Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

IK Toetse

Ma., 25 November 2002 06:12

Miskien moet die rugbybokke IK toetse doen en woedebehandelbaarheidklasse
bywoon voordat die paar wat slaag vir die span gekies word.
Hoekom was daar geen bakleiery of enige kaarte in die wedstryd tussen die
Engelse en NZ nie?
Omdat altwee spanne weet wanneer om skelm te baklei , dis hoekom.
Laat die hoopvolles nou nie weer kom dat dit nie slegter kan gaan nie;))
Annette

Koeitjies & kalfies | 7 kommentare

Re: Die lakei is ontmasker

Ma., 25 November 2002 02:55

On Mon, 25 Nov 2002 13:03:28 +0200, "Wouter Plaasvark"
wrote:

> Ferdi
> ..die reaksie van een van jou kamerade in die Groep op die brief.
> Die reaksie is gepubliseer in Beeld.
>
> Wouter
> Ek het reeds gesê ek stem nie saam met G63 se brief nie, Ferdi.
> Hierdie verdere poging tot disinformasie gaan dus nie af nie.

En ek het mos al vir jou gese ek werk nie vir die veiligheidsdienste
of sulke mense nie, maar steeds gaan jy voort met die insinuerende
manier van antwoord. Ek bewys jou maar net dieselfde komplement.
Antwoord my op wat ek se en nie op die modder wat jy na my gooi nie,
en ek sal dieselfde met jou doen.


> Daar is nie een sin in die brief hier onder wat naastenby met jou
> saamstem soos wat jy beweer het nie, Ferdi. Jy het gesê G63
> het die bomme "halfhartig verwerp". Niemand anders hier onder
> sê dit nie, dis net nog disinformasie van jou kant af.
> Is dit vrywillig of word jy voorgesê?

Sien? Die laaste sin.

So:
Jou lees van die brief is 'n vreemde een. Werk jy volgens 'n deel van
die Groep van 63 se program van skade-beheer of lees jy maar net
selektief?

Kyk na die volgende:

Marais skryf:

1daarvan distansieer, is nie wyd bekend nie.
2. [/color]
>
> -------G63-lede kritiseer óók brief aan Mbeki---------
>
> Die Groep van 63 se brief aan pres. Thabo Mbeki oor die verregse
> bomplanters en die vermoedelike gevoel van vervreemding onder
> Afrikaners het reeds baie negatiewe reaksie ontlok.
> Dat lede van die groep ook krities is oor die brief en hulle selfs
> daarvan distansieer, is nie wyd bekend nie.
> My siening as lid van die Groep van 63 is dat die brief inderdaad
> misbruik kan word as 'n apologie vir die gebruik van geweld, hoewel
> dit na alle waarskynlikheid nie so bedoel was nie.
> Terselfdertyd het die brief die gevoel van vervreemding onder
> Afrikaners ongenuanseerd gestel en word 'n eng en uitgediende siening
> van Afrikaners en Afrikaanssprekendes gegee.
> Die leiers van die Groep van 63 en by name die voorsitter, prof. Danie
> Goosen, se hantering van die polemiek is ongetwyfeld net so
> betreurenswaardig soos die brief self. Hulle klou doodgewoon verbete
> aan hul oorspronklike standpunt asof hulle sodoende 'n hero¨ese daad
> verrig.
> Dit is ook betreurenswaardig dat hulle nie blyke daarvan gee dat daar
> lede van die groep is wat hulle nié met die brief vereenselwig nie.
> Een van die belangrikste redes vir die onenigheid in die groep is die
> gebrekkige hantering van die kwessie in verband met konsensus. Die
> leiers van die Groep van 63 het doodgewoon in gebreke gebly om die
> breë ondersteuning van die groep se lede (en selfs adviseurs!) vir die
> sensitiewe saak te verkry. 'n Lid van die groep, Leopold Scholtz, se
> rubriek Groep van 63 én NNP-leier fouteer is 'n sprekende bewys
> hiervan.
> Ek ondersteun Johann Durand se versoek in sy brief Spreekbuis vir die
> enkeles wat oorbly (20 November) dat die georganiseerde Afrikaanse
> kultuurgemeenskap hulle van die Groep van 63 se standpunt distansieer.
> Gelukkig het 'n aantal dit al gedoen. Pogings om vir die belange van
> Afrikaans op te kom, loop inderdaad die gevaar om deur die gewraakte
> brief in die wiele gery te word. Die volgehoue idiosinkratiese
> uitsprake van die leiers van die Groep van 63 verskil toenemend
> van die ideale waarvoor 63 mense in 2000 in Hammanskraal
> bymekaargekom het.
> Johann Lodewyk Marais, Eldorette
>

Koeitjies & kalfies | 26 kommentare

Wouter staan rokloos?

So., 24 November 2002 22:10

... net met sy onderrok aan - en op die onderrok is oral , in netjiese
borduurwer soos mens op voortrekkerkappies kry, die logo "63"
uitgewerk!!!

