Ek wil nou julle mense 'n groot guns vra. As ek met mense van oorsee praat
dink hulle ek praat bollie as ek se hoe dit hier gaan. Is daar miskien 'n
website wat ek hulle toe na kan verwys wat die WARE NUUS het ?
Egpaar vrees vir hul lewe toe SAPD-lid glo vuurwapen op bestuurder rig
Neil de Klerk
BETHLEHEM. - Beweringe word hier ondersoek dat 'n besope polisieman in
uniform 'n motor met 'n knopkierie toegetakel, sy vuurwapen swetsend op die
motorbestuurder gerig en toe die man en sy vrou na hul huis agtervolg het.
Die onderonsie is glo daar met vuurwapens omhoog voortgesit.
Die stopstraat-bakleiery het glo voor talle omstanders in die sakekern
plaasgevind.
Dit het na bewering so erg geraak dat mnr. Rudi van Rensburg (41) se vrou
in doodsvrees uit hul motor gespring en weggehardloop het.
Insp. Santjie Pieters, polisiewoordvoerder, het gister by navraag gesê
klagte van rig van 'n vuurwapen, bestuur onder die invloed van drank en
saakbeskadiging word teen die polisieman ondersoek.
Hy het egter op sy beurt ook klagte van roekelose bestuur en rig van 'n
vuurwapen teen Van Rensburg ingedien.
'n Departementele ondersoek word gedoen, terwyl die interne
ondersoekeenheid ook reeds met 'n strafregtelike ondersoek begin het.
Van Rensburg, 'n tegnikus in die dorp, het die voorval as 'n rassistiese
aanval bestempel: "Hy het geskree ek is 'n f . . . n wit hond."
Van Rensburg sê hy het Saterdag by 'n stopteken in die sakekern stilgehou
en net weer weggetrek toe 'n polisievoertuig, wat nie by die stopteken
stilgehou het nie, voor hom ingery het.
Hy het die toeter gedruk, waarop die polisieman op sy beurt sy vuis gewys
het.
Nadat albei stilgehou het, het die polisieman uit die bakkie gespring en
sy motor drie keer met 'n knopkierie geslaan: "Hy het geskreeu hy gaan my
doodslaan en met die skerp kant van die kierie na my gesteek."
Hy sê die polisieman, wat skynbaar onder die invloed van drank was, het
sy pistool uitgepluk en dit gespan.
Hy het "waggelend" nadergekom en die vuurwapen gerig.
"My vrou, Susan, het uitgespring en weggehardloop. Ek het gedink die
skoot gaan enige tyd klap en weggejaag toe ek sien dinge ruk hand-uit."
Van Rensburg sê nadat hy sy vrou opgespoor het, het hulle op pad na hul
woonstel gesien die polisiebakkie kom agter hulle aangejaag.
Hy het sy eie vuurwapen in die woonstel gaan haal en dit gereed gehou.
Die polisieman het weer sy vuurwapen op hom gerig en gesê hy gaan hom kom
doodskiet voordat hy en kollegas daar weg is.
"My vrou is gespanne. Sy is bang vir wraak. Ek glo my lewe is in gevaar.
Ek dra my vuurwapen by my totdat die man agter tralies is."
Dir. Peter Moloi van die polisie se Oos-Vrystaatse hoofkwartier sê die
saak word deeglik ondersoek. Niemand is in hegtenis geneem nie. Die
polisieman se kant van die saak moet nog gehoor word, maar as hy skuldig is,
sal streng teen hom opgetree word.
Die Kommissaris van die SAP, Slackie Jelebe het pas
aangekondig dat alle polisie honde se tande getrek gaan word. Elke
polisieman wat 'n hond het, sal met 'n aktetas uitgereik word met 'n
volledige stel verskillende tande. Die stelle tande sal ook behoorlik
gemerk wees en sal die volgende hoof katagoriee insluit.
Tande vir Onwettige Immigrante;
Tande vir Oefening op Onwettige Immigrante;
Tande vir Petty Cases;
Tande vir Swart Oortreders van Ernstige Misdade;
Tande vir Algemene Doeleindes, soos eet van blokkies
hondekos ens;
Geen tande sal verskaf word vir die kou van 'n been
nie, aangesien daar nie hierdie jaar daarvoor begroot is nie, en sal die
honde dus maar net aan die bene moet kaalbek suig.
