Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

en julle Nederlanders:

Do., 28 Maart 2002 20:58

sê mos dat dit gevaarlik in Suid Afrika is né!
Kom ek vetel aan die Suid Afrikaners hoe
lyk die Nederlandse koerante en dan gee
ek vir Annette klippe om Norbert mee te bestook:-)

***********
Voorproefje van de Sjaria?
***********

AMSTERDAM - Een 30-jarige Gouwenaar en zijn hond zijn voor de
Basismarkt aan
de Dunantsingel door een groep van zo'n vijftien Marokkaanse jongeren
met
stenen bekogeld. De man raakte gewond aan zijn hoofd en handen.
Omdat de man voor de deur van de supermarkt al was lastig gevallen,
mocht
hij zijn huisdier mee de winkel in nemen. Toen hij bij de kassa stond,
smeten de jongeren vanaf de straat stenen naar binnen.

De caissière redde zich het vege lijf door weg te duiken achter de
toonbank.
Buiten de supermarkt werden de Gouwenaar en zijn hond opnieuw doelwit
van de
groep stenengooiers. Omstanders hebben de twee moeten ontzetten. De
politie
werd meteen gewaarschuwd maar heeft nog niemand kunnen aanhouden.

Volgens het personeel wordt de Basismarkt al tijden geterroriseerd
door de
groep. "Ze komen hier binnen in wisselende samenstellingen. Ze stelen,
schelden en bedreigen de klanten. Ze snauwen ons toe met 'we pakken je
wel
als je alleen bent' of 'we weten waar je woont, je krijgt een steen
door je
ruit'.

Koeitjies & kalfies | 12 kommentare

Tot later

Do., 28 Maart 2002 20:01

Die plaasvark groet van Jongensfontein, waar ek ongelukkig net vanaand
oorbly. Môre gaan ek Oudtshoorn toe, vir die KKNK (Klein Karoofees)

Ek sal af en toe lees wat julle skryf - ja ek hou julle dop - maar ek sal
waarskynlik eers oor so 'n week weer saamgesels

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Fok hom ma 8

Wo., 27 Maart 2002 18:14

Wat beteken hierdie uitdrukking?

Die omroeper het dit vandag tydens die krieket gebruik.

Ek onthou nog goed dat die Aussies op daardie oomblik teen 4,8 lopies per
boulbeurt gescore het.
Het dit dalk iets daarmee te doen?

Koeitjies & kalfies | 15 kommentare

KKNK

Wo., 27 Maart 2002 15:02

wie in die pretoria omgewing gaan kknk toe? ekke soek iets.

Threeships 'did you see that??' Mcduck
www.mothership.co.za

Koeitjies & kalfies | 7 kommentare

Wouter Skat

Wo., 27 Maart 2002 04:49

Wat sal ek sê en waar sal ek begin is die vraag waarmee ek sedert
gister rondloop nadat ek gelees het wat alles hier geskryf is, nadat
ek my brief aan Gloudina gerig het.

Ek het toe besluit om net in kort dit te sê:

Ek is nie juis lus vir n verdere lang debat nie. Ek lees en reken dat
ons in sirkels gaan praat.

Maar:
n Baie groot dankie aan Wouter en ander wat my reg gelees het en wat
verstaan....

Koeitjies & kalfies | 6 kommentare

RE - Re Klagatte (of so iets)

Di., 26 Maart 2002 19:42

>  Intussen is die swart
>                bevolking van SA wonderlik geduldig.
>
>  Gloudina

Met maniere wat Gloudina haar beny
vra Hilda toe:...........  (en wag steeds op 'n antwoord !!!)

