Tuis » Ernstig » Geloof & kerksake » pagans
pagans [boodskap #105939] |
Fri, 16 September 2005 14:00  |
kaalbaster
Boodskappe: 108 Geregistreer: September 2005
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Is daar enige Afrikaans sprekende pagans wat hulle opinie wil gee oor
die geloof.
|
|
|
|
|
|
Re: pagans [boodskap #105944 is 'n antwoord op boodskap #105943] |
Fri, 16 September 2005 20:23   |
Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592 Geregistreer: October 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Noddy skryf:
> Max weet nie waarvan hy praat as hy sê dat Paganisme nie 'n geloof is
> nie.
Nee, max het nie nonsens gepraat nie. Die term "geloof" is 'n
redelike nuwe term wat deur die Weste (hoofsaaklik Christen) uitgedink
is. Dus, is enige "geloof" wat nie aan die boekgelowe (Judaism,
Christian en Muslim) glo nie, paganisties, en kan in die strengste
term dus nie eintlik as 'n "geloof" bestempel werd nie, want dit
beteken juis iemand wat nie aan 'n geloof behoort nie. (geloof
betekende Christen, Joods of Muslim).
En dit is nou baie swak uitgedruk, maar beter kan ek nie nou op die
oomblik doen nie. Die Hollanders praat gewoonlik sommer van "heidens"
wanneer hulle na pagan verwys.
Max, is meer reg as wat jy was/is.
Eintlik kan mens seker maar makliker die woordeboek betekenis gebruik:
"The noun pagan has one meaning:
Meaning #1: a person who does not acknowledge your God
Synonyms: heathen, gentile, infidel"
|
|
|
Re: pagans [boodskap #105945 is 'n antwoord op boodskap #105943] |
Fri, 16 September 2005 22:01   |
Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592 Geregistreer: October 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Noddy skryf:
> In elkgeval, mense moet bietjie navorsing doen voor hulle hele gelowe
> afskiet ;)
Ja, baie goeie raad. Jy kan dit dalk self gebruik? :)
Terloops, laat ek dit net weer duidelik stel, paganisme is nie 'n
geloof nie. Slegs uit 'n westerse verwysingsraamwerk, kan mense dit
beskryf as 'n verskeidenheid van verskillende "gelowe" (belief/faith
systems) wat nie onder Christen, Judaisme of Muslim, val nie.
As iemand vir my sê sy of hy is 'n Pagan begin ek gewoonlik giggel,
want 9/10 keer het hulle geen idee waarvan hulle praat nie, maar is
net vreeslik trots op hullself dat hulle nie meer die Christelike
geloof volg, waarmee hulle grootgeword het, en waarin hulle psige
gewortel is, maar een of ander hairbrained ideologie vanuit 'n
vreemde kultuur wat totale sin maak in daardie kultuur, maar absoluut
geen in die persoon se sosiale kultuur en verwysingsraamwerk, nie.
Amper nou soos westerlinge vanuit 'n Christelike agtergrond wat
Buddhisme aanhang. Dis mos baie vogue.
(en hiermee bedoel ek werklik nie mense wat 'n ersntige studie van die
geloof maak en navors en werklik poog om die diepere "essence"
daarvan te probeer verstaan en begryp nie).
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: pagans [boodskap #105957 is 'n antwoord op boodskap #105944] |
Sun, 18 September 2005 08:26   |
Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232 Geregistreer: May 2006
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Fri, 16 Sep 2005 16:23:11 -0400, Katryn wrote:
> Noddy skryf:
>
>> Max weet nie waarvan hy praat as hy sê dat Paganisme nie 'n geloof is
>> nie.
>
> Nee, max het nie nonsens gepraat nie. Die term "geloof" is 'n
> redelike nuwe term wat deur die Weste (hoofsaaklik Christen) uitgedink
> is. Dus, is enige "geloof" wat nie aan die boekgelowe (Judaism,
> Christian en Muslim) glo nie, paganisties, en kan in die strengste
> term dus nie eintlik as 'n "geloof" bestempel werd nie, want dit
> beteken juis iemand wat nie aan 'n geloof behoort nie. (geloof
> betekende Christen, Joods of Muslim).
