On Fri, 22 Nov 2002 02:56:35 +0200, "Elaine" wrote:
> Ek het nie vroeër tyd gehad om jou beter te antwoord nie.
>
> Ek het nie gesê dat 'n ma minder sterk is nie! Ek het ook nie gesê by
> "kinders" nie. Ek het spesifiek van seuns gepraat. Moenie my woorde
> verdraai nie.
Ek het nie jou woorde verdraai nie, ek het vrae gevra.
Dit lyk asof jy sekere aannames maak - onder meer dat verkragters uit
huise kom waar die pa geweld teen die ma beoefen het. Dis dalk waar,
maar ek sal nie verbaas wees as dit nie waar is nie.
Jy fokus ook baie sterk op die verhouding tussen pa en seun in terme
van die ontwikkeling van die seun en spesifiek in terme van geweld.
Sekerlik is daar ook die kwessie van hoe die seun vrouens/die ma sien!
'n Ma het tog sekerlik 'n inset in hoe haar seun haar respekteer - en
van daar af vrouens.
Jy praat van opgeneukte huise waar seuns geweld leer. Leer die meisies
nie ook daar van hulle ma's om sulke dinge toe te laat nie?
In die man en die vrou in sulke huise nie ewe "skuldig" nie? En
beteken dit - as dit waar is - dan nie dat die man en die vrou ewe
veel "skuld" het aan die kinders wat hulle grootmaak nie?
Oor seuns wat sonder pa's grootword - dis nie so erg nie, hoor. Ek ken
'n paar.
Bob Skinstadt, Liefling van Nuweland, is van sy kontrak met Stormers onthef
sodat hy volgende jaar vir Cats en Lions beskikbaar kan wees.
Hy wil glo in Jozi gaan bly omdat hy 'n tak van sy advertensiemaatskappy
daar wil oopmaak.
Annette
Ek dag julle klomp sal wil weet dat daar darem lig voor in die tonnel vir
ons is tov die plase en wie moet ons bedank? Gierigheid! Daai handjies
wat so haak staan as iets maklik bekombaar raak, is iets wat meeste politici
nou een maal maar net nie kan weerstaan nie. Die skerp soeklig is nou op
enigiets wat net met plase verband hou en nou begin die wurms uitkruip.
Nie lank gelede nie is 'n boer veroordeel oor hy mense van sy plaas wou
afsit en die regering het lekker politieke myle gewen daaruit, maar nou het
een van sy amptenare, Permanente Sekretaris van Hoër Onderwys, Vitalis
Ankama, 'n man wat een moerse salaris verdien, 'n stuk hervestigingsgrond
ge-'score' van die regering en dis nie al nie....saam met sy deel, ook die
deel van die plaas waarop die plaashuis is, is aan hom toegeken. Wat egter
sy knaters gaan sprei, is die feit dat die boer wat die plaas aan die
regering verkoop het, die regering ten tyde van die verkoop in kennis gestel
het dat daar families is wat al lank op die plaas bly en wat geen heenkome
het nie.
NOU doen die mense wat hierdie stukke grond gekry het [dis nou Ankama
ingesluit] aansoek dat hierdie plaaswerkers van hulle grond verwyder moet
word! Wat eintlik hier gebeur het, is dat die regering besig is om presies
dieselfde te doen aan plaaswerker-gesinne as wat so 'n paar weke gelede
gedoen is die blanke boer wat die mense van sy grond af wou hê! Dalk is
hierdie maar net weer 'n aanduiding dat in die speelbal van die politici, is
die gewone ou op die grond eintlik niks?
Ek gaan julle nou sê, dan weet julle, Vrydag aand is daar weer 'n Leon
Schuster fliek op sabc3. Zoeloe on my stoep word dan uitgesaai.
Môreaand om 20:00 is die fliek Sleepers op e-tv. Dis, in my opinie, 'n
goeie fliek. Dit gaan oor 4 seuns wat na 'n ongeluk, waarin 'n man dood is,
na 'n verbeterskool gestuur word. By die skool word hulle seksueel misbruik
en aangerand. 25 jaar later kry hulle, hulle "revenge" op die mans wat dit
gedoen het.
