Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Die Kaap is Nat

Sa., 21 Julie 2001 06:01

So nat - volgens die nuus - die natste hierdie maand tot dusver sedert 1961.
En so nat, dat die voorwedstryde van die toets vandag nie op Nuweland
gespeel gaan word nie, maar op die Goodwoodse Skougronde.
Nou - my brein is so nat - dat ek om de dood nie kan dink waar is die
rugbyvelde van die Goodwoodse skougronde nie - want laas toe ek daar was -
so 2 weke gelede - was die terrein waar die Goodwoodse Skougronde was, en
die inryteater langsaan - een groot casino kompleks.
Gaan die toeskouers eers na die voorwedstryde by die Skougronde kyk, en dan
terugjaag Nuweland toe?
Glo nie.
Daan die spelers wat in die voorwedstryde speel, en op Nuweland sou gebly
het om na die toets te kyk gratis kaartjies gegee word om in te kom by
Nuweland?
Wat is die doel van 'n voorwedstryd as dit nie voor die groot wedstryd- op
dieselfde grond- gespeel word nie?
Hier word nou 'n presedent geskep:)))
Nou kan ons sommer hier in die Kaap die voorwedstryde speel vir die toetse
en provinsiale wedstryde in ander provinsies en lande:))
Annette

Koeitjies & kalfies | 10 kommentare

Re: 17 JULIE

Sa., 21 Julie 2001 02:13

Frikkie - Wat het Delvillebos met die boere te doen?

"Frikkie Potgieter" skryf in boodskap news:9jbk5s$joc$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> 17 JULIE
>
> 1828 - Afskaffing van Hottentotwetgewing. Sir Richard Bourke het die
> Hottentotwetgewing afgeskaf. Daarvolgens mag geen vrye
> bewoner van die Kaapkolonie op grond van kleur in sy
> bewegingsvryheid, woonreg, lewenswyse of werk beperk of tot
> arbeid gedwing word nie, en het vrye gekleurdes die reg verkry
> om grond te besit. Onder andere het dit bygedra tot die
> Afrikaners
> se ontevredenheid met die Britse regering en dat baie van hulle
> met die Groot Trek die Kaapkolonie verlaat het.
> 1916 - Slag by Delvillebos. Die slag het ses dae en vyf nagte geduur,
> vanaf 15 tot 20 Julie, maar dit was die nag van 17 en 18 Julie
> wat
> die Suid-Afrikaanse Brigade onder bevel van genl.-maj. H.T.
> Lukin
> die hardste getref het. Op 15 Julie het die Suid-Afrikaners die
> bevel gekry om Delvillebos tot elke prys teen die vyand, die
> United
> Kingdom Brigade, te beskerm. Op 20 Julie het slegs 3 offisiere
> en
> 140 man uit Delvillebos teruggekeer. Van die oorspronklike 3 433
> mense het minder as 750 oorgebly
> 1932 - Boere Genl. C.J. Brits oorlede.
> 1950 - Wet op die onderdrukking van Kommunisme gepubliseer.
> Hiervolgens is die Kommunistiese Party van Suid-Afrika tot
> onwettige organisasie verklaar. Die Regering het nou die mag
> gehad om publikasies en openbare byeenkomste te verbied sowel
> as die uiteensetting van ongewenste elemente uit die land.
>

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Australiese Studente-Unie Tuisblad

Vr., 20 Julie 2001 05:01

http://www.students.org.au/Afrikaans

Die Australiese Studente-unie (A.U.S.) is in 1993 gestig deur studente
wat bekommerd was oor die knoeiery met studenteraadverkiesings by
leidende Australiese universiteite. Dit het duidelik geword dat die
enigste manier waarop die hoofstroom studente beheer kon kry van 'n
studentevereniging was om self 'n vereniging te stig. Hulle het
aansoek gedoen om die Australiese Studente-unie te laat registreer as
'n vakbond.

