Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » Gedig
Gedig [boodskap #68152] So, 03 November 2002 04:52
Kinky[1]  is tans af-lyn  Kinky[1]
Boodskappe: 193
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
Melankolie
Kobus Oosthuizen

Ek soek 'n audience van een
vir my soete melankolie.
Elmi in Darling, my darling Elmi.
Of Mariëtte, my ouer vrou
of Ma, of Pa.
Pa vir wie ek nooit kon sê
"ek is lief vir jou", soos die Amerikaners doen.

Sonja Heroldt, ek verlang na jou
as die winde van die "has been" om my vou.
Die cameo verskynings,
koelbloedige verdwynings
van die "principles" — die pogings
van die "understudies" laat my koud.

Die tye, die plekke, oomblikke
lê daar anderkant die blou berge,
waar die kranse antwoord gee op my
sawwe droomverlang na bobbejaankrapsels
in die sand op Waterval, waar Oupa
kiertsregop gestap het.

Ek soek my audience van een
vir die Afrika-tragedie wat so heerlik
soos 'n stem ruis vir my geliefde
plek, stuk mens, stuk vrou, stuk bloed.

Melankolie ... 'n wondersoete ding
waarin alles soos Smarties op 'n dashboard
in my siel lê en smelt.
Vorige onderwerp: "snags lê die wit buurt donker in sy ligte" deur FANIE OLIVIER
Volgende onderwerp: " dis gevaarlik om alleen te reis " deur FANIE OLIVIER
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 19 05:23:13 MGT 2024