Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

nou en volgende jaar:-)

Vr., 13 Desember 2002 21:39

Ses uur môreoggend vertrek ek na Durban tot die eerste week in die
nuwe jaar.
Ek neem my Notebook saam waarvandaan ek gewoonlik skryf
as Paul Van Straaten.
Dit beteken natuurlik dat Davie Davis gaan verlof hou en Paul nie. Ek
sal dus steeds skryf as Paul Van Straaten maar eers vroeg in die nuwe
jaar sal Davie Davis weer sy gesig wys.

Mag God se Rykste Seën julle Kerstyd vul en mag Sy Hand vir julle
oop wees in die nuwe jaar en Hy dit die beste jaar tot dusver maak vir
elke siel op hierdie nuusgroep.

Dave Du Plessis

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

AMERICA: Black writer says 'ThankGod for slavery'

Vr., 13 Desember 2002 14:45

Hier is die nuws...

Outrage as Black Reporter says 'Thank God for Slavery'

A black American author has sparked anger and controversy among black
nationalists "by repudiating his African roots and thanking God his
ancestor was enslaved."

"Keith Richburg has been shunned and insulted for daring to reject the
Afro-centric idealism which is an article of faith in black America.
In 'Out Of America', published in February,1997, (hardcover, 288
pages;

'Basic Books,' ISBN: 0465001874), after he spent three years reporting
from Africa for the Washington Post, Mr Richburg hurls down a
challenge to black American leaders to stop deceiving themselves and
the 35 million (black) descendants of slaves, that Africa is Eden on
earth.

"I'm tired of lying,' he writes. 'And I'm tired of all the ignorance
and hypocrisy and the double standards I hear and read about Africa,
much of it from people who've never been there, let alone spent three
years walking around amid the corpses.

"Talk to me about Africa and my black roots and my kinship with my
African brothers and I'll throw it back in your face, and then I'll
rub your nose in the images of the rotting flesh.'

"Richburg spent three years covering the continent's senseless
violence, corruption, bloody and incessant cruelties--machete-wielding
Hutu militiamen, a cholera epidemic in Zaire, famine in Somalia, civil
war in Liberia, disease, dirt, dictatorships, killer children, AIDS,
terror.

"Had my ancestor not made it out of here,' Richburg muses, 'I might
have ended up in that crowd...maybe I would have been one of those
bodies, washing over the waterfall in Tanzania or maybe my son would
have been set ablaze by soldiers. Or I would be limping now from the
torture I received in some rancid police cell...'

Afrocentrism 'has become fashionable for many blacks, Richburg notes.
'It cannot work for me. I have been here, I have lived here and seen
Africa in all its horror.'

"Mr Richburg's every word is an assault on the group identity politics
which have taken hold among black intellectuals and leads, critics
say, to a Balkanisation of American society. Thinking about his slave
forebear, transported in chains to the Caribbean and thence to South
Carolina, Mr Richburg writes: "Thank God my ancestor got out, because,
now, I am not one of them [Africans]. In short, thank God I am an
American."

"Borders, a Washington D.C. book shop, was packed this month for a
lecture by Mr Richburg at which hecklers accused him of racial
betrayal. 'One man demanded to know if the author had a white
girlfriend,' said Mary Ann Brownlow, who organised the lecture.

"When Mr Richburg appeared on a talk show on Black Entertainment
Television, Randall Robinson, leader of the TransAfrica lobby group
and one of America's most prominent blacks, refused to join the
discussion.

"Jackie Clark, producer of the show, said: 'We African-Americans have
this vision of Africa as the motherland which we see in this wonderful
light

but people who have lived there can burst this bubble. It takes
courage to say things you know are going to outrage people, but I
think Richburg wishes he were white.'

"Out Of America is a gruesomely detailed account of barbarism and
corruption across the continent, particularly in Somalia and Rwanda.
The author pulls no punches in condemning it, and no...myth is spared.
When sketching how his ancestor was enslaved, he says it was first
'probably by a local chieftain.' The suggestion that African blacks
were slave owners is anathema in America...

