Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » moreen
moreen [boodskap #145148] Wo, 01 Mei 2024 20:12
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18989
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
moreen
Afbreking: mo•reen


Selfstandige naamwoord: moreen, morene
Meervoud: morene, morenes

Betekenis:
• Klippe, gruis, ens. wat deur 'n gletser meegevoer is.
• 'n Dik wolstof wat vir gordyne en die stoffering van meubels gebruik word.

Gebruik:
• Soos die ys begin terugtrek word 'n moreen neergeset.
• Die banke is met moreen oorgetrek.

Wisselvorm:
• morene

Sinoniem:
• gletserpuin
• spoelgruis

Afgelei:
• moreenafsetting

Vertaling:
Engels: moraine; moreen
Nederlands: morene

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: vergaan
Volgende onderwerp: onhulpvaardig
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 17 16:44:13 MGT 2024