Vanoggend het die maruti ons goed gelooi. Want sien meneer word deesdae
gekritiseer met al die selgroepe in die NGK - hy doen nou niks want daar is
mos 'n groepie/ kommissie wat sy werk vir hom moet doen. Hy het sover gegaan
dat hy reken ne^rens in die Bybel staan dit dat hy huisbesoek moet doen of
iemand se hand in die hospitaal moet gaan vashou nie. Verder dreig hy ook om
die komende basaar af te stel (na vanoggend se preek voorspel ek in elkgeval
niks goeds nie).
Wel, het ek nuus vir hom!! Baie gemeentelede is professionele persone en jy
praat eenvoudig nie so met hulle nie. Buitendien word die meneer geld betaal
om sy werk te doen en die groepies/ kommissies bestaan uit vrywilligers wat
in hul vrye tyd sy job vir hom moet gaan verrig. Net snaaks dat hy op
betaaldag van hulle vergeet.
Ek is eweneens erg teleur gestel in die rigting wat die 3 susterskerke
inslaan. So stuurloos, so belangeloos, so aards. Mens sal verwag dat die
kerk sy leiding van Bo sal kry. Ek was al in gemeentes waar hulle stoele
moes indra in die aanddiens. By hierdie gemeentes was die predikante daders
i.p.v. praters. Die gemeentelede het hulle "cue" van die kansel af gekry en
betrokkenheid was nie 'n probleem nie.
Elaine
In die vorige bedeling, voor jy de hasepad gekies het hier,
het ek jou Forté Agent version something gegee.
Ek sien jy gebruik nou "Microsoft Outlook Express".
Hoekom? Wil jy weer Agent hé?
Soos ek ons nuwe konstitusie verstaan, sal niks meer gebasseer op ras
toelaatbaar wees nie.
Maar nou lees ons van BLA ( Black Lawyers Association) - geen wit,
kleurling, indiese, of enige ander regsorganisasie word op dieselfde wyse
aangetoon nie.
Dan is daar ook BEO - Black Empowerment Organisation.
Dit is tyd dat hierdie mense na die konstitusionele hof toe gevat word;)
Met die moord van 8 mense verlede week in 'n mans-masseersalon hier in
Seepunt - is die volgende feite openbaar
Die meeste van die name van werkers by sulke plekke ( huidige en voriges)
het:
Afrikaanse name en/of vanne. ( tot dusver val vier van die oorledenes wat
uitgeken is in hierdie kategorie, sowel as die twee vir wie gesoek is, sowel
as twee vorige werknemers by die plek waarmee onderhoude gevoer is)
Die seuns is gemiddeld 20 jaar oud.
Hulle het baie konserwatief grootgeword.
Hulle ouers, familie en vriende weet nie waar hulle gewerk het vir ekstra
inkomste nie.
Hier het ons nou met 'n eerlike bedelaar te doen.
Hy is ooglopend die persoon wat behoeftig is, en elke liewe donasie is wins.
Annette
"Heilman1969" skryf in boodskap news:20030125010021.04725.00000220@mb-cs.aol.com...
> Do you have even small amount to spare to help others in need? Online
> DONATIONS being sought to help real people with real struggles to eat, live,
> work and in some cases survive. Not a non-profit, a simple humanitarian
> website helping those who are in real need. Make a difference in someone's
> life today! Please visit today:
>
> www.inrealneed.net
>
> Adam's Story