Forum: Woordeboek
Onderwerp: Oseanië
Oseanië [boodskap #145134 ]
Wo, 01 Mei 2024 08:30
Leksikograaf
Boodskappe: 18883Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Kaart van Oseanië.
Oseanië
Afbreking: O•se•a•ni•ë
Pleknaam: Oseanië
Betekenis:
• 'n Groot groep eilande in die Stille Oseaan, soms met Australië, Nieu-Guinee en Nieu-Seeland daarby ingesluit.
Gebruik:
• Daar is twee soorte eilande in Oseanië , naamlik die groter vulkaniese en die kleiner koraaleilande.
Hiponiem
• Australasië
• Melanesië
• Mikronesië
• Polinesië
Afgelei:
• Oseaniër
• Oseanies
Vertaling:
Engels: Oceania
Nederlands: Oceanië
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: federaal
federaal [boodskap #145135 ]
Wo, 01 Mei 2024 09:09
Leksikograaf
Boodskappe: 18883Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
federaal
Afbreking: fe•de•raal
Byvoeglike naamwoord: federaal
Attributief: federale
Betekenis:
• Van of betreffende 'n federasie.
Gebruik:
• By 'n federale staatsvorm word deelstate deur 'n federale grondwet saamgebind en val hierdie deelstate onder die gesag van 'n federale regering.
Verwant
• federalis
• federalisme
• federalisties
• federasie
Vertaling:
Engels: federal
Nederlands: federaal
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: gravitasiekrag
gravitasiekrag [boodskap #145136 ]
Wo, 01 Mei 2024 09:18
Leksikograaf
Boodskappe: 18883Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
gravitasiekrag
Afbreking: gra•vi•ta•sie•krag
Samestelling: gravitasie + krag
Selfstandige naamwoord: gravitasiekrag
Meervoud: gravitasiekragte
Betekenis:
• Die aantrekkingskrag wat twee massas op mekaar uitoefen.
Gebruik:
• Die afwaartse krag wat alle voorwerpe op aarde ondervind word deur swaartekrag veroorsaak.
Sinoniem:
• aantrekkingskrag
• swaartekrag
• gravitasie
Vertaling:
Engels: gravitational force, gravity
Nederlands: zwaartekracht, gravitatie
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: hardeware
hardeware [boodskap #145137 ]
Wo, 01 Mei 2024 09:48
Leksikograaf
Boodskappe: 18883Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
hardeware
Afbreking: har•de•wa•re
Samestelling: harde + ware
Selfstandige naamwoord: hardeware
Meervoud: –
Betekenis:
• Die fisiese komponente van 'n rekenaar. Die elektroniese en meganiese dele van 'n rekenaarstelsel.
Gebruik:
• Jou hardeware is te oud om die nuutste rekenaarspeletjies te loop.
Sinoniem:
• apparatuur
• ysterware
Antoniem:
• programmatuur
• sagteware
Vertaling:
Engels: hardware
Nederlands: hardware
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: vertoonlokaal
vertoonlokaal [boodskap #145138 ]
Wo, 01 Mei 2024 09:57
Leksikograaf
Boodskappe: 18883Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
vertoonlokaal
Afbreking: ver•toon•lo•kaal
Samestelling: vertoon + lokaal
Selfstandige naamwoord: vertoonlokaal
Meervoud: vertoonlokale
Verkleinwoord: vertoonlokaaltjie
Meervoud van verkleining: vertoonlokaaltjies
Betekenis:
• 'n Vertrek of saal waar goedere uitgestal en ten toon gestel word.
Gebruik:
• 'n Mens kan nie 'n motor aanlyn koop sonder om die handelaar se vertoonlokaal te besoek nie.
Sinoniem:
• uitstalkamer
• vertoonkamer
Vertaling:
Engels: showroom
Nederlands: toonkamer, toonzaal
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: rekenaartoestel
rekenaartoestel [boodskap #145139 ]
Wo, 01 Mei 2024 10:14
Leksikograaf
Boodskappe: 18883Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
rekenaartoestel
Afbreking: re•ke•naar•toe•stel
Samestelling: rekenaar + toestel
Selfstandige naamwoord: rekenaartoestel
Meervoud: rekenaartoestelle
Verkleinwoord: rekenaartoestelletjie
Meervoud van verkleining: rekenaartoestelletjies
Betekenis:
• 'n Rekenaar of 'n bypassende randtoestel, soos 'n monitor, sleutelbord of muis.
