Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Re: wat gaan nou aan met Telkom?

Di., 07 Januarie 2003 14:35

Hulle het hul pryse verhoog Patrick, nou is daar nie tyd om aan sulke
goedjies aandag te gee nie:))
Annette

"l&p" skryf in boodskap news:ant0715090b0M3Mb@camerama.demon.nl...
>
> Is daar 'n storing in my verbinding om
> die Suid Afrikaanse White pages op
> te vra? En skakel na http://196.15.219.249
> en 'n boodskap verskyn die URL is buite gebruik???
> Wat gaan nou aan??
> Is daar 'n nuwe URL in gebruik geneem - of hoe?
> Patrick
>

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Ek wonder baie hoekom...

Di., 07 Januarie 2003 14:14

ok eintelik net soms want ek is te besig vir baie...

mense altyd afgaan op `n tangent soos met gideon se email. as dit
iemand is wat die ng flame met spam is dit `n ander storie maar dit
amaze my hoeveel stront een post kan begin in die enkelsel brein.

ek het nou al agtergekom hoe dinge hier werk. as ek vra hoekom lyk
water blou en ek spel blou verkeerd dan begin daar `n moerse fight oor
die woord blou. is die groepie se naam
soc.culture.south-africa.afrikaanse.spelling?

as jy nie van `n post hou nie dan druk jy mos net die delete knoppie.
elke computer keyboard het een anders sou microsoft nie bestaan het
nie. wetter mense inplaas van `n interresante gesprek te begin oor bv.
website design begin julle kak en kerm oor die regte suiwer afrikaans.
asb get a life.

Threeships Mcduck
www.mothership.co.za

Koeitjies & kalfies | 7 kommentare

Mamparra vir 2002

Di., 07 Januarie 2003 07:35

Ondanks sterk kompetisie van Sam van Suidwes en Moyo van Zim, was dit ons
eie Manto wat met die louere weggestap het.
Annette

Koeitjies & kalfies | 9 kommentare

Re: Arrive alive.....vir Annette

Ma., 06 Januarie 2003 15:17

Daai string raak te lank. My hele argument is dat vinnig ry nie noodwendig
roekeloos is nie, maar dis waarvoor jy aangekla word as hulle jou oor 160
vang. 'n Bestuurder wat ken van, sal vinnig ry juis waar jy dit kan doen
en stadiger waar dit nie veilig is nie. Maar waar gaan sit die spietkops
met hul lasers? Juis daar waar dit eintlik veilig is om teen 'n hoër spoed
te beweeg! Hulle vang die ouens met die BMW's en die Benze oor hulle oor
120 ry en vergeet van die onpadwaardige voertuie wat 100 ry in 60 areas en
'n veel groter gevaar inhou vir algemene verkeer.
Ek hou egter by my standpunt dat dit nie net voertuie is wat
onpadwaardig is nie......daar is bestuurders ook wat nie eers 'n voertuig op
'n spoed van 120 moet bestuur nie want hulle het nie die vaardigheid of die
kennis nie. Sal ek darem graag die mense wil sien wat in 'n vliegtuig
inklim en die loods sê: "Dames en here, julle moet dit maar verskoon as
dinge nie so glad loop vandag nie, maar ek het so pas my vliegtuigtoets
afgelê en ek weet eintlik nie wat om te doen as daar 'n dwarswind of so 'n
ding is nie, maar moenie worry nie, daar is genoeg ambulanse beskikbaar en
'n klomp hospitale naby."
.........wat is die verskil tussen dit en 'n ma wat haar kinders vervoer
maar nie 'n clue het wat om te doen as daai motor in 'n noodsituasie kom
nie? Ons soek almal die oplossing vir padsterftes in groot gebare, maar
niemand sien die basese simptome van die siekte raak nie......swak
bestuurders!

Koeitjies & kalfies | 17 kommentare

Weeeeeeee - terug by die werk

Ma., 06 Januarie 2003 07:50

Ek's terug by die werk vandag, maar dit gaan effe stadig. Sal maar sien,
dalk kom ek bietjie later aan die gang, maar op die oomblik probeer ek nie
te hard nie :)) Vir die res van julle arme drommels wat vandag weer moet
begin werk. Sterkte!!! Ek weet hoe julle voel.

Groete
Elaine

Koeitjies & kalfies | 53 kommentare

Umngqusho

Ma., 06 Januarie 2003 02:20

Ek sit nou so en blaai deur die web bladsye, en sien toe hierdie gereg
raak wat ek nog nooit voorheen van gehoor het nie. Maar dit sorteer
onder Suid Afrikaanse kosse, toe wonder ek of iemand hier dalk weet
wat presies dit is?

Volgens http://southafrica.narod.ru/engels/sacuisine.htm
A traditional Xhosa dish, known to be Mr. Mandela's favourite dish

Ek het ook nog nooit van "vetkousies" gehoor nie. Ook nie van
"Martingaulas" en "Amatungula" nie. Maar dit is nogal 'n
interessante skakel, daardie.

Koeitjies & kalfies | 28 kommentare

Beautiful in Beaufort-Wes - Theuns Jordaan

So., 05 Januarie 2003 12:58

Ek het pas die MP3 Beautiful in Beaufort-Wes van Gert Vlok Nel en wat deur
Theuns Jordaan gesing word van die net bekom. 'n Besondere song - hoekom het
ek dit nie voorheen gehoor en waardeer nie?

Ek kry die indruk dat Jordaan nie noodwendig sing nie, maar dat hy dit so
skeef kou.

Musiek & liriek | 8 kommentare

Van Wyk Louw en Afrikanernasionalisme?

So., 05 Januarie 2003 12:44

Die Vlaamse literator, Luc Renders beskuldig NP van Wyk Louw daarvan dat hy
Afrikanernasionalisme ondersteun het, en dat hy nie sy geleenthede as
dramaturg gebruik het om die vorige bestel te kritiseer nie.

Dit is volgens 2 artikels wat in die "Beeld" van Dinsdag 31 Des 2002 verskyn
het. Die volledige teks van Renders se lesing verskyn op Litnet
www.mweb.co.za/litnet

Waar het Van Wyk Louw mbt apartheid gestaan - wonder mens? En waarom sou hy
Afrikanernasionalisme ondersteun het - wonder mens?

Koeitjies & kalfies | 11 kommentare

Trug!!!

Sa., 04 Januarie 2003 21:24

Terug, met klomp kilos agter die rug
wat as goed genoeg verskoning dien
om met 'n skuimende darft beker
te sit en ontspan.
Epos... 101 briewe...
maar met die grootste deel daarvan
speel Mailwasher klaar:-)))
Nuusgroep... 323 briewe
soek na newsgroupwasher...
kry dit nie, en lees 323 briewe!

Nou gaan ek ontspan
sien julle môre:-)))

DD

Koeitjies & kalfies | 7 kommentare

Wat was?

Sa., 04 Januarie 2003 19:08

Wat was was voor was was was?
Was was maar was voor was was was.
Annette

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Bladsye (1835): [ «    649  650  651  652  653  654  655  656  657  658  659  660  661  662  663  664    »]
Tyd nou: Vr. Des. 26 13:05:04 UTC 2025