Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Zimbabwe - Mugabe is die man ?

Wo., 13 Maart 2002 04:55

Die Suid-Afrikaanse waarnemers was darem maar vinnig om die verkiesing vry
en regverdig te verklaar...

Is die bordjies nou verhang, en is Broer Mugabe Broer Thabo vir ewig
dankbaar?

Die volgende stap gaan wees wanneer Mugabe die tuig neerlê as oorwinnaar, en
hom in die Kaapse Skiereiland gaan vestig - met lyfwagte wat deur die
Suid-Afrikaanse belastingbetaler vergoed sal word.

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

'n Kanon/Canon

Di., 12 Maart 2002 21:58

'n Canon is 'n liedjie wat je deurmekaar sing, soos Vader Jacob.

Gr.Rico

Koeitjies & kalfies | 13 kommentare

Paltalk

Di., 12 Maart 2002 21:20

Hallo, elkeen,

Ek soek mense van hierdie nuusgroep wat tyd het om 's avonds 'n bietje
met my te gesels in Afrikaans gedurende die aandure. Ek is saans
meestal ingelog by Paltalk en me nickname aldaar is Strandkruier. Kan
me daar ook vind op me e-posadres en dis sterre...@skynet.be.
Paltalk werk goed hier by my. Kan dit download van www.Paltalk.com.
Ek is gewoonlik langdurig aanlyn in die aandure (ek het 'n ADSL aan-
sluiting).

Die groete van

Norbert (uit Vlaanderen)

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

The Click Song = Afrikaanse Canon???

Di., 12 Maart 2002 11:45

Wie ook al die oorspronklike "afrikaanse canon" boodskap gepos het, hier is
'n link na "The Click Song", as jy dalk wil weet of dit dieselfde is.

http://www.knet.co.za/transkei/clickson.htm

Laat ons ook dan sommer weet:)

Musiek & liriek | 13 kommentare

jonk vrou soek haar Pa

Di., 12 Maart 2002 09:04

Hallo NG
Kan hier enig iemand help asseblief?
Jonk vrou 31 jaar nou in Engeland soek haar pa,
wellig woon hy in of by Durban -
Sy naam is John Joseph Sullivan,(gebore 1943
in Hendon Greather London UK)
Hy het het in die huwelik getree in 1968
met Catharine McCartney, nou gesky.
Hul dogter Caroline soek vir hom.
Wie help Caroline sy pa op te spoor?
Staan daar in die telefoonboek van Durban
en omgewing 'n J.J. Sullivan ingeskryf?
Wie kyk vir haar in die telefoonboek?
Pos gou asseblief!
met groete
Patrick

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Gister se Rapport

Ma., 11 Maart 2002 18:56

Rapport Sondag 10 Maart 2002 (gister) - afd. Nuus bl. 5

Pres. Thabo Mbeki doen glo in sy jongste ANC-nuusbrief 'n 'bedekte,
maar ongehoorde rassistiese aanval' op mnr. Tony Blair, Britse
premier.
Dit het Mbeki gedoen deur aan 'wit heerssugtiges' te sê hulle moet die
Statebond verlaat as hulle nie met die liggaam se besluit saamstem oor
die uitgestelde sanksies teen Zimbabwe nie, het The Daily Telegraph,
een van Britanje se voorste koerante, gister op die voorblad berig.
Die opskrif lui: Mbeki attacks racist Blair".
"Mbeki se uitsprake op die vooraand van Zimbabwe se
presidentsverkiesing sal beskou word as gelykstaande aan 'n
Suid-Afrika wat sy stem uitbring ten gunste van Robert Mugabe."

ens

ens

ens.

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Argus brand rubber

Ma., 11 Maart 2002 12:09

Annette

Het jy toe fiets gery/getrap/gestoot? Of was dit net 'n vriend wat kom
deelneeem het? Hoor dit was so baie warm innie Kaap dat die fietsbande aan
die pad kon smelt. Een persoon nou dood.

:-)

TJ

--

The South African Arts, Culture and Entertainment Hub

The Arts and Culture Trust of the President Awards:
Electronic Media of the Year in Support of the Arts
Winner 1998, Finalist 1999 and Finalist 2000/1

Arts and Culture Journalist of the Year 2000/1
Mike van Graan's The Cultural Weapon

IAWMD Golden Web Awards May 2001

Support South African Arts and Culture:
Dial-up with Artslink.co.za and save!
http://www.artslink.co.za

Koeitjies & kalfies | 13 kommentare

Suid Afrika, 'n onveilige land?

Vr., 08 Maart 2002 19:20

Hallo, elkeen,

Ek het 'n vraagjie vir die Afrikaners hier...
Suid Afrika is nou bekend as 'n baie onveilige land met baie misdaad
daarin. Ek het gister nog 'n praatjie gehad met my vriendin in Port
Elizabeth via 'n webchat en sy het gesê dis waar.
Maar nou sou ek tog wou geweet het of dit in vroeër jare ook altyd so
gewees het. Wanneer is die onveiligheid in die land gekom? Is dit deur
die afskaffing van die Apartheid gekom of is dit 'n fenomeen wat altyd
bestaan het? Ek hoor van me vriendin sy kan daarmee leef en sy sê
ook dat die meeste mense in SA daar eintlik nou al nie meer van opkyk
nie. Nou, neen, egt: ek sou dit nie wou geweet het nie! Ek wil slegs
leef in 'n land waar ek vry oor die straat kan wandel en waar ek my
gerus voel soos in me eie land. Me vriendin sê sy woon slegs 800 meter
van haar werk vandaan maar sy stap elke môre snel door totdat sy
haar werk bereik. Hm.., dit sou ek nie wou geweet het nie! Hier in
Vlaanderen kan ek kilometers deur die strate kuier sonder dat ek deur
iemand lastig geval word.

Die groete van

Norbert (uit Vlaanderen)

Koeitjies & kalfies | 159 kommentare

Danielle...

Do., 07 Maart 2002 20:14

Haai...

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

Hermien en Fanie

Wo., 06 Maart 2002 18:32

Toe sterf Fanie net soos sy vrou Hermien in 1994.
Die man wat op die sewe-uur nuus vertel het dat dit die tweede vriend
is wat hy deur moord verloor het in 'n kort tyd is die apteker van wie
ek julle vertel het onlangs. Die apteker wie se apteek reg langs my
kantoor is. Of het ek julle nie vertel toe Dawid De Ridder en sy vrou
op die grasperk moes lê met vuurwapens op hulle gerig en die skakers
toe hulle duur Toyota gesteel het. Die Toyo is maar weer voor die
apteek geparkeer want hy is dadelik deur 'n sateliet opspoorder gevind
maar Dawid weet steeds nie wat anders hy moet hê as die
afstandbeheerde hek wat hulle ook nie uitgehou het nie. En vir my sê
hy dat dit 'n ondervinding is wat niemand hom kan indink as hy dit nie
ervaar nie. Dan is hy nog die ultra_regsgesinde van die dorp!

Verlede week is Piet Botha, die eienaar van die Crocodilian
doodgeskiet in 'n rooftog. Vanmôre is Fanie Van Vuuren (wat destyds
van moord op sy vrou aangekla was ((onopgelos)) ) ook dood gevind op
sy plot. Fanie was tydens die moord op Hermien die parlementslid vir
die KP. 'n Vriendelike sagmoedige mens. Is dit net hier wat dit so
gaan?

Koeitjies & kalfies | 12 kommentare

Bladsye (1834): [ «    781  782  783  784  785  786  787  788  789  790  791  792  793  794  795  796    »]
Tyd nou: So. Mrt. 08 09:08:57 UTC 2026