Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Medieval songs - uitstekende skakel.

So., 24 November 2002 16:17

Die New York Times "album showcase" het hierdie week 'Songs of
Angels', 'n opname van medieval songs gebasseer op Gautier de
Coincy...

Hier is 'n baie goeie skakel van die real audio clip met van die
liedere asook kommentaarr:

http://www.nytimes.com/ref/arts/albumshowcase.html

ALBUM SHOWCASE
Songs of Angels
James R. Oestreich, classical music critic for The Times, discusses
selections from a recording of medieval songs based on the words of
Gautier de Coincy, performed by the New London Consort and directed by
Philip Pickett

Musiek & liriek | 0 kommentare

Die Ausie Onnie

So., 24 November 2002 15:53

Jy het reeds jou nuwe tuiste gevind
maar nog nie getrek nie
Dat jy inpak kan wel 50% verskoning wees
maar steeds het jy nog nie getrek nie
So laat sak dus daardie neus
en praat weer met ons

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Halstarrig

So., 24 November 2002 13:42

Onderwyseres vra die klas om 'n sin te maak met die woord.
Elton: Juffrou, nou die dag toe ons met die skoolbus moes ry om teen
Wellington rugby te gaan speel, toe is dit baie warm, maar die wind waai ook
vreeslik en al die bus se vensters is toe. Toe los Trevor 'n vreeslike stink
wind, en toe het ons halstarrig asem.

Annette

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

http://mweb.games.tucows.com/download/preview/211796.html

Sa., 23 November 2002 18:36

gaan laai die game-pie af, oefen om die HIV virusse te vang ...
heheheh! :-)

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

53-3: Nie so sleg nie ...

Sa., 23 November 2002 17:51

As die Springbokke so begeesterd kan speel met 14 man, moet ons voortaan net
van 13 gebruik maak ....

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

53-3: UITERS SLEG

Sa., 23 November 2002 16:49

Na die fiasko teen Frankryk is daar getroos dat dit darem nie kan slegter
gaan met die Springbokke nie. Toe gaan dit slegter teen Skotland en nog
slegter teen Engeland. Wat is die probleem? Al uitweg vir Straeuli en die
huidige "Springbokke" is harakiri deur hulle koppe in hulle gat te druk van
skaamte. Gee eerder vir my 'n Rand wat val as 'n "Springbok" rugby span wat
ons in die afgrond in verneder...

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Afrika...al donkerder soos voor sy ontdekking!

Sa., 23 November 2002 15:54

Ons sien al hoe meer hoe die donker wolke om ons
saampak.Ons skel op De Klerk en sy bende verraaiers!
Woede laai op as ons in Afrikaanse koerante moet lees
hoe ons volk se pogings verkleineer en as kleinlikheid
afgemaak word deur die liberaliste in beheer van daardie
koerante.
Ons moet toesien hoe nog meer Boerehelde agter tralies
gesit word omdat hulle die frustrasie nie meer kon verduur
nie.
Tog bly ons steeds by praat en niks doen,terwyl daar
soveel gedoen kan word om ons pad vreedsaam na
vryheid oop te stoot-SONDER OORLOG & SONDER
BLOED!
Die Boer het verstand in sy kop...as hy dit net wil saam
gooi in 'n poel van kragtige vreedsame verset buite
ANC-strukture, tuimel hulle soos domino's ineen!
Dink maar aan Gandhi...

Hierdie stuk is uit 'n blad geneem en gee nie noodwendig
my mening daaroor nie.
Is dit die bewys dat nie alle sogenaamde Regses glo aan
geweldadige verset nie?
Is dit 'n slim idee vir die pad vorentoe?
Is gewapende verset wel nodig?
Wat dink u?

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Watter rol speel jy in die lewe?

Sa., 23 November 2002 15:28

"reisiger"
---
huh !!! lewe JY nog ?

Koeitjies & kalfies | 16 kommentare

En die wenners is......

Sa., 23 November 2002 09:38

die Springbokke!!!!!!!!!!!!

Iemand het laas voor die Hane-game al genoem (as ek reg onthou was dit
ekself) dat hulle gaan wen. Berig is ook ontvang dat die Skotte ons sou
trap, maar dit was so vergesog dat dit nooit gepubliseer is nie.

Maar vandag gaan die Bokke wen!!
Blykbaar gaan die volgende gebeur;

Daar gaan 'n helse fight of twee wees.
Die Bokke gaan die Ingelse saf maak deur 'n klomp strafskoppe af te staan en
hulle so tydelik laat voorloop.
Die Bokke gaan later ver voorloop, maar dan Vrystaat-tipe rugby begin speel
en nie heeltemal so ver wen nie.
Die Bokke gaan jammer genoeg met net 14 man klaarmaak.
(Party mense is net eenvoudig te butch vir die game)

Maar vandag gaan die Bokke wen !!!!!!!!!!

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Gé se versoek

Vr., 22 November 2002 19:23

'n kerkorrel

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Bladsye (1834): [ «    668  669  670  671  672  673  674  675  676  677  678  679  680  681  682  683    »]
Tyd nou: Sa. Mrt. 07 03:41:34 UTC 2026