Een van die hooffunksies van die A.U.S. is om hom te beywer vir beter
vergoeding en toestande vir studente. Die Unie het byvoorbeeld 'n
skriftelike voorlegging aan die Howard regering se "West Komitee" vir
Hoër-onderwysbefondsing gemaak. In die voorlegging is daar aangevoer
dat tudie noodsaaklik vir die ekonomie is, dit soos enige ander vorm
van werk behandel moes word en dat studente betaal behoort te word. 'n
Sterk saak is daarvoor uitgemaak dat alle universiteitskursusse
gestruktureer moes word as vakleerlingskappe, om die reuse vermorsing
van belastingbetalers se geld stop te sit met die aanbieding van
kursusse wat geen doel dien nie. Die Unie het ook 'n sterk saak
uitgemaak dat 'n twaalf weke betaalde oorsese reis deel van die
studente se kursusse moet uitmaak.

Die Australiese Studente-unie word nie beperk deur die
verteenwoordiging van universiteitstudente nie, maar verteenwoordig
ook studente en Jaar 10, Jaar 11 en Jaar 12 skoolleerlinge. Studente
kan by technikon die Australiese Studente-unie aansluit deur 'n
lidmaatskapvorm op die World Wide Web te voltooi. Die Unie beplan om
uiteindelik 'n tak by elke Australiese hoërskool, universiteit and
technikon te hê. 'n Tak van die A.U.S. sal dan dienste soos kafeterias
beheer en al die sport organiseer. Hierdie aspek van die Unie se
aktiwiteite sal moet wag totdat hulle meer fondse ontvang.

Die ander funksie van die Unie is om inligting aan studente beskikbaar
te stel om hulle te help om hulle politiese en sosiale sienings te
vorm. Studente kom universiteit toe met oop gemoed, en hoop dat daar
mense daar is wat beter ingelig is as hulle ouers en skoolonderwysers.
Hulle verwagtings word teleurgestel as daar aan hulle gesê word dat
kommunisme en gay regte die antwoorde is. Die A.U.S. is een van die
min studenteverenigings in Australië wie se konstitusie hom weerhou om
gay regte, of sê maar bed natmaak of enige ander "slegte gewoonte", te

bevorder.

Een van die sake wat die A.U.S. bevorder is genetiese manipulasie. Toe
die meeste van ons gebore is en iemand kanker gekry het, het die
persoon waarskynlik daaraan gesterf. Vanweë mediese navorsing is dit
nou moontlik dat mense wat kanker het waarskynlik sal oorleef. 'n
Soortgelyke voorbeeld is dat ons kan verwag om vir nog 60 jaar te
leef. As gevolg van genetiese manipulasie gaan ons lewensverwagting
met nog 70 jaar verhoog, voordat hierdie 60 jaar verby is! Dit is
waarom ons wil hê dat regerings in welgestelde lande 10% van die Bruto
Binnelandse Produk aan mediese navorsing moet afstaan.

Nog 'n saak wat die Unie voorstaan, is die uitwissing van "politieke
korrektheid". Dit is 'n stel politieke beleide wat deur verskeie
rukgroepe wat die Katolieke Kerk saamgestel het, bevorder word. Die
Katolieke Kerk maar daarop aanspraak dat hulle Protestante waardes
ondersteun, naamlik dat hulle gekant is teen aborsie en gay regte,
maar baie myle lê tussen doen en sê. Op die Unie se bladsy oor die
Katolieke Kerk word die getuienis oorweeg dat die Katolieke Kerk agter
"politieke korrektheid" sit.

Die meeste mense beskou die Katolieke Kerk as soortgelyk aan die
Anglikaanse Kerk of die Verenigde Kerk. Wat die Katolieke Kerk
verskillend maak is die sillabus by die Katolieke skole. Volgens
regeringstatistiek woon een uit vyf Australiese skoolkinders 'n
Katolieke skool by. By hierdie skole word kinders geleer om ander
opinies as die hoofstroom Australiër te hê.

Deur sy skole het die Katolieke Kerk 'n sosiale probleem soortgelyk
aan Fidji geskep. In Fidji is die helfte van die bevolking Fidjiaans
en die ander helfte is Indies. In Australië is twee derdes van die
bevolking hoofstroom en een derde is Katoliek. Waar Australië van
Fidji verskil, is dat Fidjiane en Indiërs soortgelyke waardes het,
terwyl die hoofstroom Australiërs en Katolieke onversoenbare waardes
het.

