Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Wat van 'n Afrikaanse Boeretroue fliek?

Di., 03 Desember 2002 08:24

Het gister My Very Fat Greek Wedding gesien.
Genotvol, aan te bevole as goeie ontspanning, maar vir my was dit nie so
skreeusnaaks soos baie dit sou wou maak nie.
Nou wonder ek net - hoe sou 'n Afrikaanse Bruilof Fliek daar uitsien?
Sover ek kan onthou is daar nie altyd 'n bakleiery met vuiste nie - maar ek
was nog nooit by 'n troue waar daar nie 'n hele paar vroue met gevoude arms
jaloers stywelip sit terwyl die manne ure "sukkel" om ietsie by die kroeg te
kry nie.:))

Annette

TV, flieks & vermaak | 0 kommentare

Vir Wouter

Di., 03 Desember 2002 08:10

Liewe Wouter

vir al die dae se gesels met Ferdi -
jy is 'n Wonderman
vir al die redeneer met Ferdie -
jy is 'n Wonderman
vir al die geduld met Ferdi -
Saluut ek jou!

Ek stem Wouter in ons volgende verkiesing!

Liefdegroete
KinkY

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Humor in Huisgenoot

Di., 03 Desember 2002 08:00

Daar is 'n stuk hierdie week oor Straueli - hy het glo volgens die spioen
met die onderskepoorfone vir sy spelers laat weet, toe hulle 46-3 agter was,
om dit kalm te vat en te onthou om nie te gou te peak nie;))))
Annette

Humor & grappe | 4 kommentare

Lees die boodskap hierin...

Di., 03 Desember 2002 07:22

Hulle vra net 'n 'ramp'

Sowat tien jaar gelede het 'n vriend tydens die Suid-Afrikaanse
Menseredding-kampioenskap in Amanzimtoti in 'n sandbank vasgeduik.

Hy is van sy bors af ondertoe verlam.

Dié kranige swemmer en menseredder - sy naam is Harry Bell (van
Somerset-Wes) - het binne oomblikke geweet hy is verlam.

Kort ná sy duikslag het hy hom in die vlak water voel dryf. Hy kon die
seesand onder hom sien en het geweet hy moet omdraai vir asem. Maar hy
kon nie.
Gelukkig vir Harry het twee ander deelnemers hom sien dryf en uit die
water gered. Met slap bene en arms wat hang is hy na die strand gedra.
Dinsdag is die internasionale dag vir mense met gestremdhede. Dinsdag
moet mense wat nie gestrem is nie, ons afvra in hoe 'n mate gee ons
mense soos Harry ruimte vir asemhaal, of kyk ons net vas in hul
"andersheid" van bene en arms wat hang? Of glad nie daar is nie?

'n Paar jaar ná daardie dag in Amanzimtoti ontmoet ek Harry vir die
eerste keer in Stellenbosch. Hy sit in sy rolstoel en as
eerstejaarstudent in die manskoshuis Wilgenhof loer hy - soos enige
ander nuweling - met groot oë na sy nuwe tuiste.

Hoe gemaak met 'n man in 'n rolstoel? Hanteer jy hom anders? Hou jy
hom eenkant sodat hy "nie verder seerkry nie"?

Dít sou die verkeerdste ding wees om te doen. Harry is jare gelede
verlam; om hom nou wéér van voor af te "verlam", sou 'n groot flater
wees.

Só het Harry - soos verskeie ander gestremdes voor hom - deel geword
van "die plek". Hy het vinnig-vinnig 'n oprit voor sy kamer gekry met
die woorde "Harry se ramp" in die nat sement geskryf.

Stadigaan het dinge vir 'n mens begin sin maak: al die ramps in die
koshuis met die een of ander "ouman" se naam daarop. Manne wat bloot
oumanne was, nie "gestremde" oumanne nie.

Vir iemand wat nog nooit met gestremdes te doen gehad het nie, was jy
dan uiteraard blootgestel aan 'n verskeidenheid van poetse en grappe.

'n Blinde huismaat vertel hoe hy eenkeer op 'n rasper in sy kamer
afgekom het. "Dit was die wreedste boek wat ek tot nog toe gelees
het," sê hy.
Dieselfde vriend staan en sing in die koshuis se storte.
Niksvermoedend stap jy die wasgeriewe binne. In plaas daarvan dat hy
jou vra om die seep aan te gee, kyk hy met daardie vlesige holtes na
jou kant en vra: "Het jy dalk my oë gesien?"

Maar veel meer as studentikose grappe of universiteitsverhale van dié
manne wat een van die boys geword het, gaan dit om mense as mense te
ag.

"Die oordadige respek waarmee mense my soms behandel... Dan is dit vir
my die ergste wanneer iemand in 'n restaurant vir my metgesel vra:
'Neem hy suiker?'" sê 'n ander vriend.

Om gestremdes in die daaglikse gang van die lewe in te skakel sonder
om "oordadige respek" aan die dag te lê óf neerbuigend te wees, is
iets waaroor mens doelbewus moet dink.

Watter reël sê gesiggestremdes moet telefoniste wees? Natuurlik is
alle gestremdes nie astrofisici soos Stephen Hawking nie - maar dit
geld mense sonder gebreke ook.

