Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Goedkoop Petrol

Wo., 27 November 2002 11:43

Lyk my mens moet nou net by die grenspos by Zimbabwe uitkom, dan kan mens
brandstof koop van die Zimbabwiërs wat tot meer as R1 per liter goedkoper
is .
En hier sit ons en dink dat hulle nie eers brandstof daar het nie.:))

Annette

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

Krieket

Wo., 27 November 2002 08:35

Die Sri Lankane was soooo bly om te hoor dat Jonty nie speel nie, dat hulle
vergeet van kolf:))
Hulle het nou 11/3
Annette

Sport & ontspanning | 0 kommentare

Afrikaners is plesierig?

Wo., 27 November 2002 08:19

Hoekom kan Afrikaners nie van mekaar verskil sonder om mekaar te beskuldig
van
- onnoselheid
- lafhartigheid
- smerigheid
- k****boeties
- praters van k**
... las maar self by.

Hoekom nie 'n ander persoon die reg op sy standpunt gun nie, sonder om te
probeer om hulle tot my eie persoonlike wêreld te probeer omhaal of afdreig?

Die laaste paar weke het dit vir my gelyk of die nuusgroep degenereer tot 'n
vlak van kleinlike beskuldigings en aantygings, vliegafvangery en
persoonlike venyn. As dit dan ons omgang met mekaar moet karakteriseer begin
ek iets van Breyten se optrede verstaan.

Koeitjies & kalfies | 20 kommentare

Re: Afrikaners is plesierig?

Wo., 27 November 2002 04:22

Because why dis sos ons is.

On Wed, 27 Nov 2002 10:19:46 +0200, "Koot"
wrote:

> Hoekom kan Afrikaners nie van mekaar verskil sonder om mekaar te beskuldig
> van
> - onnoselheid
> - lafhartigheid
> - smerigheid
> - k****boeties
> - praters van k**
> ... las maar self by.
>
> Hoekom nie 'n ander persoon die reg op sy standpunt gun nie, sonder om te
> probeer om hulle tot my eie persoonlike wêreld te probeer omhaal of afdreig?
>
> Die laaste paar weke het dit vir my gelyk of die nuusgroep degenereer tot 'n
> vlak van kleinlike beskuldigings en aantygings, vliegafvangery en
> persoonlike venyn. As dit dan ons omgang met mekaar moet karakteriseer begin
> ek iets van Breyten se optrede verstaan.
>

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Wie het?

Wo., 27 November 2002 00:36

Hello

Wie het die gedig "Skoppensboer" geskryf? Was dit Eugene Marais?

Elaine

Koeitjies & kalfies | 9 kommentare

virrie wynsypers

Di., 26 November 2002 18:44

(www.platterwineguide.co.za).

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

hou den bek

Di., 26 November 2002 18:29

nee, ek praat nie met jou nie DD, ek praat met ons slim mense op die
ng. .......... heheheh ......
Ok. Die plaas Hou den Bek is in die Koue Bokveld. Lui die naam 'n
klokkie by die mense wat belangstel in skrywers/digters. Drom, Danie
het vroeër vanaand hier by my staan en gesels en gesê ek moet mense op
die ng. vra. Nou vra ek jou en andere. Thys?

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Vir Annette

Di., 26 November 2002 16:09

Sien jy wat Rico gedoen het? Miskien wil jy vir die Bokke stem? Asseblief.
Even if only to get back at him ;-)

Baba

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Wil Jy Die Bokke Sien Wen?

Di., 26 November 2002 13:38

Stem julle gou as jy die Bokke wil sien wen.
http://sport.guardian.co.uk/poll/0,12371,847363,00.html

Baba Mung

Sport & ontspanning | 0 kommentare

Bladsye (1835): [ «    665  666  667  668  669  670  671  672  673  674  675  676  677  678  679  680    »]
Tyd nou: Vr. Jan. 16 14:38:30 UTC 2026