Hier is die relevante dele van die Groep van 63 se brief aan Thabo
Mbeki oor die bomme. Lees dit en onthou wat ek gese het - hulle
reaksie is net soos Azapo wat se ja hulle veroordeel grondbesetting en
dit is verkeerd, maar in DIE geval moet daar anders gekyk word bla bla
bla.
Met ander woord - soos ek gese het - daar word verskoning gemaak vir
"die spesifieke geval" hoewel die daad in die algemeen veroordeel
word.

En net onder die berig oor die brief, publiseer ek vir jou, Wouter,
die reaksie van een van jou kamerade in die Groep op die brief. Die
reaksie is gepubliseer in Beeld.

1>)


Donderdag 7 November 2002 Johannesburg Finaal Bladsy 13

Soweto-bomme `dui op Afrikaner se vervreemding'
– Liezel de Lange –
Die Groep van 63 doen 'n dringende beroep op pres. Thabo Mbeki om na
die onderliggende redes vir die bomontploffings verlede week in Soweto
te kyk.
In 'n brief wat aan Mbeki oorhandig gaan word, skryf dié
Afrikaner-groep: ``Daar is 'n beduidende risiko dat die vervreemding
onder Afrikaners, indien die onderliggende oorsake daarvoor nie
aangespreek word nie, verder gaan vererger en in nog verdere geweld
kan uitloop . . . Die moontlikheid moet nie geringgeskat word nie.''

Die Groep van 63 keur enige poging van welke aard ook al af om blanke
minderheidsoorheersing te probeer herstel, maar sê Afrikaners is
ontmagtig.

``Oor 'n breë spektrum ervaar Afrikaners hoe hul belange, ondanks
herhaalde versoeke, vertoë en pleidooie deur die regering ge¨gnoreer,
verontagsaam en benadeel word.''

Die Groep van 63 verwys spesifiek na ``die regering se
verengelsingbeleid'' en die uitwerking van regstellende aksie. Hy meen
ook dat die regering se houding jeens die gebeure in Zimbabwe daartoe
bygedra het dat Afrikaners se vertroue geskend is.

``Tot dusver is die weg van die minste weerstand gevolg deur te
emigreer of die oënskynlike beskerming van die private wêreld op te
soek. Die onlangse bomontploffings wat onder meer tragiese
lewensverlies veroorsaak het, is die eerste onheilspellende aanduiding
van Afrikaner-vervreemding.''


2.)

G63-lede kritiseer óók brief aan Mbeki

Die Groep van 63 se brief aan pres. Thabo Mbeki oor die verregse
bomplanters en die vermoedelike gevoel van vervreemding onder
Afrikaners het reeds baie negatiewe reaksie ontlok.
Dat lede van die groep ook krities is oor die brief en hulle selfs
daarvan distansieer, is nie wyd bekend nie.
My siening as lid van die Groep van 63 is dat die brief inderdaad
misbruik kan word as 'n apologie vir die gebruik van geweld, hoewel
dit na alle waarskynlikheid nie so bedoel was nie.
Terselfdertyd het die brief die gevoel van vervreemding onder
Afrikaners ongenuanseerd gestel en word 'n eng en uitgediende siening
van Afrikaners en Afrikaanssprekendes gegee.
Die leiers van die Groep van 63 en by name die voorsitter, prof. Danie
Goosen, se hantering van die polemiek is ongetwyfeld net so
betreurenswaardig soos die brief self. Hulle klou doodgewoon verbete
aan hul oorspronklike standpunt asof hulle sodoende 'n hero¨ese daad
verrig.
Dit is ook betreurenswaardig dat hulle nie blyke daarvan gee dat daar
lede van die groep is wat hulle nié met die brief vereenselwig nie.
Een van die belangrikste redes vir die onenigheid in die groep is die
gebrekkige hantering van die kwessie in verband met konsensus. Die
leiers van die Groep van 63 het doodgewoon in gebreke gebly om die
breë ondersteuning van die groep se lede (en selfs adviseurs!) vir die
sensitiewe saak te verkry. 'n Lid van die groep, Leopold Scholtz, se
rubriek Groep van 63 én NNP-leier fouteer is 'n sprekende bewys
hiervan.
Ek ondersteun Johann Durand se versoek in sy brief Spreekbuis vir die
enkeles wat oorbly (20 November) dat die georganiseerde Afrikaanse
kultuurgemeenskap hulle van die Groep van 63 se standpunt distansieer.

