Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Vandag se boodskappe (Af)  | Onbeantwoorde boodskappe (Aan)

Forum: Woordeboek
 Onderwerp: KI
KI [boodskap #145259] Vr, 17 Mei 2024 20:06
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18993
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
KI
Afbreking: KI


Afkorting: KI

Betekenis:
• Afkorting vir kunsmatige intelligensie.

Gebruik:
• Die robot gebruik KI om outonome besluite te maak.

Vertaling:
Engels: AI, artificial intelligence
Nederlands: KI, kunstmatige intelligentie

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: werkswyse
werkswyse [boodskap #145258] Vr, 17 Mei 2024 19:51
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18993
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
werkswyse
Afbreking: werks•wy•se
Samestelling: werk + -s- + wyse


Selfstandige naamwoord: werkswyse
Meervoud: werkswyses

Betekenis:
• Die manier waarop daar te werk gegaan word.

Gebruik:
• Die departement se werkswyse hopeloos te omslagtig.

Wisselvorm:
• werkwyse

Sinoniem:
• modus operandi
• prosedure

Afgelei:
• hoofwerkswyse

Vertaling:
Engels: way of working, working procedure
Nederlands: werkwijze

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.

[Bygewerk op: Vr, 17 Mei 2024 19:51]

Rapporteer boodskap aan 'n moderator

 Onderwerp: laataand
laataand [boodskap #145257] Vr, 17 Mei 2024 19:43
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18993
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
laataand
Afbreking: laat•aand
Samestelling: laat + aand


Byvoeglike naamwoord: laataand
Attributief: laataand

Betekenis:
• Wat laat in die aand is.

Gebruik:
• Ons het tot laataand gekuier en stories vertel.

Vertaling:
Engels: late at night
Nederlands: 's avonds laat


Selfstandige naamwoord: laataand
Meervoud: laataande
Verkleinwoord: laataandjie
Meervoud van verkleining: laataandjies

Betekenis:
• Die tyd laat in die aand, naby middernag.

Gebruik:
• Ek moes talle naweke, vakansiedae en laataande opoffer om die boek betyds klaar te kry.

Vertaling:
Engels: late night
Nederlands: laatavond

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.

[Bygewerk op: Vr, 17 Mei 2024 19:44]

Rapporteer boodskap aan 'n moderator

 Onderwerp: struikrower
struikrower [boodskap #145256] Vr, 17 Mei 2024 19:14
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18993
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
struikrower
Afbreking: struik•ro•wer
Samestelling: struik + rower


Selfstandige naamwoord: struikrower
Meervoud: struikrowers
Verkleinwoord: struikrowertjie
Meervoud van verkleining: struikrowertjies

Betekenis:
• Iemand wat reisiger oorval en hulle beroof.

Gebruik:
• Die struikrowers versper die pad met klippe om motoriste te dwing om 'n ander roete te volg en hulle in 'n lokval in te lei.

Sinoniem:
• bandiet
• padrower

Vertaling:
Engels: robber, highwayman
Nederlands: struikrover

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: omkrap
omkrap [boodskap #145255] Wo, 15 Mei 2024 17:56
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18993
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
omkrap
Afbreking: om•krap
Samestelling: om + krap


Werkwoord: krap om, omkrap
Verlede tyd: het omgekrap

Betekenis:
• Om onnet of deurmekaar te maak.
• (figuurlik) Om te ontstel of te ontstig.

Gebruik:
• Die kinders krap die netjiese kamer om.
• Die slegte nuus met hom heeltemal omgekrap.

Sinoniem:
• deurmekaarmaak
• verfomfaai
• versteur
• befoeter
• irriteer
• ontstel
• ontstem
• ontstig
• vererg

Antoniem:
• opruim

Vertaling:
Engels: to disarrange, throw into disorder; to upset
Nederlands: in wanorde brengen; ergeren, storen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: rondstap
rondstap [boodskap #145254] Wo, 15 Mei 2024 17:35
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18993
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
rondstap
Afbreking: rond•stap
Samestelling: rond + stap


Werkwoord: stap rond, rondstap
Verlede tyd: het rondgestap

Betekenis:
• Om oraloor, sonder spesifieke doel te stap.

