Ja, toe probeer ek mos "online" registreer om hierdie jaar vir my BA te gaan
swat. Ek het sonder enige probleme my studente nommer gekry, maar ag, wat
'n pyn is dit nie om nou te probeer registreer nie! Die site is ongelooflik
stadig en maak partykeer eenvoudige net nie die bladsy oop nie of ek kry 'n
internal server error! Ek's natuurlik op die oomblik nie in die posisie om
direk by die Universiteit te gaan registreer nie, anders sou ek!
Registrasie vir my kursus sluit 30 Januarie en as die probleempie nie
binnekort uitgesort word nie, gaan ek moet wag tot die 2de semester voordat
ek weer kan swat.
'n Lansie vir UNISA, hulle helpdesk het my amper dadelik terug ge-email om
vir my te vertel hoe om my browser op te stel. Ongelukkig vir hulle is my
browser reg, so die arme tekkies moet mos nou probeer uitfigure wat die
probleem is! Hulle sê ook op die site dat dit 5 dae sal vat om jou studente
nommer te kry - ek het myne binne 'n paar uur gekry.
Ag nou ja, wou maar net 'n bietjie moan by iemand wat DALK sal omgee, my
man, my ouers en albei my susters dink ek mors my geld en tyd om weer te
gaan swat. Ek persoonlik geniet die idee van 'n graad. Hopenlik kan ek
hierdie een so ver soos my Meesters vat.
Groete!
Verskoon my taal.
Ek het Suid Afrika verlaat 20 jaar terlede en ek wonder wat gaan aan met
normale Afrikaners, die wat will net lewe sonder probleme, and moet nou lewe
in "nuwe" Suid Afrika met n ANC regering..? Wat se julle (nog maal verskoon
my taal , maar Afrikaans is nie my tuis spraak nie)
Dankie mense....wat se julle?
Ons raak nou regtig rof en onbeskof hier innie Kaap.
'n Mens kan nie eers meer ewe rustig twee kelnerinne as gyselaars hou nie,
dan word hy sommer deur die polisie doodgeskiet!!
Kyk hulle nie flieks nie? Weet hulle nie dat hulle met die gyselaar moet
praat oor 'n mikrofoon terwyl hulle agter polisiemotors skuil nie?
Dis glad nie PK om net in te storm en die arme verdwaalde trompop te skiet
nie. Mens sou sweer ons is in die Wilde WesteKaap!:))
Kortbroekie het ook nou skandes in sy partytjie!
Hulle het nou ook skande geld,of is dit hoer-geldjies!Arme ou
Peter'tjie.Miskien eindig kortbroek nou broekloos op met sy reeds bankrot
partytjie.Ek't gehoor dat hulle baie sleg gevaar het met 'n
tussenverkiessing in PTA.DA het gewen,VF 2'e,KP 3'e en ANC 4'e.Die kortbroek
partytjie is nie eens te bespeur nie,wonder hoekom?
Dit sou gepas gewees het dat Wayne deurdring tot die eindrondte van die
Ausie-ope...but,it wasnt to be!
Jammer Wayne.Moet nie moed opgee nie,miskien is daar tog 'n Grand Slam
vorentoe vir jou.