Daar word tans tenders ingewag vir die verskaffing
vir die stelle tande. Enige verdere voorstelle van tipes tande word
ingewag. Die publiek word gewaarsku om intussen polisiehonde wat nog nie
met die stel nuwe tande toegerus is, te vermy. Verdere navrae kan gerig
word aan Senior Sup Knersus by polisie hoofkantoor, Pretoria.
Eensaam, ... vervelig. -Nee, daar is jy vêr verkeerd.
Is jy Trots op daardie 'Dom-Algemene' prentjie van
hierdie siek samelewing, soos hier onder beskryf ?
Miskien is dit ook vir jou lekker om daar in te pas.
[Ek hoop nie so nie].
Indien wel ; Geniet dit dan ook ten volle terwyl jy
nog kan.
Dis net jammer dat baie sg. Boere ['Christen'] Afrikaners
baie Liewer is vir hulle Sport, TV, Geld en ander materialis-
tiese afgode, as vir hulle God. Hulle plaas eerder hulle
vertroue in die Materiële as in God. God is ook heel laaste
op hulle lys van Prioriteite. Hulle 'Plesiere' van die Lewe die
kom duidelik heel eerste, terwyl hulle kerke hulle lekker aan
die neuse rondlei, en ter-selfde-tyd ook hulle gewetes vir hulle
sus. Hulle eie Bybels die ken hulle Nie eers nie ! Maar vir die
kerke dié Glo hulle !
Aan sulke mense sê ek nou :
Moenie my woorde vergeet wanneer God julle met skielike
Trauma wakker skud in die middel van die donker nag nie.
Hy sal sy Volk wat van Hom vergeet het straf en wakker ruk.
Moenie kla wanneer jou familie aangeval en uitgemoor word nie.
Moenie kla wanneer die dood skielik tref nie.
Moenie kla wanneer jou lewe uitmekaar val nie.
Moenie kla oor die verdrukking in jou eie geboorteland nie.
Moenie kla wanneer jou materialistiese afgode onder jou
weggeruk word in tye van benoudheid nie.
krokkie skryf in boodskap news:3a238f93$0$238@hades.is.co.za...
> Dan is jy maar seker 'n baie eensame en vervelige mens.
> Klink soos 'n ander "perd" wat saam met my "gegraft" het. Het het 'n
> "backup" 'n
> "magneet-band rugsteun" genoem. Wat 'n drol was hy nie. Pynlik deur-die-kak.
>
> ------------------------------------------------------------ -----
>>> Ek pas net nie in daardie oorwegende 'dom-algemene'
>>> prentjie van Boepens, Bier ("Syp"), Braaivleis, Rugby,
>>> Krieket, Karre, "Tee-Vee"(M-Net), Hoere, Meide, Dobbel,
>>> "Kerklike-Socials" en Dom Byname soos "Pote" , "Faffa"
>>> "Manne" , "Vleis" , "Balie" , "Bielie" , ens. in nie.
>
>>> Nou trap ek sekerlik op 'n groot ['common'] meerderheid se
>>> 'sensitiewe' (vuil) tone. - En kyk (gaap) hoe min pla dit my.
>
>>> ----------------------------------------------------------
>>> E Bessinger wrote in message
>>> news:3a1e5a3b.0@news1.mweb.co.za...
>>>>
>>>> So, dis net 'n bewys dat met deurmekaar vleg van families die saak baie
>>>> mooilik raak. Oppas dat jou woorde nie teen jou draai nie. Kry 'n goeie
>>>> genealoog om 'n bietjie jou familie na e vors. Hulle kos maar so R50 'n
>>>> uur. Die staatsagriewe lewer partkeer intresante mengsels op.
>>>>
>>>> Ernest.
>>>>
>>>> "Blommetjie" wrote in message
>>>> news:3a1d4e7c$0$235@hades.is.co.za...
>>>> > Hier kom dit nou weer mooi na vore hoe daar altyd 'n klomp
>>>> > "slegte witmense" (Goddelose) onder ons sit, wat altyd "meid
>>>> > wil naai" en basters wil voortbring. - Hoe 'Edel'. Ha Ha !
Jy sê dat ek nie my Bybel ken nie. Wel ek is
darem bereid om my Bybel te lees om sodoende die
kennis op te doen wat ek kortkom. Ek het ten
minste 'n paar Bybels wat ek kan raadpleeg.
Verder het ek ook 'n Strongs waarin ek die woorde
in die oorspronklike Hebreeus en Grieks kan
naslaan om te sien wat regtig daar geskryf staan.
Op grond hiervan wil ek nou vir jou demonstreer
hoe jy die Bybel misbruik om jou misplaasde
vooroordele te probeer regverdig.