Gebruik:
• Wilde diere kan vrylik in die park rondstap.

Sinoniem:
• rondloop
• slenter

Afgelei:
• rondstapper

Vertaling:
Engels: to walk around
Nederlands: rondlopen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: substantivering
substantivering [boodskap #145253] Wo, 15 Mei 2024 11:10
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18993
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
substantivering
Afbreking: sub•stan•ti•ve•ring
Samestelling: substantiveer + -ing


Selfstandige naamwoord: substantivering
Meervoud: substantiverings

Betekenis:
• Die handeling van substantiveer (om 'n substantief te maak/ as selfstandige naamwoord te gebruik).

Gebruik:
• Die woord "kannie" is 'n substantivering van "kan nie".

Vertaling:
Engels: substantivisation
Nederlands: substantivering

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: kannie
kannie [boodskap #145252] Wo, 15 Mei 2024 11:05
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18993
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
kannie
Afbreking: kan•nie
Samestelling: kan + nie


Selfstandige naamwoord: kannie
Meervoud: kannies

Betekenis:
• Substantivering van "kan nie", andersinds informele/aanstellerige taalgebruik.

Gebruik:
• Verander eerder jou kannie na sal probeer.
• Laat ek vir jou die kan en kannies van jag vertel.

Spreekwoord:
Kannie is dood van kruiwastoot. [Niks is onmoontlik nie.]
• Willie en Kannie is tweeingbroers. [As 'n mens nie wil nie, sal jy ook nie kan nie.]

Afgelei:
• kanniedood
• kanniestukkend

Vertaling:
Engels: cannot
Nederlands: kan niet

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.

[Bygewerk op: Do, 16 Mei 2024 11:31]

Rapporteer boodskap aan 'n moderator

 Onderwerp: posvat
posvat [boodskap #145251] Wo, 15 Mei 2024 08:29
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18993
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
posvat
Afbreking: pos•vat
Samestelling: pos + vat


Werkwoord: vat pos, posvat
Verlede tyd: het posgevat

Betekenis:
• Om inslag/ingang te vind.

Gebruik:
• Ongekende politieke verskuiwings is besig om wêreldwyd pos te vat.
• 'n Kultuur van swak dienslewering het in die openbare sektor posgevat.

Sinoniem:
• manifesteer
• ontstaan
• wortelskiet

Vertaling:
Engels: to take post, take root
Nederlands: ingang vinden

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: tatoe
tatoe [boodskap #145250] Di, 14 Mei 2024 19:20
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18993
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Tatoe.
'n Tatoe.
tatoe
Afbreking: ta•toe


Selfstandige naamwoord: tatoe
Meervoud: tatoes
Verkleinwoord: tatoetjie
Meervoud van verkleining: tatoetjies

Betekenis:
• 'n Kunswerk of permanente inskripsie wat op iemand se vel aangebring is.

Gebruik:
• Wat maak 'n mens met 'n tatoe as jy ouer word en jou vel begin hang?

Sinoniem:
• tatoeëermerk
• tatoeëring

Verwant:
• tatoeëer (ww.)

Vertaling:
Engels: tattoo
Nederlands: tatoeage, tatoeëring

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: geregtig
geregtig [boodskap #145249] Di, 14 Mei 2024 19:09
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18993
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
geregtig
Afbreking: ge•reg•tig
Samestelling: gereg(t) + -ig


Byvoeglike naamwoord: geregtig
Attributief: geregtigde

Betekenis:
• Wat die reg tot iets het.

Gebruik:
• Elkeen is geregtig op sy eie opinie.

