Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Demografie

Wo., 26 Junie 2002 16:48

Die Europese demografie staan vir 'n instorting... Ons het nie meer
genoeg jonge mense om die toekomstige ekonomie van onse kontinent
ooreind te hou nie.
Ek stel daarom voor om jonge Afrikaanstalige families (liefs met
kinders) uit Suid-Afrika te laat emigreer terug na die
Nederlandstalige lande in Europa toe (Nederland & Vlaanderen). Ek glo
hulle sal hier baie welkom wees en hulle aanpassing sal nie baie
probleme oplewer omdat hulle die taal al goed magtig is.

Die beste groete vanweë

Norbert (uit Vlaanderen)

Koeitjies & kalfies | 22 kommentare

Koste van Vryheid

Wo., 26 Junie 2002 12:57

Die subsidie wat Boys Town van die staat kry werk uit op R33 per kind per
dag.
Dit kos die staat aan gewone tronke - R95 per gevangene per dag.
Dit kos die staat aan super tronke - R 233 per gevangene per dag.
Annette

Koeitjies & kalfies | 7 kommentare

Konfoesing Nuwe Plekname

Wo., 26 Junie 2002 12:41

Kry dit van 'n ander kol - dankie JB vir die genotvolle inligting:

Ek het getrek maar ek bly nog op dieselfde plek - maar hoe verduidelik ek
dit vir mense soos sekretaresses in ander provinsies?

Ek wil 'n boodskap laat vir 'n kollega in Mpumalanga. "Vra asseblief hy moet
my in Polokwane skakel", sê ek."Waar??" vra sy en sy klink narerig, asof sy
'n mufgroen pasteitjie uit die pakkie gehaal het. "Polokwane". "Waar is
dit?" "Tussen Mokopane en Makhado in Limpopo".

Ek kan hoor sy dink ek is of van lotjie getik of het êrens ontsnap. "Waar is
dit?" hou sy geduldig vol. Wel, beduie ek, jy ry van Tswane af, verby
Bela-Bela en Modimolle. Ry deur die tolhek en hou reguit verby Mokopane,
maar hou jou spoed dop want die spiedies maak geld uit jou uit as jy daar te
vinnig ry. Polokwane is net na Mokopane en net voor Makhado.

Ek verstaan nie mooi waarom ek die pad moet verduidelik as ek wil hê iemand
moet my bel nie. "Nee wag meneer" sê sy. "Waar is dié Makhado?" "Tussen
Polokwane en Musina" probeer ek hulpvaardig wees.

"En waar is dit?" vra sy nou duidelik erg verward."Musina is tussen Makhado
en Harare" help ek so goed as wat ek kan. "Bly jy in Zimbabwe?" vra sy asof
daar skielik 'n lig vir haar opgaan. "Nee", sê ek. "Ek beduie net vir jou
waar Polokwane is."

"In Zimbabwe?" vra sy hoopvol. "Nee, in Limpopo" help ek haar reg. Sy sug
moedeloos en sê: "Kom ons begin voor." Ek dink sy wonder of dit nie Leon
Schuster is wat haar met 'n slapriem probeer vang vir een of ander
advertensie nie. "Waar is Tswane?" "Dis maklik" sê ek. "Tussen Bela-Bela en
Egoli"."Nee meneer, ek bedoel die dorp". "Ek ok" sê ek.

Ek kan hoor sy
is nou by sepies terwyl ek nog by pad beduie is. "Egoli is anderkant Tswane
as jy van Bela-Bela se kant af kom" sê ek. "Meneer", vra sy, "is jy getrek?"
"Nee", sê ek. "Ek het nie getrek nie, hulle het net die naam verander". "Wat
bedoel jy hulle het jou naam verander?"."Nie my naam nie, die dorp se naam"
help ek haar reg. "Watter dorp se naam?"

"Pietersburg". "Bly jy in Pietersburg?" vra sy en ek kan hoor daar gaan nou
'n helder lig vir haar op. "Nee", sê ek "ek bly in Polokwane maar dit was
voorheen Pietersburg." "Wragtig?" sê-vra sy. "Wragtig" sê-bevestig ek. "So,
jy skakel van Pietersburg af wat nou Polokwane is?". "Einste", sê ek.

