Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Moeg!

Vr., 15 Maart 2002 20:37

Ek lees nou al vir 'n geruime tyd almal se bydraes op hierdie ng en ek hou
van almal se bydraes en veral wanneer Annette haar 'Nuusies" plaas - ek kan
nooit wag vir die weeklikse update nie!
Maar ek is nou moeg vir die Lastige Liddoring se siniese op- en aanmerkings.
En om dus enige verdere warm boordjies te vermy het ek die besluit geneem om
nie langer deel te hê aan hierdie ng nie.
Ek sal maar die dagblaaie lees en hoop dat ek 'n redelike objektiewe beeld
van die nuus in my land sal kan ontvang.
En glo my as ek sê dat ek wel die ng gaan mis, maar ek vind dit uiters
onregverdig om konstant uitgeskel te word as 'n swak wit Suid-Afrikaner.
Ek sal probeer om kortliks die redes uiteen te sit waarom ons onsself in
Ierland bevind:

Die grootste rede is, ons het twee kinders (6 en 4 jaar) vir wie die lewe
nog voorlê en SA kan nie in hul onderrig voorsien op hierdie stadium en
hulle voorberei vir volwassenheid nie.

Verder is my man 'n hoogs opgeleide, professionele persoon wat 'n
invloedryke pos beklee, 'n werk wat hom meer van my af wegneem en my dwing
om 'n alleenouer in die week te wees sonder die bystand en ondersteuning van
my wonderlike ouers, maar ek kla nie, want dit was immers ons keuse en ons
het heeltemal oop oë die geleentheid aangeneem.

Ek is Ierland baie dankbaar vir dit sy aan ons verskaf, ten minste leef ons
in veiligheid en kan ek slaap in die nagte wanneer my man nie by my isnie,
sonder twee handwapens onder my kopkussing.
Ek is en sal altyd dankbaar wees vir SA, dit is nog steeds my land en as ek
miskien 'n ouer persoon was sonder die belangrike taak van twee jong telgies
grootmaak, sou ek beslis gebly het, maar ek kan nie wag vir 'dinge' om te
verbeter nie, want my kinders gaan nie wag om groot te word nie en
uiteindelik wil ons as ouers opreg kan sê dat ons alles in ons vermoë gedoen
het om hulle vir die lewe toe te rus.

Verder glo ek dat daar 'n Plan is met ons hier, of dit nou is om 'n bydrae
tot Ierland maak of miskien op 'n ander wyse tot SA by te dra, wie weet?
Daar is 'n Rede!

Ek mis my land, ek mis my vriende, ek mis my familie en veral my ouers en ek
is ongelooflik spyt dat my kinders nie die voorreg het om hul oumas en oupas
te ervaar in hierdie hul belangrike vormingsjare nie.

Nou het ek my sê gesê, beslis toe nie kortliks nie! :-)
Hiermee sluit ek dus die hoofstuk af.

Groete
Patricia

Koeitjies & kalfies | 19 kommentare

Verkookser aanleg

Vr., 15 Maart 2002 11:43

Geagte taalgenote

Ek wonder of daar iemand op die groep is wat elders (nie in SA) betrokke is by 'n verkookser aanleg (coker) of enigeiemand by 'n petrochemiese raffinadery.

Ek wil graag van u hoor.

Groete
Marius

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

wat het van die apostel geword?

Vr., 15 Maart 2002 09:12

weet iemand wat het toe nou van die apostel wat sy einde voorspel het
geword? laat het ek gelees dat sy broer gedroom het dat hy aan `n hart
aanval gaan sterf.

grappie-

die jong nuwe predikant klop aan die deur van 'n onbekende
kerklidmaat. Dis duidelik dat iemand tuis is want die radio speel en
die vensters is oop.

nadat hy 'n paar keer geklop het, laat hy tong-in-die-kies 'n briefie
wat se: "openbaring 3:20 kyk, ek het by die deur gestaan en klop. as
iemand my stem hoor en die deur oopmaak, sou ek ingegaan het..."

by die volgende kerkdiens druk 'n aantreklike jong dame 'n briefie in
sy hand, wat se: "genesis 3:10 ek was naak, daarom het ek my verberg."