Sinoniem:
• geregtig
• geregverdigd
• gewettig
• regmatig
• regverdig

Antoniem:
• ongeregtig

Hiponiem:
• deelgeregtig
• eiegeregtig
• gelykgeregtig
• kiesgeregtig
• medegeregtig
• pensioengeregtig
• stemgeregtig

Afgelei:
• geregtigheid

Vertaling:
Engels: entitled, justified, warranted
Nederlands: gerechtig

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: albedo
albedo [boodskap #145248] Di, 14 Mei 2024 14:04
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18993
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
albedo
Afbreking: al•be•do


Selfstandige naamwoord: albedo
Meervoud:

Betekenis:
• Die weerkaatsingsvermoë van 'n voorwerp.
• Die wit gedeelte van die skil van 'n sitrusvrug.

Gebruik:
• Sand het 'n albedo van tussen 15% en 45%.
• Wanneer seldeling in die albedo ophou voordat dit in die flavedo (oranje gedeelte) ophou, kan die skil bars.

Sinoniem:
• refleksiekoëffisiënt
• weerkaatsingsvermoë

Vertaling:
Engels: albedo
Nederlands: albedo

Nota:
• Uitspraak is "albeedo", met die klemtoon op die tweede lettergreep.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: manipulering
manipulering [boodskap #145247] Di, 14 Mei 2024 13:46
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18993
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
manipulering
Afbreking: ma•ni•pu•le•ring
Samestelling: manipuleer + -ing


Selfstandige naamwoord: manipulering
Meervoud: manipulerings

Betekenis:
• Die handeling of resultaat van manipuleer (om iets te beïnvloed of daaraan te karring).

Gebruik:
• Die moraliteit van genetiese manipulering en kunsmatige intelligensie sal onder die vergrootglas geplaas word.

Sinoniem:
• manipulasie

Vertaling:
Engels: manipulation
Nederlands: manipulatie

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: wolkbedekking
wolkbedekking [boodskap #145246] Di, 14 Mei 2024 11:57
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18993
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
wolkbedekking
Afbreking: wolk•be•dek•king
Samestelling: wolk + bedekking


Selfstandige naamwoord: wolkbedekking
Meervoud: wolkbedekkings

Betekenis:
• Al die wolke wat op 'n gegewe tyd in die lug teenwoordig is.

Gebruik:
• Sonplase word gewoonlik op plekke met 'n lae wolkbedekking en 'n beperkte menslike bevolking gebou.

Vertaling:
Engels: cloud cover, cloud coverage
Nederlands: bewolking, wolkenbedekking

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: merkbaar
merkbaar [boodskap #145245] Di, 14 Mei 2024 11:07
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18993
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
merkbaar
Afbreking: merk•baar
Samestelling: merk + -baar


Byvoeglike naamwoord: merkbaar
Vergrotende trap: merkbaarder
Oortreffende trap: merkbaarste
Attributief: merkbare
Partitief: merkbaars

Betekenis:
• Wat waargeneem (gesien, gehoor of gevoel) kan word.

Gebruik:
• 'n Klein verandering kan 'n merkbare verskil maak.

Sinoniem:
• bemerkbaar
• bespeurbaar
• opmerklik
• opvallend
• waarneembaar
• wesentlik

Antoniem:
• onmerkbaar

Afgelei:
• merkbaarheid

Vertaling:
Engels: noticeable, perceivable, perceptible
Nederlands: merkbaar

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: verhitting
verhitting [boodskap #145244] Di, 14 Mei 2024 10:55
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18993
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
verhitting
Afbreking: ver•hit•ting
Samestelling: verhit + -ing


Selfstandige naamwoord: verhitting
Meervoud:

Betekenis:
• Die handeling of resultaat van verhit (om warmer te maak; die temperatuur verhoog).

Gebruik:
• Kweekhuisgasse veroorsaak die verhitting van die Aarde se atmosfeer.

