Multilingual translation dictionary
www.erotikejo.com - International sex portal
Re: Harebrained was Re: pagans [boodskap #105960 is 'n antwoord op boodskap #105956] So, 18 September 2005 09:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi Greyling  is tans af-lyn  Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 17 Sep 2005 20:05:37 -0400, Katryn wrote:

> Ek het ook gladnie die woord "onbesuis" geken nie. Sou onbesuis
dalk

So ons kan iemand as 'n onbesuisde bedotter beskryf?

('n Bedotter is n "con man")
Re: pagans [boodskap #105961 is 'n antwoord op boodskap #105957] So, 18 September 2005 16:02 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi Greyling skryf:

> Bedoel jy nie eerder "georganiseerde godsdienste" nie?

Ja, jy is waarskynlik reg. Afrikaans is vir my nogal 'n moeilike taal
om geloofstradisies of dan wel godsdiens terme te beskryf en gebruik.
Ek dink dat een van die redes is dalk juis omdat die taal ontwikkel
het rondom Protestante tradisies, en die woordeskat baie beperk is om
enigiets buite daardie godsdiens te beskryf. Die verwysingsraamwerk
van woorde wat mens soek as sulks is altyd op Protestante filosofie
baseer, en vloei daaruit.
Ek het verwys na die woord "religion" en het duidelik "geloof" en
"gelowe" ietwat deurmekaar gebruik. Sou mens "religion" as godsdiens
vertaal, eerder as "geloof"? Dit voel net nie heeltemal reg vir my
nie. Ook is daar "religions" wat nie aan gode glo nie, dan sou die
term nie juis pas nie. Tog is hierdie "gelowiges", en dus
"religions". Sekere sektes van Buddhisme as voorbeeld.

> Met ander woorde organisasies van die burgerlike samelewing wat hul
> semi politieke mag en gepaardgaande welsynwerk organiseer ronrdom 'n
> stel idees oor hoe die universum tot stand gekom het en wat ons hier
> soek?

Mooi gestel.

> Daar is ook miljoene wat "glo" en nie na kerke toe gaan nie.

Ja, toe ek 'n kind was het ek vas geglo aan Kersvader en die
tandmuis/feetjie, o.a. Ek het ook geglo dat as ek diep genoeg grawe
en tonnel, sal ek in China uitkom.

Terloops, wat is die verskil in Afrikaans tussen "faith" en "belief"?
Re: Harebrained was Re: pagans [boodskap #105962 is 'n antwoord op boodskap #105959] So, 18 September 2005 16:06 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
Gerard van Wilgen skryf:

> Die Nederlandse etimologiese woordeboek van dr. J. de Vries sê oor
> "onbesuisd" die volgende:

BAIE dankie vir jou moeite. Ek het dit baie geniet, en hoop om die
woord te onthou.

> Ai, dit is 'n vergissing van my. Die woordeboek spel dit as "hare-brained".

Giegie...dit was 'n interessante glips. :)
Re: pagans [boodskap #105963 is 'n antwoord op boodskap #105961] So, 18 September 2005 16:56 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Katryn" skryf

>> Daar is ook miljoene wat "glo" en nie na kerke toe gaan nie.
>
> Ja, toe ek 'n kind was het ek vas geglo aan Kersvader en die
> tandmuis/feetjie, o.a. Ek het ook geglo dat as ek diep genoeg grawe
> en tonnel, sal ek in China uitkom.

Ek dink dat jy bietjie van 'n fout maak, as jy die
godsdienstige opvattings van mense gelyk stel
met bogenoemde sogenaamde miskonsepte.
Ek dink die "gelowe" van mense moet met 'n
groot mate van respek behandel word, anders
gooi mens die baba uit met die badwater.
Dis nou te sê, as hulle wel "glo" en nie net
"kerk toe gaan" om van mense gesien te
word nie.

Gloudina
Re: pagans [boodskap #105964 is 'n antwoord op boodskap #105963] So, 18 September 2005 16:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" skryf:

> "Katryn" skryf
>
>>> Daar is ook miljoene wat "glo" en nie na kerke toe gaan nie.

