Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Re: Van Biere en Boobies

Wo., 05 September 2001 22:00

On Thu, 6 Sep 2001 20:07:30 +1000, "me & bobby magee" wrote:

>
> Haai, ek moet nou skool toe!
>
>
>

hoe laat is dit nou bty jou Bobby?

DD

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Interessant né

Wo., 05 September 2001 21:59

Het julle opgemerk hoeveel keer ek aan Emmy gevra het wat is die kleur
van haar skoonseun(uit SA - of ìn SA) - presies net soveel keer as
wat sy geweier het om te antwoord.

DD

Koeitjies & kalfies | 29 kommentare

Warning vir al die mans

Wo., 05 September 2001 21:17

Verskoning vir die Nederlands, maar liefde is internasionaal :-)))

Vrijen vooral voor
mannen gevaarlijk

Van onze correspondent

BERLIJN - Mannen lopen vijf tot twintig keer meer risico dan vrouwen om
tijdens het bedrijven van de liefde hun laatste adem uit te blazen.

Duitse wetenschappers van de gerechtelijke medische faculteit van de
universiteit van Hamburg, die zich in het fenomeen van een plotselinge
seksdood hebben verdiept, houden de heren bovendien voor dat een
liefdesavontuur in een bordeel nog levensbedreigender kan zijn. Als oorzaak
noemen zij het ontstaan van grote emotionele en psychische stress door het
vooruitzicht van de verboden liefde met een onbekende partner.

Vooral mannen met een hartaandoening begeven zich achter rode lampen in een
gevarenzone, zo blijkt uit een analyse van zeven overlijdensgevallen.
Normale seks is volgens de onderzoekers voor hartpatiënten echter niet
gevaarlijker dan andere inspannende bezigheden, zoals fietsen of traplopen.

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

nog steeds raasisme antie

Wo., 05 September 2001 20:08

hellou my antie

jis antie ek het lanklaas so baie moes skryf ma' antie moet weet lat oom
jekkie silliebie nou in 'n flet spin is.

antie weet mos lat hy annerdag vir oom taboe gesê het lat hy nie genoeg
mannekrag het om mense vir ernstige misdadigeit soos rook op straat en praat
met 'n selfoun innie kar tronk toe kan lat gaan nie. oom jekkie het ma' net
gesê wat die ouens wat karre en karwiele steel al lankal weet antie.

die moeilikgeit nou is lat daai konvourensie in durban nou raasisme as 'n
misdaad teen die dommense gaan staat verklaar het antie. my pa sê gelukkag
warrie die slimmense nie. dink antie oom jekkie sal nou 'n antie raasisme
eenheid oppie been bring so kort nalat hy die briekstinse roof en moer
eenheid toegemaak het.

oom hansie vannie pênnelbieters reken hy sal dalk moet afskaal oppie minder
ernstige misdadigeit soos moer mouterkapings en verkragtings om aandag te
kan gee aan raasisme antie. ma' my pa sê dissie so nie want assit
misdadigheid teen die dommense is dan moet die dommense se polieste die
raasiste vang en aankla. hy reken dit sallie sleg wees as interpôl so
vyftagdysend poliesmanne stier om oom jekkie te kom help nie. dis net jammer
sanien sallie een van hille sien noulat die statsraat gesê het hie issie
raasisme nie antie.

koebaai antie (antie moet antie nie met dommense ophou nie)

Koeitjies & kalfies | 9 kommentare

???????

Wo., 05 September 2001 14:09

skryf in boodskap news:3B957DA0.F96314FE@home.com...
> Jou sieklike
> verskoning van 'n vroumens. Dis daarom dat ek nog
> altyd volgehou het dat jy nie 'n vroumens kan wees
> nie. Jy dink nie soos 'n vroumens nie. Jy behoort jou
> te skaam. En die nuusgroep om verskoning te vra vir
> die soveelste keer wat jy berserk op hierdie nuusgroep
> geraak het.

As dit nou nie die mees seksistiese aanval is wat ek al hier gesien het nie
dan weet ek nou nie. 'n Sieklike verskoning van 'n vroumens moet 'n mans
wees?!!!!! Ek dink ons selfrespekterende mans moet kapsie maak.
Sakkie

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

een Gemenebest voor Nederlands/Afrikaanstaligen!