Sinoniem:
• verwarming

Antoniem:
• afkoeling

Hiponiem:
• oorverhitting

Afgelei:
• verhittingsbuis
• verhittingseffek
• verhittingsoond
• verhittingstelsel
• verhittingstoestel
• verhittingstyd
• verhittingsvermoë
• verhittingsvlak
• verhittingsweerstand

Vertaling:
Engels: heating, warming-up
Nederlands: verhitting

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: onbelemmerd
onbelemmerd [boodskap #145243] Di, 14 Mei 2024 09:56
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18993
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
onbelemmerd
Afbreking: on•be•lem•merd
Samestelling: on- + belemmer + -d


Byvoeglike naamwoord: onbelemmer, onbelemmerd
Attributief: onbelemmerde

Betekenis:
• Sonder enige hindernis of belemmering.

Gebruik:
• Ons vakansiehuis het 'n onbelemmerde uitsig oor die see.

Wisselvorm:
• onbelemmer

Sinoniem:
• onbelas
• onbeperk
• ongehinderd
• ongemoeid
• ongestoord
• onverhinderd
• teuelloos
• vry

Antoniem:
• belemmerd

Vertaling:
Engels: unimpeded, unhampered, unobstructed, unencumbered
Nederlands: onbelemmerd

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: sonplaas
sonplaas [boodskap #145242] Di, 14 Mei 2024 09:42
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18993
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
sonplaas
Afbreking: son•plaas
Samestelling: son + plaas


Selfstandige naamwoord: sonplaas
Meervoud: sonplase

Betekenis:
• Plek waar die son se strale in elektriese krag omgeskakel word.

Gebruik:
• Die beoogde sonplaas sal 80 000 sonpanele hê en vir 25 jaar krag lewer.

Sinoniem:
• sonkragplaas

Vertaling:
Engels: solar farm
Nederlands: zonnepark

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: kringloop
kringloop [boodskap #145241] Di, 14 Mei 2024 09:30
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18993
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
kringloop
Afbreking: kring•loop
Samestelling: kring + loop


Selfstandige naamwoord: kringloop
Meervoud: kringlope
Verkleinwoord: kringlopie
Meervoud van verkleining: kringlopies

Betekenis:
• Iets wat in 'n sirkel beweeg; siklies van aard is.

Gebruik:
• Die water op aarde is vasgevang in 'n kringloop van verdamping, reën of sneeu, afvloei en opgaring in damme, mere en die see, van waar die proses opnuut voortgesit word.

Sinoniem:
• omgang
• omloop
• omwenteling
• rotasie
• siklus
• sirkelgang
• sirkulasie
• sirkulering

Hiponiem:
• koolstofkringloop
• maankringloop
• motiveringskringloop
• stikstofkringloop
• suurstofkringloop
• waterkringloop

Afgelei:
• kringlooppomp

Vertaling:
Engels: cycle, circuit, circular course
Nederlands: kringloop

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: Litaue
Litaue [boodskap #145240] Ma, 13 Mei 2024 18:54
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18993
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Kaart van Litaue.
'n Kaart van Litaue.
Litoue se vlag.
Litoue se vlag.
Litaue
Afbreking: Li•tau•e


Pleknaam: Litaue

Betekenis:
• 'n Land in Noordoos-Europa, amptelik die Republiek Litaue.

Gebruik:
Litaue word begrens deur Letland, Wit-Rusland, Pole en Rusland (Kaliningrad).

Wisselvorm:
• Litoue

Afgelei:
• Litauer
• Litaus

Afkorting:
• Lit.

Vertaling:
Engels: Lithuania
Nederlands: Litouwen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: alliansie
alliansie [boodskap #145239] Ma, 13 Mei 2024 18:44
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18993
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
alliansie
Afbreking: al•li•an•sie


Selfstandige naamwoord: alliansie
Meervoud: alliansies

Betekenis:
• 'n Simbiose genootskap tussen partye met gemeenskaplike belange.