Wanneer ék, sonder enige gebreke, moet draai vir my 20ste lengte in
die swembad en dan halfpad voel hoe my spiere jellie word, staan ek
verleë en in absolute bewondering vir iemand soos die swemmer Natalie
du Toit.

Ons is tot soveel meer in staat, maar dikwels is dit hierdie
supermense wat vir ons as voorbeeld dien oor presies wáár die perke
lê.

Hulle het net 'n ramp nodig - 'n kans om mens te wees.

Soos 'n Time-joernalis vroeër gesê het oor die verlamde Christopher
Reeve, die Amerikaanse akteur wat bekendheid verwerf het as Superman:
"As ons almal maar so gestremd was soos hy."

(Erkenning aan Jo Prins van Beeld)

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Ons - Ingrid Jonker

Ma., 02 Desember 2002 21:56

ONS
(vir andré)
sê sal jy áfstérf van my
soos jou vergeefse saad
nakend soos water brandblink
soos laat
april
soos hande nakend

mooi soos sterflikheid
soos 'n laaste woord
treurig soos bloed
geen kleine dood

môre brandblink ons onverwek-
te saad môre
breek die bloeisels
nuwe meisies soos maagde
môre
sterf ek en jy

- Ingrid Jonker

Prosa & poësie | 0 kommentare

Vir Gloudina oor die troue

Ma., 02 Desember 2002 20:50

Van môre af (2 Desember) is ek bietjie baie op reis; eers vir 'n week
Orlando toe vir 'n kongres oor lifelong learning, en dan, pas nadat ons
terug is daarvandaan af, vlieg ons Honolulu toe vir Kersfees by ons jongste
dogter wat daar woon en werk. Sodra en terug is en meer tyd het sal ek
vertek van die troue. Ek wil ook graag 'n wbruimte skep waar ek foto's kan
plaas. Net baie kortliks: ons jongste dogter het in Oktober getrou. Haar man
is Amerikaans in merg en been. Hulle woon nou in Bayridge, Brooklyn NY en
werk albei in Manhattan.

Thanksgiving was 'n fees. Daar was veertien gaste en ons het die geleentheid
gehad om die eerste keer regtig kennis te maak met al die nuwe skoonfamilie.
Daarvan sal ek ook later vertel.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Hoekom Gaye Derby-Lewis?

Ma., 02 Desember 2002 15:59

Bloot omdat sy 'n Derby-Lewis is!Die regering weet nie vir wie hulle jag oor
sekere bommetjies nie...nou probeer hulle 'n 63-jarige "tannie" daaraan
koppel om hulle hekse-jag op andersdenkende Afrikaners legitiem te probeer
maak.Al wat hulle nou bereik het is om daardie andersdenkende Afrikaners
waarby ek myself insluit se
Nasionalisme te laat wakker word.
Dit vat 'n "tante" van Australiese afkoms om ons wakker te maak.
Gabrielle Mavourna Derby-Lewis is 'n vrou wat vir niks
stuit nie.Watookal die liberaliste en kommuniste doen,hierdie land het nie
genoeg tronke om die Afrikaner
se vryheidstrewe te keer of om alle Afrikaners toe te sluit nie. Enige
persoon wat probeer om met Mugabe-styl die
witman se mond aan die Suidpunt van Afrika te snoer sal
bloot die verkeerde ding doen.
Hierdie regering is besig om met vuur te speel.In plaas daarvan om na vrede
te soek waar die Afrikaner deel is van 'n konfederale oplossing...is hulle
besig om te wil oorlog speel teen mense wat vrede nastreef.
Jy soek nie vrede,met 'n konfrontasie-houding nie.
As ons vrede nastreef kom ons soek vreedsame oplossings vir ons land...maar
as daar konfrontasie is,
sien ek swart vir Suid-Afrika!
Soek ons na vrede of soek ons na wind?

Koeitjies & kalfies | 67 kommentare

Vraag aan Suidwester

Ma., 02 Desember 2002 11:14

Wanner gaan die NA$ nie meer aan die rand gekoppel wees nie en wat is die
rede dt dit wel aan die rand gekoppel is.

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Andre P.Brink op BBC-TV

Ma., 02 Desember 2002 05:11

So pas 'n onderhou van die king of queens, Simpson, op BBC-TV gesien.
Onse Andre P.Brink val die ANC-regering aan - hy sê hulle is erger as die
vorige regering. Hy noem hul grootste sondes synde nepotisme, korrupsie en
bedrog.
(Maar, dis duidelik dat hy suurgat is omdat hy nie meer as die wit bwana
ervaar word met apartheid as maklike teiken nie.)

Is daar iemand wat met onse Andre wil verskil? Antie - wat van jou?

Koeitjies & kalfies | 19 kommentare

doodstraf

Sa., 30 November 2002 09:18

China wil nie die doodstraf van hul wetboek afhaal nie omdat, volgens
hulle woordvoerder, die publieke veiligheid sal benadeel. Ons het ook
die doodstraf geskraap in die RSA.
---

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

Bladsye (1835): [ «    663  664  665  666  667  668  669  670  671  672  673  674  675  676  677  678    »]
Tyd nou: Vr. Des. 19 19:43:39 UTC 2025