1966 - Die uitspraak van die Internasionale Geregshof i.v.m.
Suidwes-Afrika.
'n Belangrike baken in die stryd tussen Suid-Afrika en die
Verenigde
Volke was Ethiopi"e en Liberi"e se aanklag teen Suid-Afrika in
1960
aangaande die mandaat oor Suidwes-Afrika, die hof het uitspraak
gelewer ten gunste van S.A. Die Verenigde Volke het hom geensins
hier in berus nie, soos bewys deur die besluit om Suid-Afrika se
teenwoordigheid in die gebied onwettig te verklaar (1969), en die
opskorting van verdere samesprekings (1973). Die druk op S.A.
ten
gunste van 'n oorgawe of gehoor gee aan die eise van
revolusion^ere
magte in die gebied het toegeneem.
1828 - Afskaffing van Hottentotwetgewing. Sir Richard Bourke het die
Hottentotwetgewing afgeskaf. Daarvolgens mag geen vrye
bewoner van die Kaapkolonie op grond van kleur in sy
bewegingsvryheid, woonreg, lewenswyse of werk beperk of tot
arbeid gedwing word nie, en het vrye gekleurdes die reg verkry
om grond te besit. Onder andere het dit bygedra tot die
Afrikaners
se ontevredenheid met die Britse regering en dat baie van hulle
met die Groot Trek die Kaapkolonie verlaat het.
1916 - Slag by Delvillebos. Die slag het ses dae en vyf nagte geduur,
vanaf 15 tot 20 Julie, maar dit was die nag van 17 en 18 Julie
wat
die Suid-Afrikaanse Brigade onder bevel van genl.-maj. H.T.
Lukin
die hardste getref het. Op 15 Julie het die Suid-Afrikaners die
bevel gekry om Delvillebos tot elke prys teen die vyand, die
United
Kingdom Brigade, te beskerm. Op 20 Julie het slegs 3 offisiere
en
140 man uit Delvillebos teruggekeer. Van die oorspronklike 3 433
mense het minder as 750 oorgebly
1932 - Boere Genl. C.J. Brits oorlede.
1950 - Wet op die onderdrukking van Kommunisme gepubliseer.
Hiervolgens is die Kommunistiese Party van Suid-Afrika tot
onwettige organisasie verklaar. Die Regering het nou die mag
gehad om publikasies en openbare byeenkomste te verbied sowel
as die uiteensetting van ongewenste elemente uit die land.
1666 - Leeus het aan die eerste inwoners van die Kaap groot probleme
besorg. Om die bedreiging doeltreffend die hoof te bied , is
elkeen
wat 'n leeu platgetrek het , met 25 gulde (sowat R4.15) beloon.
1685 - Opdragte aangaande slawebehandeling is deur kommissaris Hendrik
Adriaan van Reede uitgespel.
1987 - Dakargangers na onderhandelinge met ANC verjaag op Jan Smuts
lughawe deur AWB.
1867 - Ontruiming van Schoemansdal langs die Soutpansberge
na swart onluste. Schoemansdal was die noordelikste
dorpie in die ou ZAR , gele"e langs die Soutpansberge ,
ongeveer 15 km wes van die teenswoordige Louis
Trichard. Dit is in 1848 deur Kmdt. A.H. Potgieter
aangel^e , wat ook daar oorlede en begrawe is.
Schoemansdal is in 1855 na Kmdt.-genl. S. Schoeman
vernoem en het spoedig 'n welvarende sentrum geword
vanwe"e die ivoorhandel en die handelsverbinding wat
deur Joao Albasini met Mosambiek onderhou is.
Spanninge met die omwonde swart bevolking het vanaf
die middel van die sestigerjare tot 'n uitgerekte oorlog gelei ,
wat vanwe"e 'n gebrek aan deurtastende optrede deur die
owerhede nie be"eindig kon word nie. Die Krygsraad het
op hierdie dag besluit om die dorp en distrik te ontruim.
Maandag 15 Julie 1867 is Schoemansdal deur sy inwoners
verlaat en aan vernietiging oorgegee. Na die ontruiming is
die dorp in sy geheel deur die Gamiete aan die brand gesteek
en verwoes.
1914 - Verskyning van *Ons Moedertaal* , 'n suiwer Afrikaanse
maandblad wat die Stellenbosse tak van ATK gepubliseer het.
In gister se Argus praat hulle van die Kaap se Noordkus.
Nou ek weet waar is die Weskus wat Wouter sê nie die weste is nie:)))
Maar nou het die koerant my weer aan die verdwaal, want daar waar hulle sê
is die Noordkus, noem ons nog altyd die Weskus:))
Elk geval - aan die kus noord van Kaapstad verrys daar nou glo teen 'n
ongelooflike spoed 'n stad - Blaauwberg City - die grootte van Oos London.