Gloudina,

Prinsipieel wil ek nie meng in 'n argument oor 'n ander land nie. Ek voel
nie ek's bevoeg daarvoor nie. Maar nou wil ek tog vra : wat stel jy dan voor
as oplossing vir die swart bevolking ? Hoekom sê jy hulle is 'wonderlik
geduldig' ? Wat moet volgens jou gebeur om hul lot te verbeter ? Watmoet
hulle opeis ? Is daar realistiese oplossinge om die swart bevolking in 'n
kort tyd welstellend te maak ? Of dink jy hulle moet maar in opstand kom,
chaos veroorsaak en dan weer opnuut begin ? Dink jy as hulle 'ongeduldig'
was dat dinge vinnig sal verbeter ?
Ek begryp nie goed wat jy bedoel nie met daardie 'wonderlik geduldig' nie.

Hilda.

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Weer Baviaanskloof

Di., 26 Maart 2002 10:33

So rukkie terug het ek iets oor Baviaanskloof hier berig. Gaan kyk
bietjie na die website, louis.vanbiljon.com.

Louis is met 'n fiets daardeur. Wow en WOW! Daar is hoogtes en
afgronde wat absoluut skrik vir niks. Met 'n fiets nogal. Lig
julle hoede hoog! Ook vir sy vrou wat hom skynbaar in 'n Mazda
1300 bygestaan het! Dis defnitief nie 'n plek vir sissies nie.

Al probleme wat ek het met Louis se fotos is dat die plek so groen is.
Toe ek daar gery het was daar niks wat groen was nie. Seker maar
'n goeie seisoen wat hy daar ondervind het. Ook dat hy sinspeel
dat daar baie mense is. Daar is nie, en ek glo nie daar was ooit nie.
Die plase wat hy noem is ver van mekaar af en om "dorp
toe" te gaan is werk, nie net 'n trippie nie. As die
suiker opraak drink jy maar bitter koffie.

Ek kan Baviaanskloof sterk aanbeveel. Dis 'n ongelooflike mooi
plek.

Reis & vakansie | 7 kommentare

Verkeerskaartjie

Di., 26 Maart 2002 06:54

Kry toe uit die bloute 'n spoedboete van Port Shepstone - 'n plek wat ek
seker 20 jaar laas gesien het. My nommer en Port Elizabeth-adres is reg,
maar hulle reken ek ry 'n Honda.

Hoe raak ek met die minste moeite van hierdie pyn ontslae? Ek moet nou
posgeld betaal om hulle fout op te los.

Help asseblief, julle juridies-geneigdes...

Koot Pieterse

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Ils-servers

Sa., 23 Maart 2002 22:12

Hallo, elkeen,

Ek sou wou 'n verbinding het met me vriendin in Suid-Afrika
(audio-video) met Netmeeting.
Weet iemand daar by watter server ek die beste kan inlog?
Is daar ook n' Suidafrikaanse Ils-server wat Netmeeting aankan
en hoe word dese genoem? Ons het al gewerk met Paltalk maar
die laaste keer was nie een sukses nie.
Sal dit seer waardeer as iemand my daaroor inligtings kan verskaf.

Norbert (uit Vlaanderen)

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Tom Gouws (geb. 1961) - onsuiwer wiskunde

Vr., 22 Maart 2002 14:40

Tom Gouws (geb. 1961)

onsuiwer wiskunde

the elusive penetrates everything
you must know that everything rhymes
- Wols

die uurwerk kantel g'n. die boesmans
kon jou dit lank terug reeds vertel:
veel meer kere as wat hul kon tel,
is al wat vorm is, begoël. sjamans

kén die mistieke rekenwette van verbeelding. selfs
pythagoras moes in 'n grot eers offers bring
voor hy kon leer van vermenigvuldiging.
en eers na van gogh dieper moes delf

na steenkool en God in die skagte van die myn,
kon hy iéts sien van die son en die sonneblom.
al is ons empiries presies, bly ons matematies dom.
hoe héél ons Hom probeer bedink, ons dink te klein

om die verganklike tot die onverweerbare te jel.
ons besit bloot tydelik deur te benoem en te tel.
André P. Brink (samest.), Groot Verseboek 2000, (Kaapstad: Tafelberg) 2000.

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Bladsye (1834): [ «    776  777  778  779  780  781  782  783  784  785  786  787  788  789  790  791    »]
Tyd nou: So. Mrt. 08 05:24:50 UTC 2026