>> Ja, toe ek 'n kind was het ek vas geglo aan Kersvader en die
>> tandmuis/feetjie, o.a. Ek het ook geglo dat as ek diep genoeg grawe
>> en tonnel, sal ek in China uitkom.
>
> Ek dink dat jy bietjie van 'n fout maak, as jy die
> godsdienstige opvattings van mense gelyk stel
> met bogenoemde sogenaamde miskonsepte.

Wat ek eintlik probeer doen het, was om uit te wys hoe verskillend die
konsep van "glo" gesien kan word.
Daarom ook my vraag van wat die verskil is tussen "belief" (glo?) en
"faith" (?)
Re: pagans [boodskap #105972 is 'n antwoord op boodskap #105940] Ma, 19 September 2005 05:57 Na vorige boodskapna volgende boodskap
kaalbaster  is tans af-lyn  kaalbaster
Boodskappe: 108
Geregistreer: September 2005
Karma: 0
Senior Lid
Max wrote:
> "friend" wrote in message
> news:1126879247.352239.95150@g43g2000cwa.googlegroups.com...
>> Is daar enige Afrikaans sprekende pagans wat hulle opinie wil gee oor
>> die geloof.
>
> Opinie oor die geloof, of oor die gebrek daaraan... Pagan is nie ´n tipe
> geloof nie, dis die naam vir ongelowiges.
>
> (Lyk my dis net ek en jy hier, vandag!)

Sjoe, het nie so 'n reaksie verwag nie, maar nou ja, daar gaan ons! Ek
wou eintlik die opinie oor "pagan" as geloof weet. Ek stem natuurlik
nie met jou saam nie. Alhoewel daar nie 'n geloof soos pagan is nie,
is dit onderverdeel in soos bv. wicca, ens. Pagans, soos ek verneem is
ook nie ongelowiges nie, maar glo net dat die hele natuur hul kerk is
en in 'n hoër oppermagtige skepper, ens.
Re: pagans [boodskap #105973 is 'n antwoord op boodskap #105942] Ma, 19 September 2005 05:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
kaalbaster  is tans af-lyn  kaalbaster
Boodskappe: 108
Geregistreer: September 2005
Karma: 0
Senior Lid
@rogers.com wrote:
> "Max" skryf
>
>> (Lyk my dis net ek en jy hier, vandag!)
>
> Nee, ek het darem ook kom inkyk. Terug van
> 'n besoek aan 'n cottage in die Muskokas.
> Die area noordwes van Toronto, so binne drie
> uur se ry, waar daar drie groterige mere en
> honderde klein meertjies handig is vir die
> mense van Toronto wat die druk van die
> stad wil ontvlug. Sekere dele is definitief
> speelgrond vir net die rykste rykes, maar
> daar is darem ook middelmatige areas,
> waar die middelklas darem ook nog kan
> hoop om te bly.

Hoe bevoorreg - hoop jy het dit geniet. Ons hier in SA
hoor net van Toronto en hoe mooi dit daar is!
> Ja, ek wonder wat friend bedoel met sy
> vraag. Wil hy praat oor die geloof van
> "pagans" of wat?

Wil net opinies hoor (miskien as daar pagans is om hulle ondervindinge
te deel).
>
> Gloudina
Re: pagans [boodskap #105974 is 'n antwoord op boodskap #105949] Ma, 19 September 2005 06:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
kaalbaster  is tans af-lyn  kaalbaster
Boodskappe: 108
Geregistreer: September 2005
Karma: 0
Senior Lid
Gerard van Wilgen wrote:
> Max wrote:
>> "friend" wrote in message
>> news:1126879247.352239.95150@g43g2000cwa.googlegroups.com...
>>
>>> Is daar enige Afrikaans sprekende pagans wat hulle opinie wil gee oor
>>> die geloof.
>>
>>
>> Opinie oor die geloof, of oor die gebrek daaraan... Pagan is nie ´n tipe
>> geloof nie, dis die naam vir ongelowiges.
>
> Ek ken nie so goed Afrikaans nie, maar ek glo "pagan" is nie 'n
> Afrikaans woord nie. Dis Engels vir "paganis" of "heiden".
>
> En 'n heiden is seker nie 'n ongelowige nie. Hy glo selfs in meer gode
> as 'n Christen.

