Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

14 MEI

Di., 24 Julie 2001 19:19

14 MEI

1873 - Lydenburg se delwerye geproklameer. Thomas McLachlan, James
Sutherland en Edward Button het in Januarie 1871 'n beloning van
die
owerheid ge"eis vir die feit dat hulle in Lydenburg omgewing by
die
Selatirivier in die Murchison-bergreeks goud ontdek het. Die
versoek
is aangeteken, en Button het bly prospekteer, hy het
onmiskenbaar
naby Marabastad in die Lydenburgse distrik goud gevind.
1878 - Paul Kruger lei die tweede Vryheidsdeputasie na Britanje om
die ZAR se vryheid te gaan opeis.
1900 - Prof. J du P. Scholtz gebore. Onder Arikaanse taalkundiges
sal hy altyd 'n besondere plek beklee deur sy hoogstaande
publikasies, wat almal berus op indringende en uitvoerige
bestudering
van ouer Afrikaans. Hy het veral 'n groot rol gespeel in die
klank en
morfologie waardeur Nederlands tot Afrikaans verander is.
1965 - Kootjie van den Heever oorlede. Abraham Jacobus van den
Heever, jonger broer van C.M. van den Heever is op 16 November
1906
op Poortjie, Trompsburg gebore. Nadat hy 'n paar jaar onderwys
gegee
het, studeer hy aan die GUK, waarna hy as joernalis by Die
Volksblad
en Die Suiderstem werk. Hy was ook 'n tyd lank rektor aan die
Witwatersrandse Universiteit.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

13 MEI

Di., 24 Julie 2001 19:19

13 MEI

1781 - Voortrekkerleier Piet Retief gedoop. Jacobus Retief en sy
vrou , Deborah , was op die dag trotse doopouers in die
gemeente
Suid-Paarl. Die vyfde van hul tien kinders het die naam Pieter
ontvang. Vandag word hy onthou as Piet Retief ,
Voortrekkerleier en
slagoffer van Dingaan se krygers op 6 Februarie 1838.
1947 - Prof. N.J. Br"ummer oorlede - hoogleraar , skrywer ,
kultuurleier.
1901 - Boere Genl. F.A. Grobler oorlede.
1902 - Vredesamesprekings op Vereniging begin.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

12 MEI

Di., 24 Julie 2001 19:18

12 MEI

1652 - Eerste Nagmaalsviering in die gemeente van Kaapstad. Op
hierdie dag is die eerste Nagmaal aan die Kaap gevier. Hierdie
geleentheid wys reeds daarop dat die Nagmaal vir die wordende
volk
altyd van groot belang sou wees.
1915 - Nasionale Pers as maatskappy geregistreer. Die registrasie
van De Nationale Pers, Beperkt, as maatskappy het gevolg op 'n
vergadering wat op 18 Desember 1914 gehou is in Heemstede, die
huis
van Hendrik Bergh in Van Riebeeckstraat, Stellenbosch. Sestien
vooraanstaande Afrikaners was aanwesig.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

11 MEI

Di., 24 Julie 2001 19:18

11 MEI

1897 - Prof. I.W. van der Merwe (Boerneef) gebore. Izak Wilhelmus
van der Merwe, gebore op Boplaas, Ceres, was bestem om aan die
Afrikaanse taal 'n nuwe dimensie te besorg. Hy het die
klankrykheid
van sy taal ontgin soos geen Afrikaanse skrywer/digter voor hom
nie.
Boerneef was hartstogtelik verknog aan sy kontrei: Die Kro,
die
Kamdebo, Koorsteenberg en Katbakkies, Sikketaarskloof,
Soebatsfontein, Speserykoof. En oor hierdie wêreld en sy
mense
skryf hy in die taal van die Koue Bokkeveld en die Kamdebo.
1909 - SA-Wet onderteken. Die konsep-Suid-Afrika-Wet is op hierdie
datum deur die onderskeie afgevaardigdes geteken, maar die
debat oor
die inhoud van die wet het voor en na hierdie dag ernstige
afmetings
aangeneem. Die Transvaalse en die Vrystaatse parlement het dit
onderskeidelik eenparig bekragtig. In Kaapland is dit met twee
teenstemme goedgekeur. Natal het eers 'n referendum daaroor
gehou.
1973 - Teater-, Rolprent- en Uitsaaikunstekomitee van die FAK
gestig. Die Hoofbestuur van die FAK het op hierdie dag, na
aanbevelings van 'n ondersoekkomitee, besluit * dat 'n
onderkomitee
van die Hoofbestuur vir Teater-, Televisie- en Rolprent-sake
ingestel
word, en dat die komitee uit vyf benoemde lede bestaan.*