Gebruik:
• Sommige partye het 'n alliansie aangegaan om die verkiesing saam te beveg.

Sinoniem:
• bondgenootskap
• koalisie
• unie
• vennootskap
• verbond

Hiponiem:
• lugvaartalliansie

Afgelei:
• alliansiekongres
• alliansievennote

Vertaling:
Engels: aliance
Nederlands: alliantie

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: kleim
kleim [boodskap #145238] Ma, 13 Mei 2024 18:07
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18993
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
kleim
Afbreking: kleim


Selfstandige naamwoord: kleim
Meervoud: kleims
Verkleinwoord: kleimpie
Meervoud van verkleining: kleimpies

Betekenis:
• Afgebakende stuk grond waarop iemand kan prospekteer of delf.
• (figuurlik) Iets wat jy vir jouself afbaken en uithou.

Gebruik:
• Baie kleims is afgepen en bewerk, maar weer net so gelos.
• Kon jy darem al vir jou 'n kleim by die meisie afsteek?

Hiponiem:
• diamantkleim
• goudkleim

Afgelei:
• kleimbaken
• kleiminspekteur
• kleimroof

Vertaling:
Engels: claim, deed
Nederlands: claim, akte

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: aanspreek
aanspreek [boodskap #145237] Ma, 13 Mei 2024 13:46
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18993
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
aanspreek
Afbreking: aan•spreek
Samestelling: aan + spreek


Werkwoord: spreek aan, aanspreek
Verlede tyd: het aangespreek

Betekenis:
• Om met iemand te praat.
• Om streng met iemand te raas.
• (informeel) ) Om 'n situasie te hanteer.

Gebruik:
• Staan op aandag as jy die sersant aanspreek.
• Die juffrou het die stout kinders aangespreek.
Spreek die probleem vroegtydig aan, voordat dit te laat is.

Sinoniem:
• gesels
• praat
• toesnou
• toespreek
• berispe
• betig
• kritiseer
• raas
• reghelp
• skrobbeer
• teregwys
• vermaan
• hanteer
• adresseer

Afgelei:
• aanspreekbaar
• aanspreekvorm
• aanspreeklik

Vertaling:
Engels: to speak, address; to accost; to address
Nederlands: aanspreken

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: onkonvensioneel
onkonvensioneel [boodskap #145236] Ma, 13 Mei 2024 12:38
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18993
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
onkonvensioneel
Afbreking: on•kon•ven•sio•neel
Samestelling: on- + konvensioneel


Byvoeglike naamwoord: onkonvensioneel
Attributief: onkonvensionele
Partitief: onkonvensioneels

Betekenis:
• Wat nie konvensioneel (volgens aanvaarde konvensie/gewoonte) is nie.

Gebruik:
• In onkonvensionele tye moet 'n mens onkonvensioneel te werk gaan.

Sinoniem:
• abnormaal
• boheems
• eksentriek
• liberaal
• onortodoks

Antoniem:
• konvensioneel

Vertaling:
Engels: unconventional
Nederlands: onconventioneel

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: onidentifiseerbaar
onidentifiseerbaar [boodskap #145235] Ma, 13 Mei 2024 10:30
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18993
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
onidentifiseerbaar
Afbreking: on•i•den•ti•fi•seer•baar
Samestelling: on- + identifiseerbaar


Byvoeglike naamwoord: onidentifiseerbaar
Attributief: onidentifiseerbare
Partitief: onidentifiseerbaars

Betekenis:
• Wat nie geïdentifiseer kan word nie.

Gebruik:
• Die liggaam was onidentifiseerbaar verbrand.

Sinoniem:
• onherkenbaar

Antoniem:
• identifiseerbaar

Vertaling:
Engels: unidentifiable, unrecognizable
Nederlands: niet identificeerbaar

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: omswaai
omswaai [boodskap #145234] Ma, 13 Mei 2024 09:53
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18993
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
omswaai
Afbreking: om•swaai
Samestelling: om + swaai


Werkwoord: swaai om, omswaai
Verlede tyd: het omgeswaai

Betekenis:
• Om te draai; van rigting verander.
• (figuurlik) Om heeltemal van mening te verander.

