Die Stormers het vandag gewen - en Slap Chips het 3 vywe gedruk. Ongelukkig
maak drie swaeltjies nie die somer nie, en die Stormers sal nog 'n paar keer
met bonuspunte moet wen om te kan kwalifiseer vir die halfeindstryd van die
super 12 kompetisie.
Dit was 'n mooi wedstryd - ten spyte van Rossouw en Persie wat gespeel
het;))))
Advokaat Barbie - Cezanne Prinsloo ( Prinsloo is die van van haar geliefde
wat nog moet skei van sy huidige vrou) het die volgende wysheid kwyt geraak:
"Barbie is an aspiration to external perfection in a feminine, sexy en
sensual way."
Dit van 'n 25 jarige slim advokaat- wat nou nog nie weet dat Barbie
geneties nie perfek is nie.
Smous-ekonomie. Anna Svovera, voormalige groentesmous in Zimbabwe, verkoop
nou begrafnisblomme daar- volgens haar 'n baie meer winsgewende besigheid -
omdat daar elke dag soveel meer mense doodgaan agv al die siektes daar.
Jurgen Harksen - wie die Duitse owerhede al agt jaar sukkel dat SA hom aan
hulle moet uitlewer - gaan nou uiteindelik aan Duitsland uitgelewer word.
Daar word allerhande vae redes gegee, maar die ondertekening van die
uitleweringsbevel kom na verskeie berigte verlede week dat hy verkieslik
eers hier teregstaan vir sy stoutighede hier gepleeg.
Daar is seker maar weer 'n politieke stertjie by die "skielike"
ondertekening.
Gerald Morkel is onder skoot omdat hy glo gelde van Harksen ontvang het -
maar toe daar berigte begin verskyn dat die ANC ook glo gelde van Harksen
ontvang het, word hy vinnig aan die Duitse Owerhede oorhandig - seker tot
groot verligting van meer as een politikus en party hier
Nie eers die man wat die vinnigste tyd ooit in SA in die 100m by die kus
10.03) en die vinnigste tyd op SA bodem kon opstel - Tim Montgomery van die
VSA- is vinnig genoeg vir ons capies nie:))
Na sy oorwinning het hy ewe gemoedelik een van sy skoene na die pawiljoen
gegooi - voor hy kon sê "Hau!!"
is hy deur twee geesdriftige aandenkingsoekers net daar op die baan teen die
grond vasgedruk, en van sy ander skoen beroof.
Annette
Q skryf:
> Finaal, net om seker te maak dat jy wel die >tegnologie begryp, kom ek wys
> jou hoe...
> Klik "Message"
> Klik "Block Sender..."
> Siedaar, @rogers.com kan nou vir Norbert >geselskap hou in my 'killfile'. Let
> tog op dat jy nog steeds na hierdie >nuusgroep kan pos. Let ook op hoe ek nie
> op enige van jou poste reageer nie... nie >omdat ek onbeskof is nie. Nee, ek
> kan nie jou pos meer lees nie.
> Totsiens Gloudina
Jy moet darem nou al weet dat hier meer mense is wat voortdurend aandag en
reaksies soek! Moenie jou tyd en energie mors op hulle nie, Mens, lag maar
net in jou enigheid vir hulle - ek doen dit al jare lank. En dit is nou vir
my die grootste bron van genot om mense se reaksies op hulle snert te lees.
Ek proeslag gereeld lekker vir al die onsinnighede wat hier opgebraak word.
Daarom besit ek nie 'n dodelys nie - ek's te bang ek mis dalk my vermaak vir
die dag!
-----------------------------------------------------------
Afrikaans (or Cape Dutch), a South African language;
official language, along with English, since 1925; developed
from 17th-century Netherlandic (Dutch) by the descendants of
Dutch, German, and French colonists; adopted for use in
schools in 1914 and in the Dutch Reformed church in 1919;
Afrikaans literature evolved during the 20th c., and the
first complete translation of the Bible was published in
1933
---------------------------------------------------------
Excerpted from Compton's Interactive Encyclopedia
Copyright (c) 1994, 1995 Compton's NewMedia, Inc. All Rights
Reserved
Verskoning vir elkeen maar ek kan môre en oormôre nie deelneem an die
"taalstryd" van hierdie nuusgroep nie. Ek moet na die fabriek toe om
daar te gaan werk (twee maal twaalf ure). Dis te lank om nog aktief te
kan wees na me arbeid. Maandag kom ek terug.
By Bien Donne ( Franschoek) vanaf 26 - 28/4.
Hoofsaaklik SA kase sal aangebied word, en daar is ook klassifikasies in
verskillende afdelings.