Op 'n tydstip was daar skaars enige Katolieke in die Liberale and
Nasionale Party. Mense wat die Katolieke waardes voorstaan, het vir
die Arbeidsparty gestem en mense wat die tradisionele waardes
voorstaan, het vir die Liberale of Nasionale Party gestem. Toe het van
die Katolieke gesê dat hulle tradisionele waardes ondersteun en hulle
het by die Liberale en Nasionale partye aangesluit. Toe hulle eers by
die Liberale en Nasionale partye aangesluit het, het hulle beheer
verkry oor die sleutelposisies en die beleide van die twee partye
verander om die Katolieke waardes te ondersteun. As mense nou vir die
Arbeidsparty stem, kry hulle "politiese korrektheid" en as hulle vir
die Liberale en Nasionale partye stem, kry hulle ook "politieke
korrektheid".

Die Katolieke het verder beweer dat hulle teen die gebeure in
Noord-Ierland gekant was. Waarop hulle "politiek korrekte" beleide
neerkom, is egter "etniese suiwering" van die hoofstroomkultuur.
Werkloosheid is byvoorbeeld nie toevallig nie, maar 'n daadwerklike
poging om rykdom na derde wêreld lande te herverdeel. Die Katolieke is
besig om lande soos Australië, die VSA en Brittanje te plunder op
dieselfde manier as wat die Sowjet Unie Oos-Europese lande geplunder
het. Australië se rykdom behoort aan die hoofstroom Australiërs en
behoort nie aan die Katolieke Kerk om aan die Timorese of die
Aborigines te herverdeel nie.

Toe Frankryk in die Tweede Weldoorlog deur die Duitsers beset is, was
die Franse bevolking ten gunste van die Duitse besetting. Die Franse
media is beheer deur die Duitsers en hulle het die Franse laat glo dat
die besetting permanent, onvermydelik en selfs 'n goeie ding was. Net
'n handjievol mense het die Franse Weerstandsbeweging ondersteun. Op
'n soortgelyke manier het Katolieke mediamagnate soos Murdoch en
Packer leuens soos "91% van Australiërs wil 'n republiek hê" verkondig
en die indruk geskep dat "politieke korrektheid" onafwendbaar is. In
werklikheid is Australië onder verdrukkende besetting deur die
Katolieke minderheid.

Die Australiese Studente-unie het begin deur die situasie teen te
staan waar studenteverenigings beheer word deur Katolieke studente wat

kommunisme en gay regte ondersteun. Die Unie het sedertdien 'n
weerstandsbeweging geword teen die Katolieke regime. Op die Unie se
bladsy oor die weerstandsbeweging word stappe genoem wat Australiërs
kan volg om die Katolieke te ontsetel, soos om politici wat Katolieke
skole bygewoon het te boikot, ongeag hoe ultra-konserwatief hulle
klink.

Die A.U.S. is nie net 'n negatiewe beweging wat die Katolieke beleid
soos gevangenes se regte, gay regte, diereregte, vroueregte,
kinderregte, Aboriginie regte en ander beweerde regte teenstaan nie.
Die Unie het ook 'n positiewe politieke program. Die Unie verwerp
Katolieke idees van burgerlike vryheid en demokrasie, wat deur die
mediamagnate uitgebeeld word as die basis van die westerse beskawing.
In werklikheid het die meeste mense nie in burgerlike vryheid en
demokrasie geglo voor die 1960's nie. Australië was nog altyd 'n
oligargiese land. Die Liberale Party is beheer deur 'n oligargie,
besighede is bestuur as oligargie of diktature en families is bestuur
as oligargie. Die Katolieke glo nie eers self in demokrasie nie,
aangesien hulle daarteen gekant is om 'n referendum te hou oor die
doodstraf of gay regte. Hulle staan demokrasie deur die wêreld voor om
situasies soos die een in Australië te skep, waar watter party ook al
verkies word, dit deur Katolieke bestuur word.

Die Unie se bladsy oor oligargie kyk ook waarom oligargie 'n beter
regeringstelsel as demokrasie is en hoe oligargie werk. 'n Oligargie
moet 'n regerende elite, bestaande uit ongeveer 1 uit elke 400 mense
hê. In Australië sal dit beteken at 45,000 mense die land regeer, wat
kwalik 'n diktatorskap is. Die Unie neem die voorbeeld van die
Republiek van Venesië, die suksesvolste regering in wêreldgeskiedenis
en die plek waar vrymesselary ontstaan het. Die politieke party bladsy
toon aan hoe Australië tot 'n oligargie kan vorder deur die verdrywing
van Katolieke insypelaars deur die Liberale en Nasionale Party.

