Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Mrs Balls se nuutste

So., 17 November 2002 11:40

Soos die pittige advertensie langs die M2 reken: uiteindelik 'n tamatiesous
vir volwassenes!

Het julle dit "getraai"? Dis nou die nuwe tamatie blatjang van die genoemde
tante. Heerlik! Een van die beter redes hoekom ek nog hier is.....

Koeitjies & kalfies | 13 kommentare

Jy sal gelei word waar jy nie wil wees nie.

So., 17 November 2002 06:32

My pa (86) het nou vir so 'n paar dae by ons gekuier. Daar word altyd
gesê dat 'n ouer 4 kinders kan grootmaak, maar dat 4 kinders nie na
een ouer kan kyk wanneer dié oud word nie. Ek het altyd gedink dat dit
'n skande is dat kinders dit nie kan doen nie. Die swart mense stel so
'n goeie voorbeeld vir ander kulture in ons land. Selfs die
plattelandse bruin mense kyk ook goed, nie net hul eie nie, maar ook
die wat naby of om hulle bly.
Na my pa se besoek sien ek hoe klein sy wêreldjie geword het, dan dink
ek dat ek ook oud moet word en as ek so lank lewe sal ek ook seker so
word :-( Gaan my kinders my ook so behandel soos meeste witmense hul
ouers behandel of gaan hulle kyk hoe ek my pa behandel in sy ou dag en
dan vir my ook so behandel.
--
--------------------------------------------
News & photos from Luanda
http://walk.isat.co.za
--------------------------------------------

Koeitjies & kalfies | 9 kommentare

Help

So., 17 November 2002 00:56

Help asb. Ek het vandag (of is dit gister?) 'n baba hondjie persent gekry
en sy weier om te slaap. Sy wil nie ophou skree nie, nie eers as ek haar
optel nie. My eerste hond het net geskree as hy wou uitgaan, en het na die
tyd weer ewe soet in sy boks gaan lê en slaap. Dis al 3:00 en dit gaan al
van 5 uur vanmiddag aan. My man lê rustig en slaap. Daai swembad begin al
hoe aantrekliker lyk. Heeeeeeeelllllllllppppppppppp!

Groete
Elaine

Koeitjies & kalfies | 14 kommentare

Rugby - alweer ....

Sa., 16 November 2002 17:29

Ja swaer ....
Ten minste het ons nou 'n klomp jongmanne kans gegee om eendag 'n
Springbokbaadjie te kan dra...
Is daar iets om ervaring mee te vervang?
(Party van die Currybekerhelde het hulle se .... gesien, nê?)

Sport & ontspanning | 5 kommentare

Wat kan die regering doen om armoede te verlig?

Sa., 16 November 2002 08:23

1)Daar moet werk geskep word, deur van die plase wat
in die regering se besit is, te gebruik om op te boer.Hoe
groter die aanbod van 'n produk,hoe goedkoper word
dit.
Dit sal aanleiding gee dat die mense van S.A. weer
produktief raak en dit sal die " per capita" inkomste
vergroot.
Verder sal dit lei daartoe dat mense geld het om te
spandeer, wat weer aanleiding gaan gee dat ander
nywerhede gaan blom.
2)'n Verbeterde Staatsdiens wat weer werk kan skep
moet gepropageer word.
3)Werklike behuisingsprojekte moet van stapel gestuur
word, en daar moet huise gebou word(nie vuurhoutjie-
dosies nie), wat die boubedryf sal stimuleer.
4)Lee fabrieke kan omskep word in skole, waar
meer bekostigbare onderwys en opleiding kan geskied.
5)Alle hospitale soos onder die ou-bedeling moet op ge-
gradeer word tot op Internasionaal aanvaarbare
standaarde.Hierdie dienste moet gelewer word, nie
nie gratis nie,maar teen 'n verhoogde koste...aangesien
die persoon wat dit gebruik weer geld in sy/haar sak sal
he.
6)Diskriminasie teen Blanke-arbeid moet gestaak word,
en die diens wat die witman kan lewer, moet aangewend
word tot goed van die land.
7)Mbeki moet vir 'n wyle in die land vertoef sodat hy kan
regeer as dit in sy broek sit om so-iets te probeer...en
ophou bakhand staan en bedel in die buiteland.
Hy herinner 'n mens sterk aan ou Jannie Smuts wat meer
in die buiteland was as in sy eie land.Mbeki moet onthou
dat die swartes hom ook kan uitskop soos wat die
wittes destyds van Smuts ontslae geraak het.
8)Minimum lone moet afgestel word en lone moet aan
produktiwiteit gekoppel word.
9)Nie-lonende bedrywe moet genasionaliseer word en
kundiges op daardie gebied aangestel word, om die
bedryf weer lonend te maak, waarna dit geprivatiseer
kan word...wat geld vir die staat sal beteken.
10)Wet en orde moet 'n terugkeer maak en die doodstraf
moet weer ingestel word.
11)Aborsies moet afgeskaf word,aangesien dit te duur is.
12)Staats-spandering moet beperk word...
en siedaar,die gelde om bogenoemde te kan vermag
is beskikbaar!