Daar sal 'n groot klomp tuisgemaakte kase wees ( dis hoekom ek gaan)
Toegang R50 per persoon - en dan kan jy jou knuppeldik gaan eet aan die
kase;))
Daar sal ook wyne, olywe en ander verwante produkte op die fees wees -
volgens die woordvoerder sal hierdie ander produkte 15% wees van alle
produkte wat aangebied word .
Jong Q, onse Norbert het 'n groot vrees. Dit is die vrees dat Nederlands
nie gaan oorleef as taal nie. As jy van sy vorige poste gelees het sal jy
sien dat dit sommer ordentlik uitstaan. Volgens Norbert is die enigste
manier om Nederlands te laat oorleef om Afrikaans ook as 'n dialek van
Nederlands te laat verklaar. Net soos Vlaams beskou word as 'n dialek van
Nederlands.
Ek hou van jou verklaring hier onder. Ek kon dit nie beter stel nie al wou
ek ook. Ek wonder of Norbert weet dat Afrikaans tweede op die ranglys is in
Suid-Afrika wat gebruikerstal betref. Eerste is natuurlik Zoeloe, en nie
Engels nie soos wat Norbert blykbaar dink.
Drie hoera's vir die Afrikanerdom. Ons voorvaders moes baie meer keurlinge
gemaak het. Dan sou Afrikaans nou al klaar die hoogste gebruikerstal gehad
het.:-))))))
Sakkie(wat sy gat af sukkel om Nederlands te ontsyfer)
From: "Q"
Subject: Re: www.afrikaans.nu
Date: Friday, April 19, 2002 12:42 AM
"*Sterrenkijker*" skryf in boodskap news:3cbf131e.32000393@news.skynet.be...
> Ek is gelukkig dat ek sonet op die world wide web 'n bladsy gevind het
> in Afrikaans oor die toekoms van daardie taal ('n visie van 'n
> oorspronklike Afrikaner soos ek dit meen). Ek is gelukkig dat me
> mening oor Afrikaans nog deur andere mense in SA ondersteun word.
>
> Norbert (uit Vlaanderen)
Hallo Norbert,
Ek is van mening dat Petrus van Eeden se logika in hierdie verband gebrekkig
is. Terwyl sy definisies van omgangstaal en kultuurtaal miskien (en 'n groot
miskien) in 'n lesinglokaal van 'n universiteit sal water hou, wend hy hom
tot wat elders in die wereld gebeur in 'n poging om te bewys dat Afrikaans
slegs 'n plaaslike omgangstaal van Nederlands is. So hou hy as voorbeeld die
verhouding tussen Vlaams en Nederlands, die verhouding tussen Portugees soos
dit in Portugal gepraat word en soos dit in Brasilie gepraat word, ens. ens.
En daarom, stel hy dit, moet Afrikaans nou maar 'n soet seuntjie wees, en
terughardloop na sy herkoms. Ek merk egter dat hy nie probeer voorgee dat
Portugees slegs 'n omgangstaal van Spaans is nie (tog is hulle baie
soortgelyk). Of dat Spaans slegs 'n omgangstaal van Italiaans is nie.Of dat
Italiaans slegs 'n omgangstaal van Latyns is nie. Of hoekom gaan verduidelik
hy nie aan die Xhosas dat Zoeloe hulle kultuurtaal is nie (of andersom).
So, ongelukkig beteken sy argumente nie veel op die grond tussen gewone
Afrikaners nie. Dit is nie Brasilie of Surinam nie. Dit is Suid Afrika.
As iemand my mening moet peil of Afrikaans slegs 'n omgangstaal moet wees en
Nederlands my kultuurtaal, dan is die antwoord 'n besliste "NEE". Ek het
geen bande met die Nederlande nie. Dit beteken nie dat ek nie van
Nederlanders hou nie (trouens, ek het heelwat vriende wat vandaar kom en
verder handhaaf ek nie 'n opinie nie), maar as iemand Nederlands praat of
skryf, slaat ek 'n 'blank'. Hoe is dit dan? Wel, ek vergaap my aan die
Nederlandse tradisionele drag en tulpe en kaas en gragte en polders en
klompe, maar dit is nie myne nie. En wanneer ek Nederlands hoor, klink dit
soos een lang "zzzzssccchhh". Dit is nie myne nie. Ek sal graag vir jou wou
vertel wat myne is, maar dit sal ongelukkig te lank duur.