Gebruik:
• Skootrekenaars, tablette, slimfone, drukkers en skandeerders is voorbeelde van rekenaartoestelle .
Vertaling:
Engels: computer device, computing device
Nederlands: computerapparaat
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: insweer
insweer [boodskap #145140 ]
Wo, 01 Mei 2024 10:29
Leksikograaf
Boodskappe: 18883Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
insweer
Afbreking: in•sweer
Samestelling: in + sweer
Werkwoord: sweer in , insweer
Verlede tyd: het ingesweer
Betekenis:
• Om iemand 'n ampseed te laat aflê.
• Om binnetoe te sweer.
Gebruik:
• Die hoofregter sal die nuwe president insweer .
• Die doring het ingesweer en hulle kon dit nie uitkry nie.
Sinoniem:
• beëdig
• bekragtig
Vertaling:
Engels: to swear in
Nederlands: inzweren, beëdigen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: natuurreservaat
natuurreservaat [boodskap #145141 ]
Wo, 01 Mei 2024 11:28
Leksikograaf
Boodskappe: 18883Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
natuurreservaat
Afbreking: na•tuur•re•ser•vaat
Samestelling: natuur + reservaat
Selfstandige naamwoord: natuurreservaat
Meervoud: natuurreservate
Verkleinwoord: natuurreservaatjie
Meervoud van verkleining: natuurreservaatjies
Betekenis:
• 'n Gebied wat ekologies waardevol is en waar diere, plante en die landskap beskerm word.
Gebruik:
• Die meeste natuurreservate is oop vir die publiek en is gewild onder toeriste wat die wild- en natuurlewe wil besigtig.
Sinoniem:
• bewaringsgebied
• natuurgebied
• wildpark
• wildreservaat
Vertaling:
Engels: nature reserve, nature sanctuary
Nederlands: natuurreservaat
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: oorweldigend
oorweldigend [boodskap #145142 ]
Wo, 01 Mei 2024 11:51
Leksikograaf
Boodskappe: 18883Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
oorweldigend
Afbreking: oor•wel•di•gend
Samestelling: oorweldig + -end
Byvoeglike naamwoord: oorweldigend
Attributief: oorweldigende
Betekenis:
• Wat 'n mens oorweldig; baie groot of intens.
Gebruik:
• Die voorstel is deur 'n oorweldigende meerderheid verwerp.
Sinoniem:
• aangrypend
• beslissend
• dominerend
• geweldig
• imponerend
• indrukwekkend
• massaal
• meeslepend
• ontsaglik
• oordonderend
• seëvierend
• verbysterend
• vergelykend
• verpletterend
Vertaling:
Engels: overpowering, overwhelming
Nederlands: overweldigend
Nota:
• Onvoltooide deelwoord van oorweldig.
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: spookboot
spookboot [boodskap #145143 ]
Wo, 01 Mei 2024 12:10
Leksikograaf
Boodskappe: 18883Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
spookboot
Afbreking: spook•boot
Samestelling: spook + boot
Selfstandige naamwoord: spookboot
Meervoud: spookbote
Verkleinwoord: spookbootjie
Meervoud van verkleining: spookbootjies
Betekenis:
• 'n Verlate boot wat sonder bemanning op die water ronddryf.
Gebruik:
• Die Vlieënde Hollander is 'n fiktiewe spookboot wat volgens legende oor en oor om die Kaap de Goede Hoop vaar.
Sinoniem:
• spookskip
Vertaling:
Engels: ghost boat, haunted boat, phantom ship
Nederlands: spookboot, spookschip
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: anemometer
anemometer [boodskap #145144 ]
Wo, 01 Mei 2024 17:43
Leksikograaf
Boodskappe: 18883Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Anemometer.
anemometer
Afbreking: a•ne•mo•me•ter
Selfstandige naamwoord: anemometer
Meervoud: anemometers
Verkleinwoord: anemometertjie
Meervoud van verkleining: anemometertjies
Betekenis:
• Instrument om die windsnelheid te bepaal.
Gebruik:
• 'n Eenvoudige anemometer bestaan uit drie bakkies op 'n vertikale spil wat deur die wind in die rondte gedraai word.
