Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Vandag se boodskappe (Aan)  | Onbeantwoorde boodskappe (Af)

Forum: Woordeboek
 Onderwerp: invreet
invreet [boodskap #151864] Sa., 13 Junie 2026 06:50
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 25479
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
invreet
Afbreking: in•vreet
Samestelling: in + vreet


Werkwoord: vreet in, invreet
Verlede tyd: het ingevreet
Teenwoordige deelwoord: invretend, invretende
Verlede deelwoord: ingevrete

Betekenis:
• Om stadig maar vernietigend na die binnekant te vreet.

Gebruik:
• Die suur vreet in die metaal in.
• Die roes het oor jare diep in die yster ingevreet.

Sinoniem:
• byt
• inbyt
• ineet
• inkanker
• korrodeer
• voortkanker
• wegvreet

Afgelei:
• invreetbaar
• invreetvermoë
• invreting

Vertaling:
Engels: to eat into, bite, corrode
Nederlands: invreten

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: watertrekkend
watertrekkend [boodskap #151865] Sa., 13 Junie 2026 08:25
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 25479
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
watertrekkend
Afbreking: wa•ter•trek•kend
Samestelling: water + trek + -end


Byvoeglike naamwoord: watertrekkend
Attributief: watertrekkende

Betekenis:
• Wat water of vog absorbeer.

Gebruik:
• Die kristalle is watertrekkend en vorm 'n sterk basis as dit opgelos word.
• Bariumchloried is 'n watertrekkende stof wat vervloei wanneer dit aan vogtige lug blootgestel word.

Sinoniem:
• higroskopies
• waterabsorberend

Vertaling:
Engels: water-absorbing, hygroscopic
Nederlands: waterabsorberend

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.

[Bygewerk op: Sa., 13 Junie 2026 09:07]

Rapporteer boodskap aan 'n moderator

 Onderwerp: didakties
didakties [boodskap #151866] Sa., 13 Junie 2026 08:39
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 25479
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
didakties
Afbreking: di•dak•ties
Samestelling: didaktiek + -ies


Byvoeglike naamwoord: didakties
Attributief: didaktiese

Betekenis:
• Wat bedoel is om te onderrig of te verduidelik; opvoedkundig van aard.

Gebruik:
• C.J. Langenhoven het ook ander vorms van prosa geskryf, meestal van didaktiese aard.

Sinoniem:
• akademiese
• instruktief
• lerend
• lesgewend
• onderrigtend
• onderwysend
• opvoedkundig

Afgelei:
• didaktiek
• outodidakties

Vertaling:
Engels: didactic
Nederlands: didactisch

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.

[Bygewerk op: Sa., 13 Junie 2026 10:44]

Rapporteer boodskap aan 'n moderator

 Onderwerp: didaktiek
didaktiek [boodskap #151867] Sa., 13 Junie 2026 08:54
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 25479
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
didaktiek
Afbreking: di•dak•tiek


Selfstandige naamwoord: didaktiek
Meervoud:

Betekenis:
• Die studie of teorie van onderrig en leer.

Gebruik:
Didaktiek fokus op hoe kennis en vaardighede effektief aan leerders oorgedra kan word.

Sinoniem:
• onderrigkunde
• onderwyskunde
• onderwysmetode
• onderwysmetodiek

Hiponiem:
• vakdidaktiek

Afgelei:
• didakties
• didaktikus

Vertaling:
Engels: didactic, teaching theory
Nederlands: didactiek

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.

[Bygewerk op: Sa., 13 Junie 2026 08:58]

Rapporteer boodskap aan 'n moderator

 Onderwerp: didaktikus
didaktikus [boodskap #151868] Sa., 13 Junie 2026 09:05
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 25479
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
didaktikus
Afbreking: di•dak•ti•kus
Samestelling: didaktiek + -ikus


Selfstandige naamwoord: didaktikus
Meervoud: didaktikusse, didaktici

Betekenis:
• 'n Persoon wat spesialiseer in didaktiek. Iemand wat hom op leer en onderrig toespits.

Gebruik:
• Die universiteit het 'n didaktikus aangestel om die ontwikkeling van die kurrikulum te help ondersteun.

Hiponiem:
• vakdidaktikus

Vertaling:
Engels: didactician, education specialist
Nederlands: didacticus

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.

[Bygewerk op: Sa., 13 Junie 2026 09:06]

Rapporteer boodskap aan 'n moderator

 Onderwerp: raffinering
raffinering [boodskap #151869] Sa., 13 Junie 2026 09:15
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 25479
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
raffinering
Afbreking: raf•fi•ne•ring
Samestelling: raffineer + -ing


Selfstandige naamwoord: raffinering
Meervoud: raffinerings

Betekenis:
• Die proses om 'n stof te suiwer deur onsuiwerhede te verwyder.

Gebruik:
• Die raffinering van ru-olie lewer petrol, diesel en ander produkte.