Wat ek jou wel sal vertel is dat daar in die werklike lewe nie 'n groter pot
bollie is as die onderskeid tussen omgangstaal en kultuurtaal is nie. Gaan
luister maar hoe my mense praat. Hulle praat nie 'n dialek van Nederlands
nie (net soos Portugees nie 'n dialek van Spaans is nie). Hulle praat
Afrikaans, bid in Afrikaans, tel in Afrikaans, bewonder die geskenk van nuwe
lewe in Afrikaans, rou in Afrikaans, dig in Afrikaans, verklaar liefde in
Afrikaans, baklei in Afrikaans. My kultuur is Afrikaans (ja, ons het 'n
kultuur Norbert). My omgangstaal = my kultuurtaal = Afrikaans, en daarmee
basta. Niemand sal my anders vertel nie, en niemand sal my anders dwing nie.
Gaan lees so 'n bietjie wat Winston Churchill te se gehad het oor die
Boerevolk, en jy sal verstaan wat ek daarmee bedoel.
Nou is die vraag natuurlik of dit net ek is wat so voel? Wel, Afrikaners het
my nie as hul amptelike woordvoerder aangestel nie, maar ek het in my lewe
nog nie 'n ander Afrikaner teegekom (met die uitsondering van Petrus
hierbo), wat voel dat Afrikaans eintlik net 'n plaaslike omgangstaal van
Nederlands moet wees nie. Om die waarheid te se, wanneer enige iemand my
taal as 'Kitchen Dutch' beskryf, voel ek soos die Australiers voel oor enige
verwysing na kriminele in hul verlede. Ek voel dat daardie persoon my
beledig het. En ek is seker dat jy, as 'n gas by 'n Afrikaanse nuusgroep,
jou nie daaraan sal wil skuldig maak nie, of hoe.
Wat die toekoms van my taal betref, my taal se toekoms is so verseker soos
ek, en al my taalgenote, dit wil he. En elke keer wanneer een van ons
Afrikaans praat, eerder as 'n ander taal, raak Afrikaans 'n bietjie sterker.
En glo my... dit gebeur elke dag. Afrikaans sal nooit die internasionale
teenwoordigheid he wat Engels of Frans het nie. Maar dit maak nie saak
nie... solank my dogtertjie elke aand in Afrikaans vir my se dat sy my lief
het, weet ek dat my taal 'n toekoms in sy eie reg het.
Op 'n ander kol iewers is daar 'n ope brief van Breyten Breytenbach aan
Israel se Sharon - geskryf in Nederlands.
Behalwe dat ek gesukkel het om dit te lees, wonder ek of Sharon enigsins
moeite sou doen om dit te probeer lees of te vertaal.
Ons moet Thysie kry om meer Kaaps hier te skryf;)))
Annette
Sakkie skryf in boodskap news:3cbfc981$0$233@hades.is.co.za...
> Jong Q, onse Norbert het 'n groot vrees. Dit is die vrees dat Nederlands
> nie gaan oorleef as taal nie. As jy van sy vorige poste gelees het sal jy
> sien dat dit sommer ordentlik uitstaan. Volgens Norbert is die enigste
> manier om Nederlands te laat oorleef om Afrikaans ook as 'n dialek van
> Nederlands te laat verklaar. Net soos Vlaams beskou word as 'n dialek van
> Nederlands.
>
> Ek hou van jou verklaring hier onder. Ek kon dit nie beter stel nie al wou
> ek ook. Ek wonder of Norbert weet dat Afrikaans tweede op die ranglys is in
> Suid-Afrika wat gebruikerstal betref. Eerste is natuurlik Zoeloe, en nie
> Engels nie soos wat Norbert blykbaar dink.
>
> Drie hoera's vir die Afrikanerdom. Ons voorvaders moes baie meer keurlinge
> gemaak het. Dan sou Afrikaans nou al klaar die hoogste gebruikerstal gehad
> het.:-))))))
>
> Sakkie(wat sy gat af sukkel om Nederlands te ontsyfer)
>
> From: "Q"
> Subject: Re: www.afrikaans.nu
> Date: Friday, April 19, 2002 12:42 AM
>
> "*Sterrenkijker*" wrote in message
> news:3cbf131e.32000393@news.skynet.be...
>
>> Ek is gelukkig dat ek sonet op die world wide web 'n bladsy gevind het
>> in Afrikaans oor die toekoms van daardie taal ('n visie van 'n
>> oorspronklike Afrikaner soos ek dit meen). Ek is gelukkig dat me
>> mening oor Afrikaans nog deur andere mense in SA ondersteun word.