Sinoniem:
• windmeter
Afgelei:
• bakkiesanemometer
Vertaling:
Engels: anemometer
Nederlands: anemometer
Nota:
• Die naam anemometer kom van die Griekse woord "anemos", wat wind beteken.
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: windmeter
windmeter [boodskap #145145 ]
Wo, 01 Mei 2024 17:47
Leksikograaf
Boodskappe: 18883Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Windmeter.
windmeter
Afbreking: wind•me•ter
Samestelling: wind + meter
Selfstandige naamwoord: windmeter
Meervoud: windmeters
Verkleinwoord: windmetertjie
Meervoud van verkleining: windmetertjies
Betekenis:
• Instrument om die windsnelheid te bepaal.
Gebruik:
• 'n Eenvoudige windmeter bestaan uit drie bakkies op 'n vertikale spil wat deur die wind in die rondte gedraai word.
Sinoniem:
• anemometer
Vertaling:
Engels: wind gauge
Nederlands: windmeter
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: parabool
parabool [boodskap #145146 ]
Wo, 01 Mei 2024 18:37
Leksikograaf
Boodskappe: 18883Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Parabool in 'n keël.
parabool
Afbreking: pa•ra•bool
Selfstandige naamwoord: parabool
Meervoud: parabole
Verkleinwoord: parabooltjie
Meervoud van verkleining: parabooltjies
Betekenis:
• (wiskunde ) 'n Keëlsnit waar die snyvlak parallel loop met 'n lyn wat die keël raak en ook die toppunt sny.
• (taalkunde ) Stylfiguur waar iets kleiner of minder gering voorgestel word as wat dit verdien.
Gebruik:
• 'n Parabool kan Wiskundig met 'n kwadratiese vergelyking beskryf word.
• Om te sê "Hitler was 'n stoute mannetjie" is 'n parabool .
Sinoniem:
• koeëlbaan
• geringstelling
• onderbeklemtoning
• onderskatting
Antoniem:
• hiperbool
Afgelei:
• paraboolas
• parabolies
Vertaling:
Engels: parabola; understatement
Nederlands: parabool
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: vergaan
vergaan [boodskap #145147 ]
Wo, 01 Mei 2024 19:18
Leksikograaf
Boodskappe: 18883Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
vergaan
Afbreking: ver•gaan
Werkwoord: vergaan
Verlede tyd: het vergaan
Betekenis:
• Om af te sterf, of op te hou om te bestaan.
• Om te sink; onder die water te verdwyn.
Gebruik:
• Die kinders vergaan van die honger.
• Die skip het in die storm vergaan .
Spreekwoord:
• Hoor en sien vergaan . [Daar is 'n groot lawaai.]
• Met man en muis vergaan . [Niemand kon gered word nie.]
• Onkruid vergaan nie. ['n Mens raak nie maklik van hom/haar ontslae nie.]
• Mooi vergaan , maar deug bly staan. [Mooi is van tydelike aard, maar deug is blywend.]
• Skoonheid vergaan , maar deug bly staan. [Deug is meer blywend van aard as mooiheid.]
Vertaling:
Engels: to perish, decay, decompose; to sink, founder
Nederlands: vergaan
Byvoeglike naamwoord: vergaan
Attributief: vergane , vergaande
Betekenis:
• Wat tot niet gaan.
Gebruik:
• Hoeveel vergaande wrakke lê in die kelders van die see?
Afgelei:
• vergaanbaar
Vertaling:
Engels: perished, decayed
Nederlands: vergaan
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: moreen
moreen [boodskap #145148 ]
Wo, 01 Mei 2024 20:12
Leksikograaf
Boodskappe: 18883Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
moreen
Afbreking: mo•reen
Selfstandige naamwoord: moreen , morene
Meervoud: morene , morenes
Betekenis:
• Klippe, gruis, ens. wat deur 'n gletser meegevoer is.
• 'n Dik wolstof wat vir gordyne en die stoffering van meubels gebruik word.
Gebruik:
• Soos die ys begin terugtrek word 'n moreen neergeset.
• Die banke is met moreen oorgetrek.
Wisselvorm:
• morene
Sinoniem:
• gletserpuin
• spoelgruis
Afgelei:
• moreenafsetting
Vertaling:
Engels: moraine; moreen
Nederlands: morene
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.