Threeships 'did you see that??' Mcduck
www.mothership.co.za

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Kapitalisme in 'n neutedop - Engels

Vr., 15 Maart 2002 05:27

Jammer - maar ek kan nie Enron vertaal nie;)))

TRADITIONAL CAPITALISM:
You have two cows.
You sell one and buy a bull.
Your herd multiplies, and the economy grows.
You sell them and retire on the income.

ENRON VENTURE CAPITALISM:
You have two cows.
You sell three of them to your publicly listed company, using letters of
credit opened by your brother-in-law at the bank, then execute a
debt/equity swap with an associated general offer so that you get all
four cows back, with a tax exemption for five cows. The milk rights of
the six cows are transferred via an intermediary to a Cayman Island
company secretly owned by the majority shareholder who sells, the rights
to all seven cows back to your listed company. The annual report says
the company owns eight cows, with an option on one more. Sell one cow to
buy a new president of the United States, leaving you with nine cows.
No balance sheet provided with the release. The public buys your bull.

AN AMERICAN CORPORATION:
You have two cows.
You sell one, and force the other to produce the milk of four cows. You
are surprised when the cow drops dead.

A FRENCH CORPORATION:
You have two cows.
You go on strike because you want three cows.

A JAPANESE CORPORATION:
You have two cows.
You redesign them so they are one-tenth the size of an ordinary cow and
produce twenty times the milk. You then create clever cow cartoon images
called Cowkimon and market them World-Wide.

A GERMAN CORPORATION:
You have two cows.
You reengineer them so they live for 100 years, eat once a month, and
milk themselves.

A BRITISH CORPORATION:
You have two cows.
Both are mad.

AN ITALIAN CORPORATION:
You have two cows, but you don't know where they are.
You break for lunch.

A RUSSIAN CORPORATION:
You have two cows.
You count them and learn you have five cows.
You count them again and learn you have 42 cows.
You count them again and learn you have 12 cows.
You stop counting cows and open another bottle of vodka.

A SWISS CORPORATION:
You have 5000 cows, none of which belong to you.
You charge others for storing them.

A HINDU CORPORATION:
You have two cows.
You worship them.

A CHINESE CORPORATION:
You have two cows.
You have 300 people milking them.
You claim full employment, high bovine productivity, and arrest the
newsman who reported the numbers.

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Geldige verkiesing?

Do., 14 Maart 2002 11:51

ek verstaan ons sa waarnemings spannetjie het die verkiesing geldig
verklaar maar nie free and fair nie. miskien is ek stupid maar hoe kan
dit gebeur as dit veronderstel om `n democracy te wees? dis mos die
selfde as om te se 'die ou het gekroek, ons weet dit, en ons
ondersteun `n gekroekery'. boonop se die koerant opskrifte vandag 'sa
sal zim help se mbedtjie'. help met wat? met kos wat hulle nie het nie
want daar is nie boere om dit te produseer nie? help met geld want
hulle het niks om uit te voer nie en ons is hulle enigste tjommie? kan
iemand nie maar net oorstap en hom uithaal nie. ek is nou so depro ek
sit sommer `n bietjie celine dion in die cd player as ek maar gehad
het.

Threeships 'did you see that??' Mcduck
www.mothership.co.za

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Dwelms

Do., 14 Maart 2002 09:28

Nou twee weke namekaar artikels in die Huisgenoot van jong mense wat dood is
as verslaafdes.

Enigiemand hier wat met 'n kind of 'n familielid te doen gehad het wat 'n
verslaafde is/was?

Ek vra, want wat ek hoor by ouers wat met hierdie euwel te doen het, en wat
ek lees, maak die hele storie nie sin nie -

1) Die een ouer sê dwelmslawe se ouers het almal iets in gemeen - al die
juwele en TV stelle is gesteel om te betaal vir die dwelms.
2) Die ouer beweer dat hulle as ouers eintlik niks kan doen behalwe om vir
die verslaafde kind liefde en vertroosting te gee nie.
3) Die verslaafde gebruik glo die dwelms om "normaal" te kan voel. -

Ek het 'n kliënt wat ook 'n kind verloor het deur dwelms - hulle is gegoede
mense - dus het hulle nog steeds 'n TV stel - maar ek kry die gevoel dat die
ouers self emosioneel afgestomp raak - en is die geagte liefde en
vertroosting dit wat die kind nodig het?

