Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Internasionale Taal

Do., 31 Oktober 2002 06:45

Nou net op RSG iemand wat verklaar dat musiek die enigste internasionale
taal is.( hy praat hoofsaaklik oor klasieke musiek)
Ek verskil - omdat die alle tipe musiek oral toegelaat word of na geluister
word nie.
Ek sou sê sokker is 'n meer internasionale taal.
Annette

Koeitjies & kalfies | 18 kommentare

Grappie

Do., 31 Oktober 2002 06:38

Two dyslexic bank robbers walk into a bank shouting:

Air in the hands motherstickers, this is a fuckup!

Humor & grappe | 2 kommentare

SA se flippen posdiens!

Wo., 30 Oktober 2002 22:58

Jissie die SA posdiens is nou REGTIG besig om myse m0er te koer hoor!
50% van die goed wat ek stuur kom nie eers op die plek van bestemming aan
nie!
Wat gaan aan op die poskantore?
Vreet hulle die briewe of wat-wat?
Dit lyk vir my asof hulle die koeverte oopskeur (veral pakkies wat ek met
die pos stuur) en die brief lees en die goetters uithaal en dan die goetters
wat hulle nie kan gebruik nie sommer innie asblik donner!
En hoekom vat dit meer as 'n maand om net 'n brief van Holland na SA te
stuur met lugpos? EK meen... dis befok nê?
Hoekom word fokol gedoen daaromtrend?
Of gaan die nice goetters wat hulle uit die pakkies uitkrap direk na Mbeki
toe?
Ek durf nie eers meer enig iets te stuur via die pos nie.......en as ek dit
doen dan stuur ek dit per aangetekende pos.
Maar ek moet my dan skeel betaal aan pose�ls !

So ek wil net gou-gou ietsie sê: POSDIENS..... F0K DJOU!!!!!!!

Sebs.

Koeitjies & kalfies | 44 kommentare

Kerrierys

Wo., 30 Oktober 2002 22:48

Halloos
Kan iemand dalk vir my 'n resep gee vir 'n lekka kerrierysgereg?
Dit moet 'n vinnig resep wees....... ek is nie lus om vir 'n hele mirrag
innie flippen kombuis te staan nie.......so dit moet net 'n moerkosgereg
wees...... met anner woorde........ moer allie goetters in een pot! :o)

Ek soek ook nog anner resepte van REGTE afrikaanse (baie vinnige) geregte.

Sebs.

Kos & resepte | 28 kommentare

Werkpermissie?????

Wo., 30 Oktober 2002 22:44

waaa kry mens ''n werkpermit???/ en wat kos so''n deng????
EK het gehoor dat as ek werk kry my baas vir my ''n werkpermit sal moet reel
en kry......(as ek reg is)
Maar wat nou as ek die permit gekry het en dan bedank en vir my baas se:
LOOP BARS ????? en ek kry ''n anner werk vir my.... kan ek dan dieselfde
werkpermit gebruik? en vir hoelank kan ek ''n werkpermit gebruik? is dit net
vir 1 jaar of wat-wat?

Sebs.

Emigrasie & buiteland | 3 kommentare

Afrikanser en musiek

Wo., 30 Oktober 2002 22:33

Hoekom maak die afrikaners so min musiek deesdae?..... waar is die
musiekskole???
Musiek hoor by die opvoeding van ''n kind. So hoekom is daar nie eers ''n
musiekinstrument in die huis nie?
En as ''n musiekinstrument word aangeleer om te bespeel.... hoekom is die
niveau dan so baie laag??
Sebs.

Musiek & liriek | 32 kommentare

atoombomme?????

Wo., 30 Oktober 2002 22:30

Moet ons bang wees vir atoombomme en kernwapes??????
Wat gaan gebeur as die oorlag tusse USA en Irak sal uitbreek???
Het beide lande nie atoombomme en nuclear wapes nie?...... watse gevolge sal
dit he vir die hele wêreld?....?

Koeitjies & kalfies | 13 kommentare

Is dit reg?

Wo., 30 Oktober 2002 07:23

Darling Trevor (hy is vreeslik seksie) het toe gister die
inflasiekoersdoelwitte verlaag en die periode met 'n jaar uitgestel.
Sekere ekonome stem nie saam dat dit nodig was nie, want dit was net 'n
doelwit in die eerste plek om na toe te gewerk het.

Annette

Ekonomie & geldsake | 2 kommentare

Maatskaplike Dienste

Wo., 30 Oktober 2002 07:18

Ons dit met 'n Dept van Maatskaplike Dienste wat self Maatskaplike Dienste
nodig het.
In die laaste 9 jaar is 8 direkteure aangestel
Hulle sit met etlike miljoene ongebruikte fondse wat nie aangewend word nie.
In Gauteng is 'n hele paar private diensorganisasies verbeurd verklaar omdat
skenkerfondse misbruik is.
Die mense wat die Lotto geld moet verdeel, dink hulle moet die verspreiding,
die bietjie wat wel geskied, so wyd as moontlik doen, ipv om op enkele
dringende sake te konsentreer.
Sodoende kry ons rugby-unies wat lottogeld al gekry het, terwyl
verdienstelike organisasies, soos 'n plek van bewaring vir dames wat
aangerand word hulle deure moes toemaak omdat hulle geen ondersteuning gekry
het nie.

Annette

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Nuus 30/10

Wo., 30 Oktober 2002 07:01

Daar was gisteraand 9 bomontploffings in Soweto.
Treindienste vandag vanuit Soweto na Johannesburg is tot 'n groot mate
vandag beperk of gekanselleer
Die moontlike stouterds word in Soweto gesoek, nie by die ver-regses nie.
Annette

Nuus | 3 kommentare

Bladsye (1835): [ «    679  680  681  682  683  684  685  686  687  688  689  690  691  692  693  694    »]
Tyd nou: Do. Des. 18 21:17:38 UTC 2025