>>
>> Norbert (uit Vlaanderen)
>
> Hallo Norbert,
>
> Ek is van mening dat Petrus van Eeden se logika in hierdie verband gebrekkig
> is. Terwyl sy definisies van omgangstaal en kultuurtaal miskien (en 'n groot
> miskien) in 'n lesinglokaal van 'n universiteit sal water hou, wend hy hom
> tot wat elders in die wereld gebeur in 'n poging om te bewys dat Afrikaans
> slegs 'n plaaslike omgangstaal van Nederlands is. So hou hy as voorbeeld die
> verhouding tussen Vlaams en Nederlands, die verhouding tussen Portugees soos
> dit in Portugal gepraat word en soos dit in Brasilie gepraat word, ens. ens.
> En daarom, stel hy dit, moet Afrikaans nou maar 'n soet seuntjie wees, en
> terughardloop na sy herkoms. Ek merk egter dat hy nie probeer voorgee dat
> Portugees slegs 'n omgangstaal van Spaans is nie (tog is hulle baie
> soortgelyk). Of dat Spaans slegs 'n omgangstaal van Italiaans is nie.Of dat
> Italiaans slegs 'n omgangstaal van Latyns is nie. Of hoekom gaan verduidelik
> hy nie aan die Xhosas dat Zoeloe hulle kultuurtaal is nie (of andersom).
>
> So, ongelukkig beteken sy argumente nie veel op die grond tussen gewone
> Afrikaners nie. Dit is nie Brasilie of Surinam nie. Dit is Suid Afrika.
>
> As iemand my mening moet peil of Afrikaans slegs 'n omgangstaal moet wees en
> Nederlands my kultuurtaal, dan is die antwoord 'n besliste "NEE". Ek het
> geen bande met die Nederlande nie. Dit beteken nie dat ek nie van
> Nederlanders hou nie (trouens, ek het heelwat vriende wat vandaar kom en
> verder handhaaf ek nie 'n opinie nie), maar as iemand Nederlands praat of
> skryf, slaat ek 'n 'blank'. Hoe is dit dan? Wel, ek vergaap my aan die
> Nederlandse tradisionele drag en tulpe en kaas en gragte en polders en
> klompe, maar dit is nie myne nie. En wanneer ek Nederlands hoor, klink dit
> soos een lang "zzzzssccchhh". Dit is nie myne nie. Ek sal graag vir jou wou
> vertel wat myne is, maar dit sal ongelukkig te lank duur.
>
> Wat ek jou wel sal vertel is dat daar in die werklike lewe nie 'n groter pot
> bollie is as die onderskeid tussen omgangstaal en kultuurtaal is nie. Gaan
> luister maar hoe my mense praat. Hulle praat nie 'n dialek van Nederlands
> nie (net soos Portugees nie 'n dialek van Spaans is nie). Hulle praat
> Afrikaans, bid in Afrikaans, tel in Afrikaans, bewonder die geskenk van nuwe
> lewe in Afrikaans, rou in Afrikaans, dig in Afrikaans, verklaar liefde in
> Afrikaans, baklei in Afrikaans. My kultuur is Afrikaans (ja, ons het 'n
> kultuur Norbert). My omgangstaal = my kultuurtaal = Afrikaans, en daarmee
> basta. Niemand sal my anders vertel nie, en niemand sal my anders dwing nie.
> Gaan lees so 'n bietjie wat Winston Churchill te se gehad het oor die
> Boerevolk, en jy sal verstaan wat ek daarmee bedoel.
>
> Nou is die vraag natuurlik of dit net ek is wat so voel? Wel, Afrikaners het
> my nie as hul amptelike woordvoerder aangestel nie, maar ek het in my lewe
> nog nie 'n ander Afrikaner teegekom (met die uitsondering van Petrus
> hierbo), wat voel dat Afrikaans eintlik net 'n plaaslike omgangstaal van
> Nederlands moet wees nie. Om die waarheid te se, wanneer enige iemand my
> taal as 'Kitchen Dutch' beskryf, voel ek soos die Australiers voel oor enige
> verwysing na kriminele in hul verlede. Ek voel dat daardie persoon my
> beledig het. En ek is seker dat jy, as 'n gas by 'n Afrikaanse nuusgroep,
> jou nie daaraan sal wil skuldig maak nie, of hoe.
>
> Wat die toekoms van my taal betref, my taal se toekoms is so verseker soos
> ek, en al my taalgenote, dit wil he. En elke keer wanneer een van ons
> Afrikaans praat, eerder as 'n ander taal, raak Afrikaans 'n bietjie sterker.
> En glo my... dit gebeur elke dag. Afrikaans sal nooit die internasionale
> teenwoordigheid he wat Engels of Frans het nie. Maar dit maak nie saak
> nie... solank my dogtertjie elke aand in Afrikaans vir my se dat sy my lief
> het, weet ek dat my taal 'n toekoms in sy eie reg het.
>
> Q
>