Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Vandag se boodskappe (Aan)  | Onbeantwoorde boodskappe (Af)

Forum: Woordeboek
 Onderwerp: vokaliseer
vokaliseer [boodskap #152987] Di., 22 September 2026 11:17
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 26581
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
vokaliseer
Afbreking: vo•ka•li•seer
Samestelling: vokaal + -iseer


Werkwoord: vokaliseer
Verlede tyd: het gevokaliseer
Teenwoordige deelwoord: vokaliserend, vokaliserende
Verlede deelwoord: gevokaliseerde

Betekenis:
• Om 'n klank, woord of sin hardop met die stem uit te spreek.
• (musiek) Om die stem te oefen of op te warm deur bepaalde klanke of toonlere te sing.

Gebruik:
• Die kind sukkel om sy gevoelens te vokaliseer.
• Voordat die sangers begin sing het, het hulle gevokaliseer.

Sinoniem:
• sê
• praat
• uiter
• uitspreek

Afgelei:
• vokalisasie
• vokalisering

Vertaling:
Engels: to vocalize
Nederlands: vocaliseren

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.

[Bygewerk op: Di., 22 September 2026 13:44]

Rapporteer boodskap aan 'n moderator

 Onderwerp: gaapwurm
gaapwurm [boodskap #152988] Di., 22 September 2026 11:28
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 26581
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
gaapwurm
Afbreking: gaap•wurm
Samestelling: gaap + wurm


Selfstandige naamwoord: gaapwurm
Meervoud: gaapwurms

Betekenis:
• 'n Parasitiese wurm wat die lugweë van pluimvee en ander voëls besmet en gaapsiekte veroorsaak, Syngamus trachea.

Gebruik:
• Die gaapwurms verstop die lugpyp, sodat die besmette voël met 'n oop bek na lug hap.

Afgelei:
• gaapwurmbesmetting
• gaapwurmsiekte

Vertaling:
Engels: gapeworm
Nederlands: gaapworm

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: gaapsiekte
gaapsiekte [boodskap #152989] Di., 22 September 2026 11:32
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 26581
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
gaapsiekte
Afbreking: gaap•siek•te
Samestelling: gaap + siekte


Selfstandige naamwoord: gaapsiekte
Meervoud:

Betekenis:
• 'n Siekte onder pluimvee en ander voëls, veroorsaak deur die gaapwurm (Syngamus trachea).

Gebruik:
• Die kuikens was met gaapsiekte besmet en kon kwalik asemhaal.

Vertaling:
Engels: gapeworm disease
Nederlands: gapenziekte

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: kwesbaarste
kwesbaarste [boodskap #152990] Di., 22 September 2026 11:54
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 26581
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
kwesbaarste
Afbreking: kwes•baar•ste
Samestelling: kwesbaar + -ste


Selfstandige naamwoord: kwesbaarste
Meervoud: kwesbaarstes

Betekenis:
• Dié wat die heel meeste kwesbaar is.

Gebruik:
• Die gemeenskap moet na sy kwesbaarste omsien.
• Hulp sal aan die kwesbaarstes onder die kwesbares verleen word.

Vertaling:
Engels: most vulnerable person
Nederlands: kwetsbaarste


Byvoeglike naamwoord: kwesbaar
Vergrotende trap: kwesbaarder
Oortreffende trap: kwesbaarste
Attributief: kwesbare

Betekenis:
• Oortreffende trap van kwesbaar: die heel meeste kwesbaar.

Gebruik:
• Bejaardes is die kwesbaarste vir virus.

Vertaling:
Engels: most vulnerable
Nederlands: kwetsbaarste

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: kwesbare
kwesbare [boodskap #152991] Di., 22 September 2026 12:52
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 26581
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
kwesbare
Afbreking: kwes•ba•re
Samestelling: kwesbaar + -e


Selfstandige naamwoord: kwesbare
Meervoud: kwesbares

Betekenis:
• Dié wat kwesbaar is.

Gebruik:
• Hulp sal aan die kwesbaarstes onder die kwesbares verleen word.

Vertaling:
Engels: vulnerable person
Nederlands: kwetsbare


Byvoeglike naamwoord: kwesbaar
Vergrotende trap: kwesbaarder
Oortreffende trap: kwesbaarste
Attributief: kwesbare

Betekenis:
• Attributiewe vorm van kwesbaar: wat kwesbaar is.

Gebruik:
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word. Die gemeenskap moet kwesbare mense, insluitende kinders en bejaardes, beskerm.

