Wat sal ek sê en waar sal ek begin is die vraag waarmee ek sedert
gister rondloop nadat ek gelees het wat alles hier geskryf is, nadat
ek my brief aan Gloudina gerig het.
Ek het toe besluit om net in kort dit te sê:
Ek is nie juis lus vir n verdere lang debat nie. Ek lees en reken dat
ons in sirkels gaan praat.
Maar:
n Baie groot dankie aan Wouter en ander wat my reg gelees het en wat
verstaan....
> Intussen is die swart
> bevolking van SA wonderlik geduldig.
>
> Gloudina
Met maniere wat Gloudina haar beny
vra Hilda toe:........... (en wag steeds op 'n antwoord !!!)
Gloudina,
Prinsipieel wil ek nie meng in 'n argument oor 'n ander land nie. Ek voel
nie ek's bevoeg daarvoor nie. Maar nou wil ek tog vra : wat stel jy dan voor
as oplossing vir die swart bevolking ? Hoekom sê jy hulle is 'wonderlik
geduldig' ? Wat moet volgens jou gebeur om hul lot te verbeter ? Watmoet
hulle opeis ? Is daar realistiese oplossinge om die swart bevolking in 'n
kort tyd welstellend te maak ? Of dink jy hulle moet maar in opstand kom,
chaos veroorsaak en dan weer opnuut begin ? Dink jy as hulle 'ongeduldig'
was dat dinge vinnig sal verbeter ?
Ek begryp nie goed wat jy bedoel nie met daardie 'wonderlik geduldig' nie.
So rukkie terug het ek iets oor Baviaanskloof hier berig. Gaan kyk
bietjie na die website, louis.vanbiljon.com.
Louis is met 'n fiets daardeur. Wow en WOW! Daar is hoogtes en
afgronde wat absoluut skrik vir niks. Met 'n fiets nogal. Lig
julle hoede hoog! Ook vir sy vrou wat hom skynbaar in 'n Mazda
1300 bygestaan het! Dis defnitief nie 'n plek vir sissies nie.
Al probleme wat ek het met Louis se fotos is dat die plek so groen is.
Toe ek daar gery het was daar niks wat groen was nie. Seker maar
'n goeie seisoen wat hy daar ondervind het. Ook dat hy sinspeel
dat daar baie mense is. Daar is nie, en ek glo nie daar was ooit nie.
Die plase wat hy noem is ver van mekaar af en om "dorp
toe" te gaan is werk, nie net 'n trippie nie. As die
suiker opraak drink jy maar bitter koffie.
Ek kan Baviaanskloof sterk aanbeveel. Dis 'n ongelooflike mooi
plek.
Kry toe uit die bloute 'n spoedboete van Port Shepstone - 'n plek wat ek
seker 20 jaar laas gesien het. My nommer en Port Elizabeth-adres is reg,
maar hulle reken ek ry 'n Honda.
Hoe raak ek met die minste moeite van hierdie pyn ontslae? Ek moet nou
posgeld betaal om hulle fout op te los.
Ek sou wou 'n verbinding het met me vriendin in Suid-Afrika
(audio-video) met Netmeeting.
Weet iemand daar by watter server ek die beste kan inlog?
Is daar ook n' Suidafrikaanse Ils-server wat Netmeeting aankan
en hoe word dese genoem? Ons het al gewerk met Paltalk maar
die laaste keer was nie een sukses nie.
Sal dit seer waardeer as iemand my daaroor inligtings kan verskaf.
the elusive penetrates everything
you must know that everything rhymes
- Wols
die uurwerk kantel g'n. die boesmans
kon jou dit lank terug reeds vertel:
veel meer kere as wat hul kon tel,
is al wat vorm is, begoël. sjamans
kén die mistieke rekenwette van verbeelding. selfs
pythagoras moes in 'n grot eers offers bring
voor hy kon leer van vermenigvuldiging.
en eers na van gogh dieper moes delf
na steenkool en God in die skagte van die myn,
kon hy iéts sien van die son en die sonneblom.
al is ons empiries presies, bly ons matematies dom.
hoe héél ons Hom probeer bedink, ons dink te klein
om die verganklike tot die onverweerbare te jel.
ons besit bloot tydelik deur te benoem en te tel.
André P. Brink (samest.), Groot Verseboek 2000, (Kaapstad: Tafelberg) 2000.
Gloudina het gevra: "Ek wonder of die "villanelle
van die oos-vrystaat -clarens distrik" in die
verseboek is."
Jammer, nee - dis nie daar nie. Ook nie Naudé se "Die Brommer" nie. Ek moet
nogal regtig sê dat ek Brink se keuses van gedigte wat geplaas is - en veral
soms wat nie geplaas is nie - verrassend vind. Maar nouja - soos 'n
digtervriend in Suid-Afrika my geantwoord het: "daar is ook soveel smake wat
bevredig moet word wanneer 'n mens so 'n bundel saamstal."
Nietemin - hier is nog van Naudé. Geniet dit. Terloops - jammer ek het nou
eers kon antwoord. My "day job" meng nogal in met die ander dinge wat ek
graag sou wou doen.... :-)
Charl-Pierre Naudé (geb. 1958)
Inisiasie
Dit was op een van daardie dae wanneer,
so meen sommige mense, niks gebeur nie.
Niks het op die hoewe beweeg nie
behalwe onbespeurbaar, die aarde.
In die verte was die smeulende geweerlope
van 'n steengroef se gruishope.
Ek onthou hoe helder die venster
se skaduwee op die vloer lê;
die beklemmende slaap daarna:
realiteit en droom is twee emmers
van dieselfde waterdraer.
In die middag en my droom se gedeelde halflig
moes ek heidense maskers aanpas,
oorspronklikes van my eie vervalste gesig.
Die kussing se rooster was in my gesig afgedruk soos vlerke,
toe ek wakker skrik en vaskyk teen my muurplakkaat
van 'n Afrika-gesig met diep inisiasiemerke.
André P. Brink (samest.), Groot Verseboek 2000, (Kaapstad: Tafelberg) 2000.