"Mr Richburg, who is now working for the Washington Post in Hong Kong,
says he is not condoning the evil of slavery, but insists that
condemning it should not blind blacks to the fact that good has
emerged from it..."

Reviews of Richburg's Out of America:

E.G. Long: "Africa is a painful reality. Over the past 21 years, I
have lived and worked in five African countries: Kenya, Tanzania,
Zambia, Zaire and Nigeria. ..There is nothing in Richburg's book that
I could contradict. I too, experienced the horror, and hopelessnesss
of that continent. I read 'Out of America' in one sitting... "

Steve Wishnevsky: "This is the voice missing from the current race
'dialogue.' Mr. Richburg is a courageous writer and clear
observer...His is an authentic voice and should be listened to
closely. America is the only land where the descendants of Africans
have anything approaching freedom and economic opportunity."

H. Luther: "So much of what you hear about Africa lately is from
people who have never been there. People who want to romanticize what
is in fact chaos and disaster...Richburg has written what he has seen,
he has presented reality with great integrity. It is a must read. " --
Peter Watson

Andrew (Taylor)
http://www.taylor.co.uk

Koeitjies & kalfies | 98 kommentare

Fliekidees uitgeput

Vr., 13 Desember 2002 07:42

Ons het nou Harry Potter 2 en Lord of the Rings 2 hier.
Volgende jaar kom Matrix 2, Charlie's Angels 2 en Gladiator 2.
Wonder wanner kry ons Hans en Die Rooinek 2:))
Annette

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Arme prokureurs

Vr., 13 Desember 2002 07:04

'n Prokureur in Johannesburg is in hegtenis geneem vir bedrog met die
padongeluksfonds vir 11miljoen. 'n Ander prokureur het betyds gevlug.
Die vraag is natuurlik hoekom daar 'n prokureur nodig is om 'n eis in te
dien .
Mens het tog nie 'n prokureur nodig om te eis teen versekering nie?

Annette

Koeitjies & kalfies | 40 kommentare

ADSL

Do., 12 Desember 2002 20:41

Vir almal wat in Midrand bly - ADSL is uiteindelik beskikbaar hier by ons.
Die modem wat jy nodig het kos sowat R2000 (jy kan dit afbetaal oor 6
maande), maandelikse lynhuur kos jou R680, Installasie kos R404 (once off),
en dan moet jy nog jou ISP ook betaal. Moenie direk deur Telkom gaan nie
(R219), hulle het 'n 3gig bandwydte limiet per maand. As jy dit vir meer as
twee maande na mekaar oorskry vra hulle jou meer. Posix vra R260 per
maand, maar jy't geen limiet op bandwydte nie. Opstuur (Upload) spoed met
ADSL is 256Kbps per sekonde, aftrek (download) spoed is 512Kbps per sekonde.
Neem in ag dat jou gewone ou op straat 'n 56Kbps modem het en dit klink asof
ADSL net te lekker kan wees.

Wanneer jy klaar jou modem betaal het, kan jy verwag om so om en by R940 per
maand vir 24 uur Internet te betaal, aansienlik goedkoper as ISDN en gewone
modem "dial-ups".

As jy wil weet of ADSL al beskikbaar is in jou area gaan na
http://www.adslspeedfreak.net toe.

Groete
Elaine

Rekenaars & selfone | 27 kommentare

Plakkers

Do., 12 Desember 2002 18:17

Pas my huis nuut geverf. Gistermiddag sien ek
dat 'n ywerige swaelpaar besig is om 'n nes te
bou reg voor die agterdeur op die stoep teen
die lieflike pasgeverfde mosterdmuur. Binne
enkele dae gaan hulle teen die nuutgeverfde
wit plafon begin bou. En ek het hulle dopgehou
waar hulle op die stoeptralies gesit het soos hulle
het my dopgehou het van waar hulle op die stoeptralies
gesit het. Die wyfie het vir die mannetjie geknik, gevlieg
en gaan bakstene haal. Hy het haar gevolg en begin sement
aanmaak. Wat het hulle vir mekaar gesê? Ag, die ou sal ons nie
uitsmyt nie? Ons het gesug, 'n uitsettingsbevel oorweeg, vir 'n
oomblik selfs aan blatante hardhandige uitsmyting gedink.
En toe besluit om verblyfreg aan hulle te voorsien. Die feit dat hulle
op die stoep onder die dak bou vertel natuurlik dit wat geen
weervoorspeller die kennis het om te voorspel nie. Dat die reën laaank
nie verby is nie.