Sinoniem:
• suiwering
• veredeling
• verwerking

Vertaling:
Engels: refining, refinement
Nederlands: raffinage, raffinering

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: werkerby
werkerby [boodskap #151870] Sa., 13 Junie 2026 09:27
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 25479
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
werkerby
Afbreking: wer•ker•by
Samestelling: werker + by


Selfstandige naamwoord: werkerby
Meervoud: werkerbye
Verkleinwoord: werkerbytjie
Meervoud van verkleining: werkerbytjies

Betekenis:
• 'n Vroulike by wat nektar versamel, die larwes versorg en die nes in stand hou.

Gebruik:
• In 'n byekorf verrig die werkerbye die meeste van die harde werk.

Antoniem:
• hommelby

Vertaling:
Engels: worker bee
Nederlands: werksterbij

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.

[Bygewerk op: Sa., 13 Junie 2026 09:28]

Rapporteer boodskap aan 'n moderator

 Onderwerp: burokrasie
burokrasie [boodskap #151871] Sa., 13 Junie 2026 10:05
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 25479
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
burokrasie
Afbreking: bu•ro•kra•sie
Samestelling: buro + -krasie


Selfstandige naamwoord: burokrasie
Meervoud: burokrasieë

Betekenis:
• Administratiewe stelsel waarin besluite volgens vaste reëls, prosedures en hiërargiese strukture geneem en uitgevoer word.
• Oneffektiewe administrasie wat ingewikkeld en tydrowend is.

Gebruik:
• Die burokrasie in die staatsdepartement vertraag dikwels die verwerking van aansoeke.
• Die maatskappy het onnodige burokrasie uitgesny om doeltreffendheid te verbeter.

Sinoniem:
• administrasie
• amptenary
• owerheid
• regering
• staatsdiens
• formaliteite
• omslagtigheid
• papierwerk
• rompslomp

Afgelei:
• burokraat
• burokraties
• burokratisering

Vertaling:
Engels: bureaucracy; red tape
Nederlands: bureaucratie

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: bestorm
bestorm [boodskap #151872] Sa., 13 Junie 2026 10:18
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 25479
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
bestorm
Afbreking: be•storm
Samestelling: be- + storm


Werkwoord: bestorm
Verlede tyd: het bestorm
Teenwoordige deelwoord: bestormend, bestormende
Verlede deelwoord: bestormde

Betekenis:
• Om met spoed of krag op iets of iemand af te peil/toe te sak.

Gebruik:
• Die soldate bestorm die kasteel.
• Hulle het my omsingel, my van alle kante bestorm. [Psalms 118:11]

Sinoniem:
• aanval
• afpeil
• afstorm
• oorrompel
• oorweldig
• stormloop
• toesak

Afgelei:
• bestormer
• bestorming

Vertaling:
Engels: to storm, charge, rush at, assault
Nederlands: bestormen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.

[Bygewerk op: Sa., 13 Junie 2026 10:19]

Rapporteer boodskap aan 'n moderator

 Onderwerp: bergruimte
bergruimte [boodskap #151873] Sa., 13 Junie 2026 10:26
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 25479
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
bergruimte
Afbreking: berg•ruim•te
Samestelling: berg + ruimte


Selfstandige naamwoord: bergruimte
Meervoud: bergruimtes
Verkleinwoord: bergruimtetjie
Meervoud van verkleining: bergruimtetjies

Betekenis:
• Plek waar goedere gebêre en bewaar word.

Gebruik:
• Die huis se kelder word as bergruimte vir ou meubels gebruik.

Sinoniem:
• bêreplek
• bergplek
• pakplek
• skuur
• stoorkamer
• stoorplek
• stoorruimte

Vertaling:
Engels: storage space, storage room
Nederlands: bergruimte, opslagruimte

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: stootkrag
Re: stootkrag [boodskap #151874 is 'n antwoord op boodskap #151855] Sa., 13 Junie 2026 10:46
Gudimurin  is tans af-lyn  Gudimurin
Boodskappe: 1
Geregistreer: Junie 2026
Karma: 0
Junior Lid
Dag sê

Ek het op hierdie forum afgekom dank sê dat dit opgekom het toe ek 'n afrikaanse term opsoek en ek nie 'n nederlandse antwoord kry nie maar daadwerklik 'n afrikaanse antwoord. Dat Afrikaans redelik swak op die internet vasgavang word is 'n frustrasie en ou 'Google translate' het ook kort kort die kat aan die stert beet. Nie temin so het ek toe op jou inskrywings gekom aangaande kragte. Ek kom uit 'n tegniese agtergrond waat ek aanlegte ontwerp en werk grootliks in engels. Alhoewel ons nog baie Afrikaans in die kantoor praat om onder andere tegeniese probleme te bespreek in die ontwerp kantoor word die engelse tegniese terme kort kort op gesteun want die Afrikaans is nie meer so byderhand tot die alledaagse geheue nie en die internet is steeds nie van veel hulp nie. So in 'n poging om dit iewers te kan vasvang hier is my 2c tot die onderwerp van kragte:

Tussen alledaagse spraak en tegniese/wetenspaklike teminologie is die woord krag en -krag as agtervoegsel redelik wyd in sy gebruik.