Eerstens probeer jy met alle geweld 'incest' in
Adam se geslag regverdig. Maar daar is geen
Bybelse gronde voor nie. Al het Adam seuns en
dogters gehad staan daar nie dat hulle met mekaar
getrou het nie. En die stelling dat hul gene nog
redelik volmaak was (wat dit ookal in
wetenskaplike terme sou beteken) is ongegrond.
Jy probeer verder Abraham se huwelik inbring as
getuie vir jou saak. Maar die feit dat Abraham
met 'n half suster getroud was beteken nie dat die
vir God reg was nie. Die Bybels is baie duidelik
daaroor dat Abraham op grond van sy geloof gered
is en nie op grond van wetsonderhouyding nie.
Verder haal jy 'n klomp versies aan. Wel om te
begin haal jy Mal 2:15 uit verband uit aan. As jy
die deel mooi lees sal jy sien dit handel eintlik
oor die huwelik en verwys na Gen 2:24.
Dan haal jy onder andere 1 Pet 2:9 aan waarin van
die uitverkore geslag gepraat het. Jy noem dat
die geslag ('genos' Strongs 1085) na ras verwys.
Dan haal jy ander versies aan waarin die woord
geslag gebruik word. Maar in hierdie gevalle is
die woord in die oorspronklike Grieks 'genea'
(Strongs 1074) en dit beteken generasie of
ouderdomsgroep soos dit inderdaad in die vertaling
verskyn en deur meeste Christene geinterpreteer
word. Iemand het jou hier mislei.
Baie van die versies wat jy aanhaal hou direk
verband met jou argument nie, en kan gesien word
dat dit vir alle mense op aarde geld.
Kom ons kyk nou bietjie wat die Bybel ook nog sê:
Met jesus se Helem vaar gee hy die volgende opdrag
aan sy dissipels:
Matt 28:19 "Gaan dan na al die nasies toe en maak
die mense my dissipels..."
Daar staan "al die nasies" en nie "al die nasies
behalwe die swartes nie."
In die ou testamentiese tyd het God vir hom 'n
spesifieke volk uitgesoek wat hy gelei en geleer
het, maar met jesus se koms word hierdie genade
van God aan alle nasies geskenk. Hierdie
ontdekking word deur Petrus in Handelinge
gemaak en duidelik beskryf:
Hand 10:34 "... Waarlik, ek begryp nou eers dat
God nie onderskeid maak nie, maar uit enige volk
die mense aanneemwat Hom vereer en doen wat reg
is."
Jy kritiseer my as ek sê mens moet versigtig wees
om alles in die Bybel letterlik op te neem. Wel
nooi jou van harte uit om hierdie dele van die
Bybel letterlik op te neem en daarvolgens te lewe.
Paulus sê dat die liefde die volle uitvoering van
die wet is. Die Christelike beginsel is liefde.
Dis deur jou liefde vir jou medemens dat jou toon
of jy in God glo. Alle mense op aarde, alle volke
word ingesluit by jou medemens.
Die media het die afgelope tyd bossies gegaan oor drie onwettige immigrante
wat deur honde aangeval en gebyt is. Al drie lewe nog en is nog in die land.
Daarteenoor is al 900 boere in die ses jaar van die nuwe bedeling op plase
vermoor. Dit is 1 moord elke derde dag vir ses jaar! Wanneer 'n Cosatu optog
deur die strate van Johannesburg loop met "Maak die Boere dood!" in swart
taal op baniere geskryf, word hulle nie eers oor die vingers getik nie.
In die oostelike voorstede van Pretoria sak vyf swartes 'n huis in. Die pa
word met draad vasgebind terwyl die ma uit die bad sitkamer toe gesleep word
en aangerand word. 'n Veertienjarige dogter word na die badkamer gesleep
waar die vyf beurte maak.
Niemand is nog aangekeer nie.
Ek sou nog die media kon ernstig opneem as daar 'n vlaag van simpatie en
meegevoel oor hulle gespoel het vir die Afrikaners wat daagliks met hulle
fisiese en geestelike lewens moet boet sodat ons veilig kan TV kyk.
Sien SUID AFRIKAANSE GESLAGSREGISTERS NOMMER 2 bladsy 412/413
Die Gelderblomme kom van Gorinchem in Nederland.
Thomas Isaak G trou Swellendam 1793 Catharina Maria Sweeden, dgt van
Helena van de Kaap (AH !)