DD

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Openbare Kastrasie

Do., 12 Desember 2002 13:08

Rudolf die Rooineus Hert se twee goue balletjies was te ooglopend vir etlike
sorgsame ouers.
Hy is dus ontneem daarvan by Cavendish Square.
:))
Annette

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Kortbroek Glimlag Verkeerd

Do., 12 Desember 2002 11:11

Idasa het glo 'n navorsingslys vrygestel, waarvolgens Kortbroek as die
ongewildste premier aangetoon word.
Hy het dit onomwonde veroordeel.
Toe is daar 'n dame wat te vertelle het dat hy sukkel om te glimlag, daarom
dat hy so ongewild is. Hy is glo te ernstig vir sy eie gewildheid;))

Annette

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Voëlkykers misluk

Do., 12 Desember 2002 10:54

Hulle kon toe net 323 verskillende voëls sien - 20 kort vir die rekord. Daar
word beweer dat hulle dit miskien kom gemaak het as dit nie was vir die
sterk wind in Mkuze nie - waar die voëls vervaard aan die takke probeer
vasklou het en nie uitgekom het om raakgesien te word nie. en die ywerige
verkeerskonstable wat die vloot van 20 4x4's gestop het omdat hulle nie
behoorlike lisensieplate vertoon het nie.

Annette

Troeteldiere | 0 kommentare

Maatskaplike werkers...en hul werk in SA!