> En dit is nou baie swak uitgedruk, maar beter kan ek nie nou op die
> oomblik doen nie. Die Hollanders praat gewoonlik sommer van "heidens"
> wanneer hulle na pagan verwys.
> Max, is meer reg as wat jy was/is.
Bedoel jy nie eerder "georganiseerde godsdienste" nie?
Met ander woorde organisasies van die burgerlike samelewing wat hul
semi politieke mag en gepaardgaande welsynwerk organiseer ronrdom 'n
stel idees oor hoe die universum tot stand gekom het en wat ons hier
soek?
Dit is dan seker eeredr "tradisionele westerse kerke" wat jy bedoel.
Met die verskil veral tussen kerk en geloof.
Daar is miljoene in kerke wat nie glo nie, maar daar is vir die
kulturele samehorigheid en die wheeling en dealing wat daar gedoen kan
word. Hulle ondersteun dit dan as deel van die burgerlike samelewing.
Daar is ook miljoene wat "glo" en nie na kerke toe gaan nie.
|
|
|
Re: Harebrained was Re: pagans [boodskap #105959 is 'n antwoord op boodskap #105956] |
Sun, 18 September 2005 09:39   |
Gerard van Wilgen
Boodskappe: 28 Geregistreer: October 2002
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
Katryn wrote:
> Gerard van Wilgen skryf:
>
>
>> Groot Woordeboek Afrikaans-Engels Engels-Afrikaans van Kritzinger,
>> Steyn, Schoonees en Cronjé:
>> hair-brained: onbesuis, onbesonne, wild, dol(sinnig)
>
>
> Dankie Gerard en Gloudina. Dit was baie interessant.
> Ek het ook gladnie die woord "onbesuis" geken nie. Sou onbesuis dalk
> nader aan "absurd" wees?
Die Nederlandse etimologiese woordeboek van dr. J. de Vries sê oor
"onbesuisd" die volgende:
Middelnederlands onbesuusd "onbewerkt, onbeschoft". Men kan verbinden
met Oudnoors sysla "arbeid", dat verder samenhangt met de wortel van
"ziek". Toch een weinig bevredigende verklaring, daar men verbindt met
een uitsluitend Noordgermaanse woordgroep.
> Dolsinnig klink vir my nogal na 'n goeie woord om te gebruik. :)
>
> Gerard, dit is vir my nogal interessant dat jou woordeboek dit ook
> gespel het as "hair"en nie "hare" nie.
Ai, dit is 'n vergissing van my. Die woordeboek spel dit as "hare-brained".
Gerard van Wilgen
www.majstro.com - Multilingual translation dictionary
www.erotikejo.com - International sex portal
|
|
|
|
Re: pagans [boodskap #105961 is 'n antwoord op boodskap #105957] |
Sun, 18 September 2005 16:02   |
Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592 Geregistreer: October 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Ferdi Greyling skryf:
> Bedoel jy nie eerder "georganiseerde godsdienste" nie?
Ja, jy is waarskynlik reg. Afrikaans is vir my nogal 'n moeilike taal
om geloofstradisies of dan wel godsdiens terme te beskryf en gebruik.
Ek dink dat een van die redes is dalk juis omdat die taal ontwikkel
het rondom Protestante tradisies, en die woordeskat baie beperk is om
enigiets buite daardie godsdiens te beskryf. Die verwysingsraamwerk
van woorde wat mens soek as sulks is altyd op Protestante filosofie
baseer, en vloei daaruit.
Ek het verwys na die woord "religion" en het duidelik "geloof" en
"gelowe" ietwat deurmekaar gebruik. Sou mens "religion" as godsdiens
vertaal, eerder as "geloof"? Dit voel net nie heeltemal reg vir my
nie. Ook is daar "religions" wat nie aan gode glo nie, dan sou die
term nie juis pas nie. Tog is hierdie "gelowiges", en dus
"religions". Sekere sektes van Buddhisme as voorbeeld.
