Alhoewel die woord gereeld in blokkiesraaisels voorkom, is dit glo net 4
keer die afgelope 5 jaar in koerante van die Naspers gebruik.
Blykbaar neem dit 80 jaar vir 'n woord om in onbruik te raak.
Waar sou die ongewilde etmaal in die eerste plek vandaan kom en wie hier
het die ooit gereeld in die algemene spreektaak gebruik?
Annette
Waar kom die woord "nugter" vandaan?
En dit het nogal vele betekenisse ook
Nugter weet - niemand weet
Hy is nugter - hy is nie besope nie
Nugter denke - oopkop.
Annette
Weet iemand miskien waar ek `n betroubare gratis pop e-posadres kan
oopmaak wat met Outlook werk.
Sal goed wees indien dit onbeperkte spasie is wat ek kan gebruik vir
die stuur en aflaai van programme.
Wie weet?
Is geneties regstellende kos ongesond vir inname - of is die probleem nie
bloot beperk tot die verplanting daarvan nie?
Daar is 'n oorgevoede (vet) vrou in Sandton, en op my TV wat die onheil van
die GM-voedsel as ongesond beskou vir die hongerlydende bevolking van
Afrika. (Wat so honger is dat hulle boomblare en gras eet.)
Toe ek die dame met al haar selfvertroue, wat op geen feitlikhede gebaseer
is, waarneem, herinner dit my aan die ou pienk libbies en lefties wat op
kampus allewig die antwoord op alle politieke vraagstukke gehad het. Hulle
het die groot probleme met minagting hanteer, maar hul eie persoonlike
bestaan was gewoonlik 'n gemors.
As ek die Sandtongangers gadeslaan wonder ek of party nie bloot die
"oorlogsverhale" van hulle hippie-ouers glo en hulle, die ouers, probeer
na-aap nie? Bedorwe rykmankinders wat bloot honger ly agv 'n chemiese
afhanklikheid, maar nie vanweë 'n gebrek aan fondse nie.
Of, is ek te sinies.
ons bly nie meer op sanien nie, my antie. ma' antie moet nou nie bly
word oor antie dalk dink my pa wil kannadaar toe nie. nee antie dis
ergerliker as dit want oom oujei ons burggemeester vannie aas-en-see
het ons dorp se naam loop staan veranner antie. ons bly nou op maak
shôpie antie.
antie sal sekerlik weet lat maak shôpie 'n gerekende aktievis vannie
aas-en-see was innie straggel antie. toe willie aas-en-see hom vereer.
toe sê hille gapanie hospietaal annerkant dywelskloof moet maak shôpie
word ma' die mense van gapanie sê oor hille dooije liggame. toe sê
hille oukei dan noem hille die skool by mamietwa maak shôpie ma' die
mense van mamietwa sê ok nie oor hille liggame wat gedooi het nie.
toe kry oom oujei 'n bruinwyf antie en hy sê biedêm die konsulterende
gesprekke wat hy lat hou het om aan te beveel lat sanien sanien bly hy
ry met 'n stoomroller oor ons en toe is ons maak shôpie. wat is nou
fout met 'n mooi boere naam soos sanien antie.
my pa is natierlik nie 'n biekie bemoerd nie antie en die jele dorp
saam mit hom. hy sê hille gat hof toe met oom oujei ma' ek het nie
hoop nie antie want antie weet hoe lat 'n hof maak as jou naam oujei
is. ma' een geluk is lat die baas van die oom van die koerant se
koerant ok van sanien af kom. hy skryf stink stories oor oom oujei so
miskien assie hof sien lat oom oujei skillig is aan iets erger as
moort sal ons oom oujei kan aanpaas vir oom robber moegapie lat hy
simbabwie se naam kan loop veranner.
koebaai antie
hennerietjie (antie moet beswaar maak by antie se pelle by die
ambassade oor die naamgatmakery)
Feite, flaters en fiksie - Dr Anton Prinsloo- met pitkos en inligting oor
Afrikaans. R 89.95 - kan by 0800220224 bestel word.