Vertaling:
Engels: vulnerable
Nederlands: kwetsbare

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: langdradige
langdradige [boodskap #152992] Di., 22 September 2026 13:01
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 26581
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
langdradige
Afbreking: lang•dra•di•ge
Samestelling: langdradig + -e


Selfstandige naamwoord: langdradige
Meervoud: langdradiges

Betekenis:
• Iemand wat langdradig is (onnodig lank aanhou).

Gebruik:
• Elke vergadering het 'n paar langdradiges wat die kollig probeer steel.

Vertaling:
Engels: long-winded person
Nederlands: langdradige


Byvoeglike naamwoord: langdradig
Vergrotende trap: langdradiger
Oortreffende trap: langdradigste
Attributief: langdradige
Partitief: langdradigs

Betekenis:
• Attributiewe vorm van langdradig: Wat onnodig lank aanhou.

Gebruik:
• Die spreker het 'n langdradige verduideliking gegee.

Vertaling:
Engels: long-winded, tedious
Nederlands: langdradige

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: ligsinnige
ligsinnige [boodskap #152993] Di., 22 September 2026 13:04
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 26581
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
ligsinnige
Afbreking: lig•sin•ni•ge
Samestelling: ligsinnig + -e


Selfstandige naamwoord: ligsinnige
Meervoud: ligsinniges

Betekenis:
• Iemand wat ligsinnig is (nie ernstig of verantwoordelik is nie).

Gebruik:
• Die ligsinniges het nie die erns van die situasie besef nie.

Vertaling:
Engels: frivolous person, thoughtless person
Nederlands: lichtzinnige


Byvoeglike naamwoord: ligsinnig
Vergrotende trap: ligsinniger
Oortreffende trap: ligsinnigste
Attributief: ligsinnige
Partitief: ligsinnigs

Betekenis:
• Attributiewe vorm van ligsinnig: wat nie ernstig of verantwoordelik dink of optree nie.

Gebruik:
• Sy het 'n ligsinnige opmerking oor die allerernstige saak gemaak.

Vertaling:
Engels: frivolous, thoughtless
Nederlands: lichtzinnige

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.

[Bygewerk op: Di., 22 September 2026 13:06]

Rapporteer boodskap aan 'n moderator

 Onderwerp: oumakappie
oumakappie [boodskap #152994] Di., 22 September 2026 13:18
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 26581
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
Skets van die plant.
Skets van die plant.
oumakappie
Afbreking: ou•ma•kap•pie
Samestelling: ouma + kappie


Selfstandige naamwoord: oumakappie
Meervoud: oumakappies

Betekenis:
• 'n Orgidee wat in Suid-Afrika voorkom, Disa aconitoides.

Gebruik:
• Die oumakappie groei in die bergagtige gebiede van Suid-Afrika.

Wisselvorm:
• moederkappie
• oumakappertjie

Vertaling:
Engels: monkey orchid
Nederlands: Disa aconitoides

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: kraalbos
kraalbos [boodskap #152995] Di., 22 September 2026 13:28
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 26581
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
kraalbos
Afbreking: kraal•bos
Samestelling: kraal + bos


Selfstandige naamwoord: kraalbos
Meervoud: kraalbosse
Verkleinwoord: kraalbossie
Meervoud van verkleining: kraalbossies

Betekenis:
• 'n Struik in die vygiefamilie, inheems aan Suid-Afrika en Namibië, Aizoon africanum.

Gebruik:
• Die kraalbos is 'n aromatiese plant, 0,5 tot 1,5 meter hoog, wat in die droë, sanderige gebiede van Suider-Afrika voorkom.

Vertaling:
Engels: African aizoon
Nederlands: Aizoon africanum

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.

[Bygewerk op: Di., 22 September 2026 13:42]

Rapporteer boodskap aan 'n moderator

 Onderwerp: aartappelbos
aartappelbos [boodskap #152996] Di., 22 September 2026 13:43
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 26581
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
'n Aartappelbos.
'n Aartappelbos.
aartappelbos
Afbreking: aar•ta•pel•bos
Samestelling: aartappel + bos


Selfstandige naamwoord: aartappelbos
Meervoud: aartappelbosse
Verkleinwoord: aartappelbossie
Meervoud van verkleining: aartappelbossies

Betekenis:
• 'n Struik of klein boom met geel blomme en swart bessies wat o.a. in die Laeveld en ooskus van KwaZulu-Natal voorkom, Phyllanthus reticulatus.

Gebruik:
• Die aartappelbos het 'n kenmerkende geur wat na gaar aartappels ruik.

Vertaling:
Engels: black-currant tree, potato bush
Nederlands: Phyllanthus reticulatus

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.



Tyd nou: Di. Sep. 22 19:53:40 UTC 2026