Benewens die feit dat die Australiese Studente-unie genetiese
manipulasie voorstaan en "politieke korrektheid" teenstaan, staan die
Australiese Studente-unie Christenskap voor, maar 'n heel ander
siening van Christelikheid as wat die Anglikaanse Kerk en die
Verenigende Kerk voorstaan. Hierdie kerke beklemtoon "draai die ander
wang" en "hoe om goeie verloorders te wees". Op die bladsy wat handel
oor Christelikheid is daar 'n bespreking of God bestaan, of die
Christendom 'n bygeloof of swendelary is en of daar enige grondslag is
vir een van die Christendom se uitgangspunte dat dooies opgewek kan
word.

Op die bladsy oor die Ortodokse Kerk verduidelik die Unie waarom die
enigste aanneemlike kerk die Ortodokse Kerk is en hoe Australië 'n
ortodokse land kan word. Die Unie stel voor dat die Australiese
regering al die kerke, insluitend die Katolieke Kerk amalgameer om die
Ortodokse Kerk te vorm. Die Ortodokse Kerk sal dan al die seremonies
van die Anglikaanse Kerk en die teologiese leëringe van die Griekse
Ortodokse Kerk hê. Dit sal die enigste kerk wees wat toegelaat word in
Australië. Die ander ou gelowe soos Islam, Hindusme en Boeddhisme sal
toegelaat word. Ander gelowe soos Falun Gong en Scientology sal verban
word soos in baie ander lande.

Bogenoemde bladsye handel oor wat die Vereniging as 'n geheel behoort
te doen. Die A.U.S. bladsy met advies handel oor wat studente as
individue behoort te doen om te verseker dat hulle gelukkig en
voorspoedig is op universiteit. Die doel is om mense te waarsku teen
sekere slaggate sodat hulle dit kan vermy. Die raad is om by
tradisionele waardes te bly, selfs al is die redes vir die waardes nie
ooglopend nie en om 'n getuigskrif of stukkie papier te kry wat jou
toelaat om 'n werk te kry voordat jy met jou lewe doen wat jy graag
wil.

Vertaal deur Lynette Posthumus, Kopiereg © 2001 deur
Australiese Studente-Unie.

http://www.students.org.au/Afrikaans

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

"Die Berge" deur Dingus

Vr., 20 Julie 2001 03:54

Die blou berge...
Die heerlike donderstorms,
Soos 'n os wat vil loop
Ja, die Berge.

Die Jare verskyn
en ek verloor my kop,
maar die Berge,
die heerlike blou berge.

Die liefde is vol wat?
Die water is groen,
..maar ek sweer,
Die Berge is blou.

Stowwerige somer aande,
soos 'n krok in die wind,
.. en daar staan die Berge,
die heerlike Berge.

Dingus.

Prosa & poësie | 0 kommentare

Hot male dot com

Do., 19 Julie 2001 16:10

Gloudina : Neem nou maar vir Wouter Plaasvark. Sy eposadres sê @
hotmail.com.  Nou daar sê dit duidelik vir my dat hy 'n hot male is en dat
hy vir my sê kom. Ek probeer nog uitreken hoe ek die uitnodiging gaan
aanneem

Wouter: RODVELSNE!!!!!
(Rol op die vloer en lag soos 'n eend)

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Re: Fatalisme -

Do., 19 Julie 2001 12:16

Danielle, ek is oop vir oortuiging - of miskien is al te lank 'n Capie:))
Elk geval - wat ek wou sê - soos jy dink - beteken dit as ek stout genoeg is
gaan ek langer leef of "erger" doodgaan?:))
Annette