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

24 JULIE

Di., 24 Julie 2001 17:53

24 JULIE

1866 - Ds. Andrew Murray oorlede. Hy is op 26 Mei 1794 in Clatt ,
Aberdeenshire , Skotland , gebore. Hy bekwaam hom in teologie aan
die Kings College in Aberdeen. Hy het homself beskikbaar gestel toe
daar in Skotland gesoek is na geskikte leraars vir die NG Kerk in die
Kaap. Hy en nog vier leraars en 'n aantal onderwysers maak die eerste
groep Skotte uit wat destyds vir diens aan die Kaap gewerf is. Sy hele
dienstyd in ons land (1822 - 1865) word aan die gemeente Graaff-Reinet
gewy. Van 1847 tot 1848 is hy ook 'n lid van die eerste sinodale
afvaardiging wat die Boere benoorde die Oranje herderlik besoek.

1918 - Dr. G.S.J. Kuschke gebore. Georg Siegfried Johannes Kuschke wat
bestem was om een van Suid-Afrika se voorste nyweraars te word, is in
Johannesburg gebore. Sy studie in geologie het hy aan die Universiteit
van Stellenbosch en Pretoria voltooi. In 1943 word hy by die
Nywerheidsontwikkelingskorporasie van Suid-Afrika aangestel en in 1959
word hy hoofbestuurder , in 1964 besturende direkteur en in 1970
voorsitter van die raad. Hy is op 27 Julie 1971 in Johannesburg oorlede.

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

23 JULIE

Di., 24 Julie 2001 17:52

23
JULIE

1853 - Andries Pretorius naby Pretoria oorlede. Die Boere Kmdt. was
betrokke
by die geveg van Boomplaas , word vo"elvry verklaar in 1848 , was
betrokke by die Sandrivier-konvensie (1852) , neem deel aan die
slag
van Bloedrivier , om maar net 'n paar te noem. Hy is op die dag
na 'n
swaar lyding aan die borswater oolede. In 1891 is sy stoflike
oorskot in
die Ou Kerkhof in Pretoria herbegrawe.
1885 - Volkskrywer J.F. van Wyk gebore. Johannes Frederikus van Wyk is op
die plaas Leeuwfontein , in die distrik Wolmaransstad , gebore en
ontvang sy skoolopleiding daar. Op 14-jarige ouderdom lê hy sy
eindeksamen af en in dieselfde jaar (1899) breek die Engelse
Oorlog uit.
As 15-jarige penkop sluit hy by die Boeremagte aan , neem aan
minstens
agt veldslae deel. Hy word 'n maand voor die vredesluiting by
Roodewal
gevang en na Indi"e gestuur , waar hy dan ook sy naskoolse studie
voortsit. Na sy terugkeer in 1903 sit hy sy studies veral in
Engels en
Geskiedenis voort en bekwaam hom as onderwyser. Meer as 15 jaar
gee
hy gratis onderwys en bou hy skole , dikwels in ongunstige en
vernederende omstandighede. Sy herinneringe aan die Engelse
Oorlog is
gepubliseer in *Die Mauser Knal* , waarin hy 'n lewendige
voorstelling
gee van die kommandolewe en krygsgevangeneskap.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

22 JULIE

Di., 24 Julie 2001 17:52

22 JULIE

1903 - Jan de Klerk gebore. Johannes (Jan) de Klerk is gebore op
Burgersdorp. Sy laerskool onderrig ontvang hy op Aliwal-Noord,
waar hy reeds op sy eerste skooldag 'n pak slae op die lyf
geloop het omdat hy Afrikaans op die skoolterrein gepraat het.
Hy het hom op Potchefstroom as onderwyser bekwaam. In 1954
word hy Senator en Minister van Arbeid en Openbare Werke, later
Minister van Binnelandse Sake en daarna Minister van Onderwys,
Kuns en Wetenskap. Hy word op 6 Junie 1969 President van die
Senaat. Ere-doktorsgrade is deur die Universiteite van
Potchefstroom (1960) en Port Elizabeth (1975) aan hom toegeken.
1990 - Eerste beraad tussen ANC / SAKP / NP alliansie by Groote Schuur.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