Gelukkig het 'n aantal dit al gedoen. Pogings om vir die belange van
Afrikaans op te kom, loop inderdaad die gevaar om deur die gewraakte
brief in die wiele gery te word. Die volgehoue idiosinkratiese
uitsprake van die leiers van die Groep van 63 verskil toenemend van
die ideale waarvoor 63 mense in 2000 in Hammanskraal bymekaargekom
het.
Johann Lodewyk Marais, Eldorette

Koeitjies & kalfies | 61 kommentare

Hulp met stoute hond

So., 24 November 2002 17:30

Ek weet nou nie hoeveel julle van honde af weet nie, maar ek "figure" daar's
dalk iemand wat hier rondhang wat kan help.
Die nuwe border kollie van my is ongelooflik stout. Sy kou aan alles, en
mors my hele huis vol, maak nie saak hoeveel keer ek haar straf nie. Die
deur sal oopstaan en sy sal van buite af binne toe kom om op my mat te kom
piepie. Ons gooi haar toe onder speelgoed, maar sy verkies om die ander
hond se kombers, handdoekke, boeke, meubels, drade en sokkies te vreet. Ons
honde bly by ons in die huis, so ek kan haar nie buite toemaak sy, en die
ander hond, sal horries kry
Elke hond het sy eie persoonlikheid, maar ek moet sê die Chow het binne die
eerste paar dae al geleer dis onaanvaarbaar om in die huis te mors. Chows
is natuurlike skoon diere en mors nie waar hulle leef nie. Dit krap hom om
as die kollie sommer op die mat mors en dan net twee tree verder gaan lê!
Die Chow het ook net een keer 'n ding opgevreet, en nooit weer nie.
Ek kan nie verstaan hoekom die kollie nie kan (of wil) leer nie! Hulle word
tog gelys as die intelligentste honde (border kollie). As iemand raad het
met hoe om haar te leer sal ek dit waardeer. Gedurige prys as sy iets reg
doen werk nie. Sy gaan maar net en doen dit weer. Ek glo nie daaraan om
honde gedurig te slaan nie, maar selfs as ek haar op die neus klits as sy
iets kou wat sy nie mag nie, kyk sy my net aan en gaan doen dit weer. My
geduld is regtig besig om op te raak. Mis ek iets hier? Ek het in my lewe
nog nooit so moeilike hond gehad nie. Selfs die foxies het vinnig geleer, en
hulle is van nature lewendige en stout hondjies.
As iemand raad het, met ander maniere van opleiding, sal ek dit rerig
waardeer. Ek wil haar oor 'n paar maande hondeskool toe gevat het, maar my
man glo nie aan hondeskole nie. Hy sê dit onderdruk 'n hond se
persoonlikheid.

Dankie en groete
Elaine

Troeteldiere | 16 kommentare

Medieval songs - uitstekende skakel.

So., 24 November 2002 16:17

Die New York Times "album showcase" het hierdie week 'Songs of
Angels', 'n opname van medieval songs gebasseer op Gautier de
Coincy...

Hier is 'n baie goeie skakel van die real audio clip met van die
liedere asook kommentaarr:

http://www.nytimes.com/ref/arts/albumshowcase.html

ALBUM SHOWCASE
Songs of Angels
James R. Oestreich, classical music critic for The Times, discusses
selections from a recording of medieval songs based on the words of
Gautier de Coincy, performed by the New London Consort and directed by
Philip Pickett

Musiek & liriek | 0 kommentare

Die Ausie Onnie

So., 24 November 2002 15:53

Jy het reeds jou nuwe tuiste gevind
maar nog nie getrek nie
Dat jy inpak kan wel 50% verskoning wees
maar steeds het jy nog nie getrek nie
So laat sak dus daardie neus
en praat weer met ons

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Halstarrig

So., 24 November 2002 13:42

Onderwyseres vra die klas om 'n sin te maak met die woord.
Elton: Juffrou, nou die dag toe ons met die skoolbus moes ry om teen
Wellington rugby te gaan speel, toe is dit baie warm, maar die wind waai ook
vreeslik en al die bus se vensters is toe. Toe los Trevor 'n vreeslike stink
wind, en toe het ons halstarrig asem.

Annette

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

http://mweb.games.tucows.com/download/preview/211796.html

Sa., 23 November 2002 18:36

gaan laai die game-pie af, oefen om die HIV virusse te vang ...
heheheh! :-)

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

53-3: Nie so sleg nie ...

Sa., 23 November 2002 17:51

As die Springbokke so begeesterd kan speel met 14 man, moet ons voortaan net
van 13 gebruik maak ....

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

53-3: UITERS SLEG

Sa., 23 November 2002 16:49

Na die fiasko teen Frankryk is daar getroos dat dit darem nie kan slegter
gaan met die Springbokke nie. Toe gaan dit slegter teen Skotland en nog
slegter teen Engeland. Wat is die probleem? Al uitweg vir Straeuli en die
huidige "Springbokke" is harakiri deur hulle koppe in hulle gat te druk van
skaamte. Gee eerder vir my 'n Rand wat val as 'n "Springbok" rugby span wat
ons in die afgrond in verneder...

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Bladsye (1838): [ «    667  668  669  670  671  672  673  674  675  676  677  678  679  680  681  682    »]
Tyd nou: Vr. Apr. 25 10:34:09 UTC 2025