Do., 12 Desember 2002 07:12

Om die prentjie te skep:
'n Vriendin van my was 28 jaar getroud.Twee kinders toe begin die man
rondloop.Na die egskeiding waar hy onderhoud moes betaal vir haar en die
twee kinders het hy sy werk gelos omdat hy nie onderhoud wou betaal nie.Hy
is in hegtenis geneem, gelos op eie verantwoordelikheid en moes die bykans
R30000-00 agterstalige onderhoud betaal...waarvan hy na twee jaar nog nie 'n
sent betaal het nie.Hy is kwyt geskeld van enige verdere onderhoud.Die huis
moes verkoop word en winste gelyk verdeel word...daar is sy ingedoen en het
nie 'n sent gekry nie.
Sy het die dogter in Delmas koshuis gesit en sonder vervoer het sy die kind
slegs twee keer nie kon gaan haal nie.Die kind is uit die koshuis geskors
weens gevloekery en dat sy geen dissipline aanvaar nie...asook die feit dat
sy rook en dagga rook.
Die tiener dogter het terwyl die ma moes werk om die pot aan die kook te
probeer hou rondgeloop en begin dagga rook en met rubbish meng!Die kind het
aanhoudend geloop en steel asook nagte weg van die huis gebly terwyl die
moeder eenkeer selfs in die hospitaal op ge eindig het.
Sy is na die KBE in Elsburg om hulp...hulle het haar na 'n welsyns
organisasie verwys.Die Christelike Maatskaplike Raad in Germiston wou nie
ingryp en help nie.Sy het die dogter by die pa afgelaai...wat haar nie wil
he nie.
Daarna is sy met die kind na die Ondersteunings Raad in Elsburg.Daar het 'n
maatskaplike werker genaamd "Marlene Visser" die saak op ge neem en begin
werk daaraan.
Vanaf die begin het sy mev.Young uitgekryt in haar verslae as "die vark in
die verhaal".Die kind is toe geplaas in 'n plek vir veiligheid genaamd
Collins-huis.Daar het hulle mev.Young verder afgekraak en te vertelle gehad
dat die kind hoegenaamd geen "gedrags probleme" het nie.Van daar is sy
uitgeplaas by 'n mnr. & mev.Butler in die omgewing.Daar was die kind 'n
engel tot sy met haar streke begin het.Hulle moes naderhand al die vensters
toe swys sodat sy nie kon uitkom en wegloop nie.Sy het geld
gesteel dagga gerook en probleme veroorsaak in daardie mense se huis.Die man
het op ge-eindig met 'n hart aanval.
Daarna is sy uit hulle sorg verwyder en in "NormansHuis"
'n ander plek van veiligheid in Edenvale geplaas.Daar het sy weg geloop en
het die Marlene Visser haar hande in onskuld gewas...terwyl die plek se
mense ook niks gedoen het om haar te vind nie.Sy het uiteindelik opge eindig
in 'n Kleurling lokasie genaamd Reiger Park tussen
dwelm handelaars en dwelm slawe.Steeds het die mev.Visser vir die kind te
vertelle gehad dat sy nie die verkeerde een is nie en dat sy sal sorg dat
die kind nie weg gestuur word na 'n nywerheid skool of verbetering skool
nie...en dat sy nie alles glo wat mev.Young of die Butlers van haar genoem
het nie.
Nadat mev.Young haar kind opgespoor het, het die Normans-huismense haar kom
haal.
Mev.Visser het vol gehou dat die kind nie die geleentheid gebied is om haar
self te bewys nie.Daarom is sy weereens 'n kans gebied om in pleegsorg te
gaan.Hierdie keer in Boksburg by die Loocks, wat reeds 25 jaar
pleegsorg-ouers is.Daar het sy eers tekere gegaan.Sy het weg gegaan van die
huis dan bly sy aande weg.Sy het steeds met haar dagga-rokery voort
gegaan...gemaak-en-breek soos sy wil.Steeds het die mev.Visser vir die kind
vertel dat sy nie Nywerheid- en/of Verbetering skool gehalte is nie...en dat
mev.Young die vark in die verhaal is!
Die Loocks(nadat hulle 'n kwart eeu pleeg kinders ingeneem het) het nie meer
kans gesien vir die kind nie.Die kind is deur die hof verwys na die Van
Rijn-plek vir veiligheid in Benoni.Daar het sy weg geloop en die plek se
mense het haar laat gaan aangesien sy vir hulle te vertelle gehad het dat
dit haar ouers is wat haar kom haal het!Dit het op 3 Desember
gebeur.Intussen het die mev.Visser nie haar werk na behore gedoen nie.Die
kind was by 'n maatjie se huis en die maatjie se pa het haar geskakel en sy
het geweet dat die kind daar is.Die man het dus 'n voortvlugtige kind
geherberg waarvoor die Mev.Visser hom moes laat arresteer het... sy het nie!
Intussen het die kind haar ma geskakel en gese dat Marlene Visser het vir
haar "Holiday Leave" gegee.Maar haar ma moet nie voor die daarop volgende
Maandag skakel nie.Sy moet ook nie na die plek vir veiligheid skakel
nie.Intussen het mev.Young die kind geglo omdat mev.Visser allse glo wat die
kind doen en se en die moeder uitkruit as die vark in die verhaal!
Mev.Young het Sondag 8 Desember self uitgevind dat die kind weg geloop
het.Mev.Visser het soos voorheen geensins eers die foon op getel om die
moeder in kennis te stel dat die kind weg geloop het nie.
Tot op hede doen die SAP niks om die kind te kry of diegene wat haar
onwettig weg geneem het toe te sluit nie.
Mev.Visser doen niks en was haar hande in onskuld,hoewel sy te kenne gee dat
mev.Young dus die slegte moeder is!
Wat staan mev.Young te doen?
Het enige persoon dalk raad om die mev.Visser iewers aan te kla aangesien
enige persoon kan sien dat sy nie haar werk na behore uitvoer met die
inligting tot haar beskikking nie?
Wat kan 'n mens doen om die SAPD te kry om hulle werk te doen?
Hoe gaan jy te werk om die plek van veiligheid sover te kry om hulle werk te
doen?
Mev.Visser kan gekontak word op (011)824-3226!

Koeitjies & kalfies | 21 kommentare

Bladsye (1835): [ «    657  658  659  660  661  662  663  664  665  666  667  668  669  670  671  672    »]
Tyd nou: Sa. Des. 20 13:44:10 UTC 2025