Patrick
In article , E Bessinger
wrote:
> As ek vinnig kyk na die families van tot en by die 1800 dan is daar nog
> nie Gelderblom wat uitstaan nie. So, dit is nog bekend as 'n Afrikaaner
> famile van ouds nie. Of die familie nou hier was (en moontlik as matroos
> gedros het) dis mooilik om te sê tensy in diepte ingegaan word op die
> saak. Maar, miskien is dit een van die families wat hulle families baie
> ver kan navors (tot so met die die tweede wêreld oorlog. Ek het tog nie
> tyd daarvoor nie.
>
> "Sue" wrote in message
> news:MPG.1489d1d63755c197989797@news...
>
>> Ernest, is jy lus om vir ons die Gelderblom familie hier op die nuusgroep
>> vir ons uit te pluis?
>
Ek's regtig so bevoorreg om in 'n eerste wêreldland te kan bly, dat ek graag
my ervaringe hier in Vancouver, Kanada met julle wil deel. Ons stad is
maklik een van die mooiste stede in die wêreld...veral as 'n mens op 'n
wolkelose dag, in die winter, vir die eerste keer in Vancouver land...is
die sneeu op die berge, so ver as wat jy kan sien, voorwaar 'n pragtige
gesig. Die Amerikaanse grens is so 40 minute se ry van die middestad af en
Seattle is net meer as 2 ure se ry suid van Vancouver.
Ek sal graag hier wil oud word. Die mense leef lank, want dis 'n goeie,
rustige kwaliteitlewe en dit maak die Groot Trek hierheen beslis die moeite
werd. Ek ervaar hier baie minder stres as in SA. Die mense is uiters
beskaafd, beleefd, baie vriendelik, vreeslik verdraagsaam, hulpvaardig en
net plein 'nice' om mee saam te leef. Hier voel ek waarlik vry, ek kan
laataand, vrou alleen, ver gaan stap sonder om een keer om te kyk. Amper
niks bedreig my lewe, my eiendom of my privaatheid hier nie.
As jy 'n huis/meenthuis/woonstel hier koop of huur dan kry jy gewoonlik die
5 elektriese masjiene saam met die huis, maw jy trek nie hier rond met jou
skottelgoedwasser, yskas, stoof, wasmasjien en droër nie. Hier is ook geen
TV antennes op die dakke nie, die "cable" soos ons dit ken, is maklik....as
jy intrek, prop jy net jou TV in die muur in en die beeld is dadelik 100 %
reg. Jy maak een oproep en nog dieselfde dag is jou TV konneksie lewendig.
Ons betaal vir die aantal kanale, hier is meer as 60 om van te kies....maw
meer kanale, meer geld per maand, 'n baie regverdige stelsel. Ook as jy
aansoek doen vir 'n telefoon .... dis net een oproep en nog dieselfde dag
het jy 'n lewendige lyn en 'n nommer. Alle plaaslike oproepe is gratis en
hier is 'n keuse tussen ten minste 4 langafstand
telefoondiensverskaffers.....dis net so maklik om hier te woon. Die
"stelsel" werk en diensverskaffing is 'n prioriteit.
Alle huise het 'n 'furnace' ... 'n wonderlike sentrale verhittingstelsel wat
warm lug deur 'n gaatjie in die vloer in elke vertrek inblaas .... dan moet
al die vensters natuurlik toe wees ... heelwat van die warmwatersilinders en
'furnaces' werk op natuurlike aardgas.
Ons het dadelik die Kanadese gewoonte aangeleer om ons skoene by die
voordeur uit te trek en in die kas by die voordeur te bêre. Alle warm klere
soos jasse, serpe en handskoene word ook daar opgehang. Ook gaste wat kom
kuier trek hul skoene in die voorportaal uit en dan loop almal op hulle
sokkies in die huis. Die gewoonte kom oorspronklik van die sneeuprovinsies
af ..... as jy met sneeu aan jou skoene, in 'n warm verhitte huis loop, dan
smelt die sneeu en los orals sulke klein waterplassies en omrede die huise
lekker warm binne is, is dit net natuurlik om jou warm jas, ens uit te trek
sodra jy binneshuis is.
Ons is baie gelukkig hier en hoor gereeld Afrikaans op straat en in die
winkels....hier is letterlik duisende Suid Afrikaners, sommige meen hier is
al meer as 30 000, en soveel van hulle kan nie verkeerd wees nie !
Julle is baie welkom om my te vonkpos met navrae of sommer net om te gesels
g...@attcanada.net