Danielle skryf in boodskap news:turcltgdghau2i1no3acs6trfgqk00epip@4ax.com...
> On Wed, 18 Jul 2001 20:57:57 +0200, "Annette"
> wrote:
>
>> Ek het miskien 'n heeltemal verkeerde mening, maar dit is myne - dit maak
>> nie saak watter draaie en swaaie jy maak nie -maar die dag van jou geboorte
>> is al reeds bepaal hoe en wanneer jy sal doodgaan.
>> Dus, dit maak nie saak waar jou vriend Bossie was nie, hy sou nog steeds op
>> die dag op die manier gesterf het.
>
> Meeste mense, asook die ou Griekse filosowe, en veral Muslims,
> Boediste, Hindu's, Krishna's ens ens...sal almal met jou saamstem :-)
>
> "Que sera, sera,
> Whatever will be, will be
> The future's not ours to see
> Que sera, sera,
> What will be, will be."
>
> Onthou jy nog daardie liedjie? :-)
>
> Elkgeval, ek dink jou mening is verkeerd, en dat dit WEL saak maak
> watter draaie en swaaie jy maak. Vir elke aksie is daar 'n reaksie....
> Maar dis nou MY mening...:-))
>

Koeitjies & kalfies | 55 kommentare

Knoopsgat en knoopspinnekop -- nuwe adresse

Do., 19 Julie 2001 09:49

Leuce:

Die twee webwerwe Knoopsgat en Knoopspinnekop het nuwe name en nuwe
webadresse gekry. Die Afrikaanse Knoopsgat is 'n algemene skakellys wat in
kategorieë verdeel is. Die Knoopspinnekop werftoekenning is 'n award wat
aan werwe met literêre inhoud gegee word.

Die Knoopsgat staan nou as die Stuurwiel bekend (moenie lag nie), en is te
kry by http://www.oocities.org/stuurmy/.

Die Knoopspinnekop staan nou as Zwarte Weduwee bekend (die "z" vir die
grap"), en is by http://www.oocities.org/weduwee/ te kry.

Groete, en lekkerbly.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Die waarheid

Do., 19 Julie 2001 07:19

An Israeli doctor said:

"Medicine in my country is so advanced,we can take a kidney

out of one person, put it in another, and have him looking for work in six

weeks."

A German doctor said:

"That's nothing! In Germany, we can take a lung out of one

person, put it into another, and have him looking for work in four weeks."

A Russian doctor said:

"In my country medicine is so advanced,we can take half a

heart from one person, put it in another, and have them both looking for

work in two weeks".

The South African doctor, not to be outdone, said:

"Hah, that's nothing!!! We can take an asshole out of

Soweto, put it in Parliment and half the country will be looking for work

the next day!!!

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Re: Fatalisme - Que sera sera...

Do., 19 Julie 2001 06:58

Que Sera Sera is toevallig een van my gunstelingliedjies.
Annette

Danielle skryf in boodskap news:turcltgdghau2i1no3acs6trfgqk00epip@4ax.com...
> On Wed, 18 Jul 2001 20:57:57 +0200, "Annette"
> wrote:
>
>> Ek het miskien 'n heeltemal verkeerde mening, maar dit is myne - dit maak
>> nie saak watter draaie en swaaie jy maak nie -maar die dag van jou geboorte
>> is al reeds bepaal hoe en wanneer jy sal doodgaan.
>> Dus, dit maak nie saak waar jou vriend Bossie was nie, hy sou nog steeds op
>> die dag op die manier gesterf het.
>
> Meeste mense, asook die ou Griekse filosowe, en veral Muslims,
> Boediste, Hindu's, Krishna's ens ens...sal almal met jou saamstem :-)
>
> "Que sera, sera,
> Whatever will be, will be
> The future's not ours to see
> Que sera, sera,
> What will be, will be."
>
> Onthou jy nog daardie liedjie? :-)
>
> Elkgeval, ek dink jou mening is verkeerd, en dat dit WEL saak maak
> watter draaie en swaaie jy maak. Vir elke aksie is daar 'n reaksie....
> Maar dis nou MY mening...:-))
>

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Nog 'n ou wit omie grappie

Do., 19 Julie 2001 05:43

Two elderly ladies are sitting on the front porch, doing nothing.

One lady turns and asks, "Do you still get horny?"

The other replies, "Oh sure I do."

The first old lady asks, "What do you do about it?"

The second old lady replies, "I suck a lifesaver."

After a few moments, the first old lady asks, "Who drives you to the

beach ?"

Humor & grappe | 6 kommentare

Bladsye (1834): [ «    894  895  896  897  898  899  900  901  902  903  904  905  906  907  908  909    »]
Tyd nou: Di. Mrt. 10 09:47:51 UTC 2026