Gebruik:
• Sy swaai toe daar om en klap hom deur die gesig.
• Die politieke party se beleid het heeltemal na regs omgeswaai.

Sinoniem:
• kenter
• omdraai
• omgooi
• omkeer
• omslaan

Afgelei:
• omswaaiing

Vertaling:
Engels: to swing round, turn around
Nederlands: omzwaaien


Selfstandige naamwoord: omswaai
Meervoud: omswaaie

Betekenis:
• 'n Algehele of onverwagte verandering van rigting.

Gebruik:
• Met die omswaai struikel hy en val daar neer.

Wisselvorm:
• ommeswaai

Vertaling:
Engels: twist and turn
Nederlands: omzwaai

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: fleur
fleur [boodskap #145233] Ma, 13 Mei 2024 07:31
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18993
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Boom in volle fleur.
'n Boom in volle fleur.
fleur
Afbreking: fleur


Selfstandige naamwoord: fleur
Meervoud:

Betekenis:
• 'n Bloeiende, florerende toestand; tydperk van volle krag.
• (figuurlik) 'n Fris, ongerepte voorkoms.

Gebruik:
• Hy is in die fleur van sy lewe.
• 'n Bos blomme sal 'n bietjie fleur aan die ou vrou se lewe gee.

Sinoniem:
• bloeityd
• glorietyd
• hoogtepunt
• jeugdigheid
• kruin
• toppunt
• varsheid

Afgelei:
• fleurig
• opfleur

Vertaling:
Engels: bloom, flower, prime
Nederlands: fleur

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: oorlogvoering
oorlogvoering [boodskap #145232] Ma, 13 Mei 2024 07:12
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18993
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
oorlogvoering
Afbreking: oor•log•voe•ring
Samestelling: oorlog + voering


Selfstandige naamwoord: oorlogvoering
Meervoud: oorlogvoerings

Betekenis:
• Die veg van 'n oorlog.

Gebruik:
• Daar is talle internasionale verdrae wat biologiese oorlogvoering verbied.

Sinoniem:
• krygvoering
• onrusstoking

Afgelei:
• guerilla-oorlogvoering
• see-oorlogvoering

Vertaling:
Engels: warfare
Nederlands: oorlogvoering

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: presiesheid
presiesheid [boodskap #145231] Ma, 13 Mei 2024 06:54
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18993
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
presiesheid
Afbreking: pre•sies•heid
Samestelling: presies + -heid


Selfstandige naamwoord: presiesheid
Meervoud: presieshede

Betekenis:
• Die mate waarin iets presies en perfek is.

Gebruik:
• Die rooftog is met militêre presiesheid uitgevoer.

Sinoniem:
• akkuraatheid
• juistheid
• korrektheid
• nougesetheid
• noukeurigheid
• stiptheid

Antoniem:
• onpresiesheid

Vertaling:
Engels: presiesheid
Nederlands: preciesheid

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: leefwyse
leefwyse [boodskap #145230] Ma, 13 Mei 2024 06:46
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18993
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
leefwyse
Afbreking: leef•wy•se
Samestelling: leef + wyse


Selfstandige naamwoord: leefwyse
Meervoud: leefwyses

Betekenis:
• Die manier waarop iemand sy lewe leef.

Gebruik:
• Om heeltyd waaksaam te bly en om te weet wat om jou aangaan, het 'n leefwyse in Suid-Afrika geword.