21 JULIE

Di., 24 Julie 2001 17:51

21 JULIE

1812 - Kmdt. Louw Wepener gebore. Lourens Jacobus Wepener is in
Graaff-Reinet gebore, waar hy by sy oom Lourens grootgeword het. Hy het
agter-
gebly in die Kaapkolonie nadat sy broers die Groot Trek vergesel.
Hy neem deel aan drie grensoorlo"e, 1834 tot 1853, en toon reeds dapperheid
wat aan voortvarendheid grens as waarnemende veldkornet. Hy word tot
komandant bevorder vanwe"e sy uitmuntende leierseienskappe. Wepener word
dodelik
gewond in die Basoeto-oorlog teen Mosjesj. Mosjesj was so
be"indruk deur Wepener se dapperheid dat hy ge"eis het dat sy hart uitgesny
en gebraai moet word, sodat elke jong kaptein daarvan 'n stukkie kan eet.
Wepener se stoflike oorskot is aanvanklik op die kruin van Thaba
Bosigo begrawe, maar is later deur sy seun weggehaal en op sy plaas in die
Vrystaat herbegrawe.
Die Louw Wepener-dekorasie was deur die Ou Suid-Afrikaanse
Weermag uitgereik aan lede van die Weermag wat buitengewone dapperheid
openbaar.
1844 - Boereveldkornet S.J. Roos gebore - die dorp Roossenekal is na hom en
Kmdt. Senekal vernoem.
1990 - Bomontploffing by NP kantoor in Bloemfontein. Orde Boerevolk aanvaar
verantwoordelikheid.

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Olifantbredie

Di., 24 Julie 2001 09:48

Dames, Plak hierdie resep teen u yskas:

1 Medium-grootte olifant
Sout en peper na smaak
Twee konyne (opsioneel)

Sny olifant in klein stukkies . Dit sal omtrent ses tot sewe dae duur.
Sout en peper na smaak. Kook op hoog (200°C) vir omtrent 8 dae. Genoeg vir
1362 persone.

Indien meer as 1362 persone verwag word, voeg twee konyne by.

Kos & resepte | 5 kommentare

'Skuus dis nie in ons taal nie

Di., 24 Julie 2001 08:20

Ek het net gedink party ouens hier het genoeg humorsin om hierdie een te
geniet :-)))))))))

> WHO IS JACK SCHITT?
> For some time many of us have wondered just who is
> Jack Schitt? We find ourselves at a loss when someone
> says, "You don't know Jack Schitt!"
>
> Well, thanks to my genealogy efforts, you can now
> respond in an intellectual way.
>
> Jack Schitt is the only son of Awe Schitt. Awe Schitt,
> the fertilizer magnate, married O. Schitt, the owner of
> Needeep N. Schitt, Inc.
>
> They had one son, Jack.
>
> In turn, Jack Schitt married Noe Schitt. The deeply
> religious couple produced six children: Holie Schitt,
> Giva Schitt, Fulla Schitt, Bull Schitt, and the twins
> Deap Schitt and Dip Schitt.
>
> Against her parents' objections, Deap Schitt married
> Dumb Schitt, a high school dropout. !
>
> After being married 15 years, Jack and Noe Schitt
> divorced. Noe Schitt later married Ted Sherlock,
> and, because her kids were living with them, she
> wanted to keep her previous name. She was then
> known as Noe Schitt Sherlock.
>
> Meanwhile, Dip Schitt married Loda Schitt, and
> they produced a son with a rather nervous
> disposition named Chicken Schitt.
>
> Two of the other six children, Fulla Schitt and
> Giva Schitt, were inseparable throughout childhood
> and subsequently married the Happens brothers in a
> dual ceremony. The wedding announcement in the
> newspaper announced the Schitt-Happens nuptials.
>
> The Schitt-Happens children were Dawg, Byrd, and
> Hoarse.
>
> Bull Schitt, the prodigal son, left home to tour
> the world. He recently returned from Italy with his
> new Italian bride, Pisa Schitt.!
>
> Now when someone says, "You don't know Jack Schitt"
> you can correct them.
>
> Sincerely,
> Crock O. Schitt, who's into Bull Schitt
>

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Bladsye (1834): [ «    890  891  892  893  894  895  896  897  898  899  900  901  902  903  904  905    »]
Tyd nou: Ma. Jan. 19 23:30:10 UTC 2026