As dit waar is dat 'n verslaafde tot 10 jaar na herstel nog steeds kan
terugval, wat is die kanse werklik op herstel.?

Hoekom wys die dwelmslawe nie die handelaars uit as hulle in 'n periode van
herstel is, sodat die ouers kan probeer keer dat die kind weer met daardie
persoon in aanraking kom nie?

Ek wil nie die vinger na die ouers wys nie, maar is sommige kinders se
verslawing nie juis om aandag van die ouers te kry nie?
Ek vra - want ek weet nie.

Almal praat van vigs, en intussen gaan kinders dood by die hope agv van
dwelms?

Vroeër jare het polisie en welsynwerkers gereeld by skole en koshuise
praatjies gelewer om teen dwelms te waarsku - word dit nog gedoen?

Annette

Koeitjies & kalfies | 20 kommentare

Misdaad: Nuwe wending

Wo., 13 Maart 2002 17:07

In Kiblerpark, die motorkaping-kapitaal van SA, het 'n 15 jarige seun uit
die huis gesien hoedat sy ouers se motor deur twee barbare voor hul huis
gekaap word. Hy het die vuurwapen geneem, uitgegaan en een van die goed
vrek geskiet. Die ander een het homself bekak en weggehardloop. Die
"Citizen" in sy redaksie-kommentaar wens hom geluk daarmee dat hy die
"hijacking population" met een verminder het. Ofskoon die koerant nie
vigilatism goedpraat nie sê hy nietemin dat die polisie nie bevoegd is om
die misdaadprobleem te hanteer nie en dat hierdie soort van optrede waar die
wet
in eie hande geneem word, net deur ordentlike polisie-optrede vermy kan
word.

In Edenvale het 'n 63 jarige Blanke man sy rewolwer uitgepluk en nog 'n
skaker in sy maai geskiet. Die ding het eerste probeer skiet maar sy
vuurwapen het gekalf. Die ander skaker het homself bekak en weggehardloop.
Die Polisie sê dat die Blanke man "selfverdedigend" opgetree het.

Het die tyd nou aangebreek dat ons beskaafde mense begin leer om "van die
heup" te skiet soos in die ou wilde weste? Met die wegdoen van die
doodsvonnis het die barbare baie meer "braaf" geword en was geweldsmisdaad
vir hulle net nog 'n soort van ethnic cleansing. Die blatante moorde op
Blankes word net gesien as 'n voortsetting van die sg. struggle en hulle
word deur hul bewaarders as helde beskou wat hulle dan help onstsnap.

Selfs in die townships is wetsgehoorsame mense al baie keelvol vir hierdie
gedrag en word daar al hoe meer prominensie verleen aan hul "Peoples'
Courts".

Om geweld met geweld teen te staan behoort 'n einde aan die goed se bravado
te
sit.

G.

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Mugabe heeft gewonnen

Wo., 13 Maart 2002 09:43

Hoe ;-((
??????????????????????
Ik vrees dat de bevolking dat niet meer kan accepteren.
reacties uit http://www.news24.co.za/News24/Home/

Triest triest triest ...

grt emmy

Koeitjies & kalfies | 50 kommentare

Zimbabwe - Mugabe is die man ?

Wo., 13 Maart 2002 04:55

Die Suid-Afrikaanse waarnemers was darem maar vinnig om die verkiesing vry
en regverdig te verklaar...

Is die bordjies nou verhang, en is Broer Mugabe Broer Thabo vir ewig
dankbaar?

Die volgende stap gaan wees wanneer Mugabe die tuig neerlê as oorwinnaar, en
hom in die Kaapse Skiereiland gaan vestig - met lyfwagte wat deur die
Suid-Afrikaanse belastingbetaler vergoed sal word.

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

'n Kanon/Canon

Di., 12 Maart 2002 21:58

'n Canon is 'n liedjie wat je deurmekaar sing, soos Vader Jacob.

Gr.Rico

Koeitjies & kalfies | 13 kommentare

Bladsye (1835): [ «    780  781  782  783  784  785  786  787  788  789  790  791  792  793  794  795    »]
Tyd nou: Wo. Des. 24 22:26:17 UTC 2025