Ek soek 'n audience van een
vir my soete melankolie.
Elmi in Darling, my darling Elmi.
Of Mariëtte, my ouer vrou
of Ma, of Pa.
Pa vir wie ek nooit kon sê
"ek is lief vir jou", soos die Amerikaners doen.
Sonja Heroldt, ek verlang na jou
as die winde van die "has been" om my vou.
Die cameo verskynings,
koelbloedige verdwynings
van die "principles" Â die pogings
van die "understudies" laat my koud.
Die tye, die plekke, oomblikke
lê daar anderkant die blou berge,
waar die kranse antwoord gee op my
sawwe droomverlang na bobbejaankrapsels
in die sand op Waterval, waar Oupa
kiertsregop gestap het.
Ek soek my audience van een
vir die Afrika-tragedie wat so heerlik
soos 'n stem ruis vir my geliefde
plek, stuk mens, stuk vrou, stuk bloed.
Melankolie ... 'n wondersoete ding
waarin alles soos Smarties op 'n dashboard
in my siel lê en smelt.
Noudat julle so praat oor watersuiwering - ek lees nou 'n boek en weet nou
hoekom mans snorre het - dis om die slegte reuke te suiwer voordat dit by
hul neus uitkom:)))
Suidwester - julle is vreeeeslik ryk daar jong. Ek sien vanmiddag dat Air
Namibia die borg is van die internasionale fietsrybyeenkoms 7 - 11 November
hier in die Velodrome.
Tydens die Trots SA veldtog, sowel as vandag se Wees Positief dag, word ons
vertel dat ons een van slegs 12 lande ter wêreld is wat veilig kraanwater
kan drink.
Watter ander 11 lande is dit?
Ons water is glo ook die 3de skoonste/veiligste water.
Watter ander 2 lande is bo ons en wat is die 12de land?
Ek wil weet, want ek kry dit nie as ek websoeke doen nie.
Die Argus onderneem glo om 'n maand lank slegs goeie nuus op die voorbad te
plaas, en al die moorde, aanrandings, diefstalle, verkragtings, korrupsie en
politieke vergrype na die bineblaaie te verplaas.
Annette
'n Sakeman ( swart) is vroeër die week geskiet in Nelspruit. Hy het
ongelukkig die aanval oorleef, en is toe vandag in die hospitaal
doodgeskiet - agt skote is gevuur om seker te maak.
Annette
Volksvreemd
Deur Dan Rood (uit Kommas uit 'n boomzol, 1980)
ons is volksvreemd
pasop ons druk 'n wortel
in die poephol van die volksmoeder
ons bewapen ons met poeslappe
om julle mee te blinddoek
ons giet volksvreemde skotse whisky uit
op die klitoris van die volksmoeder
ons kriewelrige tonge baljaar soos wurms
tussen die whiskydronk klapperende lippe
van die volksmoeder si vagina
aan tafel gebruik ons poeslappe vir servette
aan tafel raak ons verveeld
(net imbesiele voer rusie oor die revolusie)
ons loop oor die kaart van suid-afrika
oor riviere kranse klowe kakhuise
ons vee die bloed op
met ons poeslappe terwyl ons sing
die groot trek is verby tra-la-la
die groot draadtrek is hier tra-la-la
ons is jags ons is oedipoes
ons wil jou he^ volksmamma
kwyl slurp by ons monde
ons oe" en tonge ruk
jou kappie af jou vlegsels los
ons piele styf soos voorlaaiers
jou voortrekkerrok waai weg
jou borste ontwaak uit hul bra
ons gaan jou spyker/naai
skrop/paar/fok/gemeenskap/
omgtang/seks/pattapatta
liefedemaak/stoot/ry/ons/
het/al/die/woorde/sien
Wat dink julle daarvan?
Gaan dit in sy huidige vorm so gehou word?
Sal die Stem-gedeelte so oor 'n jaar of drie verdwyn?
Gaan ons 'n heeltemal nuwe volkslied kry in fanagalo of boesmans?
Annette
Ek het 'n baie lekker luisterplekkie uitgevind!
As jy van REGTE eg lekka boeremusiek hou gaan dan na:
www.kierieman.za.net hier iewers staan 'n skakel waar jy online na hierdie
stasie kan luister.... dis 'n lekker stasie daai!