Wisselvorm:
• lewenswyse

Sinoniem:
• credo
• gedragswyse
• handelswyse
• lewensstyl
• lewensweg
• tradisie
• wandel

Afgelei:
• leefwyseverandering

Vertaling:
Engels: way of living
Nederlands: levenswijze

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: lamlê
lamlê [boodskap #145229] Ma, 13 Mei 2024 06:37
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18993
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
lamlê
Afbreking: lam•lê
Samestelling: lam + lê


Werkwoord: lê lam, lamlê
Verlede tyd: het lamgelê

Betekenis:
• Om beweging te belemmer, of die werking van iets stop te sit.

Gebruik:
• Die onwettige staking munisipale dienste al vir weke lam.
• Die pandemie het die ekonomie lamgelê

Sinoniem:
• inhibeer
• immobiliseer
• lamslaan
• ontwrig
• verhinder
• verlam

Vertaling:
Engels: to paralyse
Nederlands: lamleggen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: onrusbarend
onrusbarend [boodskap #145228] Ma, 13 Mei 2024 06:28
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18993
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
onrusbarend
Afbreking: on•rus•ba•rend
Samestelling: onrus + baar + -end


Byvoeglike naamwoord: onrusbarend
Vergrotende trap: onrusbarender
Oortreffende trap: onrusbarendste
Attributief: onrusbarende
Partitief: onrusbarends

Betekenis:
• Wat onrus baar; 'n mens bang en onrustig maak.

Gebruik:
• Die toename van gewelddadige misdaad is onrusbarend.

Sinoniem:
• angswekkend
• bangmakend
• bedenklik
• dreigend
• ernstig
• ontstellend
• sinister
• skrikwekkend
• sorgbarend
• sorgwekkend
• verontrustend

Antoniem:
• gerusstellend

Vertaling:
Engels: alarming, disquieting
Nederlands: onrustbarend

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: as't ware
as't ware [boodskap #145227] So, 12 Mei 2024 17:29
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18993
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
as't ware
Afbreking: as't wa•re


Bywoord: as't ware

Betekenis:
• As dit sou wees; dit lyk tog; min of meer.

Gebruik:
• Dit was as't ware 'n halfhartige poging.

Wisselvorm:
• as 't ware (met 'n spasie)

Vertaling:
Engels: as it were, so to speak
Nederlands: als het ware

Nota:
• Inkrimping van die Nederlande "als het ware".
• Dit is verkeerd om te skryf "as te ware", of nog erger "aste ware".

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: vervlegting
vervlegting [boodskap #145226] So, 12 Mei 2024 08:49
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18993
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
vervlegting
Afbreking: ver•vleg•ting
Samestelling: vervleg(t) + -ing


Selfstandige naamwoord: vervlegting
Meervoud: vervlegtinge, vervlegtings

Betekenis:
• Iets wat inmekaar gemeng/vervleg is.

Gebruik:
• Die bundel is 'n vervlegting van ou Afrikaanse gedigte en volksmusiek.

Sinoniem:
• ineenvlegting
• verstrengeling
• verstrikking
• verwikkeling

Afgelei:
• vervlegtingstruktuur

Vertaling:
Engels: entanglement, intertwinement, interlacement
Nederlands: vervlechting

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: vervoering
vervoering [boodskap #145225] So, 12 Mei 2024 08:08
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18993
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
vervoering
Afbreking: ver•voe•ring
Samestelling: vervoer + -ing


Selfstandige naamwoord: vervoering
Meervoud: vervoeringe

Betekenis:
• Toestand waarin 'n mens deur gevoel of hewige gemoedsaandoening oorweldig word.

Gebruik:
• Die argeoloog raak in vervoering oor elke klipbyl en potskerf wat hy opdiep.

Sinoniem:
• bewondering
• ekstase
• geesdrif
• genot
• verrukking
• vreugde

Afgelei:
• geestesvervoering
• geesvervoering
• sielsvervoering

Vertaling:
Engels: ecstasy, rapture
Nederlands: vervoering

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: grotesk
grotesk [boodskap #145224] So, 12 Mei 2024 08:00
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18993
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
grotesk
Afbreking: gro•tesk


Byvoeglike naamwoord: grotesk
Attributief: groteske

Betekenis:
• Verwronge en onnatuurlike in vorm of grootte.

