Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » kleim
kleim [boodskap #145238] Ma, 13 Mei 2024 18:07
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19153
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
kleim
Afbreking: kleim


Selfstandige naamwoord: kleim
Meervoud: kleims
Verkleinwoord: kleimpie
Meervoud van verkleining: kleimpies

Betekenis:
• Afgebakende stuk grond waarop iemand kan prospekteer of delf.
• (figuurlik) Iets wat jy vir jouself afbaken en uithou.

Gebruik:
• Baie kleims is afgepen en bewerk, maar weer net so gelos.
• Kon jy darem al vir jou 'n kleim by die meisie afsteek?

Hiponiem:
• diamantkleim
• goudkleim

Afgelei:
• kleimbaken
• kleiminspekteur
• kleimroof

Vertaling:
Engels: claim, deed
Nederlands: claim, akte

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: aanspreek
Volgende onderwerp: alliansie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Jun 01 15:14:14 MGT 2024