"Nou watter ander name het jy dan genoem?" vra sy en ek kan aanvoel dié vrou
het 'n erge behoefte om iets oor die toekomsgeskiedenis van die land
te wete te kom. Toe verduidelik ek: "Egoli was eers Johannesburg. Tshwane is
Pretoria. As jy dan Noord ry kom jy by Bela-Bela wat eers Warmbad was,
daarna by Modimolle wat Nylstroom was en Potgietersrus wat nou Mokopane is.
Na Mokopane kry jy Polokwane wat Pietersburg was en daarna Louis Trichardt
wat Makhado geword het. Verby Makhado kry jy Musina wat eers Messina was."
"En Messina is by die Limpopo!" jubel sy. "Ja" sê ek, "maar die Limpopo
waarvan ek praat is die provinsie". "Nou wat noem julle die rivier?" vra sy.

"Limpopo" sê ek. "Meneer?" vra sy, "stook jy mampoer?"

--
Groetnis,
Annette. ann...@ctnet.co.za
Happiness is a State of Mind

Koeitjies & kalfies | 13 kommentare

Vakansietyd

Di., 25 Junie 2002 21:43

Uiteindelik is die exam verby en kan ek plaas toe gaan. Praat weer oor drie
weke.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Rokery

Di., 25 Junie 2002 06:43

Die Verenigde Nasies se Internasionale Agentskap vir Kankernavorsing het 'n
groep van 29 kundiges saamgestel om die effek van rook op die gesondheid van
manse vas te stel.
Dit was die eerste omvattende studie sedert 1986, en 3000 verskillende
gevallestudies is ondersoek, waarby miljoene rokers betrokke was.
Daar is die volgende bevind:
1) Ivm met kankers, is slegs longkanker verbind met sekondêre rook.
Maar dit is hoog - verhoging van risiko tot 20% is daarby betrokke.
Daar is 4000 stowwe in sigaretrook wat in nie-rokers se liggaamsvloeistowwe
en urine opgespoor kan word.
2) Rook word ook definitief verbind met maag-, nier-, lewer-, baarmoeder en
myeloid bloedkanker.
3) Die volledige verslag sal later in die jaar voorgelê word, maar dele
daarvan is te lees by www.iarc.fr
4) Naastenby 1.2 biljoen mense rook wêreldwyd. Volgens die navorsing sal die
helfte van hierdie rokers voortydig sterf aan rookverwante siektes ,
insluitende kanker, hartsiektes en emfiseem.
Die helfte van hierdie sterftes sal in die middeljare wees, met 'n
gemiddelde verlies in lewensverwagting van 20 - 25 jaar.
5) Rook het geen invloed op prostraat-, bors- en endometriese kankers nie.
6) Die studie het bevind dat die vorming van gewasse op die blaas en niere
agv van rook die risiko van rokers tot 6 keer meer as normaal is - voorheen
is vermoed dat die risiko slegs 4 keer meer as normaal is.

Annette

Koeitjies & kalfies | 41 kommentare

Duitswes/Suidwes/Namibië

So., 23 Junie 2002 05:54

Pas terug uit Windhoek. Ek het baie lanklaas soveel Afrikaans gehoor soos
daar - almal, almal, praat Afrikaans.

Koeitjies & kalfies | 23 kommentare

Curious George in Afrikaans

Sa., 22 Junie 2002 22:20

Hello,
I wonder if someone can help me. I am looking for the Afrikaans
translation of H.A. Rey's Curious George. Any ideas of how to go about
obtaining this?
Thanks,
Iditt

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Re: beethoven

Sa., 22 Junie 2002 18:45

Ons het juis nou hier innie Kaap 'n stuk genaamd Roll Over Beethoven:))
Annette

"Threeships Mcduck" skryf in boodskap news:5m86hukcr8snioofme8pi0c8m82e00plcm@4ax.com...
>
>
> Beethoven wrote music even though he was deaf. He was so
> deaf he wrote loud music. He took long walks in the forest
> even when everyone was calling for him. Beethoven expired
> in 1827 and later died for this.
>
>
> Threeships Mcduck
> www.mothership.co.za

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Boeddhisme op NG.