Gebruik:
• Die godin Hera was so ontsteld dat sy so 'n groteske kind gebaar het, dat sy hom van die berg Olimpus afgegooi het.

Sinoniem:
• belaglik
• bisar
• buitensporig
• eienaardig
• fabelagtig
• grillerig
• koddig
• onheilspellend
• oordrewe
• potsierlik
• vreemd

Antoniem:
• alledaags
• gewoon

Vertaling:
Engels: grotesque
Nederlands: grotesk

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: droomagtig
droomagtig [boodskap #145223] So, 12 Mei 2024 07:43
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18993
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
droomagtig
Afbreking: droom•ag•tig
Samestelling: droom + -agtig


Byvoeglike naamwoord: droomagtig
Vergrotende trap: droomagtiger
Oortreffende trap: droomagtigste
Attributief: droomagtige
Partitief: droomagtigs

Betekenis:
• Wat soos 'n droom voel of eienskappe daarvan toon.

Gebruik:
• Dit was 'n droomagtige ervaring.

Sinoniem:
• betowerend
• idillies
• onwerklik
• sprokiesagtig
• toweragtig

Vertaling:
Engels: dreamlike
Nederlands: droomachtig

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: leesbaarheid
leesbaarheid [boodskap #145222] So, 12 Mei 2024 07:29
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18993
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
leesbaarheid
Afbreking: lees•baar•heid
Samestelling: leesbaar + -heid


Selfstandige naamwoord: leesbaarheid
Meervoud: leesbaarhede

Betekenis:
• Die mate waarin iets maklik gelees en verstaan kan word.

Gebruik:
• Die leesbaarheid van 'n teks hang af van faktore soos die uitleg, gemiddelde woord- en sinlengte, sintaktiese kompleksiteit, tematiese samehang, ens.

Sinoniem:
• verklaarbaarheid
• verstaanbaarheid

Antoniem:
• onleesbaarheid

Vertaling:
Engels: readability, legibility
Nederlands: leesbaarheid

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: direkteur-generaal
direkteur-generaal [boodskap #145221] So, 12 Mei 2024 06:55
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18993
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
direkteur-generaal
Afbreking: di•rek•teur-ge•ne•raal
Samestelling: direkteur + generaal


Selfstandige naamwoord: direkteur-generaal
Meervoud: direkteurs-generaal

Betekenis:
• 'n Leidinggewende bestuurder, in rang meestal onder die sekretaris-generaal, maar bo die direkteure.

Gebruik:
• Hendrik van der Bijl was gedurende die Tweede Wêreldoorlog die Direkteur-generaal van Oorlogsvoorrade.

Afgelei:
• adjunk-direkteur-generaal

Afkorting:
• DG
• dir.genl.

Vertaling:
Engels: director-general
Nederlands: directeur-generaal

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: aurora
aurora [boodskap #145220] Sa, 11 Mei 2024 09:02
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18993
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Aurora.
'n Aurora.
aurora
Afbreking: au•ro•ra


Selfstandige naamwoord: aurora
Meervoud: auroras

Betekenis:
• Kleurvolle ligstrale (wit, geel, rooi of groen) wat veral in die pole waargeneem word.

Gebruik:
• 'n Aurora is 'n ligboog wat veroorsaak word deur gelaaide deeltjies wat die aarde se atmosfeer binnedring en gasse in die atmosfeer ioniseer.

Wisselvorm:
• ourora

Sinoniem:
• ligkrans
• noorderlig
• poollig
• rooidag
• suiderlig

Afgelei:
• aurorageel

Vertaling:
Engels: aurora
Nederlands: aurora, poollicht

Nota:
• Aurora (met 'n hoofletter) is die Romeinse godin van die daeraad.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Bladsye (3): [1  2  3    »]


Tyd nou: Vr Mei 17 21:37:49 MGT 2024