Enigiemand daarna gekyk?
Ek het lanklaas iets so depressief in my lewe gesien.
Die feit dat hulle mekaar so inchat met nonsens om regverdiging te gee vir
hul dade is nie iets nuuts nie.
Wat my die ergste ontstel het is die ouers se gelate aanvaarding.
'n Dokter gee vir sy kind die patytjie wat hy wil hê, alhoewel hy heeltyd sê
dis nie sy keuse nie, dis nie wat hy wou hê nie.
'n Kind sit voor sy ma en vertel dat sy nie weet waarmee hy besig is nie.
'n Derde ma verklaar moedeloos dat dit haar kind se skuld is dat sy 'n
beroerteaanval gekry het.
Die dokter se kind wat die partytjie en nuwe klere geëis het, het aan sy
maats te vertel hy spaar sy ouers eintlik geld, want die partytjie kos net R
7000 ( hy meld nie van die klere wat die ouers 'n verdere R2000 uit die sak
gejaag het nie), terwyl dit sy pa R13000!!!! per maand!! kos om hom te laat
leer.
Die algemene aanvaarding onder hierdie swart seuns is is dat as hulle nie
geskiet sal word nie, sal hulle in die tronk beland, maar uiteindelik sal
aan hulle gedoen word wat hulle nou aan ander doen.
Wie sou dit nou ooit so kon uitwerk?
Nie - moenie aan ander doen wat jy nie aan jouself gedoen wil hê nie, maar -
doen aan ander wat jy kan en wil, want dit sal uiteindelik tog ook aan jou
gedoen word.
Om daardie koppe in 'n ander rat te kry is haas onmoontlik, en as dit nie
gebeur nie, sal ons nooit in effek van minder misdaad kan praat nie.
Dis nou die vader van Uitkoms-gebaseerde Onderwys.
Kon nie die man se van hoor nie, maar hy klink soort van Amerikaans. Hy is
glo nou hier in die land ( in PE gisteraand) om die implimentering van sy
breinkind waar te neem.
Hy verklaar teleurgesteld dat dit glad nie hier werk soos wat hy dit bedoel
het nie, omdat ons land en die kinders nog nie daarvoor gereed is nie.
Hy verklaar ook dat om inplaas van verdere uitbreidings op die idee in te
stel, weer van voor af begin word en om die basiese beginsels en opleiding
reg te kry.
Volgens hom is daar oorhoops en sonder om die nodige navorsing te doen in
die stelsel ingeboender.
Hy is baie teleurgesteld.
Die mannetjie het vandag sy cool alweer verloor.
Het julle gehoor hy het my boodskap gelees?
Die mense het heel tereg opgemerk dat hy selektief mense kans gee om hul
menings te lug, en hy het iemand oor die lug uitgeskel in antwoord op haar
persoonlike aanval. Hoogs onprofessioneel.
Nog iets wat al meer en meer vir my duidelik word is dat baie van ons mense
nog steeds nie geleer het om op 'n punt te verskil en dinge bedaard en
redelik uit te pluis nie.
Sodra iemand iets te sê het wat nie met hul standpunt ooreenstem nie, dan
word die persoon aangeval, en nie hul standpunt nie.
Hier ook alte dikwels.
Dis nie genoeg om te sê dat jy nie saamstem nie, en redes daarvoor te gee
nie.
Nee, 'n persoon se seksvoorkeur word ( onbevestig) bygesleep, die persoon
word vir 'n idioot uitgekryt, of ooglopende vingerfoute word as spelfoute
aan die klok gehang.
Ons is in 1992/1993 ore aangesit by die samesprekings juis omdat op die
samesprekers gekonsentreer is, en nie op die punte ter sprake nie.
Dit gaan nog steeds so, en sal weer gebeur.
In die nuwe Huisgenoot is daar 'n brief wat 'n hele aparte bladsy toegestaan
is. ( gelukkig ken ek die ou by die kafee sodat ek dit gou kon lees)
Daarin is toe weer 'n brief van 'n professionele vrou wat vertel hoe haar
man, met wie sy gelukkig getroud was op daardie stadium, een aand uit die
bloute na aandete vir haar in die kombuis kom vertel het dat hy MIV positief
is, maar die dokter sê hy hoef nie bekommers te wees nie, dinge sal regkom.