Vr., 21 Junie 2002 18:28

Ek het almal se reaksie gelees en as ek reg onthou was net twee
persone teen die posting van meer inligting oor Boeddhisme. Ek vra
egter dat almal dit sal lees en hul mening sal gee. As ek reg is, is
net ek en Tant Dina Boeddhiste terwyl die res christene, agnostici of
ateïste is.
Omdat daar dalk onkundiges is wat hier lees gee ek soms `n kort
uiteensetting van verskillende woorde se betekenis ook.

Doel: Om lyding uit te roei, verligting te bereik asook materiële
vooruitgang en geluk te vind. Beywer ons voorts vir die vereniging
van alle Boeddhistiese lyne onder die suiwere leer van die Boeddha.
Stigter: Gautama Siddhartha (563-483 vc) en later bevestig deur
Nichiren Daishonin (1222-1282 nc)
Gesaghebbende geskrifte: Die Lotus Sutra (Saddharma-Pundarika) en
Gosho (Nichiren Daishonin se geskrifte oor die Pali kanon) asook
Daisku Ikeda
Ons verklaring van benamings wat ook deur ander "godsdienste" gebruik
word en meestal deur hulle skeef getrek is:
"god" - `n onpersoonlike lewenswese (Amper soos The Force van Star
Wars) wat vergestalt is in die Lotus Sutra en Gohonzon.
Jesus - `n Slim wysgeer (heel moontlik `n verligte gewees) wie se
leringe deur die christendom verdraai is tot allerlei mites. Kan
vergelyk word met `n Bodhisattva.
Verlossing - `n proses van meditasie en rituele waardeur verligting
bereik word, dit is `n ware verstaan van en beheer oor die realiteit.
Mens - in sy ware wese en verligting, een met die Boeddha.
Sonde - onkunde
Satan - `n Onpersoonlike mag in die Natuur, en die vergestalting van
boosheid.
Bybel - oor die algemeen `n geskrif wat beide waar en valse
leerstellings bevat.
Dood - reïnkarnasie tot nirvana.