Dis gebasseer op 'n ware verhaal. Blykbaar (volgens die fliek) word
minderjariges in Amerika, se rekord "skoongemaak" op 21 (of na 20 jaar, of
so iets), sodat hulle van voor af kan begin. Die van julle wat in Amerika
bly kan dit vir my duidelik maak asb.?
En ook vir die van julle wat nie weet nie. Kyk gerus Woensdae die Briste
komedie 'My Family" om 21:00 op SABC 3, wag dan so halfuur vir "The
Osbournes" wat om 22:00 uitgesaai word. En julle kan dink van Ozzy wat
julle wil, of hy 'n Satanis is al dan nie maak nie saak wanner jy die storie
kyk nie. Hy's intelligent, skerp en verbasend humoristies. Dis nou as jy
kan uitmaak wat die mens sê.
Maandae se twee komedies en "The Practice" is darem ook nie te sleg nie :-)
Nou ja, dis die beste wat gewone T.V. vir ons lewer vir nou.
Ek sien ons president het vandag in 'n boek geteken waarin hy "pledge" dat
hy geweld teen vrouens en kinders afkeur. Jippie vir ons president en al
die goeie mans daar buite wat die boek teken. Jippie ook vir Eskom wat R1
per handtekening skenk (tot en met R100 000), dis minstens konstruktief.
Nou wil ek net weet (en verskoon die taal wat daarmee saamgaan), wat help
dit julle teken 'n donnerse boek? Gaan dit die geweld teenoor vrouens
minder maak? Gaan dit verkragting stop? Dis nie die slegte mans, die
slaners en verkragters wat daai belofte onderneem nie. Dis die ouens wat
dit juis nie doen nie. Intussen teken julle, julle name op 'n stukkie
pampier en die vrouens in ons land wonder wanneer dit ons beurt is. Dis tog
net 'n kwessie van tyd, want 1 keer elke 24 sekondes word 'n vrou verkrag.
Dis erg genoeg dat hulle babas begin verkrag, newwermind uigegroeide vrouens
wat darem in 'n mate verstaan wat gaan aan. Dis erg genoeg dat die meeste
van die verkragte vrouens HIV gaan opdoen. Dis erg genoeg dat ons regering
nie gratis AZT aan verkragtings "oorlewendes" wil gee nie. Dis erg genoeg
dat die goeie (manlike) dokters wat AZT by hospitale verniet weggee geskors
word. Dis erg genoeg dat ons regssisteem nie voldoende is om verkragters
behoorlik te straf nie. Dis erg genoeg dat omtrent 60% van vrouens te bang
is om verkragtings aan te meld (so die een elke 24 sekondes is nie eers
akkuraat nie.)
Maar die ergste van alles is, dat ons regering blykbaar hulpeloos is teen
die aanslag. Dis al so erg dat vrouens aangemoedig word om met kondome by
hulle te loop, vir ingeval hulle verkrag word. As jy 'n kondoom het, kan jy
dalk jou verkragter oortuig om die ding te gebruik, en dan is jy redelik
beskerm teen HIV (maar nie noodwendig teen ander SDT's nie).
Waar begin ons om dit te stop? Gaan 'n petisie die misdadigers afskrik?
Gaan swaarder strawwe help (ek twyfel)? Gaan kastrasie hulle afskrik
(miskien)? Miskien moet 'n (skuldige) verkragter vir twee ure per dag, vir
sowat 14 dae aan sy knaters opgehang word. Of miskien moet hulle 'n
"diensgroep" van verkragte vrouens bymekaar maak, en elke keer wat 'n
verkragter gevang en skuldig bevind is, hom toemaak in 'n sel saam met die
vrouens. Bind hom vas en stuur die vrouens daar in "gearm" met
naelvyltjies, doekspelde en dildo's. Kyk of die simpel bliksem weer verkrag
wanneer hy daar uitkom.