Die dame erken dat ondanks die TV programme, artikels in koerante en
tydskryfte, en radiopraatjies sy nog steeds gevind het dat sy die feit nie
kon aanvaar, wat dit behels en wat haar te doen staan nie.
Sy het 2 dae na die nuus gegaan vir 'n toets ( by 'n ander dokter), en moes
hoor dat alhoewel sy negatief getoets is, sy weer na 3 en 6 maande moet kom
vir verdere toetse.
Verder moes sy hoor dat as 'n positiewe persoon weer getoets word na 'n ruk
en geen teken van die virus gevind kan word nie, beteken dit nog steeds nie
dat dit weg is nie. Die virus kan glo iewers wegkruip.
Die pille vir haar man kos hulle R 1000 per maand. Op haar vraag wat maak
die mense wat nie die toetse en behandeling kan bekostig nie, was die
antwoord dat hulle ( gouer) doodgaan.
Volgens haar spesialis ( sy merk ook op dat al die pasiënte die dag daar in
die vol spreekkamer gemiddelde tot gegoede wit mense was tussen die ouderdom
20 - 40.) is die navorsing op virale ladings, C3's , C4's en C8's en
hepatitus B nog onbeslis is na 21 jaar. Die spesialis meen ook dat ons nie
in ons leeftyd 'n geneesmiddel sal sien nie.
Die skryfster se pessimistise opmerking is dat die mense in die spreekkamer
nie sal kinders hê nie, en daar sal dus geen geslagte vir die toekoms wees
nie.
Pietertjie van Potch is toe beboet met R 10 000 of 30 dae.
Hy maak toe die verklaring dat hy met graagte die R 10 000 sal betaal as dit
beteken dat internasionale rugby hul oë sal oopmaak.
Annette
Verlede Saterdagaand, in Lincoln, Engeland, word 'n huisbewoner lelik
skrikgemaak.
Toe hy die deur oopmaak, toe staan daar 'n man voor hom met ski-brille op,
en met 'n meter-lange dreunende bandsaag in sy hand - 'n toneel soos in
Scream.
Die huisbewoner het verskrik die deur toegegooi en dadelik die polisie
gebel, en toe bewend gewag op sy einde, wat verseker naby is.
Toe die polisie opdaag , is die deur nog heel, die huisbewoner bewend maar
nog lewendig, en die wrede aanvaller skoonveld.
Dit kom toe uit dat die aanvaller eintlik slegs iemand was wat 'n dramatiese
ingang wou maak by 'n maskerpartytjie, en by die verkeerde adres aangeklop
het.
1) Pietertjie die Potchefstroomse Skeidsregterduiker word nie tronk toe
gestuur nie. Die regter het beslis hy sal dit nie weer doen nie, en wou nie
eers 'n opgeskorte vonnis oplê nie.
2) Daar was glo 'n moewiese groot ongeluk reg voor die Goue Akker in
Kaapstad vanoggend. Sal later vertel of dit 32 mense is wat seergekry het,
of 32 voertuie wat op die ou end daarby betrokke was. 'n Bus se brieke het
glo ingegee.
3) Taine Randall is nou weer die All Blacks se kaptein.
Die grondwetlike hof het toe beslis dis nie ongrondwetlik om prostitusie nie
te wettig nie.
Alles goed en wel.
Nou gaan die dames blykbaar in protes landswyd 'n mars hou, hulself
organiseer in unies en werkswinkels en behoorlik begin register hou wie die
gaste is wat so van die onwettigheid gebruik maak.
O ja, as hulle onwettig is, is daar mos nie werkloosheidsversekering en
belasting aftrekbaar nie, en nog minder boeke wat die betaling van
kommissies en salarisse boekstaaf.
As ons al die dames kry om hulle landsbydraes te maak. dan is ons
belastingkoers nog 'n kerf of twee laer;))
Ek gaan saam loop, om 'n verskillende rede:))