Ons verteenwoordig ware Boeddhisme soos deur die Boeddha geleer en
bied aan die wêreld `n wetenskaplik-verligte manier van geestelikheid.
Deur die "Nam-myoho-renge-kyo" te sing (chanting) voor die Gohonzon,
`n heilige mandala, of deur aanbidding van die Gohonzon word `n mens
se lewe in harmonie gebring met die hoogste werklikheid. Die hoogste
werklikheid is die Boeddha inbors wat deur die "chanting" bereik word,
die gevolg is `n nuwe geestelikheid, selfvernuwing, groter wysheid,
meer lewenskrag en materiële rykdom. Die "Nam-myoho-renge-kyo" word
elke oggend en aand gesing terwyl mens op jou knieë staan voor die
Gohonzon – dit is iets soos `n soort altaar wat `n Boeddhistiese
mandala bevat. Hierdie mandala is `n stukkie heilige papier en bevat
die "chant" wat vertikaal in die middel geskryf is, asook Nichiren se
naam en rondom dit is die name van al die gode wat in die Lotus Sutra
genoem word geskryf. Vir ons is gode nie persoonagtige geeste of
sulke dinge nie, maar positiewe en negatiewe lewensfunksies.
Ons glo dat alle ongelukkigheid op aarde hulle oorsprong ten diepste
het in die handhawing van bose of onsuiwere godsdienste.
Soos tante Dina gemeld het het ons begin as `n Japanese vertakking van
Boeddisme (Nichiren Shoshu is steeds aktief in Japan en het die derde
grootste party, die Komeito) maar in 1930 is `n beweging (Soka Gakkai
International) gestig om Boeddhisme wêreldwyd te bevorder. Belange
van Boeddhiste oral op aarde staan vir ons voorop met Kosen-rufu (die
hele wêreld verenig onder een Boeddhistiese geloof) as doel. Om dit te
bereik maak ons gebruik van Shakubuku en shoju. Soos wat Josei Toda
gesê het: "Kosen-rufu of today can be attained only when all of you
take on evil religions and convert everyone in the country en let him
accept a Gohonzon."
Die christendom is volgens ons een van die bose godsdienste wat mense
net ongelukkig maak. Hulle is eenvoudig bygelowig en leef in vrees vir
hul god wat volgens hulle op die dag van oordeel gaan kom. Dit is
verder uit die geskiedenis duidelik dat die christendom en christelike
lewe elke soort wreedheid (atrocity) wat daar ooit bestaan het,
klakkeloos herhaal het, maar met so `n wrede god wat sy eie seun laat
sterf het – wat kan mens anders verwag. Hulle glo in `n monotheisties
persoonlike god en dit maak hulle kragtelose mense wat ongelukkig sal
bly tensy hulle deel word van die Kosen-rufu. Om op Jesus Christus te
vertrou vir verlossing sal uiteindelik lei tot net nog verdere
verwarring. Die christelike leerstellings is die grootste vernietiger
van mense se geluk. Die christene sê hulle god het alles geskep, maar
– net soos Nyingma – sê ons dat lewe nie `n begin het nie en daarom
kon daar nie `n skepping gewees het nie. Gaan kyk maar net na
navorsing oor evolusie. Ons word ondersteun deur byvoorbeeld Freud en
Darwin. Ek moet bysê dat baie christene huidiglik besig is om te
breuk met hulle tradisionele bybelse sienings van geestelikheid.
Onder hulle tel baie teoloë en kerkleiers in SA byvoorbeeld: König,
Spangenberg, Du Toit, Nicol, Tutu, Gaum, Boesak, Burgers, De Villiers,
Landman, Eloff, Van Aarde, Burden, Potgieter, Loader, Müller,
Prinsloo, Van der Watt, Van Rensburg, Vosloo en baie ander. Ek hoop
hulle raak deur hulle kritiek op die bybel so verlig dat hulle verder
sal gaan as die huidige a) ontkenning van die bybel as gesaghebbend;
en b) erkenning daarvan dat god maar net die gevolg is van menslike
denkprosesse; sodat hulle sal kom by die kern van die saak naamlik:
Dat hulle god niks anders is as die mens wat hom uitgedink het nie
d.w.s. mense met slegte karma produseer `n slegte idee van god. Mense
sal oral moet begin besef dat christene net slegte karma met hulle
saambring. Gelukkig verander alles volgens die reëls van jo-ju-e-ku
en sal ook die bybelse idees van die christene en hulle god met tyd
verdwyn. Kom ons werk almal saam daaraan.
Ons toekoms is in ons eie hande en dit is goed, want die Boeddha
inbors is in elkeen van ons aanwesig. Wanneer mens ander godsdienste
soos byvoorbeeld die christendom met Boeddhisme vergelyk sien mens hoe
veeleisend en vol voorwaardes die ander is. Boeddhisme het egter net
1 voorwaarde: jy moet glo. Waar wil jy `n duideliker voorbeeld hê dat
die christelike leerstellings oppervlakkig is en moeilik om te
onderhou – al hoe dit vir mens iets kan beteken is as jy dit met `n
Boeddhistiese bril lees.
As Boeddhis beleef ons die ewige lewe in sy ware betekenis, sonder
vrees vir `n komende oordeel. Ons hoef nie van `n oordeel verlos te
word nie, maar van ons armoede en ongelukkigheid. En daarvoor bied
Nichiren Shoshu die antwoord. Sokoto Ikeda het gesê: "We must seek
the source of the meaning in life within man himself, instead of
finding it in another transcendental being, God." Dit sou `n
verbeeldingsvlug wees want hy bestaan nie.
Dit is `n kort en baie oppervlakkige uiteensetting van Nichiren Shoshu
wat ek hoop almal verstaan het.

Koeitjies & kalfies | 25 kommentare

Rook

Do., 20 Junie 2002 21:31

Hoofartikel in ons streekskoerant, net vir die interessantheid

http://www.news24.com/Regional_Papers/Components/Category_
Article_Text_Template/0,2430,407-413-978_1201511~A,00.html

19/06/2002 01:04 PM - (SA)
Rokery op spits

DIE brief oor rokery in openbare plekke deur die Tygerberg-administrasie se
streek-omgewingsbeampte vandeesweek in Lesersforum is baie ter sake deurdat
hy daarin 'n feitelike uiteensetting gee van die verskillende fases van die
inwerkingstelling van die rookverbod. Hy reageer ook op vrae in dié kolom
oor die toepassing daarvan, oftewel die oënskynlike gebrek aan toepassing.