In die opskrif kom die volgende idiome voor:
Te veel ape aan jou stert hê
Vir elke gat 'n spyker hê
Dis dadels met jou
Van ewigheid tot amen
Grys wees waar die hoender hom gebyt het
Jy gee my die olel
Van Wyntjie en Tryntjie hou
Met 'n handvol vlieë sit
Weet julle waar die woord " kentering" vandaan kom?
Soos in - daar het 'n hele kentering in haar plaasgevind.
Annette
Hierdie woord mag voortaan nie meer in die Isuzu advertensie op TV, radio of
in die pers gebesig of gedruk word nie.
6 Mense ( 2 mans, 4 vroue, almal van Gauteng) het gekla.
Hulle het almal erken dat hulle self die woord gebruik, maar hulle wil dit
nie hoor of sien as die advertensiewese dit gebruik nie.
Daar is aan hulle versoek gehoor gegee.
Annette
Ai, maar jy praat net soveel strooi soos ou Gloudina. Kan ek aanneem daar
is 'n verbintenis? Miskien moet jy leer meet. Die verskil tussen die
twee grense is 'n verhouding van 3,5:1...........3,5x langer grens sou SWA
oop wees. Kom by! Wat jy dalk nie verstaan nie, is dat Botswana
geïsoleer was met SWA wat onder SA beheer is......wys jou net, as paloekas
hulle in gebiede plaas waar hulle niks van weet nie. Ploeter in Kanada
voort!
"Wouter Plaasvark" skryf in boodskap news:3d6f3f20.0@news1.mweb.co.za...
> Suidwester
> Vat tog net vir jou 'n landkaart en kyk die grense mooi.....uh,
> die Egiptekant is die bokant daarvan, hoor! Dan meet jy met
> 'n liniaaltjie sommer so op gewone 1:100....uh, dis nou in mm,
> en dan kyk jy die verskil in grenslengte.
>
> Wouter
> Ek maak dit vir jou makliker. Ek heg 'n kaart aan, as jy dit nie
> kan oopmaak nie, sal ek dit vir jou direk stuur. Ook vir enige
> iemand anders wat belangstel, dis ongeveer 90K groot.
>
> Die noordelike grens, van die see tot anderkant Katima Mulilo,
> is ongeveer 900 myl lank, die suidelike en oostelike grens met
> SA saam ongeveer 550 myl.
>
> En as 'n mens in ag neem dat dit nodig kon word om die
> oostelike grens met Botswana ook te verdedig, dan kom daar
> nog ongeveer 750 myl by. Die grens met Angola en Botswana
> was is dus net mooi drie maal so lank as die grens met SA.
>
> Druk gerus die kaart uit en meet hom. En dit was nooit eers deel
> van my argument nie, ek verstaan nie hoekom jy elke slag leuens
> ingooi om jou vorige leuens mee te probeer verdoesel nie, is jou
> kop en verstand so dun dat jy dink dis nie kontroleerbaar nie?
>
> En dink jy regtig iemand sal jou glo bo wat die generaals se
> navorsing en intelligensie gewys het? En hulle was ook nie
> al wat dié insig gehad het nie, dit was n baie eksterne
> analiste se publikasies gewees.
>
> En besef jy steeds nie dat jy met elke argument wat jy uit jou
> verbeelding gaan haal jy jou naam verder gat maak nie?
>
> Ek hoop ons het nou klaar oor die onderwerop gesels,
> ek het nie lus om nog nuwe leuens te weerlê nie.
>
> Immer vriendelik
>
> Wouter
>
Iemand wat hare op sy tande het, het baie deursettingsvermoë en durf.
Die herkoms van hierdie gesegde is duister. Een skoot in daardie
duister is dat die Switsers die eerste bekende huursoldate was en dat
hulle by enige leër sou aansluit as die besoldiging reg was. In
teenstelling met hul neutrale beeld van vandag as koekoekklokmakers,
was hulle kranige krygers wat vanweë hulle onverskrokkenheid gevrees
is. Om hierdie beeld verder te bevorder, het hulle woeste snorre
gekweek wat hul lippe grotendeels verberg het. Dit het die vyand laat
besluit dat iemand wat hare op sy tande het nie vir die duiwel sou
stuit nie.
En ek het soms hare op my tande nodig vir hierdie nuusgroep! ;-))