EK glo ook nie 'n pagan is 'n ongelowige nie, maar daar is ook nie
werklik
'n geloof "pagan" nie - daar is wel wicca, ens. (ken nie almal nie),
wat
onder pagan geloof val. Ek hou van die idee dat hulle baie natuur
bewus is.
>
>
> Gerard van Wilgen
>
> www.majstro.com - Multilingual translation dictionary
> www.erotikejo.com - International sex portal
Re: pagans [boodskap #105975 is 'n antwoord op boodskap #105943] Ma, 19 September 2005 06:03 Na vorige boodskapna volgende boodskap
kaalbaster  is tans af-lyn  kaalbaster
Boodskappe: 108
Geregistreer: September 2005
Karma: 0
Senior Lid
Noddy wrote:
> friend wrote:
>> Is daar enige Afrikaans sprekende pagans wat hulle opinie wil gee oor
>> die geloof.
>>
> Kyk by http://www.sacred-texts.com/bos/index.htm vir informasie. Hier is
> ook informasie oor meeste ander gelowe.
>
> Max weet nie waarvan hy praat as hy sê dat Paganisme nie 'n geloof is
> nie. Wat het die Roomse kerk dan so hard beveg in die middel eeue?
> Hoekom dink hy word kersfees in Desember gevier? Waar die idee van 'n
> kruis vandaan kom? Waar die beeld van God as 'n ou man met 'n baard
> vandaan kom, Zeus natuurlik!

Jy's reg Noddy, ek hoor dat paganisme 'n geloof was lank voor
christenskap!
>
> In elkgeval, mense moet bietjie navorsing doen voor hulle hele gelowe
> afskiet ;)
Re: Harebrained was Re: pagans [boodskap #105978 is 'n antwoord op boodskap #105960] Ma, 19 September 2005 08:22 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ek hou van bedotter!!

Ek het dit nog altyd in my kop gehad as hare-brained - en gewonder waar al
die mal hasies is:)))
--
Groetnis
Annette

"Ferdi Greyling" skryf in boodskap news:u7eqi1p6i1fg3e441m392mchtg2de1mu6c@4ax.com...
> On Sat, 17 Sep 2005 20:05:37 -0400, Katryn
> wrote:
>
> dalk
>
> So ons kan iemand as 'n onbesuisde bedotter beskryf?
>
> ('n Bedotter is n "con man")
>
Re: pagans [boodskap #105979 is 'n antwoord op boodskap #105961] Ma, 19 September 2005 09:22 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi Greyling  is tans af-lyn  Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 18 Sep 2005 12:02:56 -0400, Katryn wrote:

Sou mens "religion" as godsdiens
> vertaal, eerder as "geloof"?

Ek so so sê. Geloof is faith, wat iets anders is.
Have faith in yourself. Glo in jouself.

Faith/geloof is iets van die kop, sou ek argumenteer. En dan dat
godsdiend iets van organisasie is, met ander woorde hoe jy jou geloof
in die samelewing organiseer en uitdruk - of nie.

> Ja, toe ek 'n kind was het ek vas geglo aan Kersvader en die
> tandmuis/feetjie, o.a. Ek het ook geglo dat as ek diep genoeg grawe
> en tonnel, sal ek in China uitkom.

As jy aan die ander kant is en jou tonnel is reguit, sal jy - gegee \
paar praktiese probleme.

Terloops, wat is die verskil in Afrikaans tussen "faith" en
"belief"?

Kan dieselfde ding wees. I have faith in myself. I have self belief.
- Ek glo in myself. Ek het geloof in myself. Albei woorde ( in die
nouer betekenis) vertaal (sover ek kan sien) na glo/geloof.
Re: pagans [boodskap #105981 is 'n antwoord op boodskap #105979] Di, 20 September 2005 02:51 Na vorige boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi Greyling skryf:

>
> Kan dieselfde ding wees. I have faith in myself. I have self belief.
> - Ek glo in myself. Ek het geloof in myself. Albei woorde ( in die
> nouer betekenis) vertaal (sover ek kan sien) na glo/geloof.

Dankie vir jou antwoord, Ferdi (ook die res van die boodskap).
Dit is werklik moeilik vir my, en wil die heeltyd sê but but...maar
sal nie, want as ek nou een ding onlangs geleer het, is dit dat my
taalgebruik en woordeskat werklik swak is.
Ai. :)
Vorige onderwerp: Godsdiens
Volgende onderwerp: Liberale Verdraaiings van die Bybel
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Apr 18 07:52:54 MGT 2024