Onder meer dui hy aan dat die fase waarheen nou beweeg word, die effektiewe
toepassing van die wet gaan wees.

Veral kafee-, restaurant-, koffiewinkel en pub-eienaars kan dus verwag dat
optrede hul voorland is, sou hulle nie aan die wetsvoorskrifte voldoen nie.
Verskeie is inderdaad al vervolg.

Die rookgewoonte is nooit goed te praat nie. Tog skep die wet 'n praktiese
dilemma vir tallose plekke of plekkies. Baie plekke is sodanig ingerig dat
'n skeiding baie moeilik uitvoerbaar is, en, dat waar 'n skeiding wel
ingerig sal word, dit die aard en karakter van die plek kan vermink.

Sluiting staar baie van die plekke in die gesig sou hulle geen oplossing vir
hul eiesoortige probleme kan vind nie. Met honderde werkers daarna sonder
werk - het op 'n plaaslike vergadering geblyk - om oor die daaropvolgende
lot van die kinders nie te praat nie.

Daarom dié versoek tot die owerhede: pas 'n menslikheidsbenadering in dié
saak toe. Help en gee raad om praktiese probleme te oorkom en help eienaars
om tot oplossings te kom, pleks van om in 'n rigiede vervolgingsdrang te
verval.

Ons glo dit is inderdaad moontlik.

----Die brief waana verwys word------

19/06/2002 01:04 PM - (SA)
Verskeie in hof oor rook

IN onlangse berigte en briewe in TygerBurger word stellings gemaak dat die
nuwe anti-rookwetgewing nie ordentlik toegepas word nie en dat enigeen n�
maande sedert die instelling van die nuwe wet steeds lustig kan rook omtrent
waar hy wil.

Om te bepaal of die anti-rookwetgewing ordentlik toegepas word, al dan nie,
kan slegs gedoen word ingevolge die spesifieke vereistes van die betrokke
wet.

Rook in openbare plekke word in wese verbied behalwe in 'n aangewese
rookgebied wat nie meer as 25% van die totale vloeroppervlakte van sodanige
openbare plek oorskry nie.

Gesondheidswaarskuwingstekens en kennisgewings wat aandui waar rook
toegelaat word en waar dit nie toegelaat word nie, moet voorsien word.

Die verantwoordelikheid om sodanige rookgebied aan te wys berus verder by 'n
werkgewer, eienaar, gelisensieerde, huurder of persoon in beheer van 'n
openbare plek, wat ook moet verseker dat op geen ander plek gerook mag word
nie.

Die kennisgewing betreffende die rook van tabakprodukte in openbare plekke
word toegepas deur omgewingsgesondheidsbeamptes in diens van die Stad
Kaapstad.

Hulle het in die afgelope maande 'n veldtog aangepak wat begin het by die
beskikbaarstelling van inligtingspamflette, opgevolg is met gesprekke met
eienaars van openbare plekke en die indien van amptelike kennisgewings.

Hierdie veldtog is nou in sy finale fase, waartydens opvolginspeksies
gedurende kantoorure asook na ure uitgevoer word en dagvaardings bestel word
aan die eienaars van restaurante wat steeds tabakrook toelaat op plekke wat
nie vir die doel goedgekeur is nie.

'n Aantal eienaars en bestuurders van restaurante het reeds in die
Bellvillese landdroshof weens sodanige oortredings verskyn. Sommige van
hierdie eienaars het afkoopboetes betaal, terwyl ander se sake uitgestel is.

Een van verskeie leemtes in die wet is die feit dat slegs teen die eienaar
of bestuurder van sodanige plek opgetree kan word indien iemand gesien word
wat rook.

Dit is 'n vereiste dat 'n beëdigde verklaring deur die beampte of klaer
voorsien moet word voor dagvaardings bestel mag word.

Enige navrae of klagtes kan gerig word aan die plaaslike
omgewingsgesondheidsbeampte.
REINHARDT AVENANT
Streek-omgewingsgesondheidsbeampte

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Bladsye (1834): [ «    727  728  729  730  731  732  733  734  735  736  737  738  739  740  741  742    »]
Tyd nou: Sa. Mrt. 07 18:31:08 UTC 2026