Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Gewettigde prostitusie.

Ma., 28 Oktober 2002 11:00

Die grondwetlike hof het toe beslis dis nie ongrondwetlik om prostitusie nie
te wettig nie.
Alles goed en wel.
Nou gaan die dames blykbaar in protes landswyd 'n mars hou, hulself
organiseer in unies en werkswinkels en behoorlik begin register hou wie die
gaste is wat so van die onwettigheid gebruik maak.
O ja, as hulle onwettig is, is daar mos nie werkloosheidsversekering en
belasting aftrekbaar nie, en nog minder boeke wat die betaling van
kommissies en salarisse boekstaaf.
As ons al die dames kry om hulle landsbydraes te maak. dan is ons
belastingkoers nog 'n kerf of twee laer;))
Ek gaan saam loop, om 'n verskillende rede:))

Annette

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

Mti - baas?

Ma., 28 Oktober 2002 08:25

Die hoof van gevangenis is blykbaar nie baas van sy plaas nie.
Hy het ooglopend geen benul wat in die gevangenisse aangaan nie, en die
ergste is dat hy blykbaar geen mag het om die korrupte hoof van die ooskaap
af te dank nie.
Wat hy wel kan doen is om kommissies van ondersoek op die been te bring en
baie verontwaardig klink as dinge in die tronk in die media blootgelê word.

Annette

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Lied 322: Heimwee

Ma., 28 Oktober 2002 08:19

Komponis: S le R Marais
Woorde: JRL van Bruggen

My hart verlang na die stilte
van die wye wuiwende veld
ver van die stadsgeluide,
en die klinkende klank van geld

Ek is moeg vir die rustelose lewe
van mense wat kom en gaan
'k Wil terug na die vrye ruimte,
waar 'n siel in woon wat verstaan

O ek sien weer die son
op die velde
en die ewige blou daar bo
En my hart skiet vol van heimwee,
en my drome swem in my oë,
en my hart skiet vol van heimwee,
en my drome swem in my oë.

Ek sien weer die ylbloue berge
daar ver oor die westerkim
en wonder nie meer waarom weemoed
so sag uit my liedere klim.
Klim na die grys lug bowe
waar die son in die miste kwyn,
want o, ek verlang na sie velde,
na die ewige sonneskyn.

Kommentaar:
Spesiaal vir die wat nou na wintertyd oorgeslaan het in die koue en
stormagtige Noorde.

Musiek & liriek | 0 kommentare

Lied 320: As Saans

Ma., 28 Oktober 2002 08:11

Komponis: S le R Marais
Woorde: AD Keet

As saans die son stil-swyend sterf
daar oor die westerrand
dan straal hy wondertekens uit
aan elke wolk en land
As saans die skemersluier sak
in stille seëtog
dan veg die dag sy doodstryd
voorsy laaste ademtog
As saans die donker duister daal,
die doodskleed van die dag,
dan hou die kinders van die son
hul ligtend sterrewag.

Musiek & liriek | 0 kommentare

Re: Me (24 kb aanhangsel)

Ma., 28 Oktober 2002 06:19

Haai! Plaasvark is toe heeltyd "Oom Tas"!

Die plaasvark vannie boeland
wys sy voorstekant so mooi
sonner eenge plooi!:
sy oulap snoet
en nogal met 'n hoed
so op sy kop
en oor sy oortjies
(wat hy skalks wou wegsteek)
voorraai mooiste blou-blou berge
ma'hy'sie hele tyd
oem tas!

Thys oppie Bos

"Tobie" skryf in boodskap news:apc5oq$433$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> "Dave"
>> Ek soek gewoonlik na Tobie se skrywes maar die man is
>> besig om skaarser en skaarser te word ;
> ~~~~~~~~~
> hello DD
> het nou die dag in die Boland loop kuier en loop toe die vark raak :-)
> Groete
>

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Mening: Russiese drama?

Ma., 28 Oktober 2002 05:25

Lyk my die Russe was meer bekommerd dat die gebou nie te veel beskadig word
nie.
Of miskien het hulle nie 'n idee gehad wat die uitwerking van die gas op
almal sou wees nie.
Annette

Koeitjies & kalfies | 6 kommentare

Rugby: Blou Bulle die wenners

So., 27 Oktober 2002 04:09

Blou Bulle het Lions gister gewen 31-7.
Wat die basis vir die oorwinning gelê het was dat die Bloues die bal en nie
die man gespeel het nie.
Dit was blykbaar die Lions se strategie wat nie gewerk het nie.
Annette

Sport & ontspanning | 4 kommentare

Boegoe vannie liefde - Hans du Plessis

Vr., 25 Oktober 2002 18:06

Boegoe vannie liefde

Ek wil jou vi altyd neffens my hê,
hou my sos boegoe teen jou vas:
ek wil sosse ring om jou se vinger pas,
en sos grashout op jou se hart loop lê.

Die liefde het eentlikie dood se krag,
hy gryp jou wa jy niks verwag,
die liefde die soek okkie ytie,
vra nou nie wat jy self beslytie.

Die liefde brandsteek 'n annerlike vier,
en jy kannie hele waterse kom stier,
of goi ma Grootrivier yt op hy sy kop,
môre sien jy, hie statie liefde self wee op!

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Julie, my liefling, van VSA kom na my om altyd te bly .. vraag: werkspermit vit VSA burger?

Vr., 25 Oktober 2002 17:28

Hi almal,

Julie is so te sê op pad, ons sal trou, en sy will werk, VSA burger. Na ons
getrou het, weet enigeen hoe gou en waar en hoe sy hier in SA Kaapstad sal
kan werk? Sy het goeie kwalifikasies, en ondervinding, in boekhou, sy is
rekenaar super geletterd. Enigeen wat weet, asseblief, vertel my .. en gee
raad :)

Baie dankie
Louis
ludek_...@webmail.co.za ... verwyder asb die _no2spam deel

Emigrasie & buiteland | 3 kommentare

Nog Nuus

Vr., 25 Oktober 2002 15:13

Die ergste Rooigety ooit is nou glo aan die gang by die Weskus. Mense word
gewaarsku dat self een mossel so giftig is dat dit die dood kan veroorsaak
as dit geëet word.
Die krewe loop uit. Alle skulpvis is dodelik giftig. En die hongeres word al
hongerder.

Ek onthou nog so vyf jaar gelede toe die rooi gety die swart gety geword
het. Selfs op die stoep van huise in Velddrif was daar sulke swart kolle
swamme.
Hulle het nou nog nie herstel van daardie ramp nie, en nou is hierdie een
alweer hier.
Annette

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Bladsye (1835): [ «    681  682  683  684  685  686  687  688  689  690  691  692  693  694  695  696    »]
Tyd nou: Vr. Jan. 16 02:47:33 UTC 2026