Nou gaan ons ons eie Grensspan hier in die Kaap kry:))
Annette
Dit sal lekker wees, dit te weet en jou kennis vergroot :-))
Ons is so lekker Bourgondies.
Maar ja wat is die Afrikaanse brekfes, baie Ingils?????
Gr.Rico
DEN HAAG - De meeste Nederlanders ontbijten met een bruine boterham met kaas
en een kop thee. Vooral doordeweeks is deze combinatie favoriet. Naast kaas
wordt een snee bruinbrood dan ook veelvuldig belegd met zoetigheid.
Vleeswaren staan op de derde plaats.
In het weekend wijkt het ontbijt echter af. Dan kiezen de Nederlanders voor
meer luxe broodjes en meer verschillende soorten beleg. Vooral op zondag
wordt meer zorg aan de ochtendmaaltijd besteed
Nee, Afrikaanse brêkvis is pap en melk! Mieliepap en melk.
Waar is de beschuit gebleven, Rico?
__________________________________________________________
"Rico" skryf in boodskap news:9jb81c$l20$1@news1.xs4all.nl...
> Dit sal lekker wees, dit te weet en jou kennis vergroot :-))
>
> Ons is so lekker Bourgondies.
>
> Maar ja wat is die Afrikaanse brekfes, baie Ingils?????
>
> Gr.Rico
>
> DEN HAAG - De meeste Nederlanders ontbijten met een bruine boterham met kaas
> en een kop thee. Vooral doordeweeks is deze combinatie favoriet. Naast kaas
> wordt een snee bruinbrood dan ook veelvuldig belegd met zoetigheid.
> Vleeswaren staan op de derde plaats.
>
> In het weekend wijkt het ontbijt echter af. Dan kiezen de Nederlanders voor
> meer luxe broodjes en meer verschillende soorten beleg. Vooral op zondag
> wordt meer zorg aan de ochtendmaaltijd besteed
>
So nat - volgens die nuus - die natste hierdie maand tot dusver sedert 1961.
En so nat, dat die voorwedstryde van die toets vandag nie op Nuweland
gespeel gaan word nie, maar op die Goodwoodse Skougronde.
Nou - my brein is so nat - dat ek om de dood nie kan dink waar is die
rugbyvelde van die Goodwoodse skougronde nie - want laas toe ek daar was -
so 2 weke gelede - was die terrein waar die Goodwoodse Skougronde was, en
die inryteater langsaan - een groot casino kompleks.
Gaan die toeskouers eers na die voorwedstryde by die Skougronde kyk, en dan
terugjaag Nuweland toe?
Glo nie.
Daan die spelers wat in die voorwedstryde speel, en op Nuweland sou gebly
het om na die toets te kyk gratis kaartjies gegee word om in te kom by
Nuweland?
Wat is die doel van 'n voorwedstryd as dit nie voor die groot wedstryd- op
dieselfde grond- gespeel word nie?
Hier word nou 'n presedent geskep:)))
Nou kan ons sommer hier in die Kaap die voorwedstryde speel vir die toetse
en provinsiale wedstryde in ander provinsies en lande:))
Annette
Frikkie - Wat het Delvillebos met die boere te doen?
"Frikkie Potgieter" skryf in boodskap news:9jbk5s$joc$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> 17 JULIE
>
> 1828 - Afskaffing van Hottentotwetgewing. Sir Richard Bourke het die
> Hottentotwetgewing afgeskaf. Daarvolgens mag geen vrye
> bewoner van die Kaapkolonie op grond van kleur in sy
> bewegingsvryheid, woonreg, lewenswyse of werk beperk of tot
> arbeid gedwing word nie, en het vrye gekleurdes die reg verkry
> om grond te besit. Onder andere het dit bygedra tot die
> Afrikaners
> se ontevredenheid met die Britse regering en dat baie van hulle
> met die Groot Trek die Kaapkolonie verlaat het.
> 1916 - Slag by Delvillebos. Die slag het ses dae en vyf nagte geduur,
> vanaf 15 tot 20 Julie, maar dit was die nag van 17 en 18 Julie
> wat
> die Suid-Afrikaanse Brigade onder bevel van genl.-maj. H.T.
> Lukin
> die hardste getref het. Op 15 Julie het die Suid-Afrikaners die
> bevel gekry om Delvillebos tot elke prys teen die vyand, die
> United
> Kingdom Brigade, te beskerm. Op 20 Julie het slegs 3 offisiere
> en
> 140 man uit Delvillebos teruggekeer. Van die oorspronklike 3 433
> mense het minder as 750 oorgebly
> 1932 - Boere Genl. C.J. Brits oorlede.
> 1950 - Wet op die onderdrukking van Kommunisme gepubliseer.
> Hiervolgens is die Kommunistiese Party van Suid-Afrika tot
> onwettige organisasie verklaar. Die Regering het nou die mag
> gehad om publikasies en openbare byeenkomste te verbied sowel
> as die uiteensetting van ongewenste elemente uit die land.
>