> Met ander woorde organisasies van die burgerlike samelewing wat hul
> semi politieke mag en gepaardgaande welsynwerk organiseer ronrdom 'n
> stel idees oor hoe die universum tot stand gekom het en wat ons hier
> soek?
Mooi gestel.
> Daar is ook miljoene wat "glo" en nie na kerke toe gaan nie.
Ja, toe ek 'n kind was het ek vas geglo aan Kersvader en die
tandmuis/feetjie, o.a. Ek het ook geglo dat as ek diep genoeg grawe
en tonnel, sal ek in China uitkom.
Terloops, wat is die verskil in Afrikaans tussen "faith" en "belief"?
|
|
|
|
|
|
Re: pagans [boodskap #105972 is 'n antwoord op boodskap #105940] |
Mon, 19 September 2005 05:57   |
kaalbaster
Boodskappe: 108 Geregistreer: September 2005
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Max wrote:
> "friend" wrote in message
> news:1126879247.352239.95150@g43g2000cwa.googlegroups.com...
>> Is daar enige Afrikaans sprekende pagans wat hulle opinie wil gee oor
>> die geloof.
>
> Opinie oor die geloof, of oor die gebrek daaraan... Pagan is nie ´n tipe
> geloof nie, dis die naam vir ongelowiges.
>
> (Lyk my dis net ek en jy hier, vandag!)
Sjoe, het nie so 'n reaksie verwag nie, maar nou ja, daar gaan ons! Ek
wou eintlik die opinie oor "pagan" as geloof weet. Ek stem natuurlik
nie met jou saam nie. Alhoewel daar nie 'n geloof soos pagan is nie,
is dit onderverdeel in soos bv. wicca, ens. Pagans, soos ek verneem is
ook nie ongelowiges nie, maar glo net dat die hele natuur hul kerk is
en in 'n hoër oppermagtige skepper, ens.
|
|
|
|
|
|
|
Re: pagans [boodskap #105979 is 'n antwoord op boodskap #105961] |
Mon, 19 September 2005 09:22   |
Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232 Geregistreer: May 2006
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Sun, 18 Sep 2005 12:02:56 -0400, Katryn wrote:
Sou mens "religion" as godsdiens
> vertaal, eerder as "geloof"?
Ek so so sê. Geloof is faith, wat iets anders is.
Have faith in yourself. Glo in jouself.
Faith/geloof is iets van die kop, sou ek argumenteer. En dan dat
godsdiend iets van organisasie is, met ander woorde hoe jy jou geloof
in die samelewing organiseer en uitdruk - of nie.
> Ja, toe ek 'n kind was het ek vas geglo aan Kersvader en die
> tandmuis/feetjie, o.a. Ek het ook geglo dat as ek diep genoeg grawe
> en tonnel, sal ek in China uitkom.
As jy aan die ander kant is en jou tonnel is reguit, sal jy - gegee \
paar praktiese probleme.
Terloops, wat is die verskil in Afrikaans tussen "faith" en
"belief"?
Kan dieselfde ding wees. I have faith in myself. I have self belief.
- Ek glo in myself. Ek het geloof in myself. Albei woorde ( in die
nouer betekenis) vertaal (sover ek kan sien) na glo/geloof.
|
|
|
Re: pagans [boodskap #105981 is 'n antwoord op boodskap #105979] |
Tue, 20 September 2005 02:51  |
Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592 Geregistreer: October 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Ferdi Greyling skryf:
>
> Kan dieselfde ding wees. I have faith in myself. I have self belief.
> - Ek glo in myself. Ek het geloof in myself. Albei woorde ( in die
> nouer betekenis) vertaal (sover ek kan sien) na glo/geloof.
Dankie vir jou antwoord, Ferdi (ook die res van die boodskap).
Dit is werklik moeilik vir my, en wil die heeltyd sê but but...maar
sal nie, want as ek nou een ding onlangs geleer het, is dit dat my
taalgebruik en woordeskat werklik swak is.
Ai. :)
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Fri Mar 07 05:55:30 UTC 2025
|