Koeitjies & kalfies | 59 kommentare

TV

Vr., 15 November 2002 19:07

Daar's 'n Leon Schuster fliek op 2
9 uur begin

DD

TV, flieks & vermaak | 27 kommentare

Lag 'n bietjie daar...

Vr., 15 November 2002 19:06

Kon ek help, anders as om te lag toe ek nou sit en The
Citizen deurblaai?
In Midrand het die "SWART" inwoners van die buurt
Ivory Park drie seuns gevang steel by 'n Spaza winkel.
Wet & orde het gewen en die drie deuns(een in sy 20's),is toe vasgemaak en
met die sambok bygekom.
Nou se die SAPD "dis siek"...
Siestog,die arme seuntjies is goed gemoer en ek het
lekker gekry tot in my klein toontjie...
Goed gedoen met julle "goed-moer"taktiek.Dit werk altyd!

JA,JA,JA... VIR "MOB JUSTICE"!

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Armoede is 'n verterende kanker!

Vr., 15 November 2002 14:26

Meer as 20 miljoen mense in Suid-Afrika leef in armoede.

'n Kwart hiervan is kinders tussen 1 & 6 jaar oud.
Wat doen Mbeki?
Hy katterjak die hele wereld vol met bak-bedelende
hande om vir die armes te vra by die vreeslike ryk
Westerse lande.Hierdie lande raak seker ook nou al
gatvol vir die bedelaars!
Suid-Afrika het binne tien jaar van 'n eerste wereld-land
na 'n kriperende derde wereld land gevorder.Dis nog
vinniger as wat die aap "Mugabe" met Zimbabwe gevorder het.
Dit lyk as of ons land sy gat gaan sien binne die volgende
jaar indien die regering nie drasties iets gaan doen daaromtrent nie.
Raad aan Mbeki:Hou op rondrits en bedel...
Soek na oplossings vir die land en implementeer dit...baie
vinnig of laat toe dat SA net nog deel word van die
aanhoudende bedelende Afrika.

Koeitjies & kalfies | 10 kommentare

Waninligting is mag!

Vr., 15 November 2002 10:20

Al ooit gewonder hoekom politici nie lief daarvoor is om die waarheid te
praat nie? Die ou wat die beste kan lieg, sit met die mag. Hoekom moet
die gepeupel meer weet as wat nodig is? Hier by ons vertel die een swart
ou nou die aand op 'n radio inbelprogram dat die blankes Sondae kerk toe
gaan en vergadering hou net om die ondergang van Swapo te beplan! Nou weet
ek dat party dominee maklik die hol uit die hoender kan ruk met woeste
preke, maar hierdie storie gee mens dalk so 'n effe van 'n kykie van hoe van
die swart mense op die grondvlak dink. Blankes wat dink dat 'n leeftyd se
mishandeling gaan sommer net so vergeet word, moet nog 'n keer dink. Die
een Baster bouer vertel my anderdag dat elke keer as hy blankes net hoor
praat van swart mense en hulle alle soorte van byvoeglike name toevoeg, al
is hy nie betrokke nie, kry hy hoendervleis. Hy sê eendag is eendag, gaan
hy hom met so 'n mens te buite gaan. Wanneer stop dit, vra hy?

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Môre se rugby

Vr., 15 November 2002 06:56

Sal maar môre TV kyk tot die Skotte klaar "O Flower of Scotland"
gesing het - dis baie mooi - en dan oorskakel krieket toe. Of ons
geute gaan skoonmaak - die goed is vol blare. Soos Blou Bul Braampie
op Litnet gesê het; "SA rugby is vol straeunt." :-)

Drom

Sport & ontspanning | 10 kommentare

Bladsye (1834): [ «    671  672  673  674  675  676  677  678  679  680  681  682  683  684  685  686    »]
Tyd nou: Sa. Mrt. 07 05:09:10 UTC 2026