Wo., 05 September 2001 13:08

Beste mensen,

De reden dat ik hier regelmatig wat skrijf, is dat ik wel voor een
gemenebest ben net zoals het Britse gemenebest, het Franse communaute
francophone, zou ik het leuk vinden om een gemenebest te krijgen van
Vlaanderen, Brussel, Nederland, Suriname, Nederlandse Antillen, Zuid Afrika
om zo de Nederlandse/Afrikaanse taal, die veel gemeenschappelijk hebben te
beschermen en te promoten, net gelijk Frans-, Engels- en Spaanstalige landen
doen, bovendien zal dan de taal in de wereld beschermd worden en niet door
belangrijkere talen worden overmeesterd (Engels, Frans, Duits, Spaans,
inheemse talen). Miskien voel u daar wat voor?? Zonder meteen racistisch of
ultra nationalistisch te worden bedoel ik dat!!

groeten Jelte!!22 jaar, Den Helder, Holland
PS. Ik kan niet goed AFrikaans spreken, dus als ik wat probeer te skrijf kan
het helemaal fout AFrikaans zijn, daarom doe ik het maar in het Nederlands,
mijn excuses daarvoor!!

Koeitjies & kalfies | 6 kommentare

Ons is siek jong!!

Wo., 05 September 2001 11:34

Ek het toe vanoggend gehoor hoekom ek juis so vreeslik siek voel:
Blykbaar is daar 20 verskillende griepvirusse hier rond wat in 'n tou staan
om mens beet te kry.
Ek dink hulle wou tyd op my spaar, en het my sommer almal tegelyk
aangeval:))
Annette

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

Brand in Krugerwildtuin

Wo., 05 September 2001 11:10

Daar het 'n brand uitgebreek en 3 bewaarders is dood. Vrouens wat die gras
gesny het, is ook dood. Die dodetal is 20 op die stadium. Een van die
kampe het ook gebrand en die besoekers het al hul besittings verloor.

Koeitjies & kalfies | 6 kommentare

Plastiese snykunde

Wo., 05 September 2001 08:59

As elkeen van ons die kans sou kry om iets aan ons met plastiese snykunde te
verander, wat sou dit wees?

Ek sal natuurlik nie van die aanbod gebruik maak nie, maar indien ek gedwing
word sal ek....
my heupe laat vergroot om my swaartepunt te laat verlaag:)))

Annette

Koeitjies & kalfies | 21 kommentare

Re: Vir Rico

Di., 04 September 2001 23:15

"Danielle" skryf in boodskap news:ojv9pt4n4ud7coqonvtmh7ruq403ehh7m2@4ax.com...
> On Tue, 4 Sep 2001 10:20:27 +0200, "Rico"
> wrote:
>
> Die groep was oorgeneem deur Hollanders die laaste week. Dit het
> begin met iemand genaamd "Rock" (was dit dalk jy? Rock se IP addy is
> dieselfde as joune), wat kruisposting gedoen het tussen ons en 'n
> Nederlandse groep.

Nee Danielle, dit was nie ek nie, ek is ek en is nie skrik my naam onder my
postings te plaas nie!!

En dit is nie my bedoeling nie, om hierdie NG, 'n Nl groep te maak nie, ek
wil juis melktert en Bobotie met die resepte van Annette gaan maak.

7 November gaan ek in NL Lucas Maree sien en ek hoop dat ek baie Afrikaners
kan ontmoet, met hulle gesels en Afrikaanse kos kan koop, soos Biltong :-).

Weet jy waarom ek jammer is??
As Norbert iets vertel oor Belgie/Vlaanderen, dan moet hy altyd iets
negatiefs oor die Nederlanders se.
Ek het nou net by jou dit ook gelees.

Oukai verskoon my as ek te rof was, maar as jy iets teen mense hier het, se
dan asseblief nie die Nederlanders nie.

Ek is hier, omdat ek iets oor Afrika wil leer, lief is vir Afrikaans en die
kultuur.

Ek wil nie meer gesels oor die politiek in SA nie en nie oor godsdiens nie,
net gesels oor "lugtige sake".
Nie omdat ek simpel is nie, oukai ek is blond, maar net omdat my Afrikaans
te beperk is, om my goed uit te druk.

Maar verskoon my, ek is Nederlander en baie trots dat te wees, so as ons
word aangeval, gaan ek my verdedig.

Ek hoop jy kan verstaan wat ek bedoel, anders moet ek dit maar in Nederlands
doen :-))

Gr.Rico

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Bladsye (1834): [ «    864  865  866  867  868  869  870  871  872  873  874  875  876  877  878  879    »]
Tyd nou: Di. Mrt. 10 04:04:30 UTC 2026