As kort voorbeeld:
Gee my krag. (Meer verwysend na een se gemoed)
Die krag is af (Verwysend na tegnies eintlik elektriese dryfkrag)
Lewenskrag wat in Engels is as 'Vigour'. Die lus om te lewe en die lewe aan te pak.
Ons vertaal kort kort 'power' en 'force' as krag.

Maar wanneer dit kom by die werklike tegniese terme is ek soveel meer lief vir die Afrikaans as die Engels in hoe beskrywend hy is in die woord self, maar mens moet ook weet na watter verskynsel in die fisika die terme na verwys om akkurate onderskeid tussen hulle te tref want nie alle '-krag' is dieselfde nie. 

Die begin punt is krag self wat in die fisika die eenheid Newton (N) is. Dit is wat materie tot beweging bring.
As jy 'n krag op 'n voorwerp laat inwerk dat die voorwerp beweeg dan word arbeid op die voorwerp ingeoefen en die se eenheid is Joule (J) wat energie is. As jy die tyd meet waarin jy die arbeid uitoefen (J/s) dan kry jy dryfkrag wat gemeet word in Watt (W). Die engelse terme vir hierdie drie konsepte respektiewelik is 'force', 'work' en 'power'. So alhoewel krag en dryfkrag taal gesproke '-krag' in gemeen het punt dit na twee drastiese anderse verskynsels in die fisika. So wat ek net hier wil plaas is wat van die '-kragte' is wat in die tegniese sfeer te vinde is:

Wringkrag, die roterende krag in 'n draaiende as wat om 'n spilpunt wentel. Engels: Torque. Eenheid Newton-meter (Nm)
Stootkrag/drukkrag/samepersing - 'n Gewone krag (N) wat op 'n starre liggaam inwerk op so manier dat dit die materiaal in mekaar in pers.
Trekkrag/spanning - 'n Gewone krag (N) wat op 'n starre liggaam inwerk op so manier dat dit die materiaal uit mekaar uit trek.
Skeurrkrag - 'n Krag wat ontwikkel in 'n materiaal a.g.v. 'n trekkrag wat die materiaal wil laat skeur.
(Stoot en trek is belangrik want sekere materiaale kan stootkragte baie beter weerstaan as trekkragte (soos beton) en anders om (soos staal en tou) en skeurkragte is baie meer sensitief vir trekkrag as vir stootkrag)
Stukrag - Hierdie is 'n intresante een. Hierdie is baie spesifiek die krag (N) wat ontstaan deur 'n vloeistof/gas teen 'n sekere massa tempo teen 'n sekere spoed by 'n uitlaat te laat gaan. Dis die digtheid van die 'propellent' (tipiese voorbeeld waar my eie geheue vinniger na die engels toe gryp) wat 'n faktor hier speel. kg/s * m/s = kg m /s^2 = N (kilogram per sekond wat digtheid afhangklik is maal met meter per sekond gee kilgram meter per sekonde kwadraat wat Newton is). Dit is stukrag en is spesifiek van toepassing op turbines en vuurpyl enjins wat op die uitlaat van aangejaagde gas staat maak om beweging te induseer.

Dan is daar wat Afrikaans so mooi beskrywend maak. Middelpuntvliedendekrag en middelpuntsoekendekrag (centrifugal and centripital forces)
As 'n liggaam geroteer word of om 'n spilpunt gedraai word is hierdie kragte van toepassing. Soos as jy uit die kar uit wil val as jy vinnig om 'n draai gaan aan die kant anders as waarna die kar draai is middelpuntvliedent. 'n Sateliet wat deur swaartekrag getrek word om in wentel te bly hier is die swaartekrag die middelpuntsoekendekrag in die raamwerk van die sateliet se wentel.

Dan natuurlik swaartekrag. Die krag wat swaarheid gee aan massa ook in (N).

Baie Groete
 Onderwerp: bewerkbaar
bewerkbaar [boodskap #151875] Sa., 13 Junie 2026 11:12
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 25479
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
bewerkbaar
Afbreking: be•werk•baar
Samestelling: bewerk + -baar


Byvoeglike naamwoord: bewerkbaar
Attributief: bewerkbare

Betekenis:
• Wat verder verwerk of deur arbeid verander kan word.

Gebruik:
• Die hout is sag en maklik bewerkbaar.
• Die plaas het bewerkbare grond wat braak lê.

Antoniem:
• onbewerkbaar

Vertaling:
Engels: workable, processable
Nederlands: bewerkbaar

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: perdehings
perdehings [boodskap #151876] Sa., 13 Junie 2026 16:02
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 25479
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
perdehings
Afbreking: per•de•hings
Samestelling: perd + -e- + hings


Selfstandige naamwoord: perdehings
Meervoud: perdehingste

Betekenis:
• 'n Volwasse manlike perd.

Gebruik:
• Die perdehings het sy kop gelig en luidrugtig gehinnik.

Antoniem:
• perdemerrie

Verwant:
• donkiehings
• eselhings
• sebrahings

Vertaling:
Engels: horse stallion
Nederlands: paardenhengst

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.



Tyd nou: So. Jun. 14 15:13:35 UTC 2026