Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » aanspreek
aanspreek [boodskap #145237] Ma, 13 Mei 2024 13:46
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19323
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
aanspreek
Afbreking: aan•spreek
Samestelling: aan + spreek


Werkwoord: spreek aan, aanspreek
Verlede tyd: het aangespreek

Betekenis:
• Om met iemand te praat.
• Om streng met iemand te raas.
• (informeel) ) Om 'n situasie te hanteer.

Gebruik:
• Staan op aandag as jy die sersant aanspreek.
• Die juffrou het die stout kinders aangespreek.
Spreek die probleem vroegtydig aan, voordat dit te laat is.

Sinoniem:
• gesels
• praat
• toesnou
• toespreek
• berispe
• betig
• kritiseer
• raas
• reghelp
• skrobbeer
• teregwys
• vermaan
• hanteer
• adresseer

Afgelei:
• aanspreekbaar
• aanspreekvorm
• aanspreeklik

Vertaling:
Engels: to speak, address; to accost; to address
Nederlands: aanspreken

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: onkonvensioneel
Volgende onderwerp: kleim
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jun 16 01:39:18 MGT 2024