Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Hik! Disjh nou lekker!!

Sa., 20 April 2002 14:16

Treinrit vanaf die Kaap 3/5 - 5/5 - sluit die volgende in:
Rugbykaartjies na die wedstryde Stormers vs Cats op Ellis Park op 4/5 om 2nm
en Bulls vs Sharks op Loftus op 4/5 om 7nm.
Vrydagaand braai - die trein stop spesiaal iewers vir die gelentheid.
Ontbytpakkies Saterdag en Sondagoggend.
1Jaar lidmaatskapkaart tot die Ondersteunersklub.
Alles vir R1470 p/p wat deel.

sin...@global.co.za

Annette

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

eindperiode

Sa., 20 April 2002 12:56

is daar enigiemand wat belang stel in die "Countdown" van Planeet Aarde?

Net o julle gerus te stel: Ek behoort aan geen kerk, nie want sdie woord
'kerk' kom nie in die oorspronklike Teks voor nie, so jy hoef nie bang te
wees dat ek enigiets aan jou verkoop vir jou siel nie. Dis die werk van
pouse, priesters, professors, predikante, ens.

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Nog Nuus 19/4

Sa., 20 April 2002 09:14

Die Stormers het vandag gewen - en Slap Chips het 3 vywe gedruk. Ongelukkig
maak drie swaeltjies nie die somer nie, en die Stormers sal nog 'n paar keer
met bonuspunte moet wen om te kan kwalifiseer vir die halfeindstryd van die
super 12 kompetisie.
Dit was 'n mooi wedstryd - ten spyte van Rossouw en Persie wat gespeel
het;))))

Advokaat Barbie - Cezanne Prinsloo ( Prinsloo is die van van haar geliefde
wat nog moet skei van sy huidige vrou) het die volgende wysheid kwyt geraak:
"Barbie is an aspiration to external perfection in a feminine, sexy en
sensual way."
Dit van 'n 25 jarige slim advokaat- wat nou nog nie weet dat Barbie
geneties nie perfek is nie.

Smous-ekonomie. Anna Svovera, voormalige groentesmous in Zimbabwe, verkoop
nou begrafnisblomme daar- volgens haar 'n baie meer winsgewende besigheid -
omdat daar elke dag soveel meer mense doodgaan agv al die siektes daar.

Annette

Nuus | 2 kommentare

Nuus

Sa., 20 April 2002 08:50

Jurgen Harksen - wie die Duitse owerhede al agt jaar sukkel dat SA hom aan
hulle moet uitlewer - gaan nou uiteindelik aan Duitsland uitgelewer word.
Daar word allerhande vae redes gegee, maar die ondertekening van die
uitleweringsbevel kom na verskeie berigte verlede week dat hy verkieslik
eers hier teregstaan vir sy stoutighede hier gepleeg.
Daar is seker maar weer 'n politieke stertjie by die "skielike"
ondertekening.
Gerald Morkel is onder skoot omdat hy glo gelde van Harksen ontvang het -
maar toe daar berigte begin verskyn dat die ANC ook glo gelde van Harksen
ontvang het, word hy vinnig aan die Duitse Owerhede oorhandig - seker tot
groot verligting van meer as een politikus en party hier

Annette

Nuus | 1 kommentaar

Vinnige Capies

Sa., 20 April 2002 06:51

Nie eers die man wat die vinnigste tyd ooit in SA in die 100m by die kus
10.03) en die vinnigste tyd op SA bodem kon opstel - Tim Montgomery van die
VSA- is vinnig genoeg vir ons capies nie:))
Na sy oorwinning het hy ewe gemoedelik een van sy skoene na die pawiljoen
gegooi - voor hy kon sê "Hau!!"
is hy deur twee geesdriftige aandenkingsoekers net daar op die baan teen die
grond vasgedruk, en van sy ander skoen beroof.
Annette

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Hey, Q!

Vr., 19 April 2002 22:40

Q skryf:
> Finaal, net om seker te maak dat jy wel die >tegnologie begryp, kom ek wys
> jou hoe...

> Klik "Message"
> Klik "Block Sender..."
> Siedaar, @rogers.com kan nou vir Norbert >geselskap hou in my 'killfile'. Let
> tog op dat jy nog steeds na hierdie >nuusgroep kan pos. Let ook op hoe ek nie
> op enige van jou poste reageer nie... nie >omdat ek onbeskof is nie. Nee, ek
> kan nie jou pos meer lees nie.

> Totsiens Gloudina

Jy moet darem nou al weet dat hier meer mense is wat voortdurend aandag en
reaksies soek! Moenie jou tyd en energie mors op hulle nie, Mens, lag maar
net in jou enigheid vir hulle - ek doen dit al jare lank. En dit is nou vir
my die grootste bron van genot om mense se reaksies op hulle snert te lees.
Ek proeslag gereeld lekker vir al die onsinnighede wat hier opgebraak word.
Daarom besit ek nie 'n dodelys nie - ek's te bang ek mis dalk my vermaak vir
die dag!

Dus, Q, sit terug en geniet!

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

Afrikaans is Cape Dutch ;-))

Vr., 19 April 2002 19:07

grt emmy

-----------------------------------------------------------
Afrikaans (or Cape Dutch), a South African language;
official language, along with English, since 1925; developed
from 17th-century Netherlandic (Dutch) by the descendants of
Dutch, German, and French colonists; adopted for use in
schools in 1914 and in the Dutch Reformed church in 1919;
Afrikaans literature evolved during the 20th c., and the
first complete translation of the Bible was published in
1933

---------------------------------------------------------
Excerpted from Compton's Interactive Encyclopedia
Copyright (c) 1994, 1995 Compton's NewMedia, Inc. All Rights
Reserved

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Verskoning

Vr., 19 April 2002 18:17

Verskoning vir elkeen maar ek kan môre en oormôre nie deelneem an die
"taalstryd" van hierdie nuusgroep nie. Ek moet na die fabriek toe om
daar te gaan werk (twee maal twaalf ure). Dis te lank om nog aktief te
kan wees na me arbeid. Maandag kom ek terug.

'n Goeie naweek vir elkeen!

Norbert (uit Vlaanderen)
http://users.skynet.be/strandkruier/index.html

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Nuus

Vr., 19 April 2002 11:00

Twee van die rugbyspelers wat tereg staan op moord van die jong seun is
skuldig bevind. Die ander is vrygespreek.

'n Ligte vliegtuig het in Pretoria neergestort - die drie insittendes het
omgekom - niemand op die grond is beseer nie.

Die (Blou) Bulle het vanoggend weer verloor ( Teen die Blues) . Hulle het
nog steeds net 1 punt in die Super 12 kompetisie.

Annette

Koeitjies & kalfies | 10 kommentare

Kaasfees

Vr., 19 April 2002 09:37

By Bien Donne ( Franschoek) vanaf 26 - 28/4.
Hoofsaaklik SA kase sal aangebied word, en daar is ook klassifikasies in
verskillende afdelings.
Daar sal 'n groot klomp tuisgemaakte kase wees ( dis hoekom ek gaan)
Toegang R50 per persoon - en dan kan jy jou knuppeldik gaan eet aan die
kase;))

Daar sal ook wyne, olywe en ander verwante produkte op die fees wees -
volgens die woordvoerder sal hierdie ander produkte 15% wees van alle
produkte wat aangebied word .

Kontaknommer 021-9754440
www.cheesefestival.co.za

Annette

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Bladsye (1834): [ «    764  765  766  767  768  769  770  771  772  773  774  775  776  777  778  779    »]
Tyd nou: So. Mrt. 08 03:57:02 UTC 2026